Die ANC in Gauteng se voorstel dat ‘n verhoogde brandstofbelasting oorweeg moet word sal ‘n tussentydse maatreël wees om verbeterings aan die provinsie se paaie te befonds, het ‘n berig Dinsdag gesê.
The Times berig die ANC het ook ‘n “eenmalige” bydrae deur maatskappye voorgestel om “super-winste” in die provinsie te maak.
Hierdie inligting is vervat in die ANC se gespreksdokument oor openbare vervoer en infrastruktuur, wat hierdie week tydens sy beleidskonferensie in Midrand bespreek sal word.
Die ANC het ook voorgestel dat die regering se pensioenfonds gebruik moet word vir die ontwikkeling van infrastruktuur, het die koerant berig.
