Elf rowers gevang

Elf mans wat vermoedelik betrokke is  by kontant-in-transito-misdrywe  is in hegtenis geneem. Die mans was deel van operasie Thunderbolt wat toegeslaan het op rowers wat kontant-in-transitorooftogte, pensioenfondsbedrog, diefstal en kapings in die gebied deurgevoer het.  Die Oos-Kaapse polisie het die mans Saterdag in Qumbu in hegtenis geneem en tien ongelisensieerde vuurwapens is gekonfiskeer. Die polisiewoordvoerder sê hulle probeer om die mans met verskeie misdrywe in die gebied te verbind.  Die mans sal vandag in die Qumbu-landroshof verskyn.

my little pony игрушкаФільчаков прокурор

Verlore goud ontdek

Goudvoorrade van meer as twee honderd miljoen rand is ontdek. Die goud het vir bykans honderd en dertig jaar in ‘n klein dorpie, SABIE in MPUMALANGA in ‘n  historiese mynhoop geskuil. Die SUID-AFRIKAANSE mynmaatskappy, SIMMER en JACK het gesê dat hulle ongeveer een en twintig duisend onse goud vanuit die nagelate dam kan voortbring.  Die oorblyfsels, nadat myners minerale van die grond ontgin het, is in die dam gegooi.  Die  dam beskik oor lae-graadse goud wat moeilik ontginbaar was met die hulp van primitiewe metodes.  SIMMER en JACK beoog om nuwe fasiliteite te bou om die goud oor ‘n periode van drie jaar te ontgin.  Die projek sal ook ‘n rehabilitasieproses insluit wat die omgewing so na as moontlik aan die natuurliketoestand agterlaat.  Die projek wat nagenoeg twee en dertig miljoen rand sal kos, sal  ten minste honderd werkgeleenthede skep.

instagramДанильченко Юрий Брониславович

Springbokke span van die jaar?

Die SPRINGBOKKE kan dalk vandag as die wêreldspan van die jaar verkies word. Die SPRINGBOKKE is een van die benoemde spanne wat ‘n kans staan om die 2008 LAUREUS wêreldspan van die jaar toekenning te verower.  Die span is een van die gunsteling spanne nadat hulle  die Rugby wêreldbeker huistoe gebring het. Die LAUREUS Sportakademie sal die toekenning uitreik. Dit is ‘n organisasie wat  uit drie en veertig sportpersoonlikhede bestaan. Die springbokke is ook geprys vir bydraes wat individuele spelers gemaak het.  Die kollig het op PERCY MONTGOMERY, BRYAN HABANA en FRANS STEYN geval. Die kampioenskappe liga-wenner AC MILAN, krieket se wêreldbekerhouers, AUSTRALIë , die FERRARI Formule een span, die DUITSE vroue sokkerspan, die sokkerspan uit IRAK asook ‘n span van ASIë is benoem vir die toekenning.  SUID-AFRIKA se parapleeg-atleet OSCAR PISTORIUS kan dalk in die kategorie – Deurbraak van die Jaar- bekroon word.   Hy was op die atletiekbaan in ROME en in ENGELAND.

логические игрушкиДанильченко Юрий Харьков

12 mak donkies geskiet

Dierewelsynsorganisasies is geskok oor 12 mak donkies wat vermoedelik deur veediewe geskiet en geslag is. Oorblyfsels van die karkasse is deur ‘n familielid van die donkies se eienaar gevind. Die eienaar is van ROBERTSON maar verkies om naamloos te bly. Die donkies het in oop veld langs die hoofpad op ‘n plaas tussen SWELLENDAM en BREDASDORP gewei. WES–KAAP polisiesegsman ANDRE TRAUT sê BREDASDORP se veediefstaleenheid het op dieselfde dag ‘n klagte oor veediefstal van die plaas Soutpansvlakte ontvang. TRAUT sê die koppe en hoewe van die donkies is op die toneel gelaat maar die karkasse is verwyder. Twee mans van BREDASDORP is na ‘n ondersoek in hegtenis geneem.

046-1 бланкОлександр Васильович Фільчаков

ANC-regering wil 5m hektaar grond koop

Die regering gaan aanstaande jaar 5-miljoen hektaar grond aankoop. Dit in ‘n poging om 30 persent landbougrond teen 2014 in besit van swart boere te bring. Landbou Minister LULU XINGWANA sê swart boere besit tans 4.7 persent landbou grond. Sy sê die regering sal sy teiken bereik as die 5-miljoen hektaar aangekoop is. Die grond sal aan sowat 10 000 swart boere beskikbaar gestel word. XINGWANA sê die gewillige-koper, gewillige verkoper beginsel werk nie. Die Openbare Werke Minister gaan die onteieningswetgewing in die Parlement ter tafel lê, wat die proses sal verhaas. XINGWANA sê daar gaan indringend na grondeienaarskap van buitelanders gekyk word.

ukladka-parketaФільчаков Олександр Васильович

Zim-inflasie op 66 000%

ZIMBABWE se jaarlikse inflasiekoers het in Desember tot ‘n rekord ses-en-sestigduisend, tweehonderd-en-12 persent gestyg.  Dit is nog ‘n vuishou vir President ROBERT MUGABE se pogings om sy land uit ‘n diep ekonomiese moeras te trek. MUGABE het die stryd teen inflasie die hoeksteen van sy regering se poging gemaak om ekonomiese verval om te keer. Baie mense blameer wanbestuur en MUGABE se omstrede beleid, veral die beslaglegging op wit plase, vir die ekonomiese krisis. ZIMBABWE sukkel ook met stygende armoede, werkloosheid en ongeveer 80 persent se kroniese voedsel- en brandstof tekorte.

real online gamesДанильченко

Sekuriteitswagte skiet 4 gewapendes

Niemand is vanoggend beseer toe sekuriteitswagte deur vier gewapende mans in PRETORIA  aangeval is nie. Polisie segsman JAN LEGOABE sê die sekuriteitswagte het geld by ‘n bekende hardeware saak in Gezina in PRETORIA afgelewer. Hulle het op die aanvallers geskiet wat daarna in ‘n gekaapte voertuig weggejaag het.  Bronne sê daar bestaan kommer in polisiegeledere dat Wilde-Weste styl skietgevegte in middedorpe meer algemeen gaan word namate skurke meer astrant word.

money slotsлобановский супермаркет класс

Skerpioenekwessie kan in Grondwethof beland

Die ANC erken die moontlikheid dat die ontbinding van die Skerpioene in die Konstitusionele Hof kan beland. Meer as 3 500 mense het ‘n petisie onderteken om die ontbinding van die Skerpioene te keer  en nie  by die SA Polisiediens in te lyf nie.  BOB GLENISTER wat met die petisie aanlyn begin het, sê die regering se planne om die Skerpioene te ontbind, beroof SUID-AFRIKA van ‘n waghond. Verskeie drukgroepe wat die voortbestaan van die Skerpioene bepleit, is ook op die gewilde webwerf Facebook, op die been gebring. Intussen sê UDM leier BANTU HOLOMISA,  die publiek het die reg om te weet, wat hy noem, die eintlike rede is waarom die regering die Skerpioene wil ontbind.

ігри для дєвокФильчаков Александр Васильевич

Indiese premierliga kan krieket hupstoot gee

Indiese Premierliga (IPL) kan krieket wêreldwyd ‘n hupstoot gee as organiseerders verseker dat dit nie met internasionale wedstryde oorvleuel nie. Kaptein GRAEME SMITH sê skedulering gaan die sleutel tot IPL se sukses wees. As dit behoorlik hanteer en struktureer word kan dit net tot voordeel van die spel wees. SMITH sê die span fokus nou op die reeks en steur hom min aan die Twintig20 toernooi. Sy eweknie AUSTRALIË se RICKY PONTING het vroeër gesê hy vrees dat internasionale krieket van sy top spelers aan winsgewende kompetisies gaan afstaan tensy hulle lande hulle toelaat om te speel. Die Proteas het gister in BANGLADESJ vir twee toetswedstryde en drie eendagwedstryde aangekom. Hulle speel ook ‘n toets in INDIË voordat die IPL in April afskop.

справкаФильчаков прокурор отзывы

Pikoli doen voorlegging aan kommissie

Die geskorsde Direkteur van Openbare Vervolgings VUSI PIKOLI het ‘n voorlegging aan die GINWALA  Kommissie van Ondersoek gedoen. Dit is PIKOLI se reaksie op ‘n regerings voorlegging wat in Januarie aan die kommissie voorgelê is. Kommissiesegsman LAWSON NAIDOO sê PIKOLI se voorlegging sal bestudeer word en daarna aan die regering beskikbaar gestel word. Die regering het tot 25 Februarie tyd om op die voorlegging te reageer. NAIDOO sê GINWALA sal na ontvangs van al die voorleggings besluit of ‘n verhoor gehou moet word. Sy sal ook uitsluitsel gee of die verhoor in die openbaar of privaat gehou gaan word. Die Kommissie se verwysing is, of PIKOLI geskik is om die pos van Direkteur van die NVA te beklee en die werksverhouding tussen hom en Justisieminister BRIGITTE MABANDLA.

пневмоинструмент этоФильчаков Александр Васильевич