Mnr. Kebby Maphotsoe, die MKVV se nasionale voorsitter, het Saterdag by dié assosiasie se konferensie in Gauteng gesê die Skerpioene is die tande van ‘n teen-rewolusionêre beweging in Suid-Afrika en dat hulle vol gif is.
Hy verduidelik dat misdadigers soos Mark Thatcher en Adriaan Vlok vrygespreek is, maar ANC-leiers voel die “brandende haatsteek van die Skerpioene”.
Maphotsoe voer verder aan dat Zuma se ondersoek gelei word deur die Skerpioene, maar dat dit verder aangedryf word deur die media en die opposisie, spesifiek die Demokratiese Alliansie (DA).
“Die ondersoek duur te lank. Mens kan nie iemand vir nege jaar lank ondersoek nie. Eers vir die wapentransaksie van R500 000 en dan vir ‘n karwas van R10. Geregtigheid wat uitgestel word, is geregtigheid wat ontken word,” sê Maphotsoe.
Hy sê ook dat politieke inmenging in dié saak broodnodig is, juis omdat dit ‘n polities gedrewe hofsaak is.
“Hoekom kan Tony Blair in die Verenigde Koninkryk ‘n ondersoek na ‘n wapentransaksie kanselleer om die land se belange te beskerm en ons kan nie dieselfde doen nie? Is die motivering agter die hele ondersoek nie miskien om die ANC te vernietig nie?”
Maphotsoe kritiseer ook sekere ANC-lede daarvan dat hulle hulself nou skaar in die Zuma-kamp, net om vir hulle setels te verseker wanneer die verkiesing kom. Hy doen ‘n beroep daarop dat dié mense, wat voor die Polokwane-konferensie in die Mbeki-kamp was, ontbloot moet word.
Nóg ‘n spreker by die MKVA-konferensie die naweek was die ANC-voorsitter in Gauteng en ook die party se provinsiale minister van finansies, mnr. Paul Mashatile. Hy het op sy beurt gemaan daarteen dat ANC-lede hulself beskou as die bewaarders van besluite wat geneem is tydens die ANC-konferensie. “Ons as party het almal saam besluite geneem en ons almal is die verdedigers daarvan,” sê Mashatile.

Die ANC mag eerskomende Vrydag by 'n vergadering oor energie vra dat die bonusse van Eskom se bestuur ondersoek word. Aanduidings is dat Eskom se bestuur altesaam R10 miljoen se bonusse aan hulself betaal het terwyl kragonderbrekings landwyd plaasgevind het.
Ten spyte van ’n daling in koerantverkope, die beskikbaarheid van gratis nuusblaaie en die toenemende gewildheid van nuuswebwerwe op die internet, bly koerantredakteurs wêreldwyd steeds optimisties. Die Wêreldredakteursforum, gesteun deur Reuters, het pas die sogenaamde Newsroom Barometer gepubliseer.
Wiskunde en wetenskap is te moeilik en veeleisend, meen Suid-Afrikaanse skoolleerlinge. Meer as 60% van die 7 000 leerlinge wat aan 'n opname deur Mark Shuttleworth se stigting deelgeneem het, meen dit is waarom Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskappunte so laag is vergeleke met ander lande.
Volgens ʼn studie wat so pas deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria vrygestel is, is Suid-Afrikaners nou meer vreesbevange oor misdaad as ooit tevore. Dít, in weerwil van polisiestatistieke wat sou toon dat misdaad aan die afneem is.
'n Outomatiese tellermasjien van ABSA is op 8 Mei 2008 oopgeskiet in Secunda, uitbreiding 22. Inwoners van die woonbuurt het die ontploffing omstreeks 3-uur die oggend gehoor. Die rowers het met 'n onbekende hoeveelheid geld ontsnap. Ons