Twee Namibiese boere vermoor, derde veg vir sy lewe

In dieselfde week dat mnr. Piet van Helsdingen (49) van die Gobabis- distrik deur ‘n stukwerker vermoor is, is inwoners geskok toe nog ‘n boer van die distrik, mnr. Piet Bergh (41), tydens ‘n gewapende roof in die hoofstad gewond is.

Bloedstrepe op die pad en aan die bestuurdersitplek se deur van Bergh se ligte vragmotor, asook koeëlgate deur die deur, getuig van die gewapende rooftog Vrydag by ‘n slaghuis in Eros, Windhoek

Dit is ‘n wonderwerk dat Bergh nog leef nadat hy tydens ‘n gewapende roof geskiet is, meen familie en medici. Bergh is tans in ‘n stabiele, maar ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal in Windhoek.

Bergh boer op die plaas Maramba naby Leonardville en het ook ‘n slaghuis op die plaas van waar hy verwerkte vleisprodukte soos biltong en droëwors aan verskeie slaghuise lewer. Hy is getroud met ‘n 12-jarige dogter en vyfjarige seuntjie.

Op Republikein se Facebook-blad het meer as honderd lesers kommentaar oor die skokvoorval gelewer, veral omdat dit in dieselfde week as die moord op mnr. Piet van Helsdingen (49), ook van die Gobabis-distrik, plaasgevind het.

Drie boere was in dieselfde week slagoffers van geweldsmisdaad, sê die Namibiese Landbou-unie (NLU).

In ‘n nuusbrief sê die organisasie hy is geskok deur die moorde van mnre. Louis Vorster en Piet van Helsdingen.

Vorster, ‘n boer van die distrik Gobabis, is by ‘n vulstasie in Johannesburg deur drie gewapende mans doodgeskiet. Van Helsdingen is verlede week deur ‘n tydelike werker op sy plaas vermoor.

 

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae