KFC skok met vloekende volkslied

‘n Man wat kitshoender by die KFC gekoop het, was geskok toe ‘n “vulgêre, onheilige” weergawe van die volkslied oor die klankstelsel weerklink het, is Donderdag berig.

Tariq Mellett het aan die Cape Times gesê hy het in die tou by die KFC in Buitenkantstraat, Gardens, gewag toe hy musiek hoor wat soos die volkslied, “Nkosi Sikelil’ iAfrica”, klink.

“Dit het geklink soos dele van die volkslied, maar ek was verras toe die lied in Afrikaans begin het met: Nkosi Sikelel’… Nkosi is ‘n doos, Mandela is ‘n fokken kaffer… en so aan,” het hy gesê.

“Ek en twee ander klante was stomgeslaan deur die vulgariteit, onheiligheid en rassisme wat in ‘n gewilde gesinsrestaurant gespeel word.”

Mellett sê hulle het aan die werknemers gesê om dit af te skakel, maar dit is eers ná ‘n ruk gedoen.

KFC se provinsiale bestuurder, Craig Davids, het aan die koerant gesê hy het die kwessie na Yum Restaurants, KFC se houermaatskappy, verwys.

“Ons is in die proses om die kwessie te ondersoek, ek kan nie kommentaar lewer totdat ons dit ondersoek het nie,” het hy gesê.

topcargo

Maak 'n opvolg-bydrae