SA omhels kernkrag

Die bestuurshoof van Eskom, Brian Dames sê die oogmerk is dat Suid-Afrikaanse maatskappye uiteindelik die grootste deel van die kontrak moet kry in die plan om ses kernaanlegte te waarde van 400 miljard rand in die land te bou.

Maatskappye van Frankryk, die VSA, Japan, Suid-Korea, China en Rusland het reeds aangedui dat hulle in die kontrak belangstel.

Dames sê hoewel die eerste kernaanleg waarskynlik net sowat 35 persent plaaslike inhoud sal hê, is die oogmerk 70 persent.

Die kontrak sal een van die grootstes wees wat Suid-Afrika aanbied sedert die multi-miljard rand wapentransaksie sowat ‘n dekade gelede.

 

топкарго отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae