Die Suid-Westelike Burgerlike Assosiasie, Suwba, het al sy lede van die regerende party onttrek.
Die Assosiasie het meer as 100 takke. Suwba se president Basil Douglas het aan 'n Johannesburgse dagblad gesê dat die land besig was om in die maalstroom van immorele verval te versink.
Die binnegevegte, beweerde korrupsie, nepotisme, oneerlikheid en volslae onbekwaamheid het tot ontnugtering met die ANC gelei, het hy gesê.
Douglas het gesê die onlangse afdanking van die Kaapse premier, Ebrahim Rasool, was 'n teken dat kleurlinge na die rand van die ANC uitgeskuif gaan word.
