Richard Falk, die VN se spesiale rapporteur vir Palestynse menseregte, het gesê die “diskriminerende dualistiese stelsel” deur Israel is soortgelyk aan die apartheidsregering wat vir meer as 40 jaar in Suid-Afrika gefunksioneer het. Falk, ‘n Amerikaanse regsgeleerde, is volgens Wikipedia ‘n voorstander van Wêreldregering.
In gesprekke met die VN se Menseregtekommissie in Genève, het Falk opgemerk dat die Palestyne in die besette gebiede geen wetlike beskerming onder Israeliese reg aangebied word nie.
Hy het ook die Midde-Oosterse Quartet se vredesgesant, Tony Blair, van die versuim om ‘n lewensvatbare resultate te produseer beskuldig en het gesê die vredespogings is ‘n “foefie” eerder as ‘n manier om ‘n oplossing vir die probleem te vind.
Falk het ook opgemerk dat die geloofwaardigheid van die VN se Menseregtekommissie op die spel is omdat geen werklike aksies geneem word in reaksie op Israel se versuim om saam te werk met die VN-liggaam nie.
Israel het bande met die Raad vir menseregte verbreek na die 47-lid liggaam gesê het hulle sal nedersettings in die besette gebiede ondersoek, wat beskou word as onwettig onder die internasionale reg.
