Pentagon raak pienk, Afrika swart

Die viering is selfs uitgesaai op die Pentagonkabelkanaal met die titel “Gaytrotsmaandgebeurtenis”, oftewel Gay Pride. 

Die Amerikaanse weermag het besluit gays “moet meer sigbaar raak”.  Die gewone uniformdraer is oorbluf deur die veldtog en wonder wat dit alles mag beteken vir troepmoreel. Sedert wanneer móét enige seksuele voorkeure ‘n sigbare manier van lewe wees, wonder hulle?

Maar die aanslag het nie daar opgehou nie. Amerika se gunsteling koekie roer ook meer as melk nadat Kraft Foods ‘n gay pride Oreo op die koekie se Facebook-bladsy gepos het ter ondersteuning van die Pentagon. Basil Maglaris, woordvoerder Kraft Foods, sê in ‘n verklaring die advertensieveldtog is ter ere van gay pride.

“As ‘n maatskappy, het Kraft Foods ‘n trotse geskiedenis van die viering van diversiteit en inklusiwiteit. Ons voel die Oreo-advertensie is ‘n prettige weergawe van ons waardes.” Kraft is waarskynlik ook afhanklik van weermagkontrakte.

Die koekie gaan ‘n paar aanhangers verloor daardeur. Christelike groepe verklaar reeds dat Kraft geboikot behoort te word.

Die meeste mense, nie net soldate en koekieliefhebbers nie, dink gays leef onnatuurlik, maar in Afrika is daar besonder min begrip vir sulke keuses.

Hierdie maand alleen het die moord van twee lede van die gay-gemeenskap, in onderskeidelik Nyanga en Kuruman gesien.

Die gemeenskap sê die moorde moet geklassifiseer word as haatmisdade, maar sulke dade word nie as ‘n unieke misdaad onder Suid-Afrikaanse wetgewing beskou nie. Die polisie hou ook nie statistiek daaroor aan nie.

Met die Pentagon wat pienk geraak het, wie weet?

FreeGender se stigter Funeka Soldaat sê die moorde is besonder wreed aangesien die een slagoffer “drie keer geskiet is”. Blykbaar is dit ‘n duidelike aanduiding van ‘n haatmisdaad om met drie koeëlwonde te sterf…

Volgens professor Juan Nel, by Unisa se Toegepaste Sielkunde departement, is haatmisdade ‘n “prioriteitsmisdaad”. Nel haal aan uit die Wet op haatmisdade van die deelstaat New York: “Haatmisdade doen meer as om die veiligheid en welsyn van alle burgers te bedreig. Hulle slagoffers word onberekenbare fisiese en emosionele skade aangedoen en asook die onderbou van ‘n vrye samelewing. Misdade gemotiveer deur ‘n brandende haat teenoor bepaalde groepe benadeel nie net individuele slagoffers, maar stuur ‘n kragtige boodskap van onverdraagsaamheid en diskriminasie aan alle lede van die groep waaraan die slagoffer behoort het.”

In Suid-Afrika word die ideologiese rasse- en geslagsvoorkeurprobleem beskou as individuele misdade en nie geïnstitusionaliseerde vorme van viktimisering nie.

In 2010 is ‘n haatmisdadewetsontwerp in die nasleep van xenofobiese geweld in Suid-Afrika voorgestel. Dié wetsontwerp sal glo handel met misdrywe wat verband hou met rassediskriminasie, xenofobie, haatspraak en ander verwante optredes van onverdraagsaamheid.

Maar dit is onwaarskynlik dat dit uitgestuur sal word vir openbare konsultasie hierdie jaar omdat gay-kwessies so ongewild by swartes is, nie net in Suid-Afrika nie, maar oral op die vasteland. Die ANC sal nou geen verdelende saak voor Bloemfontein aanroer nie.

Die ironie is dat gay-drukgroepe ‘n ideologiese element in haatmisdaad moeilik sal kan bewys, terwyl die ANC helder en duidelik van die podiums af skree dat boere doodgemaak behoort te word.

Dit laat ‘n mens tewens wonder of daar ‘n kategorie anderkant haatmisdaad is om plaasaanvalle te klassifiseer.

‘n Werkgroep wat ingestel is aan die einde van 2009, om te probeer om ‘n gekoördineerde reaksie op haatmisdade te monster en die regering te betrek by die probleem, is tans besig met ‘n navorsingsprojek in vyf provinsies om ‘n beter gevoel te kry van die omvang en impak van haatmisdaad, en het ‘n moniteringsvorm wat ingevul moet word deur slagoffers, die registrasie van die besonderhede soos die aard van die misdaad en die behandeling deur die owerhede. Indien die vorm goedgekeur word in ‘n proeflopie met NRO’s, hoop hulle om te sien dat dit landwyd uitgerol word, insluitend in polisiestasies, om te probeer om ‘n databasis van inligting oor hierdie soort misdade te bou, en van daar druk op die regering te verhoog om die probleem aan te pak.

Die ANC mag dit aflag. Maar die internasionale gemeenskap en ‘n pienk Pentagon sal waarskynlik nie.

topcargo

Maak 'n opvolg-bydrae