Die Verenigde State het Beijing voorheen van valutamanipulasie en industriële spioenasie, asook goedkoop invoere uit China beskuldig wat ‘n bron van ‘n besonder intense twis tussen die twee lande is. Spanning tussen die VSA en China kan op die duur baie nadelig vir lande soos Duitsland en Australië wees. Kanselier Merkel sien in Obama ‘n vennoot wat die wrewel tussen die VSA en China kan ontlont.
Kritici in Washington, veral Republikeinse stemme, beweer die Chinese die wisselkoers word kunsmatig laag gehou ten einde uitvoere te verhoog en ‘n perk op invoer te plaas. Enige groot konflik dus tussen die Verenigde State en Beijing, hetsy by wyse van ‘n handelsgeskil of ‘n geborgde konflik in China se invloedsfeer in die Suidoos-Asiatiese streek, kan ‘n baie negatiewe invloed op die Duitse ekonomie hê. Vandaar die verligting in Duitsland met Obama se prestasie, aangesien die Demokrate nie ‘n openlike vyandige houding aanmoedig nie en Duitsers glo dat Obama die kandidaat van vrede sal wees.
“Ons het ‘n groot belang om te verseker dat ‘n konfrontasie tussen die VSA en China nie vorm aanneem nie,” sê Rolf Mützenich, die buitelandse beleidskenner in die parlement vir die sentrum-linkse Sosiaal-Demokratiese Party. “Europa het ‘n paar voorstelle hier gemaak.” Wat lede van Merkel se regeringskoalisie graag tans wil sien is dat Obama diep nadink oor China. “Wanneer dit kom by die Asiatiese uitdaging,” het die CDU se buitelandse beleidsdeskundige Missfelder gesê, “moet daar ‘n beter en strenger uitruil [van inligting] tussen Amerika en Europa wees.”
Die hoofstuk is weggelaat uit die openbare weergawe omdat dit verwysings bevat na die Australiese magte wat die VSA se militêre magte help om ‘n vlootblokkade van China se handelsroetes te bewerkstellig.
Die bestaan van die vertroulike hoofstuk is onlangs prominent op die voorblad van ‘n Australiese koerant, die Australian, aangekondig. Uren, die ekonomiese redakteur, bied geen bron vir sy inligting nie, maar hy het kontak met Australiese politieke, militêre en diplomatieke bronne.
Sy boek oor die dieselfde onderwerp, The Kingdom and the Quarry: China, Australia, Fear and Greed, is hoofsaaklik ‘n bespreking van die enorme dilemma wat die Australiese regerende elite mee te kampe sal kry as die Verenigde State hul belangrikste strategiese en militêre bondgenoot dwing om ‘n meer aggressiewe houding teenoor China, Australië se grootste handelsvennoot, in te slaan.
Uren sê: “Die vermoë van China om oor 5000 kilometers te reik en Australië te tref is ‘n nuwe element van die strategiese omgewing.”
Vir oorlogsvoorbereidings het die Witskrif aanbeveel dat meer as $100 miljard bestee word oor die volgende dekade of so om die Australiese weermag toe te rus met nuwe duikbote, aanvalsvaartuie, vegvliegtuie en ander gevorderde toerusting.
Die voormalige Australiese eerste minister Kevin Rudd het die Witskrif – met felle teenkanting van sy militêre intelligensie adviseurs – aggressief ondersteun, maar sy pogings om tussen die VSA en China as bemiddelaar op te tree in die geval van konflik, is nie deur die Obama-administrasie ondersteun nie. Julia Gillard, sy opvolger, was baie meer inskiklik teenoor die VSA.
Diplomatieke korrespondensie wat deur WikiLeaks gelek is, het Gillard voor haar verkiesing uitgewys as Amerikaanse amptenare se gunsteling om as ‘n pro-Amerikaanse alternatief vir Rudd aangewys te word.
Terwyl Uren nie daaroor berig nie, het die US Naval War College ‘n studie in Januarie 2011 die lig laat sien waarin Australië se “talle voordele” as ‘n basis beskryf word, waaruit die VSA se militêre magte beheer oor die belangrike seeroetes in die geval van konflik met China kan uitoefen. Die studie se skrywers, James Holmes en Toshi Yoshihara, het gesê “die Australiese regering is Washington se mees betroubare bondgenoot in Asië, naas Tokyo.”
Onder premier Julia Gillard, het Australië vir die Obama-administrasie die spilpunt in die Asië-Stille Oseaanstreek geword. Australiese hawens en lughawens is opgegradeer vir gebruik deur die Amerikaanse weermag en die Cocos-eilande in die Indiese Oseaan is beskikbaar gestel as ‘n basis vir Amerikaanse onbemande tuie.
Die Chinese Kommunistiese Party wys Donderdag ‘n nuwe leier aan wat die wêreld se grootste supermoondheid teen 2025 sal lei. Xi Jinping (59), huidige president en sekretaris-generaal van die party, sal Hu Jintao opvolg.
Xi sal in Maart by Hu as staatshoof oorneem en het aangekondig dat hy China na nuwe hoogtes sal lei. China het ‘n oorwig van manlike inwoners.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.