VSA gaan glo op landbou in SA konsentreer

Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, het Woensdagoggend by sy ampswoning in Pretoria kort ná pres. Barack Obama se oorwinning, belowe dat die VSA sal konsentreer op landbou in Afrika en Suid-Afrika.

Hy het aan Beeld gesê Suid-Afrika en die VSA het oor die afgelope vier jaar ‘n “baie sterk vennootskap” gebou en het nou die geleentheid om op dié samewerking voort te sit.

“Kom ons bou voort op ons vennootskap en hou aan om saam te werk.”

Gips sal in Suid-Afrika aanbly as Obama die die verkiesing wen omdat syne ‘n politieke aanstelling van die Demokrate is.

Gips het ook gesê dit is nie waar dat Obama Afrika afgeskeep het nie.

“Hy het baie vir Afrika gedoen en hy doen steeds baie vir Afrika.

“Onder sy presidentskap is vrye handel tussen Afrika en die VSA bevorder en veral Suid-Afrika het hierby gebaat.

“Voedselsekerheidsprogramme in Afrika is op die been gebring omdat Obama glo landbouprojekte is die beste manier om vir mense in Afrika werk te skep.”

 

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae