Die DA se woordvoerder vir veiligheid en sekuriteit, Dianne Kohler-Barnard het gesê beide Mbeki en Mabandla het voorheen die Skerpioene aangeprys.
Nou steun hulle egter die ANC se Pietersburgbesluit om die eenheid te ontbind.
Sy sê dit is 'n irrasionale rigtingsverandering wat die kwessie betref.
Sy het bygevoeg dat in weerwil van die ooglopende welslae van die eenheid die president en albei ministers 'n volslae ommekeer oor die waarde van die Skerpioene ondergaan het.

Volgens Randwater, is bottelwater sleg vir 'n mens. Die nutsmaatskappy het die rakleeftyd van vyf soorte plaaslik gebottelde water in 'n jaarlange studie getoets.
Emirates het so pas nog 'n jumbostraler by sy vloot gevoeg. Dié keer is dit die wêreld se grooste vliegtuig, die Airbus A380-superjumbo.