Vise-admiraal Axel Schimpf het politici en verteenwoordigers van die media op ‘n toer van die Braunschweig-korvet geneem wat tans vasgemeer is by Kiel. Die genooide gaste was deel van die Kieler Woche regatta. Maar soos dit blyk, is die vyf nuwe Duitse oorlogskepe gevul met giftige dampe, wat ingenieurs dwing om te alle tye met gasmaskers te werk.
Die rede: Spore van die karsinogeniese gas formaldehied is tydens ‘n ondersoek van die diesel-aandrywingenjins gevind.
Formaldehyde is geklassifiseer as ‘n bekende menslike karsinogeen wat kanker veroorsaak deur die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker.
Die Duitse Parlementêre Kommissaris vir die gewapende magte, Hellmut Königshaus, sê die probleem word tans ondersoek.
Dit is die jongste in ‘n reeks probleme met die oorlogskepe sedert hulle bekendstelling in 2006 – wat gebrekkige ratte, sagteware en lugversorging wat moes vervang word insluit, het die Bild am Sonntag berig.
Klein, beweeglike oorlogskepe is Duitsland se nuutste klas van seegaande korvette. Die skepe kos reeds die land 1,2 miljard Euro. Dit is nie bekend of dieselfde probleem ook in die Suid-Afrikaanse korvette wat by Duitsland gekoop is, bestaan nie.
