Navorsers Yvonne Liee en Karl Lubout het bevind dat alle bottelwaterhandelsmerke oor 'n baie beperkte rakleeftyd beskik.
Om hulle langer as 'n paar dae of weke te hou, veroorsaak water met 'n nare smaak, slegte reuk en hoë bakterietellings.
Dit kan mense met 'n swak immuniteit beïnvloed.
Die studie het bevind dat al die handelsmerke hoër bakterievlakke as die normale gehad het.
Geen van die monsters het egter stoelgangbesoedeling bevat nie en al die monsters het aan die SA nasionale standaarde voldoen sover dit spore van kwik, aluminium, chroom, arsee en mangaan betref.

Volgens Randwater, is bottelwater sleg vir 'n mens. Die nutsmaatskappy het die rakleeftyd van vyf soorte plaaslik gebottelde water in 'n jaarlange studie getoets.