Landbou se DG geskors

Die direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye is geskors.
Dr. Pieter Mulder van die VF+ dien as adjunkminister in die departement.

“Hierdie persverklaring is om julle in kennis te stel van die skorsing van mnr. Langa Zita. Die skorsing is ‘n administratiewe saak,” het ‘n verklaring op die departement se webwerf gelui.

Die senior departementsbeampte, Sipho Ntombela, is nou die waarnemende direkteur-generaal.

Geen rede is verskaf vir die skorsing nie en die departement was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae