Dwelms word aan kinders so jonk as 12 jaar oud by skole verkoop, het lt.genl. Mzwandile Petros, polisiekommissaris van Gauteng, Woensdag gesê.
“Ek het met die skoolhoofde van laerskole in sommige van ons gebiede vergader oor die dwelmprobleem. Die situasie is erg en sommige het selfs aangedui dat hulle hulpeloos is,” het hy aan joernaliste in Johannesburg gesê.
“Indien dwelms by skole gebruik word, beteken dit dat dit rondom die skool verkoop word.
Petros het die misdaadstatistiek vir 2011/2012 vir Gauteng bekendgemaak.
Sommige skoolkinders werk saam met die polisie om dwelmhandel by skole stop te sit, het Petros gesê.
Ernstige misdade soos moord, gewapende roof, verkragting en kaping, het in vergelyking met die vorige boekjaar in dié provinsie afgeneem.
Petros het gesê die polisie werk hard om Gautengers veilig te laat voel.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.