Sjebeens in Wes-Kaap skep werk

Navorsing wat deur die konsultantegroep Sustainable Livelihood namens die Wes-Kaapse regering gedoen is, toon dat duisende mense hul werk kan verloor indien onwettige sjebeens in townships gesluit word, berig RSG.

Soveel as 25 000 drankhandelaars doen in die Wes-Kaap sonder dranklisensies sake, met ongeveer 150 000 mense wat in dié sjebeens werk.

Leif Peterson, ‘n verteenwoordiger van Sustainable Livelihood, het by ‘n Kaapse konferensie oor alkohol gesê arm mense kan deur die drankwet benadeel word.

Hy het ook daarop gewys dat owerhede se benadering tot sjebeens in swart gebiede dikwels verskil van die benadering tot formele ondernemings in voorstede.

прокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae