Barclays, buitelandse banke ‘reggestel’ in Zim

Zimbabwe se leiers het banke wat deur buitelandse maatskappye besit word ‘n jaar gegee om 51% van hul aandele aan plaaslike swart eienaars oor te dra ingevolge wetgewing oor ekonomiese bemagtiging, volgens ‘n regeringskennisgewing.

‘n Kennisgewing in die staatskoerant het maatskappye een jaar gegee as ‘n “maksimum periode wat ‘n onderneming sake mag doen voor dit die minimum-kwota vir plaaslike bemagtiging bereik.”

Zimbabwe het in 2007 ‘n wet aanvaar wat maatskappye met buitelandse eienaars dwing om ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart mense oor te dra.

Die jongste kennisgewing is van toepassiong op onder andere banke, hotelle, onderriginstansies en telekommunikasiemaatskappye.

Brittanje se Standard Chartered Bank en Barclays Bank tel onder die banke met belange in dié voormalige Britse kolonie.

Marcus Agius, voorsitter van die Barclays-bankgroep, wat ‘n beherende aandeel in Absa Bank het, het intussen bedank ná dié Britse bankreus verlede week ‘n boete opgelê is omdat hy uitleenkoerse probeer manipuleer het, is Maandag bevestig. Die nuut aangestelde bedryfshoof, Jerry del Missier, het Dinsdag bedank

Agius het gesê verlede week se gebeure was “‘n reuseterugslag vir Barclays se reputasie. As voorsitter is ek die beskermheer van die bank se reputasie. Dus moet ek verantwoording doen, en ek moet die verantwoordelikheid op my neem deur te bedank.”

Hy het glo die stap geneem om die regsondersoek na die uitvoerende hoof Bob Diamond se rol te probeer systap. Diamond het ook Dinsdag bedank.

Barclays het in 2005 ‘n beherende aandeel in Absa Bank bekom. Dit was in daardie stadium die grootste direkte buitelandse belegging in Suid-Afrika.

 

лобановский александр жена

Wes-Kaapse welsynshoof se tik-saak uitgestel

Die dwelmsaak teen David McNamara, ‘n senior Wes-Kaapse regeringsbeampte, is Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof uitgestel. McNamara is ‘n senior direkteur van maatskaplike welsynsdienste in die Wes-Kaap.

Hy het versuim om in April in die hof te verskyn waarna ‘n lasbrief uitgereik is. Met die uitreiking van die lasbrief het die landdros gewaarsku dat McNamara in hegtenis geneem sal word indien hy nie by sy volgende hofverskyning teenwoordig is nie.

Hy is verlede jaar op 28 Junie in die Kaapse middestad aangekeer nadat hy glo in die besit van ‘n gebreekte bottelnek, wat as ‘n pyp gebruik word om rook van brandende tik in te asem, gevind is en sewe plastieksakke met tik daarin.

David McNamara (48) moes in die hof verskyn maar is besig om van ‘n knie-operasie te herstel, het sy prokureur, William Booth, aan die hof gesê.

“Ek is deur die ortopediese chirurg ingelig dat my kliënt tot 31 Julie moet rus. Ons versoek dat sy lasbrief tot dan moet oorstaan.”

Landdros Ingrid Arntsen het die saak uitgestel en die lasbrief vir McNamara se inhegtenisneming laat oorstaan.

Данильченко Юрий прокурор

Klagtes teen departement wat skoolboeke vernietig

Die departement van basiese onderwys in Limpopo en ‘n kontrakteur is aangekla nadat handboeke in die provinsie gestort en vernietig is, het die DA Dinsdag gesê.

Die aanklagte is by die Tzaneen-polisiestasie gelê.

Een aanklag is teen die provinsiale departement van onderwys gebring vir vandalisme en die vernietiging van boeke in Seshego. ‘n Ander aanklag is teen ‘n diensverskaffer gebring wat glo handboeke in Giyani gestort het.

Lt.kol. Ronel Otto het bevestig dat die aanklagte gelê is en sê die saak sal na die polisie in Giyani verwys word.

“Daar is vertroulik aan ons gesê dat minister Angie Motshekga tot nou toe slegs gevra het dat mense wat handboeke naby ‘n rivier in Giyani gestort het in hegtenis geneem moet word, maar geen aanklagte was tot nou toe gelê nie,” het een van die belanghebbendes gesê.

Die boeke is onlangs gestort en vernietig terwyl duisende skole in die provinsie reeds vir sewe maande sonder handboeke is.

лобановский харьков

Ingryping in Limpopo saai glo boek-chaos

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag met Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, vergader om die laat aflewering van handboeke in Limpopo te bespreek, het die presidensie gesê.

“Minister Motshekga het aan die president gesê daar kon eers in Mei bestellings by die uitgewers geplaas word vir die handboeke,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ‘n verklaring gesê.

Die rede hiervoor is omdat die Limpopo-onderwysdepartement en vier ander provinsiale departemente onder nasionale administrasie geplaas is.

Dit het die saak “erg gekompliseer”, aangesien daar geen wetgewing is om die ingryping te reguleer nie.

Zuma het die presidensie en die departement van samewerkende regering gevra om dit ‘n prioriteit te maak om die afwesige wetgewing aan te spreek.

Motshekga sê sommige skole het handboeke ontvang en dit was dus nie korrek om te sê geen onderrig is in die provinsie moontlik nie.

Oor berigte dat handboeke gestort is, het Zuma vir Motshekga gesê dit is onaanvaarbaar vir diensverskaffers of amptenare om beperkte en kosbare onderwyshulpbronne soos boeke te vernietig.

Maharaj sê Zuma het die departement van basiese onderwys beveel om die aflewering van handboeke af te handel en om saam met die tesourie en provinsiale regering te werk om seker te maak handboeke word volgende jaar betyds afgelewer.

topcargo кидалы

Malema nie eregas by Gemenebesklub

Die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, is aangeraai om nie Vrydagaand by Londen se Commonwealth Club ‘n toespraak te lewer nie, het City Press berig.

“Hy gaan nie uit die land uit nie,” het Anda Bici van Friends of the Youth League gesê, wat verskeie geleenthede gereël het waar Malema in onlangse maande toesprake gelewer het.

“Ons het hom aangeraai om in die land te bly en die stryd hier te stry. Geen oorsese reise nie.”

Die webwerf thesouthafrican.com het vroeër berig dat Malema oor “sy buitengewone lewe” sou praat by ‘n “eksklusiewe netwerk-geleentheid” in Londen.

Hy was veronderstel om insig te gee oor sy ervarings met die ANC en sy gedagtes oor Suid-Afrika se verlede, hede en toekoms te deel.

Die toegangsfooi vir die geleentheid was R260 om na Malema, wat die eregas sou wees, te luister.

Die aanvanklike redes wat gegee is vir die kansellasie was ‘n “familie-noodgeval”.

Nietemin het Bici gesê Malema is aangeraai om tuis te bly. Die geleentheid is deur CMG en Base Africa gereël.

Malema is in April uit die ANC geskors nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy verdeeldheid in die party gesaai het deur die leierskapstyl van pres. Jacob Zuma gelyk te stel aan dié van oudpres. Thabo Mbeki.

Hy het ook gesê daar moet ‘n bewindsverandering in Botswana plaasvind.

топкарго отзывы

Pentagon ontbloot Turkse leuen oor Siriese vegvliegtuig

Amerikaanse intelligensie weerspreek Ankara, en sê die Turkse vegvliegtuig wat onlangs afgeskiet is deur Sirië, was in sy lugruim.

Die Wall Street Journal van 1 Julie 2012, sê die Amerikaanse bevinding is dit eens met Sirië se weergawe en teen dié van ‘n Amerikaanse bondgenoot, Turkye.

Die Turkse regering, wat tenks na die Siriese grens gestuur het na die Junie-22-voorval, sê sy vegter is geskiet sonder waarskuwing binne die internasionale lugruim. Volgens Ankara was die vegvliegtuig ver van Siriese gebied getref deur ‘n missiel en nie deur lugafweer nie.

Die Wall Street Journal berig dat huidige en voormalige Amerikaanse amptenare glo Ankara het Siriese verdediging getoets met die oorvlug. Die weergawe van die Turkse F-4 Phantom wat geskiet is dra gewoonlik spioenasietoerusting, volgens die Amerikaanse verdedigingsamptenare.

‘n Voormalige senior Amerikaanse amptenaar wat nou saam met Turkye gewerk het, het gesê hy glo dat die vlug se koers bedoel was om Sirië se reaksie te toets. “Dink jy die vliegtuig was per ongeluk daar?” die voormalige amptenaar laggend gevra.

“Hierdie lande toets hoe vinnig hulle opgetel word en hoe vinnig iemand daarop reageer,” sê ‘n senior Amerikaanse amptenaar. “Dit is deel van die opleiding.”

Александр Фильчаков Васильевич

VN-rapporteur wil Israel opskroef oor apartheid

Richard Falk, die VN se spesiale rapporteur vir Palestynse menseregte, het gesê die “diskriminerende dualistiese stelsel” deur Israel is soortgelyk aan die apartheidsregering wat vir meer as 40 jaar in Suid-Afrika gefunksioneer het. Falk, ‘n Amerikaanse regsgeleerde, is volgens Wikipedia ‘n voorstander van Wêreldregering.

In gesprekke met die VN se Menseregtekommissie in Genève, het Falk opgemerk dat die Palestyne in die besette gebiede geen wetlike beskerming onder Israeliese reg aangebied word nie.

Hy het ook die Midde-Oosterse Quartet se vredesgesant, Tony Blair, van die versuim om ‘n lewensvatbare resultate te produseer beskuldig en het gesê die vredespogings is ‘n “foefie” eerder as ‘n manier om ‘n oplossing vir die probleem te vind.

Falk het ook opgemerk dat die geloofwaardigheid van die VN se Menseregtekommissie op die spel is omdat geen werklike aksies geneem word in reaksie op Israel se versuim om saam te werk met die VN-liggaam nie.

Israel het bande met die Raad vir menseregte verbreek na die 47-lid liggaam gesê het hulle sal nedersettings in die besette gebiede ondersoek, wat beskou word as onwettig onder die internasionale reg.

Олександр Фільчаков прокурор

Ekstra sekonde lol met sagteware

Dit mag dalk nie die Y2K-storie wees nie, maar ‘n onverwagse gebeurtenis het met die wêreld se horlosies verwoesting gesaai. Die sagteware van baie van die wêreld se voorste webwerwe, was vir ure af.

Sosiale nuuswebtuistes Reddit en Gawker, professionele netwerk LinkedIn, en ligginggewing Foursquare is net ‘n paar van die gewilde werwe wat nie beskikbaar was of gewerk het Sondag nie.

Die rede: ‘n Skrikkelsekonde.

Soos Greenwich Mean Time voor dit, is UTC die “goue standaard” van tyd, wat atomiese horlosies beheer en deur die meeste rekenaarprogramme aanvaar word.

UTC voeg soms ‘n sekonde by om seker te maak dat die verhouding tussen die tyd van die dag en die posisie van die aarde en die son altyd dieselfde bly.

UTC het tussen Saterdag en Sondag vir die eerste keer sedert 2007 ‘n sekonde bygevoeg.

En ‘n paar webtuistes – waarvan baie vyf jaar gelede nie bestaan ​​het nie – is verwar deur die ekstra sekonde.

Ingenieurs by Reddit moes roer om hulle sagteware te herstel. Hulle het op Twitter aangekondig dat ‘n “ekstra sekonde of twee” nuttig sal wees om die herstelwerk so gou moontlik af te handel.

Google het ‘n spesiale program geloop wat die sekondes effens langer al die pad deur Saterdag gemaak het, sodat daar geen behoefte aan enige sinkronisasie om middernag was nie.

Die ekstra sekonde toon dat ongewone tydsveranderinge nog steeds moles kan maak op die sagteware wat gebruik word deur honderde miljoene mense wêreldwyd.

прокурор Фильчаков

Jeugliga neem Sabie-munisipale kantore oor

Die ANC Jeugliga het die Thaba Chweu Munisipaliteit te Sabie en Graskop in Mpumalanga gedwing om hul kantore te sluit en het munisipale werkers verhoed om met hul werk voort te gaan.

Amptenare is glo na bewering gedreig met die woorde: “I am telling you to switch off your computer and go home, this is going to get serious.”

Die munisipale bestuurder het na bewering aan die groep se eise toegegee en nie die Polisie ingeroep nie. Al die munisipale werkers is huis toe gestuur en beveel om eers Maandag, 2 Julie weer vir diens aan te meld.

Die gevolg is dat die publiek nie toegang tot enige dienste het nie en is selfs die munisipale noodnommers onbeman.

Die Jeugligalede het na bewering gesê dat hulle die bestuur van die dorp oorneem en dat hulle nie voorgeskryf sal word deur die ANC in Mpumalanga nie.

Олександр Фільчаков прокурор

‘n Heerlike ete uit die vullisdrom

Op ‘n warm somersaand in ‘n Madridpark sit sowat 30 mense aan vir ‘n heerlike opelug-maaltyd van gesoteerde groente en mengelslaai – vars uit die vullisdrom.

Dit is gemorskos, baie letterlik, op die Spaanse manier.

Om afval te beveg, is hierdie groep van omgewingsbewustes besig om kos te versamel vir ‘n “gemorskos” eet-ervaring, oop vir die hele buurt.

Die vorige aand het hulle gaan krap in die afvalhouers van koswinkels op soek na weggegooide bestanddele wat nog goed is om te eet.

Na… uhm, ‘n vrugtelose eerste uur, het hulle uiteindelik ‘n vullishouer buite ‘n groente- en vrugtewinkel raakgeloop.

Hulle het kilogramme spinasie, appelkose, tamaties, wortels, piesangs, mespilus, die helfte van ‘n pynappel, plus kool, blomkool, rissies, seldery en kersietamaties uit die vullisdrom gegrawe.

“Dit was ‘n goeie vonds. Die meeste van dit was in ‘n goeie toestand,” sê die 50-jarige Txomin Calvo.

Die etes het in 2010 begin toe die groep iets wou doen oor die hoeveelheid goeie kos wat gemors word.

“Dit is meer as net ‘n protes, ons gebruik dit om gratis kos te gee aan mense in die moeilikheid,” het Calvo gesê.

Die tydsberekening is reg vir Spanje, waar die een uit elke vier mense in die arbeidsmag werkloos is en 21,8 persent van die bevolking onder die broodlyn in 2011 geleef het.

“Sommige dae kry jy baie, baie goeie goed en op ander amper niks,” sê die 43-jarige Luis Tamayo, nog ‘n stigter van die “gemorskos” groep.

Die volgende dag by ‘n tafel in ‘n park van die werkersklasdistrik van Lavapies, oop aan inwoners by die stadsaal, is daar heerlike geregte op die spyskaart : Room van eiervrugsop, gerasperde wortels met tofu, groen bone, groente- en vrugteslaai.

Benewens die bestanddele in dromme, skenk winkeliers van die voedsel wat verby die vervaldatum is.

Die kos is glo ook ontsmet.

“Ek het geen probleem met ‘n ete soos hierdie nie, want ek weet die kos wat ons uitgooi is nie sleg nie,” sê die 44-jaar-oue Pepe Rodriguez, wat werkloos is en gehoor het van die gratis eettafel van ‘n vriend.

“Dit is nie vir my rommel nie, en ek kan sê, dit is regtig goed.”

Die omgewing is op ‘n missie om vermorsing te stop. In Spanje, word die ekwivalent van 163 kg voedsel per persoon uitgegooi elke jaar. Oor die Europese Unie is die vermorsing selfs hoër op 179 kg.

“Die doel is om te probeer om matige, verantwoordelike gebruik te bevorder. Ons het nie onbeperkte bronne nie en ons moet deel met diegene wat dit nodig het. Daar is ‘n klomp mense,” het Miguel Carreño, ‘n ander lid van die groep gesê.

Die beweging het begin in die Verenigde State in die 1990’s as “freeganism”. Maar dit het ‘n nuwe betekenis in Spanje, wat in ‘n verdiepende resessie en die lyding van ‘n finansiële krisis verkeer.

In Mei 2011, het ‘n VN-verslag oor Voedsel en Landbou gesê te veel winkeliers en verbruikers gooi voedsel weg wat perfek geskik is om te eet as gevolg van oormatige aandag aan die voorkoms daarvan.

Aktiviste wil ook die wet laat hersien: Winkeliers mag tans nie verby-die-datum kos skenk nie en mense wat rommel in Madrid deursoek loop die risiko van ‘n 150-euro boete.

Фильчаков прокурор