Die Vryheidsfront Plus verwelkom die skorsing van twee ANC raadslede, waaronder een die Speaker van die Stadsraad van Randfontein is, deur die LUR vir Plaaslike Owerhede mnr. Kgaogelo Lekgoro.
‘n VF Plus raadslid van Randfontein mnr Hennie van Staden, het in Oktober 2009 reeds feite oor ongeruimdhede van die Speaker aan die media bekend gemaak. Die voormalige speaker me. Setsiba en bekende sakevrou met talle besighede, ondermeer ‘n uitleenskema en klereonderneming, word daarvan beskuldig dat sy, bygestaan deur haar persoonlike assistent, ondermeer klere, tupperware en handsakke uit haar ampsmotor se kattebak en amptelike kantoor verkoop het.
Rdl. van Staden het verder ook gesê dat me. Setsiba in private hoedanigheid ‘n uitnodiging aanvaar het van die Universiteit van New Jersey en met haar terugkeer R3 000 se reis- en verblyfkoste van die stadsraad geëis het. “Dit is vreemd dat me. Setsiba se persoonlike assistent nie deur die skorsing geraak word nie. Ondersoeke blyk dat sy van alles geweet het. Dalk moet die LUR mnr Lekgoro, weer na die verklarings kyk het van Staden gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.