‘Sokkersentrum in Braamfontein beslis geroof’

Nadat PRAAG Vrydag ‘n berig geplaas het oor die YMCA in Braamfontein wat deur ‘n groep van ongeveer 25 gewapende mans beroof is, het FIFA, die internasionale sokkerfederasie ontken dat dié rooftog hoegenaamd met die Wêreldsokkerbeker verband hou.

Ook die dagblad Beeld het dit as ‘n “internetgerug” afgemaak wat boonop “vals” is. PRAAG het intussen die feite met ons bron gekontroleer en kan bevestig dat die rooftog in Braamfontein wel met die Wêreldbeker verband hou, maar dat FIFA nog nie amptelik die bestuur van die YMCA-gebou oorgeneem het nie.

Die YMCA-gebou in Smitstraat, Braamfontein, is egter wel geoormerk om 700 tot 900 internasionale joernaliste te huisves wat die sokker kom dek. Nie net sou hulle daar teen billike tariewe akkomodasie ontvang nie, maar daar is ook ‘n kommunikasiesentrum vir hulle ingerig met die nodige rekenaars, monitors, redigeerbanke en ander elektroniese toerusting om hulle in staat te stel om hul berigte wêreldwyd te versend. Dit is juis hierdie toerusting wat Vrydagoggend geroof is.

Saaknr. 731/02/2010 is by die Hillbrowse polisiestasie in Johannesburg aangemeld, waarin die roof van “boumateriaal” by die YMCA-gebou en die aanhouding van veiligheidswagte met messe en vuurwapens ter sprake is. Die “boumateriaal” is egter die elektroniese toerusting wat vir die sokkerjoernaliste bestem was.

Volgens ons bron, wat nie sy naam of posisie genoem wil hê nie, uit vrees “dat hy sy werk sal verloor”, was kontrakteurs besig om die toerusting op bestelling in die YMCA-gebou te installeer toe dit geroof is. Eers wanneer die gebou en die installasie voltooi sou wees, sou die plaaslike reëlingskomitee van die sokkerwêreldbeker dit amptelik aan FIFA oorhandig.

Die feit dat die YMCA-gebou, hoewel bestem vir sokkerjoernaliste, nog nie amptelik onder beheer van FIFA verkeer het nie, word nou gebruik om te ontken dat daar hoegenaamd ‘n sokkerverwante rooftog plaasgevind het. Indien Sep Blatter buite sy hotel op straat beroof word, kan ‘n mens seker argumenteer dat hy in sy persoonlike hoedanigheid beroof is en dat FIFA dus nie amptelik by die voorval betrokke was nie. Die rooftog word gesien as “maar net nog ‘n rooftog” wat in Johannesburg op ‘n daaglikse basis plaasvind en het geen “amptelike verband” met die sokker nie. Die feit dat ‘n sentrum vir sokkerjoernaliste egter van kommunikasietoerusting beroof word nog vóór voltooiing en alvorens die joernaliste nog in die land is, spreek egter boekdele oor die veiligheidsituasie in die land.

Volgens die anonieme woordvoerder, sal “van die kommunikasietoerusting moeilik op die plaaslike mark verkoop kan word, aangesien die rooftog aangemeld is, maar sal waarskynlik elders in Afrika ‘n tuiste vind”.

treasures of egyptОлександр Васильович Фільчаков

Terroriste Doer Onder sit lank

Vyf radikale Moslems – vier van Libanese herkoms en een van Bangladesj, het tronkstraf van tussen 23 en 28 jaar op die lyf geloop.

Die vyf het terreurplanne gesmee uit protes teen Australië se deelname aan die oorloë in Irak en Afganistan. Hulle is reeds in Oktober verlede jaar skuldig bevind. Hulle is met vuurwapens en chemikalieë vir die maak van plofstof betrap, en wou in 2006 ‘n terreurdaad “met ‘n onbekende doel” pleeg.

Die een wat die minste tronkstraf opgelê is sal oor 17 jaar en drie maande onder baie streng voorwaardes uit die tronk kan kom.

Bron: Trouw

электрический гайковертлобановский александр жена

BNP aanvaar alle rasse

‘n Regse politieke party in Brittanje, die BNP, het besluit om die “slegs wit”-beleid vir lidmaatskap af te skaf nadat hulle deur ‘n hof gedreig is.

‘n Britse hof het die groep gedwing om aan die land se wette aangaande rasseverhoudinge te voldoen.

Lede van die British National Party het Sondag tydens ‘n algemene vergadering oor die kwessie gestem.

Swart en Asiese burgers kan ook nou by die party aansluit.

Die party is gekant teen Brittanje se immigrasiewette en voer aan dat Brittanje “uit beginsel uit Brits” moet bly.

русских иФільчаков Олександр Васильович прокурор

Berig op PRAAG ‘vals’ volgens Beeld

Die berig op praag.co.za dat Fifa se kommunikasiesentrum in Braamfontein, Johannesburg, beroof is, is volgens Beeld vals.

Delia Fischer, Fifa-woordvoerder in Suid-Afrika, het Sondag gesê die wêreldsokkerbeheerliggaam het geen sentrum in Braamfontein nie.

Volgens kapt. Bheki Mavundla, polisiewoordvoerder, is ’n sakerooftog egter wel Vrydag by die Hillbrowpolisiekantoor aangemeld.

Dr. Dan Roodt van Praag het op die groep se webwerf geskryf “al die groot mediagroepe” het blykbaar “ooreenkomste” met Fifa onderteken.

Lees die volledige berig hier.

справки 086улобановский александр компромат

Ander standaarde

“Nog te dikwels straal die owerheid ‘n negatiewe beeld uit as werkgewer en as diensteverskaffer. Dit blyk uit ‘n klompie algemene vooroordele oor owerheidsadministrasies wat bestaan. Dit sluit in ondoeltreffendheid en die voorskrifte is so oorheersend dat verandering teengewerk word.”

Hierdie aanhaling kom nie die pen van ‘n opposisiepolitikus na pres. Jacob Zuma se staatsrede nie. Dit kom uit die nuusbrief van Vlaandere se sterkste regerende koalisievennoot, die Christen-Demokrate en Vlaandere.

Die artikel handel in wese oor ‘n ondersoek wat gedoen is om meetbare maatstawwe te vind oor waar die regering goed, of minder goed gedoen word. Die artikel kan hier gelees word.

‘n Mens kan maar net sidder hoe Suid-Afrika se owerheidsektor sou vaar as dit aan die Vlaamse maatstawwe en Vlaamse ondersoekers onderwerp moes word.

насадка на керхер пескоструйОлександр Васильович Фільчаков

Kommunikasiesentrum 2010 gestroop

Tot die verleentheid van Sepp Blatter en FIFA, het die 2010-kommunikasiesentrum vir 900 joernaliste in Braamfontein, Johannesburg vanmôre omstreeks 9-uur onder ‘n grootskaalse rooftog deurgeloop. Kommunikasie- en videotoerusting van etlike miljoene rande is gebuit.

FIFA se Blatter, wat reeds by herhaling plaaslike waarskuwings oor misdaad en gebrekkige polisiëring as blote “rassisme” afgemaak het, het gister nog TV-advertensies oor “Madiba” laat uitsaai. Die uitsaaisentrum in Smitstraat, Braamfontein, wat in die ou gebou van die YMCA ingerig word, was nog nie gereed nie en kontrakteurs was nog besig om aan die toerusting te werk. ‘n Groep swaar gewapende mans het hulle aangehou en groot hoeveelhede waardevolle kommunikasietoerusting is weggery.

Veiligheidswagte is met vuurwapens oorval en aangesê om met hul gesigte op die grond te lê terwyl die gebou gestroop is. ‘n Woordvoerder het die operasie as “militêr van aard” beskryf. Sommige items wat geroof is, was so groot dat “vyf groot mans” nodig was om dit uit te dra. Die rooftog moes heelwat beplanning en organisasie geverg het, wat toon dat georganiseerde misdaad die sokkerwêreldbeker as ‘n meevaller beskou waarvan sommige vrugte nou reeds gepluk word.

Volgens getuies wat in aanhouding verkeer het, was daar ongeveer 20 tot 25 rowers. Voertuie het stilgehou en gery, terwyl ander voertuie weer in aantog was. Satellietskottels, redigeermasjiene, rekenaars en videomonitors is geroof, genoeg om ‘n hele uitsaaistasie te begin.

штукатурные смеси для наружных работАлександр Фильчаков прокурор

VF+ verwelkom skorsing

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die skorsing van twee ANC raadslede, waaronder een die Speaker van die Stadsraad van Randfontein is, deur die LUR vir Plaaslike Owerhede mnr. Kgaogelo Lekgoro.

‘n VF Plus raadslid van Randfontein mnr Hennie van Staden, het in Oktober 2009 reeds feite oor ongeruimdhede van die Speaker aan die media bekend gemaak.  Die voormalige speaker me. Setsiba en bekende sakevrou met talle besighede, ondermeer ‘n uitleenskema en klereonderneming, word daarvan beskuldig dat sy, bygestaan deur haar persoonlike assistent,  ondermeer klere, tupperware en handsakke uit haar ampsmotor se kattebak en amptelike kantoor verkoop het.

Rdl. van Staden het verder ook gesê dat me. Setsiba in private hoedanigheid ‘n uitnodiging aanvaar het van die Universiteit van New Jersey en met haar terugkeer R3 000 se reis- en verblyfkoste van die stadsraad geëis het.  “Dit is vreemd dat me. Setsiba se persoonlike assistent nie deur die skorsing geraak word nie.  Ondersoeke blyk dat sy van alles geweet het.  Dalk moet die LUR mnr Lekgoro, weer na die verklarings kyk het van Staden gesê.

 

free slotФильчаков прокурор харьков

Natuurramp dreig met plakkers

ANC-verkiesingsbeloftes van 2003 is besig om ‘n natuurramp te veroorsaak. So sê me Hannelie Snyman, VF Plus raadslid en die party se woordvoerder oor Omgewingsake aan die Wesrand.

Die Selapatse-plakkerskamp wat deur die ANC aangemoedig is om uiteindelik as dorpsgebied proklameer te word, is op gevaarlike geologiese verskuiwings gevestig wat sinkgatvorming aanhelp.  Politieke druk rondom die 2004 verkiesing het die ANC genoodsaak om van hul plan af te sien, maar die mense het reeds begin om hul plakkershutte daar op te rig.

Die Munisipaliteit van Mogale City het onderneem om nie die uitbreiding van die plakkerskampe toe te laat nie maar meer as 25 000 mense woon reeds in die kamp met gevestigde kerke en kleuterskole.

Die plakkerskamp is op die Oaktree-formasie van die Zwartkrans dolomietiese kompartement geleë waar die grond uiters poreus is en puttoilette en menslike afval watertafels besoedel. Khutsong, Tarlton en groot gedeeltes van die Wieg van die Mensdom word hierdeur geraak en volgens die Munisipaliteit van Merafong City is twee nuwe sinkgate verlede week aangemeld in Khutsong.  Die bekende Blyvooruitsig-sinkgat is op dieselfde geologiese formasie geleë. Die sinkgat op die pad tussen Carltonville en Ventersdorp is na drie jaar nog nie herstel nie.

Die VF Plus waarsku mynhuise en die owerhede gereeld teen die onverantwoordelike besoedeling van die omgewing.  Die VF Plus hou die ANC-regering verantwoordelik vir die onomkeerbare gevolge hiervan.

полиграфлобановский харьков класс

Zuma se openingsrede 2010

‘n Gedeelte van president Zuma se staatsrede was die herhaling van baie van die wittebroodbeloftes waarmee hy sy termyn begin het. Hierdie voorstelle was vaag en gaan nie ons probleme oplos nie. Aan die positiewe kant was daar egter wel gedeeltes waar hy baie spesifiek meetbare doelwitte en teikens gestel het.     

Wat onderwys betref is daar byvoorbeeld baie spesifieke teikens ten opsigte van geletterheid en syfervaardigheid gestel wat teen 2014 bereik moet word. Die positiewe daarvan is dat opposisiepartye die regering se aansprake op sukses teen sulke teikens kan meet.

So spesifiek as wat die onderwysdoelwitte was, so vaag was die voorstelle om misdaad te bekamp. Om 10% meer polisielede aan te stel sonder spesifiek meetbare teikens ten opsigte van hulle opleiding en suksessyfer, gaan nie die misdaadprobleem oplos nie.

Dit is ‘n prestasie dat 480 000 werkgeleenthede geskep is. Daar moet egter onthou word dat dit tydelike werkgeleenthede is — byvoorbeeld ‘n persoon wat met ‘n rooivlag langs ‘n padkonstruksieprojek staan. Hiermee word die probleem van werkloosheid tydelik oorbrug en aangespreek maar geen permanente werk word so geskep nie.

Die beskerming van armes teen die verhoging van elektrisiteitsverhogings is positief. Dit skep egter die indruk dat die regering reeds voorberei vir ‘n 35% elektrisiteitsprysverhoging voordat Nersa nog ‘n besluit daaroor geneem het. So ‘n verhoging sal vernietigend wees vir die ekonomie, die gewone verbruiker en die landbousektor. Die feit dat meer erkenning aan onafhanklike kragvoorsieners gegee gaan word, is positief en sal Eskom se houvas op kragvoorsiening hopelik verbreek.

Mnr. Zuma het die opwinding rondom mnr. Mandela se vrylating en die Wêreldbekersokker baie doeltreffend gebruik om ‘n sekere euforie rondom sy staatsrede te skep. Die probleem hiermee is dat dit op die kort termyn die onaangename werklikhede van korrupsie, die gebrek aan dienslewering en ander probleme wegsteek. Na die sokkertoernooi gaan al hierdie probleme egter nog steeds met ons wees.

ігри длядівчатокДанильченко Юрий прокурор

Skool verbied Valentynsdag

‘n Britse skool het sy leerders verbied om kaartjies op Valentynsdag te stuur omdat die kinders glo nie volwasse genoeg vir romanse is nie. 

Ashcombe-laerskool, wat kinders vanaf vier- tot elfjarige ouderdom onderrig, het gedreig om enige Valentynsdagkaartjies te konfiskeer wat op die perseel in Somerset, suidwes van Engeland, gevind gaan word, het die Times berig.

“Sommige kinders se ouers praat met hulle oor meisies en kêrels,” het Peter Turner, hoof-onderwyser van die skool, in ‘n maandelikse nuusbrief geskryf.

“Ons glo egter dat sulke idees moet wag totdat die kinders meer volwasse, emosioneel en sosiaal gereed is om die verbintenis wat daarmee gepaard gaan, te verstaan,” het hy in ‘n brief aan die ouers gesê.

Turner het egter onder skoot gekom vir sy stellings oor die Valentynsdagkaartjies. Ouers het gevoel dat indien hul kinders verbied word om kaartjies vir mekaar te stuur, die kinders nooit sosiale vaardighede sal kan aanleer nie.

шина для трековых светильниковАлександр Фильчаков прокурор