Skote weerklink in Kinshasa

Image

VN-soldate in Kinshasa

Die huis van Jean-Pierre Bemba, voormalige vise-president, rebelleleier en verslane kandidaat in die onlangse verkiesings in die Demokratiese Republiek van die Kongo, word tans omsingel deur weermagsoldate, asook tenks van die VN.

 
Spanning het Dinsdag opgelaai nadat skote om 10-uur die oggend uit die noorde van Kinshasa in die Gombe-woonbuurt weerklink het. Niemand is seker wat die oorsprong van die geweervuur was nie.

’n Westerse bron beweer dat die skote moontlik per ongeluk in die lug afgevuur kon gewees het. Nietemin het winkeleienaars in die omtrek dadelik hul winkels verlaat en laat spaander uit vrees dat Bemba en die weermag op ’n groot skaal kon slaags raak.

Die VN-missie het dadelik 15 tenks na die gebied gestuur om die vrede te help bewaar. Hulle is voor die woning wat omsingel is, opgemerk in ernstige gesprek met Bemba se gewapende magte. Laasgenoemde was kennelik erg ontstoke.

Die vasgestelde datum in terme van ’n vroeëre ooreenkoms waarop Bemba se soldate na hul barakke sou terugkeer met die oog op herintegrasie in die Kongolese weermag, was juis 15 Maart 2007.

Beide rebelleleiers Bemba en Azarias Ruberwa meen dat die 12 polisielede wat hulle voortaan sal moet beskerm nie voldoende is nie en het nuwe onderhandelinge oor die kwessie aangevra.

Ruberwa se wagte is egter nie buite in die straat ontplooi soos dié van Bemba nie en ook nie heel ooglopend onder die invloed van dwelms en drank nie.

Die nuutverkose regering verkies blykbaar “dialoog” met Bemba se mense, maar voorsien nie dat ongehoorsame soldate ontwapen behoort te word nie.

Die VN het die insident Dinsdag as ’n geïsoleerde geval beskryf. “Ons vrees geen georganiseerde aanval nie, maar een of twee individue kan onder die invloed van dagga die situasie laat ontaard,” het segspersoon luitenant-kolonel Didier Rancher gesê.

In die nadraai van die verkiesings van Augustus 2006 het 30 mense in ’n uitbraak van geweld in dieselfde omgewing van Gomba gesterf.

Maandag moes VN-troepe by twee geleenthede tussenbeide tree om Bemba-soldate van regeringsmagte te skei. Westerse ontleders reken dat Bemba 250 man by sy twee wonings aanhou sonder om elemente wat oral om Kinshasa teenwoordig is, by te tel. Ruberwa tel 120 ondersteuners ongeveer.

Die Kabila-regering is egter vasbeslote om diesulkes vas te vat en het by monde van anonieme segsmense belowe dat iets daadwerkliks binnekort gedoen sal word.

каркасные бани фототопкарго отзывы

Vakansie met ‘n verskil

’n Groep Nederlandse en Suid-Afrikaanse kunstenaars het met ’n nuwe plan na vore gekom om geld uit toeriste se nuuskierigheid te maak. Besoekers kan voortaan in die middestad van Johannesburg uitkamp. Die projek staan bekend as “Cascoland” en gee aan toeriste die kans om kennis te maak met Johannesburg se misdaad en onwettige immigrante.

Die ambisieuse organiseerders beoog om met hulle projek misdaad te bekamp en “grense” tussen ryk en arm af te breek. Vir die skamele bedrag van R25 kan gaste in tente slaap, op die dak van ’n ou militêre kaserne. Oorpluisies word uitgedeel om te keer dat geweerskote, Kongolese diskomusiek en ander straatgeluide die besoekers in hulle slaap steur. Soggens word ontbyt in die tente bedien en gaste kan dan, vergesel van gidse wat hulle teen aanvallers beskerm, die buurt verken.

Image

Toeristiese Johannesburg

Die gidse verduidelik aan die toeriste hoe die stad se informele ekonomie funksioneer en stel besoekers voor aan inwoners, wat wissel van onwettige immigrante tot prostitute. “Ons wil die versperrings tussen mense afbreek en die mentaliteit van mure en heinings in Suid-Afrika uitdaag,” aldus Roel Schoenmaker, ’n Nederlandse kunstenaar en een van die stigters van Cascoland. Die kunstenaars moedig plaaslike inwoners aan om vir die toeriste te dans, hulle motors reg te maak en kos te kook.

Volgens Fiona de Bell, een van die mede-stigters van Cascoland, sal die projek waarskynlik weinig “langtermynimpak” hê.

Dit is onbekend hoeveel onwettige inwoners daar in Johannesburg se middestad en omstreke is. Op die foto hier langsaan kan mens ’n tipiese woonstelgebou in Berea sien. Die San Jose-blok met sy sestien verdiepings is in 2000 deur sy oorspronklike eienaars aan sy lot oorgelaat, nadat hordes onwettige inwoners hulle intrek geneem het en geweier het om huur aan die regmatige eienaars te betaal. Daar is geen elektrisiteit, sanitasie of lopende water in hierdie gebou nie.

устройство хамама влобановский класс

VS-ambassadeur stap uit vergadering met Zim-regering

Image

Christopher Dell

Die Verenigde State se ambassadeur in Zimbabwe het gister uit ’n vergadering met daardie land se buitelandse minister gestap nadat dié gewelddadige optrede teen opposisielede probeer regverdig het, luidens ’n verklaring van die Amerikaanse departement van Buitelandse Sake.

Ambassadeur Christopher Dell is tesame met ander Westerse gesante na ’n vergadering met Simbarashe Mumbengegwi, buitelandse minister van Zimbabwe, ontbied wat diplomate gewaarsku het om “stil te bly” oor die opposisie-onderdrukking of uitsetting in die gesig te staar, aldus Sean McCormack van die Amerikaanse buitelandsesakedepartement. Dell het “om die versekering gevra dat die diplomate die geleentheid gegun sou word om te reageer,” lui die verklaring.

“Toe die ambassadeur nie sodanige versekering ontvang het nie, het hy die vergadering verlaat en geweier om deel te hê aan die regering se poging om gewelddadige optrede te regverdig,” gaan McCormack voort.

“Die Verenigde State sal aanhou om hom uit te spreek en doelgerig op te tree ter ondersteuning van die mense van Zimbabwe se reg op demokrasie,” het hy gesê.

Image

Westerse ambassadeurs in Harare

Die Verenigde State en ander Westerse regerings het die reeks aanvalle op die leiers van die opposisie teen president Robert Mugabe se bewind van 27 jaar gekritiseer. In die mees onlangse insident is ’n senior lid van die opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), Nelson Chamisa, erg geslaan toe hy die land probeer verlaat het.

“Dis net nog ’n treurige voorbeeld van die negatiewer wending in Zimbabwe waar dit al roetine geword het vir Mugabe se regering om demokratiese beginsels te vertrap,” het McCormack vroeër in reaksie op die aanval op Chamisa gesê.

Teenkanting teen die 83-jarige Mugabe, wat aan die mag is sedert onafhanklikheid in 1980, het toegeneem te midde van ’n ekonomiese ineenstorting met inflasie op 1 730 persent en vier uit vyf mense sonder werk.

Mugabe bly egter ongestoor in die aangesig van hewige kritiek en blameer die onrus op die MDC en sy kritici.

free games win money no depositАлександр Фильчаков

Die waterslang en die profeet

Inwoners van Ramocha, in die omgewing van Rustenburg, het verlede Donderdagnag ’n sogenaamde profeet aangeval en haar huis afgebrand. Hulle het haar vroeër betaal om hulle teen ’n tornado te beskerm, maar het later besef hulle is verkul.

Sowat 800 woedende inwoners het voor die 43-jarige Dikiledi Njusa se huis byeengekom en daarop aangedring dat sy elkeen se R2 terugbetaal. Sy het die inwoners ’n week gelede vertel dat ’n massiewe tornado Rustenburg sou verwoes indien hulle haar nie elk R2 betaal nie. Die geld sou aan ’n waterslang genaamd Moeka gaan, om hom te kalmeer en die natuurramp af te weer. Inwoners het tot 18 Februarie gehad om hulle R2 te betaal. Die geld sou dan in die Hartbeespoortdam, Olifantsnekdam en ’n rivier in Zakhele gegooi word, op ’n datum wat die slang sou aandui.

Donderdagnag het die inwoners egter begin vermoed hulle is verkul en hulle het voor Njusa se huis saamgedrom. Die skare het die profeet en haar vyf kinders aangerand en haar huis, asook die buurwoning, afgebrand. ’n Motor in Njusa se agterplaas is ook aan die brand gesteek. Die vrou en haar kinders is in die hospitaal opgeneem en verkeer tans onder polisiebewaking. Die saak word nog ondersoek.

светильники потолочныеФільчаков прокурор

Tony Yengeni se seun gekaap

Tony Yengeni se seun, Mandla, is Vrydagnag in die woonbuurt Nyanga, net buite Kaapstad, gekaap. Die 23-jarige Mandla en twee vriende was onderweg na ’n huis in die buurt toe hulle deur ’n silwerkleurige Mercedes voorgekeer is. Die vier insittendes het voor Mandla se swart Volkswagen Golf ingetrek en hom en sy vriende met gewere aangehou. Hulle het die Golf gesteel en weggejaag. Niemand is in die voorval beseer nie en geen skote is gevuur nie.

Nie lank daarna nie het die Nyanga-polisie op die verlate voertuig afgekom. Die saak word nog ondersoek.

Tony Yengeni is ’n ruk gelede vrygelaat nadat hy gevangenisstraf uitgedien het weens bedrog. Sy seun is in Milnerton woonagtig en het ’n maatskappy genaamd Ikhaka Events & Tours. Die firma spesialiseer in “partytjies, korporatiewe funksies, promosies, handelsmerkposisionering en township-besoeke.”

 

тур в хорватию из минскатопкарго кидалы

Brittanje vra vir Veiligheidsraadsessie oor humanit?re toestand in Zimbabwe

Brittanje se VN-ambassadeur het gister vir ’n Veiligheidsraadvoorligtingsessie oor die humanitêre situasie in Zimbabwe gevra, met verwysing na die onlangse aanval op die land se opposisieleier, aanhoudende verdrukking en ’n ekonomiese ineenstorting.

Emyr Jones Parry het gesê dat hy voorligting van die VN-sekretariaat aanvra vanweë “die onmoontlikheid van die situasie”, wat ’n inflasiekoers van 1740 persent insluit, asook die implikasies vir die gewone mense van Zimbabwe en potensiële invloed op die streek.

In ’n ander verklaring het hy gesê dat Brittanje – Zimbabwe se vorige koloniale heerser – ook ’n volle bespreking oor onlangse gebeure in die land by die VN-menseregteraad in Genève aanvra.

Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai, wat verlede Sondag na bewering ernstig deur die polisie aangerand is, het gister huistoe gegaan na sy ontslag uit die hospitaal maar het steeds aan floutes gely, volgens sy personeel. Hy en ander leiers en aktiviste is gearresteer terwyl hulle ’n gebedsbyeenkoms van ’n opposisie-alliansie van kerklike, studente- en burgerlike groepe bygewoon het.

President Robert Mugabe se kritici beskuldig hom van verdrukking en korrupsie, en blameer hom vir ernstige voedseltekorte, asook die wêreld se hoogste inflasiesyfer. Sondag se geweld het die toenemende spanning in die stedelike vestings van die opposisie verhoog en het vrae oor hoe lank die 83-jarige leier nog sy stywe greep op politieke mag kan behou, opnuut aan die orde gestel.

Mugabe het uitgevaar teen Westerse ondersteuning vir wat hy gewelddadige opposisie-aktiviste noem en het sy toenemende aantal kritici aangesê om “hulleself te gaan ophang”. Hy het opposisie-militantes teen aanhitsing gewaarsku een ook gedreig: “As hulle dit weer doen, sal ons hulle weer looi.”

Jones Parry het gesê dat “in die lig van die ekonomiese ineenstorting tesame met die politieke situasie en nou hierdie brutaliteit, dink ek dis reg dat ons so ’n voorligtingsessie aanvra”.

Hy het gesê dat daar geen teenkanting teen sy versoek was nie en “my veronderstelling is dat dit gaan gebeur”. Volgens Jones Parry is Zimbabwe formeel op die Veiligheidsraad se sakelys geplaas.

Suid-Afrika se ambassadeur, Dumisani Kumalo, die huidige Veiligheidsraadvoorsitter, het gesê sy regering glo nie die Zimabwe-kwessie hoort by die Veiligheidsraad nie. “Dis nie ’n saak wat internasionale vrede en veiligheid bedreig nie,” het hy gesê. “Daarom is dit ongewoon om dit na hierdie raad te verwys. Maar al waarvoor daar gevra word is dat die sekretariaat die raad oor die situasie inlig sodra dit gereed is.”

латки камерные круглыеЛобановский Харьков

Mbeki kla oor rassisme

Image

Al weer rassisme

Die uitdaging van rassisme moet “eerlik en vreesloos” aangespreek word, meen pres. Thabo Mbeki in gister se weeklikse ANC Today-nuusbrief. Volgens hom is rassisme “’n daaglikse verskynsel in ons lewens, ’n demoon wat uitgedryf moet word” ter wille van nasionale versoening.

“Die gunsteling woorde wat gebruik word om enige bespreking van rassisme in hierdie land te beëindig of te verhoed, is ‘moenie die rassekaart speel nie,’” het hy voorts gesê.

“Daar is steeds ’n betekenisvolle aantal mense in die wit minderheid, maar nie noodwendig alle blankes nie, wat nog in vrees vir die swart (veral Afrikane) meerderheid leef.” Mbeki skryf verder dat ’n regeringskollega onlangs die retoriese vraag gestel het: Waarom is die blankes so vasbeslote om hulleself bang te maak? Die president se antwoord hierop is soos volg: “Die probleem is dat gevestigde rassisme dikteer dat regverdiging gevind moet word vir die voortgesette blanke vrees vir die ‘swart gevaar.’” Misdaadvoorvalle bied volgens hom hierdie regverdiging.

Mbeki se kommentaar oor rassisme is gebaseer op ’n verslag wat hy onlangs gesien het oor ’n arbeidsdispuut in ’n maatskappy waar die blanke bestuurder na swartes as “Kusiete” verwys, asook op blanke bure se vrees as swart gesinne in hulle buurt intrek. Hy verwys voorts na ’n brief wat onlangs op die internet gesirkuleer het waarin ’n 22-jarige swart werknemer van Investec oor rassisme by sy kantoor kla.

Die president verwys ook na ’n artikel van Christopher Shea wat op 22 Mei 2005 in die Boston Globe verskyn het. Volgens Shea het prof. Jerry Kang van UCLA in the Harvard Law Review beweer dat oormatige dekking van stedelike misdaad deur plaaslike TV-stasies een van die hoofdryfvere van rassisme in die VSA is. Hy vind die plaaslike nuusdekking so teen-produktief dat hy glo die regering behoort op te hou om die aantal ure wat ’n TV-stasie aan plaaslike nuus afstaan as bewys van die stasie se bydrae tot “openbare belang” te beskou. Volgens Kang is die plaaslike nuus, met “die parade van beelde van stedelike misdaad” ’n “Trojaanse perd” of “virus” wat rassisme by Amerikaners aanblaas.

Mbeki het dr Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, aangehaal, wat gesê het: “Ons ken mekaar nie en debatteer nie met mekaar nie. Twee minuut-lange toesprake vanaf hierdie podium is geen debat nie.”

“Die voorneme om onsself te leer om nie te vinnig te wees om die besorgdheid en uitdrukkings van enige groep as onwettig af te maak nie, moet ook ’n voorneme insluit om nie die besorgdheid en uitdrukkings van die Afrikane af te maak as onwettig nie. Die Afrikane is die historiese slagoffers van rassisme en hulle is steeds diep beswaard dat sommige in magsposisies nog dink dit is normaal om na hulle as ‘kaffers’ te verwys en dat ander van ons wit landgenote dink dit is natuurlik om die vraag te vra: ‘Aangesien hulle swart is, hoe weet ons hulle is nie misdadigers nie?’”

игри для детиданильченко юрій броніславович компромат

IMF pleit vir “voorspelbare” hulp aan Afrika

Image

Rodrigo Rato

Die direkteur-generaal van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Rodrigo Rato, het vandag in Kaapstad gepleit vir hulp aan Afrika wat meer “voorspelbaar” sal wees.

“Die verskillende voorwaardes wat aan hulp gekoppel word, verteenwoordig ‘n ongelooflike en toenemende las (vir die Afrikalande) en sulke hulp is boonop nie voorspelbaar nie,” het mnr. Rato tydens ‘n simposium in die Kaap verklaar.

“Dis dikwels baie moeilik vir lande wat bronne van buite nodig het om in staat te wees om te beplan… as daar nie genoeg voorspelbaarheid aan die vloei van hulp is nie,” het hy bygevoeg.

Volgens die minister van finansies, Trevor Manuel, het hulp aan Afrika suid van die Sahara oor die afgelope jare merkbaar gedaal: in 2005 het sodangie hulp 30% van die wêreldtotaal verteenwoordig, teenoor 35% twee jaar tevore.

светодиодный уличныйАлександр Фильчаков прокурор

VN voorspel grootskaalse migrasie

Luidens ‘n berig in die Britse dagblad, The Telegraph, raam die VN dat die ryk Noorde elke jaar tot en met 2050 deur ‘n konstante stroom van 2,2 miljoen  immigrante aangevul gaan word. Die VK se bevolking sal in dié tydperk van 60 miljoen na 69 miljoen toeneem uitsluitlik te danke aan nuwe aankomelinge.

Dit volg uit die jongste verslag wat die VN se bevolkingsafdeling gister bekend gestel het oor die volgende vier dekades se migrasiestrome en hoe die globale prentjie vir altyd daardeur geraak en verander gaan word.

Daar sal in Afrika, Asië en die Midde-Ooste miljarde mense meer as in Europa en Amerika wees, terwyl inheemse bevolkings in ryk lande sal afneem of stagneer.

Die wêreldbevolking sal met 2,5 miljard toeneem en teen 2050 sal daar 9,2 miljard mense op aarde wees. Net die toename self is reeds gelykstaande aan die wêreldbevolkingtal soos dit in 1950 daar uitgesien het.

Sommige lande gaan sodoende eksponesieel groei en ander gaan dramaties krimp. Die VN voorspel dat die oostelike dele van Europa en die eertydse kommunistiese wêreld danksy emigrasie en knaend lae geboortesyfers gaan ontvolk.

‘n Land soos Bulgarye sal teen 2050 meer as ‘n derde van sy bevolking afstaan, terwyl die Oekraïene ook met nagenoeg ‘n derde sal krimp. Rusland se inwoners sal met 25% verminder en Pole met 20%. In Duitsland word 10% minder Duitsers vir die toekoms voorsien en in Italië 7%.

Die vloei van immigrante sal egter veroorsaak dat ontwikkelde lande se bevolkings deur vreemde besetting sal groei soos nog nooit tevore in die gekiedenis nie. Die bevolkingstal van die ontwikkelde wêreld word geraam op ‘n stabiele 1,2 miljard indien netto-immigrasie nie ‘n ingereken word nie.

Tussen 1970 en 1980 het ryk lande ongeveer ‘n miljoen immigrante ingeneem, maar vir die komende 43 jaar gaan daardie getal verdubbel.

‘n Halfmiljoen van die nuwe burgers sal uit Afrika kom en 1,2 miljoen uit Asië. Verskille in rykdom sal die vernaamste aantrekkingskrag wees. Die druk wat groeiende bevolkings egter binne hulle eie lande sal uitoefen, sal ook ‘n rol speel om die massaverskuiwing teweeg te bring.

Teen 2050 sal Indië die grootste bevolking op aarde hê met 1,7 miljard mense in totaal. Lande soos Pakistan en Nigerië sal net duskant 300 miljoen te staan kom. Oeganda sal styg tot 93 miljoen, groter as sy bure Kenia en Tanzanië.

Waterskaarste en arm landbougrond sal van die gevolge van hoë bevolkingsdruk wees. Tans sukkel Malawi byvoorbeeld om 13 miljoen mense te voed omdat die grond toenemend uitgeput raak en minder drakrag bevat.

Malawi sal, volgens die VN se vooruitsig, teen 2050 met ‘n bevolking van 32 miljoen opgesaal wees, meer as dubbel soveel mense wat water en voedsel vra. Om te kan oorleef sal Malawiërs dan ongetwyfeld op internasionale voedselhulp aangewese wees.

registration noлобановский александр дети

SA kort meer kernkundiges

Image

Rob Adam

Suid-Afrika behoort meer mense op te lei in die veld van kernenergie, aldus Mosibudi Mangena, minister van wetenskap en tegnologie. Hy het gister ’n konferensie oor die vreedsame aanwending van kernenergie by Gallagher Estate in Midrand geopen.

Hy het gesê dat nuwe projekte gekompromitteer kan word as “menslike kapitaal ontwikkelingsinisiatiewe” nie prioriteit geniet nie. Die huidige kernkundiges is ouer mense en jonger persone móét opgelei word.

Van die projekte waarna die minister verwys het, sluit die Modulêre Korrelbedreaktor (MKBR) in, asook kerngebaseerde diagnoseringstegnieke om tuberkulose in ’n vroeë fase op te spoor en die bekamping van tsetsevlieë en vrugtevlieë deur middel van steriele-insektegnologie.

Sowat 1 400 mense is tans by die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika, Necsa, (die voormalige Atoomenergiekorporasie) werksaam.  Hulle bedryf chemiese, elektroniese en fisika-ingenieurswese aanlegte.  SAFARI 1, die navorsingsreaktor, is die mees gekommersialiseerde reaktor van sy soort ter wêreld waarmee Suid-Afrika miljoene Rande aan buitelandse inkomste verdien.

Die “ouerwordende” werkers na wie die minister verwys het, is nog steeds verantwoordelik vir feitlik al die navorsing wat by Necsa verrig word. Baie van die kundiges het egter intussen afgetree of is poste by die Internasionale Atoomenergie-agentskap in Wene, Oostenryk, aangebied.

Rob Adam, gewese direkteur-generaal van die Departement van mineraal-en-energiesake, het in Februarie verlede jaar die pos van besturende direkteur van Necsa aanvaar. Adam het in die tagtigerjare tronkstraf uitgedien as ANC-lid. Gedurende hierdie tyd in die gevangenis het hy sy honneursgraad en meestersgraad in teoretiese kernfisika aan Unisa behaal. Nadat hy sy doktersgraad behaal het, het hy ’n ruk lank by die Vrije Universiteit van Amsterdam gewerk. Sy hoofoogmerk by Necsa is om ’n oorhoofse strategie vir Suid-Afrika se kernenergiesektor te bepaal.

раскрутка сайтаданильченко юрій броніславович компромат