“Ons wil die tegnologie van die tolstelsel wat ons tans het, gebruik. Daar is ‘n bekendstellingsprogram in die huidige program,” het Alex van Niekerk, projekbestuurder van Sanral, gesê.
Dít beteken nie dat die e-tolstelsel in die res van die land geïmplementeer gaan word nie.
“Die regering het nie nog nie besluit wat in ander provinsies gaan gebeur nie,” het Tiyani Rikhotso, woordvoerder van die departement van vervoer, gesê.
Van Niekerk het gesê deur van e-skyfies gebruik te maak, sal motoriste nie hoef stil te hou om te betaal nie. Dit sal verkeersopeenhopings by tolhekke verminder.
Hy het gesê 10 000 motoriste gebruik reeds die e-skyfies by die Bakwena-tolhek op die N4 tussen Gauteng en die noord en noordwestelike dele van die land.
Van Niekerk en Rikhotso het tydens ‘n mediabyeenkoms van die Sanral-bedryfsentrum in Midrand gepraat.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.