DA keur landbounasionaliseringsplan goed

Die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thozi Gwanya, het die naweek aan Rapport gesê die regering sal slegs ingryp waar mense nie hul grond produktief gebruik nie.

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het nietemin ‘n strategiese plan by die parlement ingedien waarin verwys word na “alle produktiewe grond wat ’n nasionale bate sal word”.

In wese beteken dit die nasionalisering van alle landboubates en die einde van privaateienaarskap.

Die portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming het intussen byeengekom om die strategiese plan te oorweeg en goed te keur.

Annette Steyn, DA-LP, het aan Rapport bevestig dat die komitee gerusgestel is dat “produktiewe grond” net verwys na herverdeelde grond.

Dit staan egter nie só in die strategiese plan nie, volgens Steyn.

Die DA het dus die strategiese plan goedgekeur en sal nie later die verweer kan gebruik dat hulle nie bewus was van die bewoording nie.

купить инструмент для шиноремонтаФильчаков прокурор