SAner sterf in Australiese woestyn

‘n 25-jarige Suid-Afrikaner is dood terwyl sy kollega in die hospitaal herstel nadat hulle in versengende hitte in ‘n Australiese woestyn vasgekeer is.

Mauritz Pieterse en sy 30-jarige kollega was besig met ‘n roetine inspeksie in die Simpson-woestyn toe hulle met ‘n viertrek-voertuig in sand vasgeval het.

Die kwik het tot 45°C geklim en hulle pogings om hul voertuig uit die sand te kry vrugteloos. Hulle het daarna besluit om 16 km na veiligheid te stap.

Pieterse het ‘n paar kilometer vanaf die landboustasie in die suidweste van Queensland, waar hy gewerk het, inmekaargesak. Sy kollega is in ‘n kritieke toestand gevind en per helikopter na veiligheid geneem nadat hy deur inwoners van ‘n naburige eiendom gevind is.

“Hulle het te min water gehad toe die mense op hulle afkom en dit het veroorsaak dat hulle te vinnig gedehidreer het,” het Paul Biggin, polisiewoordvoerder, gesê.

Biggin het ‘n beroep op inwoners gedoen om seker te maak hulle het genoeg water en ‘n kommunikasiemiddel het wanneer hulle werk of reis.

лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae