‘n Tweede Zim?

Ons almal het al gehoor van die stelling “Suid-Afrika is op koers om ‘n tweede Zimbabwe” te word. Hierdie stelling het my aan die dink gesit oor die ironie van ons situasie.

Wat het in Zimbabwe gebeur? Ek moet bieg en erken dat ek nie presies weet wat daar gebeur het nie. Was daar ook duisende plaasmoorde? Indien daar was, hoekom het ons nie daarvan gehoor nie?

Ek weet boere is van hulle grond af gedwing, meeste onder gewapende toesig van die “owerheid”. Daar is talle stories van mense wat binne 24 of 48 uur hulle plase (lees: hulle bestaan… Nee, lees: hulle lewens) moes verlaat.

Hier is die eerste les: Ons bure, blanke boere, is onteien en soos diere weggejaag, maar ons het nie ‘n idee van wat regtig daar gebeur het, wanneer dit gebeur het en hoe dit gebeur het nie. Ons is baie keer verbaas daaroor dat die wereld nie tot ons redding kom nie, maar in ag genome dat ons “eie” media (Naspers) nie eers die waarheid in ons eie land oordra nie, hoe gaan ander mense daarvan hoor?

Hier is die tweede les: Ons het, al het ons stories gehoor van wat gebeur het, nie duisende van ons jong manne oorgestuur om die boere daar te gaan help nie. Hier en daar is reddingsaksies geloods en noodvoorraad gestuur, maar wat het dit gehelp? As ons nie eers daar gaan help het nie, hoe kan ons verwag dat iemand anders ons gaan help?

Tot ‘n paar dekades terug was Rhodesië en Namibië nog amper deel van ons gewees. Vandag trek ons ons skouers op en is ons enigste bekommernis dat ons ook ‘n tweede Zim sal word. Nie ‘n vreeslike goeie getuigskrif vir ons nie, is dit? Ons boere op die plase het dieselfde houding jeens hulle bure – Solank dit nie ons is nie! Ons moes hulle gehelp het.

Sien, die ANC se stryd is internasionaal in die media gedryf deur groepe wat ondergronds sowel as wettig hulle die geveg verbind het. Die wêreld het meer geweet van wat in ons land aangaan as wat ons partykeers self geweet het. Die ANC het bondgenote in omtrent elke land gehad. Die buurstate het die ANC ondersteun, gehuisves en bewapen. Wat het ons gedoen toe die boere in Zim die donkerste tyd in hulle lewens ervaar het?

Sal ons ‘n tweede Zimbabwe word?

Nee, ons sal nie so gelukkig wees nie. Die boere van Zim het gedoen wat hulle kon, maar het besef dit is beter om met jou lewe weg te stap as om daar begrawe te word. Die boere van Zim het nie die opsie gehad om terug te baklei nie. Ons het.

Ons het gesien wat in Zim gebeur het. Ons het nou kennis. Ons, diegene wat met meer as die helfte van ons brein gebruik, besef hier kom groot moeilikheid en ons berei voor. Ons het getalle wat Zim nie gehad het nie.

Maak geen fout nie: Wat in Zim gebeur het, was onmenslik. Ek is bevrees ons het ons bure gefaal en sou ons ooit weer onafhanklikheid kry, sal ons die boere van Zim terug moet verwelkom. Dit is die minste wat ons kan doen!

Maar ons situasie is anders as dié van Zim. Ten eerste, ons het ‘n spul van Zim se boere hier tussen ons wat hulle kennis en ervaring met ons kan deel; meer as dit, ek vermoed hier is so paar van hulle wat nog ‘n appeltjie te skil het…

Hier is wat ons moet besef: Ons is geneig om ons stryd te beperk tot die een of ander volk of splintergroep van die volk wat om oorlewing veg. Al ooit gehoor van ‘n rugbyspan wat net op verdediging fokus?

Het dit nie dalk tyd geword dat ons bietjie groter dink nie? Het dit nie dalk tyd geword dat ons die Zimbabwe-boere, die mense in Namibië en al ons expats begin bymekaar kry as een groot front nie? Het dit nie dalk tyd geword om ons spelpatroon van verdediging te verander na ‘n aanval nie? Het dit nie dalk tyd geword om te begin droom oor ‘n groot magtige blanke staat aan die suidpunt van Afrika nie? Het dit nie dalk tyd geword om te begin werk aan doelwitte in plaas van reddingsaksies nie?

Die ANC is nie beperk tot Suid-Afrika nie; dit is deel van ‘n Swart-Afrika-beweging. Hulle skakel met mekaar en mik na ‘n Afrika-Unie. Hulle is op die oomblik slimmer as ons. Hulle kry meer reg as ons. Hulle het doelwitte. Hulle vat grond soos in Zim, hulle vermoor boere soos in Suid-Afrika en hulle veg vir wat hulle glo aan hulle behoort…

Kan ons regtig eerlik wees met onsself en erken ons is besig om die geveg te verloor? Het ons die integriteit oor om te besef ons te klein dink en te min doen? Het ons die verstand om te verstaan dat ons keuse nie tot ‘n tweede Zimbabwe beperk is nie? Het ons die wil om soos die ANC alles op die spel te plaas vir vryheid? Het ons die geloof om te besef dat groot dinge kan gebeur?

Suid-Afrika sal nie ‘n tweede Zimbabwe wees nie. Ons sal baie slegter daaraan toe wees as dit, veral as ons nie nou begin sterk staan nie.

лобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae