Vrouetennis die swye opgelê

Ai, die klanke van tennis. ‘n Plan om ‘n einde te maak aan die harde gille en gekreun in vrouetennis is “eenparig die groenlig gegee” deur die WTA spelers se raad, verteenwoordigers van al vier hooftoernooie en die Internasionale Tennis Federasie, volgens USA Today.

“Dit is tyd vir ons die oormatige gekreun in die spel vir toekomstige geslagte uit te dryf,” sê die WTA se uitvoerende hoof Stacey Allaster.

Skeidsregters sal ‘n handtoestel gebruik om die klank op die baan te meet om te sien of dit op ‘n aanvaarbare vlak is, het USA Today berig.

Maar daar is ‘n vangplek. Die huidige generasie van Kreuners- soos Maria Sharapova en Victoria Azarenka – is vrygestel van die verbod. Die plan is ook nie van toepassing op die manne se spel nie.

“Wat die kundiges sê, is dat dit ‘n duidelike, skadelike uitwerking op die prestasie van die huidige generasie moet hê,” sê Allaster, wat bygevoeg het daar is nog geen voorgestelde rooster vir die veranderinge nie.

Caroline Wozniacki, naaswenner in die 2009 Amerikaanse Ope, het openlik gekla oor die gekreun kort ná verlede jaar se toernooi.

“Ek dink daar is ‘n paar spelers wat dit doen met ‘n doel,” het Wozniacki het aan The Guardian in Oktober gesê. “Hulle doen nie dit nie op die oefenbaan nie maar dan sal hulle kom na die wedstryd en begin kreun. Ek dink (amptenare) kan beslis ingryp.”

Александр Фильчаков прокурор

IRL en Britse vors gee mekaar die hand

Koningin Elizabeth II en die voormalige bevelvoerder van die Ierse Republikeinse Leër (IRL) het Woensdag in ‘n hoogs simboliese gebaar blad geskud – ‘n langverwagte ontmoeting wat die vordering in Noord-Ierland ná dekades van geweld aandui.

Volgens beamptes in Noord-Ierland het die monarg en Martin McGuinness mekaar Woensdag tydens ‘n privaatgeleentheid by ‘n teater in Belfast ontmoet.

Die media is nie by die geleentheid toegelaat nie. Daar word verwag dat dié twee later in die openbaar ook mekaar die hand sal gee.

Volgens kenners was McGuinness die IRL se hoof toe die groep die koningin se neef, Lord Louis Mountbatten, in 1979 in ‘n sluipmoordaanval om die lewe gebring het.

Die IRL het intussen hulle veldtog van geweld laat vaar en in 2005 die wapen neergelê.

McGuinness se nasionalistiese Sinn Fein-party het tot Woensdag enige kontak met die Britse koninklikes op hulle voorwaardes geweier.

Фильчаков прокуратура харьков

Net 15 sekondes om Zuma se spies te red

Die verhoor van twee mans wat daarvan aangekla is dat hulle ‘n skildery van pres. Jacob Zuma, waarop sy geslagsdele ontbloot is, geskend het, duur Donderdag in die Hillbrow-landdroshof voort.

Die saak is in Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Barend la Grange (58) en Louis Mabokela (25) is aangekla van die skending van Brett Murray se skildery The Spear by die Goodman-galery in Mei.

Zuma se gesig en onderlyf is met rooi en swart verf besmeer.

La Grange het ná sy hofverskyning gesê die galery en die kunstenaar het die reg om die skildery ten toon te stel, maar nadat hulle punt gemaak is, moes die skildery verwyder gewees het.

“‘n Hooggeregshof moet betrokke raak by ‘n skildery? Dit het my 15 sekondes geneem om ontslae te raak van die skildery,” het hy gesê.

Sy mede-beskuldigde, wie se oom en ‘n groep ANC-ondersteuners buite die hof saamgedrom het, sê hy wou pres. Zuma se vernedering “toemaak”.

“Ek het die vernedering van die president probeer toemaak. Hulle beledig die president. Dit is my president. Die is ‘n belediging vir ons, [vir] alle mense.”

Beide mans se borgtog van R1 000 is verleng. Hulle staan tereg op ‘n aanklag van saakbeskadiging.

александр лобановский харьков

Delmasmoorde: Saak uitgestel

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n vyf maande oue baba en sy versorger vermoor het, het Woensdag in die Delmas-landdroshof verskyn, het die polisie in Mpumalanga gesê.

Volgens lt. kol. Leonard Hlathi is die saak uitgestel, aangesien die derde beskuldigde, Fernandos Maritse (27), nog met sy regsverteenwoordiger moet vergader.

Hulle sal volgende Donderdag weer in die hof verskyn en die mans sal in polisie-aanhouding bly.

Maritse, tesame met Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54), word daarvan beskuldig dat hulle die 66-jarige Magrietha de Goede en die baba Wiehan Botes verlede maand verwurg het.

De Goede se lyk is onder ‘n mat in ‘n buitekamer gevind en die lyk van die baba is onder ‘n bed in die hoof-huis gevind.

By vorige hofverskynings het lede van die DA in die gebied buite die hof getuig en gevra vir die samestelling van ‘n Grens- en Landelike Veiligheidsdivisie binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Dae ná die moord het lede van die Afrikaner Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) betoog teen geweld teen vroue en kinders.

Die DA het plakkate wat die VVK-lede omhoog gehou het tydens die optog veroordeel. Die plakkate het die woorde “Swart lafaards – los ons vroue en kinders uit” en “Steel, verkrag, moord: Ons is klaar met swart Suid-Afrika”.

‘n Optog is ook deur die sanger Steve Hofmeyr gereël teen gewelddadige misdade in die land. Inwoners en bekendes het na die Uniegebou gestap om ‘n memorandum aan die presidensie te oorhandig.

Verlede Vrydag het Delmas-inwoners van alle rasse bymekaargekom om te bid vir hul gemeenskap. Die meerderheid van die Victor Khanye-munisipaliteit het gesê VVK-lede is nie Delmas-mense nie.

Die polisie is op soek na ‘n vierde man, wat volgens hulle kan bystaan met inligting.

Фильчаков прокурор харькова

KFC skok met vloekende volkslied

‘n Man wat kitshoender by die KFC gekoop het, was geskok toe ‘n “vulgêre, onheilige” weergawe van die volkslied oor die klankstelsel weerklink het, is Donderdag berig.

Tariq Mellett het aan die Cape Times gesê hy het in die tou by die KFC in Buitenkantstraat, Gardens, gewag toe hy musiek hoor wat soos die volkslied, “Nkosi Sikelil’ iAfrica”, klink.

“Dit het geklink soos dele van die volkslied, maar ek was verras toe die lied in Afrikaans begin het met: Nkosi Sikelel’… Nkosi is ‘n doos, Mandela is ‘n fokken kaffer… en so aan,” het hy gesê.

“Ek en twee ander klante was stomgeslaan deur die vulgariteit, onheiligheid en rassisme wat in ‘n gewilde gesinsrestaurant gespeel word.”

Mellett sê hulle het aan die werknemers gesê om dit af te skakel, maar dit is eers ná ‘n ruk gedoen.

KFC se provinsiale bestuurder, Craig Davids, het aan die koerant gesê hy het die kwessie na Yum Restaurants, KFC se houermaatskappy, verwys.

“Ons is in die proses om die kwessie te ondersoek, ek kan nie kommentaar lewer totdat ons dit ondersoek het nie,” het hy gesê.

topcargo

Pentagon raak pienk, Afrika swart

Die viering is selfs uitgesaai op die Pentagonkabelkanaal met die titel “Gaytrotsmaandgebeurtenis”, oftewel Gay Pride. 

Die Amerikaanse weermag het besluit gays “moet meer sigbaar raak”.  Die gewone uniformdraer is oorbluf deur die veldtog en wonder wat dit alles mag beteken vir troepmoreel. Sedert wanneer móét enige seksuele voorkeure ‘n sigbare manier van lewe wees, wonder hulle?

Maar die aanslag het nie daar opgehou nie. Amerika se gunsteling koekie roer ook meer as melk nadat Kraft Foods ‘n gay pride Oreo op die koekie se Facebook-bladsy gepos het ter ondersteuning van die Pentagon. Basil Maglaris, woordvoerder Kraft Foods, sê in ‘n verklaring die advertensieveldtog is ter ere van gay pride.

“As ‘n maatskappy, het Kraft Foods ‘n trotse geskiedenis van die viering van diversiteit en inklusiwiteit. Ons voel die Oreo-advertensie is ‘n prettige weergawe van ons waardes.” Kraft is waarskynlik ook afhanklik van weermagkontrakte.

