praag.co.za

Malema geskors

Written by

in

Die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee het Dinsdagaand Julius Malema se skorsing uit die party bevestig.

“Met verwysing na die huidige dissiplinêre verhoor, bevestig die NDK (Nasionale Dissiplinêre Komitee van appèl) die sanksie wat deur die NTK (Nasionale Tugkomitee) opgelê is dat die appellant permanent uit die ANC geskors moet word,” is in ‘n verklaring gesê.

Die sanksie is in November opgelê nadat Malema verdeeldheid in die party gesaai en die party in oneer gebring het.

Die stap kom nadat Malema president Jacob Zuma se leierskapstyl teenoor dié van oudpresident Thabo Mbeki krities vergelyk het, asook oor opmerkings wat hy gemaak het oor ‘n bewindsverandering in Botswana.

Die NDK-beslissing beteken Malema is nie meer president van die ANC-Jeugliga nie.

Die NDK het ook die appèl van Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, verwerp. Sy skorsing uit die ANC is egter nie tot vyf jaar verhoog nie, maar is tot drie jaar verminder.

Die NDK het ook die appèl van Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal van die ANCJL, verwerp.

“Die appellant se ANC-lidmaatskap is vir ‘n tydperk van een jaar opgeskort, wat met onmiddellike effek geld,” het die verklaring gelui.

Данильченко Харьков

Comments

Leave a Reply