Een van Suid-Afrika se bekendste violiste, Annake de Villiers, is Dinsdag dood in haar pa se plaashuis naby Steynsrus aangetref met ‘n vuurwapen langs haar lyk.
Rulene Kühn, ‘n polisiewoordvoerder, sê De Villiers (35) is met een skietwond in haar kop in die huis se sitkamer aangetref.
Kühn sê alhoewel daar geen nota op die toneel gevind is nie, vermoed die polisie geen misdaad nie.
De Villiers was voorheen met die bekende operasanger Jannie Moolman getroud.
