Twee Namibiese boere vermoor, derde veg vir sy lewe

In dieselfde week dat mnr. Piet van Helsdingen (49) van die Gobabis- distrik deur ‘n stukwerker vermoor is, is inwoners geskok toe nog ‘n boer van die distrik, mnr. Piet Bergh (41), tydens ‘n gewapende roof in die hoofstad gewond is.

Bloedstrepe op die pad en aan die bestuurdersitplek se deur van Bergh se ligte vragmotor, asook koeëlgate deur die deur, getuig van die gewapende rooftog Vrydag by ‘n slaghuis in Eros, Windhoek

Dit is ‘n wonderwerk dat Bergh nog leef nadat hy tydens ‘n gewapende roof geskiet is, meen familie en medici. Bergh is tans in ‘n stabiele, maar ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal in Windhoek.

Bergh boer op die plaas Maramba naby Leonardville en het ook ‘n slaghuis op die plaas van waar hy verwerkte vleisprodukte soos biltong en droëwors aan verskeie slaghuise lewer. Hy is getroud met ‘n 12-jarige dogter en vyfjarige seuntjie.

Op Republikein se Facebook-blad het meer as honderd lesers kommentaar oor die skokvoorval gelewer, veral omdat dit in dieselfde week as die moord op mnr. Piet van Helsdingen (49), ook van die Gobabis-distrik, plaasgevind het.

Drie boere was in dieselfde week slagoffers van geweldsmisdaad, sê die Namibiese Landbou-unie (NLU).

In ‘n nuusbrief sê die organisasie hy is geskok deur die moorde van mnre. Louis Vorster en Piet van Helsdingen.

Vorster, ‘n boer van die distrik Gobabis, is by ‘n vulstasie in Johannesburg deur drie gewapende mans doodgeskiet. Van Helsdingen is verlede week deur ‘n tydelike werker op sy plaas vermoor.

 

Фильчаков Александр Васильевич

Violiste sterf na kopskoot

Een van Suid-Afrika se bekendste violiste, Annake de Villiers, is Dinsdag dood in haar pa se plaashuis naby Steynsrus aangetref met ‘n vuurwapen langs haar lyk.

Rulene Kühn, ‘n polisiewoordvoerder, sê De Villiers (35) is met een skietwond in haar kop in die huis se sitkamer aangetref.

Kühn sê alhoewel daar geen nota op die toneel gevind is nie, vermoed die polisie geen misdaad nie.

De Villiers was voorheen met die bekende operasanger Jannie Moolman getroud.

Фильчаков Александр Васильевич

Kaapse strand word misdaadhool

Waarskuwingsborde gaan by Noordhoek-strand naby Kaapstad opgerig word om besoekers te waarsku oor roof en ander misdaad in die gebied, is Dinsdag berig.

Die kennisgewingborde kom nadat minstens agt mense in aparte voorvalle sedert Februarie by die strand beroof is, het die Cape Times berig.

Dan Plato, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê toeriste is die sagte teikens.

“Spesifiek toeriste ken nie die gevare van die omgewing nie. Wat ons sal moet doen is om kennisgewingborde op te rig wat sê: ‘Loop slegs in hierdie aangewese dele’ of ‘Moet asseblief nie verby hierdie punt gaan nie’,” het hy gesê.

Plato kyk ook na die moontlikheid van vierwielmotorfiets-patrollies, maar sê dit sal nie die misdaadprobleem heeltemal oplos nie.

“Aanvalle vind byna enige tyd van die dag plaas. As misdadigers wil toeslaan, slaan hulle toe.”

“In die mees onlangse voorval is ‘n pa en dogter Saterdag deur ‘n man gewapen met ‘n mes, aangeval. Die pa is in die regterbeen gesteek en ‘n selfoon en ring is gesteel.”

Merle Collins, woordvoerder van die Tafelberg Nasionale Park, het mense gewaarsku om in groepe van vier of meer te loop en om nie waardevolle items by hulle te dra nie.

Фильчаков прокурор харькова

Malema geskors

Die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee het Dinsdagaand Julius Malema se skorsing uit die party bevestig.

“Met verwysing na die huidige dissiplinêre verhoor, bevestig die NDK (Nasionale Dissiplinêre Komitee van appèl) die sanksie wat deur die NTK (Nasionale Tugkomitee) opgelê is dat die appellant permanent uit die ANC geskors moet word,” is in ‘n verklaring gesê.

Die sanksie is in November opgelê nadat Malema verdeeldheid in die party gesaai en die party in oneer gebring het.

Die stap kom nadat Malema president Jacob Zuma se leierskapstyl teenoor dié van oudpresident Thabo Mbeki krities vergelyk het, asook oor opmerkings wat hy gemaak het oor ‘n bewindsverandering in Botswana.

Die NDK-beslissing beteken Malema is nie meer president van die ANC-Jeugliga nie.

Die NDK het ook die appèl van Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, verwerp. Sy skorsing uit die ANC is egter nie tot vyf jaar verhoog nie, maar is tot drie jaar verminder.

Die NDK het ook die appèl van Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal van die ANCJL, verwerp.

“Die appellant se ANC-lidmaatskap is vir ‘n tydperk van een jaar opgeskort, wat met onmiddellike effek geld,” het die verklaring gelui.

Данильченко Харьков

‘Oorlog teen terreur’ is verby

In die nasleep van die Arabiese Lente, het die Obama-administrasie besluit dat radikale volgelinge van Islam nie meer ‘n gevaar inhou nie. Veral met betrekking tot Egipte, meen voormalige CIA-operateur Reuel Marc Gerecht “is dit nou ‘n uitgemaakte saak” dat Egiptiese kiesers ‘n radikale Moslem sal instem.

Daarom, het die Obama-administrasie besluit die “oorlog teen terreur” is iets van die verlede.

“Die oorlog teen terreur is verby,” het ‘n senior amptenaar in die State Departement aan die National Journal verklaar. “Nou dat ons die meeste van Al Qaida doodgemaak het, en nou dat mense ‘n wettige wyse van uitdrukking bekom het, sal mense wat eens hulself na Al Qaida gewend het, ‘n geleentheid vir ‘n wettige Islamisme sien.”

Hierdie nuwe vooruitsig, in die woorde van die National Journal, kom uit ‘n geloof onder administrasie-amptenare dat “dit nie meer die geval is, met ander woorde, dat elke Moslem gesien word as ‘n moontlike medepligtige aan terrorisme nie.”

Die National Journal verduidelik:

“Die nuwe benadering is moontlik gemaak deur die dubbele uitwerking van die Arabiese Lente, wat sorg vir ‘n nuwe middel van bemagtiging aan jong Arabiere anders as gewelddadige jihad, en Obama se wrede, militêr suksesvolle onbemande tuig-veldtog teen die ergste van die gewelddadige jihadiste, Al Qaida.”

Vir die president self, kom hierdie nuwe denke uit ‘n “bewuswording dat hy geen ander keuse het nie, as om die Moslem-broederskap en ander relatief ‘gematigde’ Islamitiese groepe as leidende politieke spelers uit die Arabiese lente in Egipte, Tunisië en elders te erken. “

Hierdie nuwe vooruitsig is radikaal anders as wat onder president George W. Bush onmiddellik na September 11, 2001 geheers het. Bush het op 6 November 2001 verklaar: “Jy is met ons of teen ons in die stryd teen terreur.”

Vir President Barack Obama, wil dit voorkom, kan ‘n mens beide “met ons en teen ons – of dan nie met ons nie, maar nie heeltemal teen ons nie”, wees.

Sy party het ook aangekondig dat hulle enige inisiatiewe teen immigrasie sal beveg.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Net een Afrikaner met hoogste orde vereer

Verskeie aktiviste, politici, musici, wetenskaplikes en voormalige ANC-presidente is onder die 31 mense wat op 27 April, Vryheidsdag, nasionale toekennings sal ontvang.

Kanselier van die nasionale ordes Cassius Lubisi het die lys Maandag aangekondig.

“Dit is gewoonlik hierdie tyd van die jaar dat die president van die Republiek van Suid-Afrika die hoogste toekennings aan burgers en lede van die internasionale gemeenskap wat buitengewone bydraes tot ons land en die wêreld gemaak het, uitdeel,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Dit bestaan ​​uit die Orde van Mendi vir Dapperheid, die Orde van Ikhamanga, die Orde van die Kremetart, die Orde van Luthuli, die Orde van Mapungubwe en die Orde van die Metgeselle van OR Tambo.

Neil John Sharrocks sal die silwer Orde van Mendi ontvang nadat hy gehelp het om die lewens van 44 kinders wat byna verdrink toe hul bus in ‘n rivier in Knysna geval het, in 2011 te red.

Michael Janse van Rensburg sal ‘n postuum die goud orde ontvang nadat hy verdrink het terwyl hy ‘n 14-jarige seun in Klerksdorp in 2010 van verdrinking gered het.

Plaaslike danser en choreograaf, Gladys Geloof Agulhas, musikant Johnny Clegg, skrywer en dramaturg Muthal Naidoo, Joseph Nong Thloloe, ‘n joernalis, en voormalige rugbyspeler en aktivis Daniel “Cheeky” Watson sal die silwer Orde van Ikhamanga ontvang.

Die goue orde sal gaan na musikant Julian Sebothane Bahula en regsprofessor Christopher John Robert Dugard. Professor van ingenieurswese Daniel Gerhardus Krige sal ‘n silwer toekenning kry. Hy is die enigste Afrikaner wat vereer word.

Die Orde van Luthuli-ontvangers sal postuum aan onder meer die voormalige ANC-jeugliga president en LP Peter Ramoshoane Mokaba gaan.

Voormalige ANC-presidente Albert Mvumbi Luthuli en Oliver Reginald Tambo sal platinum kry.

‘n Oorlede politikus van die Verenigde State Edward Moore Kennedy, die jongste broer van die vermoorde Amerikaanse president John Fitzgerald Kennedy, sal ook vereer word met ‘n Suid-Afrikaanse orde.

topcargo отзывы

Een uit vier Johannesburgers betaal omkoopgeld

Een in elke vier Johannesburgse bestuurders het omkoopgeld aan die verkeerspolisie in 2010 betaal, het Corruption Watch se uitvoerende direkteur, David Lewis, Maandag gesê.

“[Die verslag asook ander opnames] toon dat een uit elke vier padgebruikers in Johannesburg al omkoopgeld betaal het,” het hy aan die media in Johannesburg gesê verwysende na ‘n opname van Statistiek Suid-Afrika in 2010.

Dit kom neer op sowat 150 000 bestuurders. Hy het verduidelik dat geen nuwe opname sedertdien gedoen is nie, maar dat die tendens waarskynlik toegeneem het sedert 2010.

“Omkopery is ‘n ernstige misdaad.”

Lewis het gepraat by die vrystelling van ‘n verslag oor korrupsie binne die Johannesburgse Metropolisie (JMPD), genaamd “The Law for Sale”.

Sleutelbevindings sluit die omvang van die probleem in en dat die owerhede dit nie erken nie.

“[Die verslag] kritiseer die JMPD daarvoor dat hulle die omvang van korrupsie binne die mag ontken. Die blote omvang van die probleem is enorm.”

Die verslag is deel van ‘n landwye anti-omkopery-veldtog, oftewel die “no more tjo-tjo”-veldtog, wat ook Maandag geloods is.

Die verslag is een van verskeie wat beplan is deur Corruption Watch om gebiede waar korrupsievlakke hoog is in die land te identifiseer. Lewis het gesê JMPD-statistieke dui daarop dat slegs 184 sake van korrupsie oor die laaste drie jaar, van 2009 tot 2011, aangemeld is. Hieruit is 37 beamptes skuldig bevind en 19 is afgedank.

Corruption Watch se aanbevelings aan die JMPD en die Stad Johannesburg is om verantwoordelikheid te neem en korrupsie aan te spreek.

JMPD-beamptes moet te alle tye sigbare identifikasie dra en hulle moet korrupsie met anonimiteit kan aanmeld.

Veld-integriteitstoetse moet gebruik word om bewyse teen korrupte beamptes in te samel.

Lewis het beklemtoon dat omkopery nie ‘n slagofferlose misdaad is nie. Dronkbestuurders of motoriste met defektiewe motors word toegelaat om op die paaie te bly nadat hulle omkoopgeld betaal het.

“Ons hoor dikwels die verskoning dat die publiek verantwoordelik is wat omkoopgeld aan verkeersbeamptes bied. Ons kyk egter op na wetstoepassingsbeamptes om betroubaar en voorbeeldig in hul gedrag te wees,” het Lewis gesê.

“Die publiek sal baie huiwerig wees om omkoopgeld aan te bied as hulle weet dat verkeersbeamptes altyd die wet sal handhaaf.”

Фильчаков прокурор харькова

Sjebeens in Wes-Kaap skep werk

Navorsing wat deur die konsultantegroep Sustainable Livelihood namens die Wes-Kaapse regering gedoen is, toon dat duisende mense hul werk kan verloor indien onwettige sjebeens in townships gesluit word, berig RSG.

Soveel as 25 000 drankhandelaars doen in die Wes-Kaap sonder dranklisensies sake, met ongeveer 150 000 mense wat in dié sjebeens werk.

Leif Peterson, ‘n verteenwoordiger van Sustainable Livelihood, het by ‘n Kaapse konferensie oor alkohol gesê arm mense kan deur die drankwet benadeel word.

Hy het ook daarop gewys dat owerhede se benadering tot sjebeens in swart gebiede dikwels verskil van die benadering tot formele ondernemings in voorstede.

прокурор харьковской области

SA omhels kernkrag

Die bestuurshoof van Eskom, Brian Dames sê die oogmerk is dat Suid-Afrikaanse maatskappye uiteindelik die grootste deel van die kontrak moet kry in die plan om ses kernaanlegte te waarde van 400 miljard rand in die land te bou.

Maatskappye van Frankryk, die VSA, Japan, Suid-Korea, China en Rusland het reeds aangedui dat hulle in die kontrak belangstel.

Dames sê hoewel die eerste kernaanleg waarskynlik net sowat 35 persent plaaslike inhoud sal hê, is die oogmerk 70 persent.

Die kontrak sal een van die grootstes wees wat Suid-Afrika aanbied sedert die multi-miljard rand wapentransaksie sowat ‘n dekade gelede.

 

топкарго отзывы

Grapjas praat mense bang oor ‘onderdrukkende apartheid’ wat gaan terugkeer

‘n Onderdrukkende stelsel wat soortgelyk is aan apartheid kan terugkom indien Suid-Afrikaners nie meer betrokke raak en die regering verantwoordbaar hou nie, het die grapjas Pieter-Dirk Uys Maandag gesê.

“Apartheid sal nooit, ooit terugkeer onder dieselfde naam nie,” het Uys gesê in ‘n openbare lesing deurspek met ooglopende teenstrydighede by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

“Moet egter nie die vindingrykheid van daardie era van politiek onderskat nie. Natuurlik sal dit terugkom, dit het geld gemaak. Dit sal iets anders genoem word, dit sal vriendelik wees, ‘n akroniem. Ons sal nie eens weet wat dit beteken nie.”

Uys het gesê dit is omdat mense nie hul huiswerk doen in ‘n demokrasie nie.

“Ons het ‘n regering wat sy huiswerk doen en jy sal daarvoor stem en terug wees in die donker tye vir die volgende vier generasies,” het hy gesê.

Uys het gesê apartheid was ‘n “dom” stelsel. Hy het gesê hy onthou hoe hy aan ‘n 12-jarige seun verduidelik het hoe, tydens apartheid, swart mense nie toegelaat is om op sekere bankies te sit nie.

Die seuntjie het aan Uys gevra: “Hierdie apartheid-ding, het dit regtig gebeur?”

Uys het gesê hy het die seun gevra hoekom hy dit sê en die seun het geantwoord “want dit klink so dom”, want wie kan hom nou keer om op ‘n bankie te sit.

“Domheid kan doodmaak, domheid is so vindingryk; so moet nooit die mag van domheid onderskat nie. Moenie die mag van dinge wat jy dom noem in die politiek onderskat nie.”

Suid-Afrika is ‘n demokratiese land omdat miljoene mense geglo het daar was ‘n toekoms in die donkerte. Hy het gesê daar was goeie mense sowal as slegte mense in die regering en Suid-Afrikaners moet dit nie vergeet nie.

Uys het gesê mense moet nie die mag van die ANC-Jeugliga of enige jeugliga onderskat nie. Hy het Suid-Afrika se jong mense gevra om meer betrokke te raak by jeugstrukture.

“Hoekom is so min jong mense betrokke by die jeugliga? Die toekoms is daar.”

Hy het mense ook gewaarsku om nie die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, te ignoreer nie.

“Elke enkele ding wat hy gesê het… mag ons nie ignoreer nie, en ons ignoreer dit met groot gevaar. Hy is ‘n slim politikus in die jaar 2012. Hy het nie die bloudruk van die verlede gevolg nie. Hy het almal verras met sy ongelooflike parmantigheid.”

Uys het gesê dit is mense wat wag op leierskap wat Malema se bekoring en charisma onthou. Die mense moet lei en die regering moet volg.

Die toekoms van Suid-Afrika is wat die mense daarvan maak, nie die regering nie, het hy gesê. Alle Suid-Afrikaners moet betrokke wees by wat aan die gebeur is.

“Ons is ‘n land van demokrate wat omgee… en nie mense wat sê ‘ons is bang, ons is bang, ons is bang’ nie,” het Uys gesê.

Фильчаков прокурор