VF+ verwelkom mediaverslag

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die aanbevelings van die Persvryheidskommissie (PVK) in hul verslag oor die toekomstige regulering van die media. Die voorstel dat oorsig oor die media tussen die publiek en die media gedeel word in teenstelling met die huidige self-regulering van die media, is een van die voorstelle wat die VF Plus gemaak het tydens die openbare verhore van die PVK vroeër vanjaar. Hierdie voorstel vervang die noodsaaklikheid vir die regering om direk in te gryp deur ‘n mediatribunal, maar die eensydige self-regulering van die media word ook nie langer geduld nie,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder vir Kommunikasie, in sy reaksie op die verslag van die PVK gesê.

‘n Meer gebalanseerde benadering tot die regulering van die media word deur die PVK se aanbevelings geskep omdat die reg van die media om selfregulering toe te pas gebalanseer sal word met die publiek se reg tot inspraak in die oorsig van die media. Groter publieke deelname in die proses om kwessies aan te spreek wanneer die media foutiewelik of oneties opgetree het, sal verseker dat individue se regte beter beskerm sal word.

Die VF Plus vind dit ook bemoedigend dat ‘n hele aantal van die voorstelle wat die party tydens die verhore gemaak het in die verslag ingesluit is. Dit sluit onder andere die volgende in:

· Geen pornografie of pornografiese material van kinders sal in gedrukte media gebruik word nie;

· Die oplegging van ‘n finansiële straf vir deurlopende en ernstige oortredings van die persombudsman se bevindings;

· Groter beskerming word gebied vir individue se reg tot privaatheid;

· Die insluiting van die audi alterem partem-reël sal verseker dat alle partye wat ‘n belang het by ‘n kwessie die geleentheid gebied sal word om kommentaar te lewer;

· Die skep van ‘n Mediaraad wat op dieselfde basis as die Uitsaaiklagtekommissie funksioneer.

Die onafhanklike gesamentlike oorsig oor die gedrukte media is ‘n groot stap in die regte rigting wat, indien die gedrukte media die voorstelle aanvaar, sal verseker dat meer gebalanseerde en objektiewe verslaggewing plaasvind.

topcargo отзывы

Republikeine se buitelandse beleid?

Die VSA sal moet voortgaan om die leiding te neem om probleme in die wêreld aan te spreek en te probeer oplos. Dit sal dalk toenemend in koalisies met bevriende lande gedoen moet word en sonder die goedkeuring of instemming van ‘n halsstarrige Veiligheidsraad in die VN.

Hierdie sterk, maar omstrede standpunt is die afgelope week uitgespreek deur senator Marco Rubio wat genoem word as ‘n sterk kandidaat om Mitt Romney se spanmaat te wees in die presidentsverkiesing teen die einde van die jaar.

Hoewel hy glad nie Romney se naam genoem het nie en nie probeer voorgee het dat dit ook Romney se sienings is nie, moet aanvaar word dat dit ‘n goeie aanduiding kan wees van ‘n nuwe Republikeinse administrasie se buitelandse beleid.

Rubio het nie gehuiwer om hard en reguit te praat nie. So het hy onomwonde gestel dat dat die VSA sy bondgenote en ook die wêreld daarvoor sal moet voorberei dat as onderhandelings en mooi praatjies nie werk om Iran se kernbomplanne te stuit nie, ‘n “militêre oplossing” nodig kan wees.

Hy glo dat Iran nie net probeer om kernwapens te maak nie, maar dit wil gebruik om die magtigste en leidende land in die Midde-Ooste te wees. En Assad van Sirië is Iran se groot bondgenoot en daarom is dit belangrik dat sy bewind omver gegooi word.

Rubio het daarop gewys dat Amerika sedert die Tweede Wêreldoorlog ‘n groot rol gespeel het om demokrasie en vryhede in die wêreld te bevorder. Dit is grotendeels aan die VSA se leiding en optrede te danke dat daar wel vooruitgang was.

Die vraag is nou of die VSA moet terugstaan en ophou om in te meng waar vryhede, demokrasie en vryemark-beginsels bedreig word, soos sommiges, selfs in die Republikeinse Party, bepleit, of moet
hy voortgaan om die leiding te neem.

Die probleem is dat as die VSA nie die voortou neem nie, sal niemand anders dit doen nie. Die VSA was nie altyd en oral suksesvol nie, en het dit nie alleen gedoen nie, maar die steun van sy vriende gehad. Die dinge is bereik omdat die VSA die visie en die wil en ook die vermoë gehad het om op te tree. En dit is gedoen sonder dat ander lande se grondgebied of bates of onafhanklikheid hulle ontneem is.

Hy was skerp krities oor sommige optredes en besluite van die VN se Veiligheidsraad – en die een-nasie-een-stem formule van die Algemene Vergadering en die VN se Raad vir Menseregte.

En vir Rusland en sy leier, Putin, het hy geen mooi woorde gehad nie. “Putin is swak. Hy probeer homself as sterk uit maak in sy toesprake, maar hy sien oral bedreigings vir sy beheer oor Rusland. En nou sweep hy anti-westerse gevoelens op om gewild te probeer wees en aan bewind te bly.

Sommige van ons bondgenote in Europa dink toenemend dat ons onlangse toenadering met Rusland tot gevolg gehad het dat ons hulle ignoreer en selfs ondermyn. Ons sal saam met hulle moet werk om ‘n sterker NAVO te bou en voort te gaan met missiel-verdedigingstelsels,” het die seun van Kubaanse vlugtelinge wat nou ‘n senior lid van die senaat se komitee vir buitelandse verhoudinge is, gesê.

Rubio sê hy glo die wêreld kan ‘n beter en vryer en voorspoediger plek word. Die VSA kan dit nie alleen laat gebeur nie, maar die wêreld kan dit ook nie regkry sonder die VSA nie.

Данильченко Харьков

Malema sal nie vervang word nie

Die ANC-jeugliga sal nie sy geskorste leier, Julius Malema, vervang nie, het Sunday Times berig.

Ronald Lamola, die adjunk-president, sal die rol van waarnemende president oorneem, soos deur die jeugliga se grondwet bepaal word. Hy het egter gister aan dié koerant gesê hy aanvaar nie Malema se skorsing nie.

“Niks het verander nie,” het hy volgens die koerant gesê.

“Julius Malema is steeds die president van die jeugliga. Ons sal die ANC se nasionale uitvoerende komitee vra om sy skorsing te hersien. As dit nie slaag nie, sal ons hierdie stryd by die ANC-kongres in Mangaung stry.”

Magdalene Moonsamy, woordvoerder vir die jeugliga, het vroeër namens die jeugliga se uitvoerende komitee ‘n verklaring uitgereik waarin wat sê “hy [Malema] sal die president van die ANCYL bly tot 2014”.

Фильчаков прокурор харьков

Metropolisie wat smous aanrand steeds aan diens

Vier Johannesburgse metropolisiebeamptes wat op video vasgevang is dat hulle ‘n ou smous aanrand in Midrand, is steeds aan diens, het die Citizen-koerant gister berig.

Die bruin woordvoerder van die metropolisie, superintendent Wayne Minnaar, het dit bevestig aan die publikasie, maar beklemtoon dat hulle nie aanranding deur sy beamptes aanvaarbaar vind nie.

Andries Ndlovu, (37), is geslaan in Ivory Park, naby Midrand, verlede Vrydag, klaarblyklik nadat hy probeer het om die beamptes om te verhoed dat ‘n 60-jarige man aan te rand.

‘n Selfoonvideo van 22 sekondes van die aanval is deur ‘n toeskouer vasgelê.

Die Sunday Times het berig dat die beamptes gesien kon word dat hulle skop en trap op Ndlovu nadat hy geval het. Ndlovu het aan die SABC gesê die metropolisie pers smouse af vir omkoopgeld om hulle ihn vrede te laat.

Die beamptes het na bewering ‘n 60-jarige sweiser, Joseph Khumalo, aangerand toe hy ‘n kwitansie of kennisgewing geëis het nadat sy goedere geskut is. Ndlovu het die beamptes gevra waarom hulle Khumalo aanrand.

Hy is geslaan in sy gesig, en het begin om terug te veg.

Khumalo se twee seuns, Ananias en Michael, het gesê hulle is ook aangerand.

Фильчаков прокурор харькова

Laat politieke gevangenes vry: Azapo

Die Azanian People’s Organisation (Azapo) glo dat die spesiale afslag van vonnis wat deur president Jacob Zuma aangekondig is, is ‘n taktiek om sy voormalige finansiële adviseur Schabir Shaik vry te laat, volgens ‘n berig Maandag.

“Ons glo die oorkoepelende kwytskelding word slegs as ‘n afleiding gebruik omdat Zuma beoog om Shaik te help, ‘n persoon wie hy het geoffer sodat hy president kon wees,” het die Citizen Azapo se woordvoerder Funani Ka Ntontela aangehaal.

Volgens die Sowetan-koerant het die organisasie gesê dit is onregverdig om die kwytskelding aan te bied aan misdadigers, maar nie politieke gevangenes daarmee saam nie.

“Ons aanvaar die feit dat maatreëls gevind moet word vir die vermindering van oorbevolking in die land se tronke. Maar ons dink nie die uitgebreide kwytskelding van vonnis behoort een van daardie maatreëls te wees nie,” het hy gesê.

“Azapo … vra nog steeds vir die vrylating van politieke gevangenes. Dit is kamerade wat geveg het vir vryheid en skuldig bevind is deur die Nasionale Party,” het Ka Ntontela gesê.

“Maar die ANC sien nie ‘n behoefte dat hierdie vryheidsvegters vry moet wees om hierdie vryheid te geniet wat baie van ons geniet nie.”

Zuma het die aankondiging gemaak by ‘n Vryheidsdagviering.

In 2005, het die Durbanse hooggeregshof Shaik tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog en korrupsie. Sy straf eindig in 2021.

лобановский класс харьков

Suid-Afrikaner vas in Soedan

‘n Suid-Afrikaanse ontmyningsmaatskappy het Sondag gesê twee van sy werknemers is deur die Soedannese weermag ontvoer terwyl hulle aan ‘n ontmyningskontrak in Suid-Soedan gewerk het.

‘n Woordvoerder van die Soedannese weermag het vroeër beweer die mans is in hegtenis geneem omdat hulle vir Suid-Soedannese magte gewerk het.

Ashley Williams, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse staatsbeheerde Mechem, het gesê sy werknemers, ‘n Suid-Afrikaner en ‘n Suid-Soedannees, is saam met ‘n Britse VN-werker en ‘n Noorweegse burger ontvoer.

Williams het bewerings van ‘n Soedannese weermagswoordvoerder, dat die mans saam met Suid-Soedan werk in sy “aggressie” teen die noorde, verwerp.

“Dis humanitêre werk so die storie dat hulle militêre raadgewers is en hierdie soort van ding is totaal en al nonsens en nie waar nie,” het hy gesê.

“Ons doen humanitêre ontmyning op ‘n VN-kontrak en ons lede het volle VN-immuniteit. Die ontvoering het binne Suid-Soedannese grondgebied plaasgevind,” het hy aan die nuusagentskap AFP gesê, en verduidelik dat die twee mans suid gereis het tussen twee VN-basisse.

“Toe gryp hulle hulle en ry terug na Heglig met hulle, waar hulle toe beweer dat [die mans] in hierdie betwiste gebied in hegtenis geneem is, terwyl hulle nooit daar was nie.”

Фильчаков прокурор харьков

Valskermspringer sterf

‘n Man het in ‘n valskerm-ongeluk by ‘n valskermklub in Carletonville, wes van Johannesburg, gesterf, het die Valskermvereniging van Suid-Afrika gesê.

Roelof Hattingh (39) was Saterdagmiddag besig met ‘n solo-sprong toe die voorval gebeur het, het Mark Bellingan, woordvoerder van die vereniging, in ‘n verklaring gesê.

Hattingh se valskerm het doelmatig oopgemaak, maar het wegbeweeg van die landingsgebied.

Hy het ernstige beserings opgedoen. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Malema-bondgenote kry die wind van voor

Bondgenote van die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema kan moontlik uit die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (Nyda) se bestuur geskop word, het die Sunday Times berig.

Die raad se ampstermyn verstryk aan die einde van Mei. Benoemings vir raadslede moes teen die einde van Maart afgehandel word.

Andile Lungisa, voorsitter van Nyda, Steven Ngubeni, die uitvoerende hoof en Magdalene Moonsamy, die hoofbestuursbeampte, almal Malema-ondersteuners, sal na verwagting uit die raad geskop word, het die koerant berig.

Altesaam 23 kandidate het die kortlys vir die raad gehaal.

Name van Zuma-ondersteuners kan dalk wel op die lys verskyn, het dié weekblad berig. Daar is sewe posisies op die raad beskikbaar.

Magdalene Moonsamy, woordvoerder vir die ANC-jeugliga, het navrae na Nyda verwys. Moonsamy het die navrae na Lungisa verwys, wat nie beskikbaar was vir kommentaar nie.

topcargo отзыв

Obama wend homself tot toilethumor

Dit is nie dikwels dat die magtigste man in die wêreld homself wend tot toilethumor nie en daarna grappies vertel oor die eet van honde, rooksug, ‘n dronk minister van buitelandse sake en die instelling van ‘n “radikale sosialistiese agenda”.

Gisteraand in Washington, DC, is Amerikaanse mediaswaargewigte getrakteer op toiletspoel deur president Obama. Oorblufte verslaggewers het na hul kos gestaar en gewonder of dit regtig nodig was vir die president om te vertel hoe hy “op die toilet sit, sekondes voordat [hy] die Withuis-perskorps toespreek”?

Hy het ook gespot oor sy sosialistiese agenda en dat sy teenstander. Mitt Romney, net nie so byderwets soos hy is nie.

Saterdagaand se Withuis-korrespondentedinee is goed bygewoon. Die meeste van die bekende gesigte wat die daaglikse perssessies verduur en die president regoor die land volg, was byeen in ‘n volgepakte Hiltonbalsaal. Daar was ook ‘n gesonde aantal van die bekende gesigte wat daagliks koerantopskrifte haal.

Al gewonder hoekom Kim Kardashian en Lindsay Lohan, twee talentlose aandagsoekers so dikwels in die nuus moet wees? Hulle is, tesame met George Clooney en Steven Spielberg Obama se baie groot geldskenkers en natuurlik weerligafleiers.

Reken maar op Lohan om vir die soveelste maal gevang te word onder die invloed van een of ander verbode middel, of Kardashian se huweliksprobleme of die gebrek daaraan om “nuus” te genereer wat Amerikaners se aandag aflei van belangrike politieke kwessies.

Die president verlustig homself nie net in toilethumor nie. Onderwerpe soos waar hy gebore is, kom ook aan bod. Hy knipoog vir sy gehoor met die woorde, “En ek, natuurlik, is in Hawaii gebore.” Daar is ‘n groeiende groep mense wat glo Obama is nie in die VSA gebore nie.

Daarna ‘n paar grappies oor die eet van honde, die grootste flop van die aand met ongemaklike reaksies uit die gehoor.

Hillary Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, se bierdrinkery in Colombia kom dan aan die beurt. “Sy wou nie ophou om my dronk te SMS van Cartagena nie,” vertel Obama ewe vrolik aan die gehoor.

Данильченко Харьков

Twee fluitjieblasers stel lastereis teen Zille in

Die twee fluitjieblasers wat wanbestuur en moontlike korrupsie in die Midvaal Plaaslike Regering oopgevlek het en wat in reaksie daarop valslik deur die DA en hulle leier, Helen Zille, self van korrupsie beskuldig is, het vandag om 09:25 ‘n lastereis teen die DA en Zille van een miljoen rand laat beteken.

Mnr Corrie Pypers, voormalige Transvaalse rugbykaptein en tans Vryheidsfront Plus raadslid in Midvaal, en mnr Cobus Hoffman, voorheen DA-raadslid en lid van die burgemeesterskomitee in Midvaal munisipaliteit, het albei wanbestuur en moontlike korrupsie in Midvaal oopgevlek en die DA se plaaslike en nasionale leierskap, insluitende Zille, daarvan verwittig.

Die DA se nasionale leierskap het egter die openbaarmaking geignoreer en die plaaslike DA-leierskap het aktief begin om die twee fluitjieblasers, in weerwil van die fluitjieblaser wetgewing, op verskeie wyses te intimideer. Op 11 November 2011 het Zille in haar weeklikse nuusbrief, SA Today, en op die DA se amptelike webblad enige wanbestuur en korrupsie in Midvaal probeer rasionaliseer deur die twee fluitjieblasers self te beskuldig as synde besmet met korrupsie.

Hierdie bewerings is egter onwaar en het geen gronde nie en daarom het Pypers en Hoffman besluit, ter wille van hulle eie integriteit, om die DA en Zille vir laster te dagvaar.

Die Openbare Beskermer het na ‘n deeglike ondersoek in Oktober 2011 juis bevind dat ernstige wanbestuur in Midvaal plaasvind en die Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) is steeds besig met ‘n ondersoek na korruptiewe aktiwiteite in die plaaslike regering met aanduidings dat ernstige gevalle al geidentifiseer is.

“Zille maak groot gewag van haar party se ongeduld met wanbestuur en korrupsie en het selfs al pryse aan fluitjieblasers uitgedeel. Wanneer haar eie party in regering egter uitgevang word probeer sy eerder die skuldiges beskerm en loods aanvalle op weerlose fluitjieblasers” het Pypers in reaksie op die gebeure verduidelik.

“Ek is sedertdien gedurigdeur in my besigheid deur elemente in die Midvaal munisipaliteit ondermyn en Cobus Hoffman is in ruil vir sy eerlikheid uit die DA geskors.

Die aanval op ons deur die leier van die DA was vir ons die laaste strooi en het ons genoop om ernstig te reageer om ons integriteit en goeie naam te beskerm deur ‘n lastereis teen die DA en Zille in te stel.

Dit is natuurlik ook van die grootste belang dat enige regering, ongeag of die ANC of DA regeer, verantwoordelik en aanspreeklik gehou moet word vir die aanwending van belastingbetalers se geld.

Enige party-in-regering wat hierdie beginsel ondersteun behoort fluitjieblasers te beskerm en nie op te tree soos die DA gedoen het nie” het Pypers verder gesê.

Dié opspraakwekkende nuus word heeltemal deur Media24 geïgnoreer en dien nie die belange van die breë publiek daarbuite nie wat in die duister gehou word oor die DA se voortgesette intimidasieveldtog.

Лобановский Харьков