Twintig mense is beseer nadat die steierwerk deur ‘n sterk wind omgewaai is, het die stad Kaapstad en Big Concerts in ‘n verklaring gesê.
Mense was glo onder die staalstukke vasgekeer voordat hulle deur reddingswerkers gered is.
‘n Vrou is later gisteraand aan haar beserings dood.
Ingenieurs het tydens ‘n inspeksietoer voor die konsert die struktuur veilig verklaar,” lui die verklaring.
Die was buite die stadion opgerig en die wind het tussen 40km/h en 45 km/h gewaai.
Die Amerikaanse rockgroep het op hul Facebook-blad hul medelye uitgespreek.
“Ná ons vertoning vanaand [Woensdag] by die Kaapstad-stadion, is ons in kennis gestel dat verskeie mense beseer is nadat ‘n advertensietoring van Lucozade in die parkeerterrein buite die stadion omgeval het.
“Ons wil ons diep hartseer en sorg betuig aan diegene wat beseer is en ons innige meegevoel aan die naasbestaandes van die aanhanger wat weens haar beserings gesterf het.
“Hoewel ons geen verhouding gehad het met die borg wat die struktuur opgerig het nie, is die veiligheid van ons aanhangers baie belangrik. Ons gedagtes is by almal wat deur die tragedie geraak is.”
Linkin Park het bevestig dat sy konsert in Johannesburg Saterdag sal voortgaan.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.