Die koekie gaan ‘n paar aanhangers verloor daardeur. Christelike groepe verklaar reeds dat Kraft geboikot behoort te word.

Die meeste mense, nie net soldate en koekieliefhebbers nie, dink gays leef onnatuurlik, maar in Afrika is daar besonder min begrip vir sulke keuses.

Hierdie maand alleen het die moord van twee lede van die gay-gemeenskap, in onderskeidelik Nyanga en Kuruman gesien.

Die gemeenskap sê die moorde moet geklassifiseer word as haatmisdade, maar sulke dade word nie as ‘n unieke misdaad onder Suid-Afrikaanse wetgewing beskou nie. Die polisie hou ook nie statistiek daaroor aan nie.

Met die Pentagon wat pienk geraak het, wie weet?

FreeGender se stigter Funeka Soldaat sê die moorde is besonder wreed aangesien die een slagoffer “drie keer geskiet is”. Blykbaar is dit ‘n duidelike aanduiding van ‘n haatmisdaad om met drie koeëlwonde te sterf…

Volgens professor Juan Nel, by Unisa se Toegepaste Sielkunde departement, is haatmisdade ‘n “prioriteitsmisdaad”. Nel haal aan uit die Wet op haatmisdade van die deelstaat New York: “Haatmisdade doen meer as om die veiligheid en welsyn van alle burgers te bedreig. Hulle slagoffers word onberekenbare fisiese en emosionele skade aangedoen en asook die onderbou van ‘n vrye samelewing. Misdade gemotiveer deur ‘n brandende haat teenoor bepaalde groepe benadeel nie net individuele slagoffers, maar stuur ‘n kragtige boodskap van onverdraagsaamheid en diskriminasie aan alle lede van die groep waaraan die slagoffer behoort het.”

In Suid-Afrika word die ideologiese rasse- en geslagsvoorkeurprobleem beskou as individuele misdade en nie geïnstitusionaliseerde vorme van viktimisering nie.

In 2010 is ‘n haatmisdadewetsontwerp in die nasleep van xenofobiese geweld in Suid-Afrika voorgestel. Dié wetsontwerp sal glo handel met misdrywe wat verband hou met rassediskriminasie, xenofobie, haatspraak en ander verwante optredes van onverdraagsaamheid.

Maar dit is onwaarskynlik dat dit uitgestuur sal word vir openbare konsultasie hierdie jaar omdat gay-kwessies so ongewild by swartes is, nie net in Suid-Afrika nie, maar oral op die vasteland. Die ANC sal nou geen verdelende saak voor Bloemfontein aanroer nie.

Die ironie is dat gay-drukgroepe ‘n ideologiese element in haatmisdaad moeilik sal kan bewys, terwyl die ANC helder en duidelik van die podiums af skree dat boere doodgemaak behoort te word.

Dit laat ‘n mens tewens wonder of daar ‘n kategorie anderkant haatmisdaad is om plaasaanvalle te klassifiseer.

‘n Werkgroep wat ingestel is aan die einde van 2009, om te probeer om ‘n gekoördineerde reaksie op haatmisdade te monster en die regering te betrek by die probleem, is tans besig met ‘n navorsingsprojek in vyf provinsies om ‘n beter gevoel te kry van die omvang en impak van haatmisdaad, en het ‘n moniteringsvorm wat ingevul moet word deur slagoffers, die registrasie van die besonderhede soos die aard van die misdaad en die behandeling deur die owerhede. Indien die vorm goedgekeur word in ‘n proeflopie met NRO’s, hoop hulle om te sien dat dit landwyd uitgerol word, insluitend in polisiestasies, om te probeer om ‘n databasis van inligting oor hierdie soort misdade te bou, en van daar druk op die regering te verhoog om die probleem aan te pak.

Die ANC mag dit aflag. Maar die internasionale gemeenskap en ‘n pienk Pentagon sal waarskynlik nie.

topcargo

Duitse korvette met giftige gas gevul

‘n Toer van ‘n oorlogskip deur Duitste bevelvoerders vir politici en verteenwoordigers van die media het ‘n groot verrassing opgelewer: Die bemanning dra maskers as gevolg van giftige gas.

Vise-admiraal Axel Schimpf het politici en verteenwoordigers van die media op ‘n toer van die Braunschweig-korvet geneem wat tans vasgemeer is by Kiel. Die genooide gaste was deel van die Kieler Woche regatta. Maar soos dit blyk, is die vyf nuwe Duitse oorlogskepe gevul met giftige dampe, wat ingenieurs dwing om te alle tye met gasmaskers te werk.

Die rede: Spore van die karsinogeniese gas formaldehied is tydens ‘n ondersoek van die diesel-aandrywingenjins gevind.

Formaldehyde is geklassifiseer as ‘n bekende menslike karsinogeen wat kanker veroorsaak deur die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker.

Die Duitse Parlementêre Kommissaris vir die gewapende magte, Hellmut Königshaus, sê die probleem word tans ondersoek.

Dit is die jongste in ‘n reeks probleme met die oorlogskepe sedert hulle bekendstelling in 2006 – wat gebrekkige ratte, sagteware en lugversorging wat moes vervang word insluit, het die Bild am Sonntag berig.

Klein, beweeglike oorlogskepe is Duitsland se nuutste klas van seegaande korvette. Die skepe kos reeds die land 1,2 miljard Euro. Dit is nie bekend of dieselfde probleem ook in die Suid-Afrikaanse korvette wat by Duitsland gekoop is, bestaan nie.

Данильченко

Masehare!

Dat twee wit Suid-Afrikaanse mans tydens die begrotingsrede in die parlement so ongepoets en voorbarig kan wees!

Die Inkatha Vryheidsparty se Koos van der Merwe en adjunk-minister van vervoer, Jeremy Cronin van die ANC se wit manlike vermetelheid het beslis by Lindiwe Mazibuko geregistreer.

Hulle blatante seksistiese opmerkings was van dieselfde orde as rassebeledigings, het me. Mazibuko onlangs gebelgd aan die Sowetan verklaar.

Soos ons almal weet is ons politici oor die algemeen nie bekend vir hul sprekersvaardighede of hul vermoë om intelligent, verstaanbaar en sonder kwaadwilligheid te debatteer nie.

Maar daar is uitsonderings.

Demokratiese Alliansie-parlementêre leier Lindiwe Mazibuko se oratoriese meesterstuk se hooftema oor die gebrek aan leierskap in die land, is deur Van der Merwe op ‘n punt van orde onderbreek.

Dit is ‘n ou taktiek wat doelbewus gebruik en misbruik word deur LP’s om ‘n spreker te ontwrig.

“Mevrou adjunk-speaker, kan die eerbare lid sê wat sy met haar hare gedoen het?” was van der Merwe se onnutsige vraag.

Mazibuko het hom verseker dat sy graag haar geheime oor haarsorg sal deel met die bles politikus na die vergadering.

Cronin, ter ondersteuning van Van der Merwe, was daarna ook nie op sy bek geval nie: “Ek dink dat Koos van der Merwe se optrede betreurenswaardig en seksisties was, maar ek kan dit sê vir hom, ten minste is sy hare en sy gedagtes sy eie.”

Cronin is berug vir sy lang lesings in die Nasionale Vergadering oor die klasseoorlog, maar sy teenkanting teen pruike het pas rugbaar geraak.

Олександр Фільчаков прокурор

Landbou se DG geskors

Die direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye is geskors.
Dr. Pieter Mulder van die VF+ dien as adjunkminister in die departement.

“Hierdie persverklaring is om julle in kennis te stel van die skorsing van mnr. Langa Zita. Die skorsing is ‘n administratiewe saak,” het ‘n verklaring op die departement se webwerf gelui.

Die senior departementsbeampte, Sipho Ntombela, is nou die waarnemende direkteur-generaal.

Geen rede is verskaf vir die skorsing nie en die departement was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Фильчаков прокурор отзывы

ANC: Duurder petrol kan paaie in Gauteng befonds

Die ANC in Gauteng se voorstel dat ‘n verhoogde brandstofbelasting oorweeg moet word sal ‘n tussentydse maatreël wees om verbeterings aan die provinsie se paaie te befonds, het ‘n berig Dinsdag gesê.

The Times berig die ANC het ook ‘n “eenmalige” bydrae deur maatskappye voorgestel om “super-winste” in die provinsie te maak.

Hierdie inligting is vervat in die ANC se gespreksdokument oor openbare vervoer en infrastruktuur, wat hierdie week tydens sy beleidskonferensie in Midrand bespreek sal word.

Die ANC het ook voorgestel dat die regering se pensioenfonds gebruik moet word vir die ontwikkeling van infrastruktuur, het die koerant berig.

александр лобановский харьков