Sosiale nuuswebtuistes Reddit en Gawker, professionele netwerk LinkedIn, en ligginggewing Foursquare is net ‘n paar van die gewilde werwe wat nie beskikbaar was of gewerk het Sondag nie.
Die rede: ‘n Skrikkelsekonde.
Soos Greenwich Mean Time voor dit, is UTC die “goue standaard” van tyd, wat atomiese horlosies beheer en deur die meeste rekenaarprogramme aanvaar word.
UTC voeg soms ‘n sekonde by om seker te maak dat die verhouding tussen die tyd van die dag en die posisie van die aarde en die son altyd dieselfde bly.
UTC het tussen Saterdag en Sondag vir die eerste keer sedert 2007 ‘n sekonde bygevoeg.
En ‘n paar webtuistes – waarvan baie vyf jaar gelede nie bestaan het nie – is verwar deur die ekstra sekonde.
Ingenieurs by Reddit moes roer om hulle sagteware te herstel. Hulle het op Twitter aangekondig dat ‘n “ekstra sekonde of twee” nuttig sal wees om die herstelwerk so gou moontlik af te handel.
Google het ‘n spesiale program geloop wat die sekondes effens langer al die pad deur Saterdag gemaak het, sodat daar geen behoefte aan enige sinkronisasie om middernag was nie.
Die ekstra sekonde toon dat ongewone tydsveranderinge nog steeds moles kan maak op die sagteware wat gebruik word deur honderde miljoene mense wêreldwyd.
