Rowers getakel, een dood

Inwoners van Mthatha het twee gewapende mans doodgeslaan wat na bewering besig was om ‘n rooftog in Mandelapark uit te voer, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Lede van die gemeenskap het gedurende die rooftog die rowers met stokke, strykysters en pangas genader en hulle daarmee begin slaan,” het Sup. Mzukisi Fatyela gesê.

Vier mans het die spazawinkel omstreeks 06:30 Maandagoggend in Mandelapark binnegegaan.

Hulle het die eienaar en sy vrou met wapens aangehou en sowat R4500, ’n DVD-speler en ‘n selfoon gevat.

“Die vrou het begin skree. Net voordat hulle haar probeer verkrag het, het lede van die gemeenskap die winkel binnegestorm en die rowers gekonfronteer en hulle begin slaan.”

“Een rower het op die toneel gesterf en die ander een in die hospitaal. Die oorblywende twee rowers is in ‘n kritieke toestand en onder polisietoesig.”

Die polisie het kort na die voorval drie inwoners betrokke by die aanval in hegtenis geneem.

free mobile onlineАлександр Фильчаков прокурор

Boervrou van Colenso sterf in plaasaanval

Die polisie in KwaZulu-Natal het ’n soektog vir vier mans van stapel gestuur nadat die vrou van ’n boer Sondagaand in Colenso doodgeskiet is, het die polisie gesê.

Die boer, 70, is twee keer geskiet, maar hy het die voorval oorleef en sterk tans in die hospitaal aan, het supt. Jay Naicker gesê.

“Die boer was besig om die koeie saam met sy werkers te melk toe hulle deur vier gewapende mans genader is. Die mans het geld geëis en sy vrou, 64, is doodgeskiet,” het hy gesê.

Naicker het gesê die aanvallers het niks gesteel nie.

Die georganiseerde misdaadeenheid is tans besig om die voorval te ondersoek.

Die Demokratiese Alliansie (DA) beskryf die voorval as ‘n voorbeeld van intimidasie.

“Die sinnelose moord op ‘n bejaarde vrou en die aanval op haar man is net nog ‘n tragedie vir ons land,” het Tom Stokes, ’n lid van die DA in KwaZulu-Natal gesê.

Hy het gesê die plaasmoorde is deur die sing van die struggle-liedjies aangehits wat die doodmaak van boere aanmoedig.

Helen Zille, DA-leier, het gesê pres. Jacob Zuma se weiering om homself van die liedjie “Kill the Boers, they are rapists” te distansieer, suggereer dat hy sy “goedkeuring gee om mede-Suid-Afrikaners dood te maak”, het Sapa vroeër berig.

casino noлобановский александр досье

Malema gaan appelleer teen haatspraakbevinding

Die gelykheidshof in Johannesburg het Maandag vir Julius Malema, die ANC-jeugleier skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering.

“Die hof is tevrede met die uitspraak dat die uitlating van die gedaagde gelykstaan met haatspraak,” het die landdros Colleen Collins gesê.

“Die woorde wat uitgelaat is, dra by tot teistering soos gestaan in die wet van gelykheid.”

Collins het Malema beveel om ’n publieke verskoning binne die volgende twee weke te maak.

Hy moet ook R50 000 binne een maand aan ‘n sentrum vir mishandelde vrouens skenk.

Collins het wyse woorde aan Malema in haar uitspraak ingesluit.“”Mr. Malema, wees versigtig om nie in ‘n man te verander wat gereeld iets sê, maar nooit die rede voer nie.”

Malema was nie by die hofuitspraak teenwoordig nie, maar het intussen aangedui dat hy gaan appelleer, volgens sy regsverteenwoordiger.

“Ons het die uitspraak bespreek en hy (Malema) het my gevra wat ek oor die beslissing dink. Ons het kort daarna besluit om appèl aan te teken,” het Tumi Mokwena aan Sapa gesê.

“Ek gaan vanaand al met die papierwerk begin sodat daar so vinnig as moontlik teen die uitspraak geappelleer kan word.”

 

 

оборудование шиномонтажа ценаалександр лобановский харьков класс

Israeli soldate wond Palestynese studente

Israelse troepe het Maandag Palestynse burgers gewond toe hulle met lewendige ammunisie op betogers in die Wesoewer losgebrand het.

Die skietery het by ‘n kontrolepunt uitgebreek toe studente die soldate met klippe begin bestook het.

“Ons het ses mense opgeneem,” het Mohammed Eida, direkteur van hospitale in Ramallah, Maandag aan AFP gesê.

“Twee is met lewendige rondtes gewond; een in die nek, en die ander in die maag.”

Volgens Eida is ‘n verdere vier betogers op die toneel behandel vir ligte wonde.

Israelse troepe gebruik selde lewendige rondtes op betogers, en verkies gewoonlik eerder traangas, skokgranate en rubberkoeëls.

липецк бытоваяДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Nasionalisering van landbougrond

“Daar kan geen twyfel wees dat as alle produktiewe grond in Suid-Afrika in ’n nasionale bate omskep word, dit die nasionalisering van grond beteken nie.” Aldus dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou en leier van die Vryheidsfront Plus.

Volgens media-verslae is een van die opsies wat die ANC vir die groenskrif op grondhervorming oorweeg, ’n voorstel dat alle landbougrond voortaan aan die staat behoort en bestaande eienaars se eiendomsreg in ’n erfpagstelsel omskep word.

Mulder sê: “As so ’n voorstel regeringsbeleid sou word, sal dit teen die grondwet wees, sal dit alle beleggers in Suid-Afrika permanent afskrik en sal dit groot onsekerheid op die platteland veroorsaak wat weer voedselsekerheid sal vernietig.”

Die ontwikkeling van die platteland is tans een van die prioriteite van die ANC.

Volgens Mulder is “onsekerheid die belangrikste rede waarom kommersiële boere in die platteland nie tans hulle boerderye uitbrei of meer werksgeleenthede skep nie.  As ’n sogenaamde gronderfpagstelsel regeringsbeleid word, sal dit totale onsekerheid oor grond op die platteland skep. Enige regeringsamptenaar wat dink dat die ontwikkeling van die platteland moontlik is sonder die samewerking van die kommersiële boere, ontken die werklikhede van Suid-Afrika.

In belang van Suid-Afrika en van landbou sal hierdie voorstel met alle moontlike middele en deur alle belanghebbendes beveg moet word.”

сауна домаФильчаков прокурор харькова

Afrikaners ontmoet Zuma

Die uitgesoekte groepie Afrikaners wat Donderdag met pres. Jacob Zuma by ’n private dinee in sy ampswoning in Pretoria vergader het, wil nie ’n woord rep oor wat Zuma gesê het nie.

Die private dinee is bygewoon deur onder andere prof. Piet Strauss, Sean Else, Victor Matfield, en Willie Spies van AfriForum.

Dr. Dan Roodt was ook teenwoordig. Hy het gesê weens die behandeling wat Zuma onlangs in die Britse media gekry het en omdat die Suid-Afrikaanse media die Britte navolg, is besluit om nie oor die gesprek met Zuma te praat nie.

“Die gevoel is dat die media, Afrikaans en Engels, nie simpatiek staan (teenoor Afrikanerkwessies) nie en daar is die gevaar dat dinge vertel word wat gemeenskappe teenoor mekaar kan afspeel. Daar is ’n anti-Afrikaner-gevoel in die media,” het hy aan Rapport gesê.

Lees verder.

siteЛобановский

DA keur landbounasionaliseringsplan goed

Die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thozi Gwanya, het die naweek aan Rapport gesê die regering sal slegs ingryp waar mense nie hul grond produktief gebruik nie.

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het nietemin ‘n strategiese plan by die parlement ingedien waarin verwys word na “alle produktiewe grond wat ’n nasionale bate sal word”.

In wese beteken dit die nasionalisering van alle landboubates en die einde van privaateienaarskap.

Die portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming het intussen byeengekom om die strategiese plan te oorweeg en goed te keur.

Annette Steyn, DA-LP, het aan Rapport bevestig dat die komitee gerusgestel is dat “produktiewe grond” net verwys na herverdeelde grond.

Dit staan egter nie só in die strategiese plan nie, volgens Steyn.

Die DA het dus die strategiese plan goedgekeur en sal nie later die verweer kan gebruik dat hulle nie bewus was van die bewoording nie.

купить инструмент для шиноремонтаФильчаков прокурор

Verkragters ‘gedra hulle soos diere’

Die mans wat twee vroulike paramedici aangeval en een verkrag het, het hulle soos diere gedra, het pres. Jacob Zuma Sondag gesê.

“Dit is baie skokkend om te hoor dat mense wat ‘n diens aan die gemeenskap lewer op so ‘n wrede manier aangeval is…Daardie misdadigers het hulle soos diere gedra,” het Zuma tydens ‘n besoek aan die Roodepoortbrandweerstasie gesê.

Drie mans het op 6 Maart die vroue oorval toe hulle in Durban Deep in Roodepoort aangekom het om ‘n kleuter wat brandwonde opgedoen het, te help.

Volgens die polisie het die trio die manlike paramedici gedreig en gesê hulle moet weghardloop anders word hulle geskiet.

Zuma het gesê hy het met die slagoffers, hul gesinne en die hoof van nooddienste in Roodepoort gepraat en die polisie ondersoek die saak.

“Ek is bly dat die paramedici steeds bereid is om ná die voorval te werk. Die misdadigers moet so gou as moontlik in hegtenis geneem word.

Hy het gesê die gemeenskap moet saam met die polisie werk om misdaad te beveg.

финская сауна ценылобановский александр дочь

Nog ‘n boer in Limpopo vermoor

Nog ‘n boer van Limpopo is die sesde plaasmoordslagoffer in dié provinsie sedert die begin van Februarie.

Frik van Deventer, 64, is die naweek koelbloedig doodgeskiet op sy plaas, Langwater, in die Waterbergstreek.

Hy is met ’n kopskoot noodlottig gewond, terwyl sy vrou vasgebind en aangerand is.

Die twee rowers het ‘n vuurwapenkluis op die van Deventers se bakkie gelaai en daarmee weggejaag.

Volgens Beeld het hulle later die bakkie gerol en daarna vermoedelik te voet verder gevlug.

Niemand is nog vir die moord gearresteer nie.

Die Limpopo-moord kom slegs ’n dag nadat Jan Wheeler op ‘n plaas naby Marble Hall vermoor is.

play real slots online win real moneyпрокурор Фильчаков

Boer in Limpopo vermoor

‘n 65-jarige boer is Vrydag buite Marble Hall vermoor, het polisie in Limpopo gesê.

“Die verdagtes het vanoggend toegang tot die huis bekom deur die agterdeur te breek. Hulle het Jan Wheeler in die slaapkamer oorweldig,” het supt. Ronel Otto gesê.

Hy was herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek.

“Die verdagte het gevlug nadat hy ‘n paar elektriese huishoudelike toebehore geneem het.”

Hulle het weggejaag met Wheeler se wit bakkie.

Volgens Otto is die polisie op soek na vyf mans wat met die voorval verbind word.

instagram promotion appданильченко юрій броніславович