VSA waarsku toeriste na Oos-Afrika

Die Amerikaanse ambassade in Oeganda sê Amerikaners in Oos-Afrika loop die risiko van 'n aanval deur terroriste.

Die ambassade sê 'n aantal al-Kaida-agente is na bewering in Oos-Afrika en kan VS-instellings en -personeel bedreig soos wat 7 Augustus naderkom.

Tien jaar gelede het terroriste Amerikaanse ambassades in Kenia en Tanzanië op daardie datum gebombardeer.
Die ambassade se boodskap is Dinsdag uitgereik en het gewaarsku dat opgeskerpte veiligheid by amptelike Amerikaanse instellings die terroriste mag noop om na sagter teikens te kyk waar toeriste bymekaarkom.

uk casinoтопкарго развод