‘Oorlog teen terreur’ is verby

In die nasleep van die Arabiese Lente, het die Obama-administrasie besluit dat radikale volgelinge van Islam nie meer ‘n gevaar inhou nie. Veral met betrekking tot Egipte, meen voormalige CIA-operateur Reuel Marc Gerecht “is dit nou ‘n uitgemaakte saak” dat Egiptiese kiesers ‘n radikale Moslem sal instem.

Daarom, het die Obama-administrasie besluit die “oorlog teen terreur” is iets van die verlede.

“Die oorlog teen terreur is verby,” het ‘n senior amptenaar in die State Departement aan die National Journal verklaar. “Nou dat ons die meeste van Al Qaida doodgemaak het, en nou dat mense ‘n wettige wyse van uitdrukking bekom het, sal mense wat eens hulself na Al Qaida gewend het, ‘n geleentheid vir ‘n wettige Islamisme sien.”

Hierdie nuwe vooruitsig, in die woorde van die National Journal, kom uit ‘n geloof onder administrasie-amptenare dat “dit nie meer die geval is, met ander woorde, dat elke Moslem gesien word as ‘n moontlike medepligtige aan terrorisme nie.”

Die National Journal verduidelik:

“Die nuwe benadering is moontlik gemaak deur die dubbele uitwerking van die Arabiese Lente, wat sorg vir ‘n nuwe middel van bemagtiging aan jong Arabiere anders as gewelddadige jihad, en Obama se wrede, militêr suksesvolle onbemande tuig-veldtog teen die ergste van die gewelddadige jihadiste, Al Qaida.”

Vir die president self, kom hierdie nuwe denke uit ‘n “bewuswording dat hy geen ander keuse het nie, as om die Moslem-broederskap en ander relatief ‘gematigde’ Islamitiese groepe as leidende politieke spelers uit die Arabiese lente in Egipte, Tunisië en elders te erken. “

Hierdie nuwe vooruitsig is radikaal anders as wat onder president George W. Bush onmiddellik na September 11, 2001 geheers het. Bush het op 6 November 2001 verklaar: “Jy is met ons of teen ons in die stryd teen terreur.”

Vir President Barack Obama, wil dit voorkom, kan ‘n mens beide “met ons en teen ons – of dan nie met ons nie, maar nie heeltemal teen ons nie”, wees.

Sy party het ook aangekondig dat hulle enige inisiatiewe teen immigrasie sal beveg.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae