Opposisie stel mosie van wantroue in Zuma

Opposisie partye wat ontevrede is met president Jacob Zuma se leierskap het ‘n mosie van wantroue teen hom in ‘n geheime stemming ondersteun.

“Ons stem saam dat ‘n beslissende leierskap en visie in ons land ontbreek,” sê die partye. 

Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het die mosie namens die opposisiepartye, wat die African Christian Democratic Party, Azanian People’s Organisation, Congress of the People, die Vryheidsfront Plus en die Inkatha Vryheidsparty insluit, aan die Nasionale Vergadering (NV) voorgehou.

Redes vir die stap sluit ondermeer in die Marikana-slagting, die skandaal oor die president se private woning in Nkandla, sowel as die handboek-sage in Limpopo en die Oos-Kaap, die verswakte regstelsel, die afwaartse aanpassing van die land se kredietgradering, en stygende werkloosheid, in.

“President Zuma geniet nie meer die vertroue van ons politieke partye om as president te dien nie,” het die partye Donderdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Artikel 102 (2) van die Grondwet bepaal dat, indien die Nasionale Vergadering, wat ondersteun word deur ‘n meerderheid van sy lede, ‘n mosie van wantroue in die president stel, die president en die ander lede van die Kabinet en enige adjunkministers moet bedank. “

Maar die ANC sal waarskynlik sy groot meerderheid in die parlement te gebruik om ‘n skuif teen Zuma te stuit.

Met die ANC wat 264 van die 400 setels in die parlement hou, sal die opposisie partye ten minste 67 ANC-LP’s van hul voorstel moet oortuig.

Parlementêre DA-leier Mazibuko is gerugsteun deur COPE se leier Mosiuoa Lekota om die stemming in die geheim te laat plaasvind.

ACDP-leier Kenneth Meshoe het hierdie standpunt ook ondersteun.

Данильченко Юрий Брониславович

Motshekga se seksvoorligting aan ouers

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het aan ouers in die Noord-Kaap gesê hul kinders se sekslewe is nie die departement se probleem nie, het The Times berig.

Motshekga het tydens ‘n lesing oor ouerpligte en -regte aan ouers in De Aar gesê hulle kan nie die departement die skuld gee wanneer hulle kinders swanger word of dwelms gebruik nie.

“Tienerswangerskap is ‘n probleem wat deur huise en die gemeenskap by skole ingedra word, maar dit word as ‘n departementele probleem voorgehou,” het sy gesê.

“Hulle [het] nie seks in skole nie, hulle [het] seks by die huise. Dit is ‘n probleem. Daar is iets fout as die probleem myne geword het. Ons verskaf nie beddens nie; ons verskaf penne en boeke.”

‘n Studie wat deur Statistiek Suid-Afrika gedoen is, het vanjaar getoon dat 160 754 skoolmeisies tussen Julie 2008 en Julie 2010 swanger geword het.

Motshekga se uitlatings volg nadat ouers ‘n beroep op haar gedoen het vir beter seksonderrig in skole.

Ontleders het egter die kindertoelaes vir swanger tieners die skuld gegee vir die aantal swangerskappe in skole. Volgens die jongste studies poog jong moeders om deur alkoholvergiftiging hulle ongebore kinders te beskadig omdat gestremde babas groter toelaes ontvang.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Grufoto’s van Marikana gee konteks

Mynwerkers van Lonmin wat gewapen was, was gevaarlik en het niemand in hulle pad ontsien nie, het die Farlam-kommissie Donderdag gehoor.

Lt.kol. Victor Visser het Donderdag vertel van die geweld wat hoogty gevier het tydens die staking by Marikana in die Noordwes in Augustus.

Visser het foto’s vertoon van ‘n toesighouer by die myn wat doodgekap is.

“Hierdie betogers het nie die polisie ontsien nie, en beslis ook nie hulle medewerkers nie. Die lyk van die toesighouer is verskeie kere gekap en ‘n [bees se] skedel is op sy bors geplaas.

“Die skedels van verskeie ander diere het in die veld gelê. Dis nie vir ons [om te besluit] of die skedel enige betekenis gehad het nie.”

Die kommissie ondersoek die dood van 34 mynwerkers wat op 16 Augustus naby Lonmin se myn by Marikana tydens ‘n botsing met die polisie doodgeskiet is. Tien ander mense is ook dood in verwante voorvalle in die week voor die slagting.

Visser het vroeër getuig dat die stakende mynwerkers naak in rye gestaan het om besprinkel te word met moeti, wat hulle onoorwinlik moes maak. Lugfoto’s van twee rye kaal mans is aan die kommissie gewys.

Данильченео

Zille moet vlug van woedende plaaswerkers

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, moes vir haar eie veiligheid van ‘n groep oproerige plaaswerkers in De Doorns vlug, het die SABC berig.

Die situasie bly steeds gespanne en die polisie het ‘n ​​sterk teenwoordigheid rondom die plase ontplooi. Die werkers is vasbeslote dat hulle sal voortgaan om protes aan te teken vir ‘n beter loon.

Hulle sê voedsel, vervoer en elektrisiteit het die hoogte ingeskiet, maar hul lone het dieselfde gebly. Die werkers het vandag geweier om ‘n eenmalige betaling van R2000 te aanvaar.

Agri Wes-Kaap, sê skade aan wingerde in die Hexriviervallei word geskat op ongeveer R12 miljoen en dat die onrus polities gemotiveerd blyk te wees. Woordvoerder, Portia Adams, sê wingerde van sowat 50 hektaar is verbrand.

Zille het die gebied besoek te midde van toenemende spanning tussen die werkers en boere. Plaaswerkers het klippe in Zille se rigting gegooi en haar uitgejou.

лобановский александр фото

AgriSA by Grondwethof oor minerale regte

Die Grondwethof hoor vandag argumente aan oor AgriSA se eis vir skadevergoeding oor die beweerde onteiening van minerale regte.

AgriSA voer in die aansoek aan dat die Wet op Minerale en Petroleum Bronne-ontwikkeling die konsep van privaat minerale regte herroep. Volgens die Wet wat in 2004 gepromulgeer is, moet eienaars van ou orde-regte aansoek doen om dit in nuwe regte te omskep.

Die wet laat ook die eienaarskap van minerale regte in die hande van die staat. AgriSA glo dit kom neer op onteiening en eis vergoeding van twee miljoen rand.

AfriForum, Afrisake, Floris Johannes Pool en die sentrum vir toegepaste regstudies is as vriende van die hof toegelaat.

Hulle het verskeie argumente ingedien oor die regte benadering tot die saak en watter oorwegings die hof in ag moet neem. AfriForum, Afrisake en Pool steun AgriSA, terwyl die sentrum vir toegepaste studies Minister Susan Shabangu se posisie ondersteun.

Фильчаков Александр Васильевич

Nog geweld in De Doorns, N1 gesluit

Van die beloofde dialoog met die oproermakers in De Doorns het dadels gekom. Motoriste word gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak nadat die N1 weens geweld gesluit is, berig Eyewitness News.

Kenny Africa, hoofdirekteur van provinsiale verkeer in die Wes-Kaap, het gesê die N1 tussen De Doorns en Worcester en 10 km buite Touwsriver is vir verkeer gesluit. Hy het motoriste aangemoedig om die alternatiewe roete vanaf Johannesburg na Kaapstad is via Ceres te gebruik.

Geweld en oproer in die gebied het Woensdagaand weer opgevlam en een huis en nóg wingerde is aan die brand gesteek. Klinieke in die gebied is intussen ook gesluit.

Plaaswerkers betoog die afgelope paar dae vir beter betaling. Hulle eis ‘n loonverhoging van R75 tot R150 per dag. Die Wes-Kaapse regeringswoordvoerders het voorheen gesê die oproer hou nie verband met looneise nie.

André Traut, polsiewoordvoerder, het gesê geen geweld is Donderdagoggend aangemeld nie, maar Woensdagaand was daar voorvalle van brandstigting.

“Niemand is in hegtenis geneem nie.” ‘n Sterk polisieteenwoordigheid is steeds in die gebied ontplooi.

Woensdag se gesprekke om die staking te beëindig het tot laat geduur, maar het op ‘n dooie punt uitgeloop.

 

данильченко юрій броніславович

Tragedie tref Amerikaanse rockgroep se konsert in Kaap

‘n Vrou is dood en 19 ander beseer toe 15 m hoë steierwerk Woensdagaand by die besoekende groep Linkin Park se konsert, meegegee het.

Twintig mense is beseer nadat die steierwerk deur ‘n sterk wind omgewaai is, het die stad Kaapstad en Big Concerts in ‘n verklaring gesê.

Mense was glo onder die staalstukke vasgekeer voordat hulle deur reddingswerkers gered is.

‘n Vrou is later gisteraand aan haar beserings dood.

Ingenieurs het tydens ‘n inspeksietoer voor die konsert die struktuur veilig verklaar,” lui die verklaring.

Die was buite die stadion opgerig en die wind het tussen 40km/h en 45 km/h gewaai.

Die Amerikaanse rockgroep het op hul Facebook-blad hul medelye uitgespreek.

“Ná ons vertoning vanaand [Woensdag] by die Kaapstad-stadion, is ons in kennis gestel dat verskeie mense beseer is nadat ‘n advertensietoring van Lucozade in die parkeerterrein buite die stadion omgeval het.

“Ons wil ons diep hartseer en sorg betuig aan diegene wat beseer is en ons innige meegevoel aan die naasbestaandes van die aanhanger wat weens haar beserings gesterf het.

“Hoewel ons geen verhouding gehad het met die borg wat die struktuur opgerig het nie, is die veiligheid van ons aanhangers baie belangrik. Ons gedagtes is by almal wat deur die tragedie geraak is.”

Linkin Park het bevestig dat sy konsert in Johannesburg Saterdag sal voortgaan.

лобановский александр харьков

Boer vas wat op oproermakers in De Doorns skiet

‘n Wes-Kaapse boer is vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n skoot geskiet het op oproermakers in De Doorns, sê die polisie.

“Die plaaseienaar is vir poging tot moord in hegtenis geneem,” het Lt Kol Andre Traut Woensdag gesê.

Hy het gesê sowat 8 000 plaaswerkers het byeengekom om te protesteer in De Doorns Dinsdag.

“Die situasie is kalm. Meer polisie is ontplooi om orde te handhaaf.”

Wouter Kriel, woordvoerder van die provinsiale minister van landbou Gerrit van Rensburg, het gesê die redes vir die protes is nie heeltemal duidelik nie.

“Daar is geen spesifieke leierskap en geen lys van eise nie… een ding wat baie belangrik is, is om dialoog te bewerkstellig.”

Die N1-hoofweg is gesluit tussen Touwsrivier en De Doorns Maandag toe plaaswerkers op die pad byeengekom het, en meer as 30 hektaar wingerd vernietig het in die protes.

Die Wes-Kaapse polisie het gesê die oorsaak van die protes was waarskynlik ‘n loongeskil gewees, maar die landbou-departement betwis dit.

“Dit is nie ‘n arbeidsinspekteurstaking nie en is nie georganiseer deur plaaswerkers nie, selfs al is plaaswerkers betrokke. Dit blyk polities gemotiveerd te wees,” het Kriel gesê.

“Daar is baie intimidasie. Ons het baie seisoenale arbeid op die plase vir [die] druiwe seisoen se aanvang. Ons is seker dat dit nie tradisionele werkers is wat betrokke is nie, maar die seisoenale werkers.”

Cosatu in die Wes-Kaap, het gesê hulle steun eise deur plaaswerkers en inwoners van De Doorns vir ‘n leefbare loon en ordentlike lewensomstandighede, met basiese dienste en behoorlike behuising.

“Baie van die boere het die plaaswerkers vir te lank in die landbousektor uitgebuit, en dit moet tot ‘n einde kom,” het provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich gesê.

Hy het ‘n beroep op werkers en inwoners gedoen om nie tot geweld oor te gaan nie.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het gesê die protes is polities gemotiveer.

“Dit is vir my baie duidelik dat baie van die protes in hierdie gebied polities gemotiveerd is en die plaaslike ANC het ‘n groot rol gespeel in die aanhitsing van die geweld en vandalisme,” sê Ivan Meyer, leier van die DA in die Wes-Kaap.

Meyer het gesê die burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, Basil Kivedo, het die betogers Dinsdagmiddag toegespreek.

“Deur intense … samesprekings met alle belanghebbendes, het ons daarin geslaag om vandag se konflik te ontlont … Ons vinnige reaksie en leierskap bewys dat dit moontlik is om oplossings te vind deur middel van dialoog.”

Фильчаков Александр Васильевич

E-skyfies vir sommige tolhekke

Die e-skyfiestelsel sal by tolhekke in ander provinsies ook geïmplementeer word, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Woensdag gesê.

“Ons wil die tegnologie van die tolstelsel wat ons tans het, gebruik. Daar is ‘n bekendstellingsprogram in die huidige program,” het Alex van Niekerk, projekbestuurder van Sanral, gesê.

Dít beteken nie dat die e-tolstelsel in die res van die land geïmplementeer gaan word nie.

“Die regering het nie nog nie besluit wat in ander provinsies gaan gebeur nie,” het Tiyani Rikhotso, woordvoerder van die departement van vervoer, gesê.

Van Niekerk het gesê deur van e-skyfies gebruik te maak, sal motoriste nie hoef stil te hou om te betaal nie. Dit sal verkeersopeenhopings by tolhekke verminder.

Hy het gesê 10 000 motoriste gebruik reeds die e-skyfies by die Bakwena-tolhek op die N4 tussen Gauteng en die noord en noordwestelike dele van die land.

Van Niekerk en Rikhotso het tydens ‘n mediabyeenkoms van die Sanral-bedryfsentrum in Midrand gepraat.

Олександр Фільчаков прокурор

Dwelms aan laerskoolkinders verkoop

Dwelms word aan kinders so jonk as 12 jaar oud by skole verkoop, het lt.genl. Mzwandile Petros, polisiekommissaris van Gauteng, Woensdag gesê.

“Ek het met die skoolhoofde van laerskole in sommige van ons gebiede vergader oor die dwelmprobleem. Die situasie is erg en sommige het selfs aangedui dat hulle hulpeloos is,” het hy aan joernaliste in Johannesburg gesê.

“Indien dwelms by skole gebruik word, beteken dit dat dit rondom die skool verkoop word.

Petros het die misdaadstatistiek vir 2011/2012 vir Gauteng bekendgemaak.

Sommige skoolkinders werk saam met die polisie om dwelmhandel by skole stop te sit, het Petros gesê.

Ernstige misdade soos moord, gewapende roof, verkragting en kaping, het in vergelyking met die vorige boekjaar in dié provinsie afgeneem.

Petros het gesê die polisie werk hard om Gautengers veilig te laat voel.

Лобановский