Vergeet FW, dis Pik!

Loshande is Pik Botha die beste kandidaat vir die verraaierbenoeming.

Die gronde hiervoor is eintlik lank want dit kom reeds uit die vroeë 70s kort nadat hy as LV verkies is, maar kan hoofsaaklik op die volgende vyf gronde/tydperke beredeneer word:

1. Sy tydperk as ambassadeur by die VN en ook na die VSA toe hy baie nou met mense soos Chester Crocker, die Council for Foreign Relations en verwante organisasies en mense soos Samuel P Huntington begin saamwerk en beplan het om radikale veranderings in Suid-Afrika se beleidsrigtings te weeg te bring. Dit was in hierdie tyd dat hy ontmoetings vir John Vorster gereël het met Henry Kissinger en later Walter Mondale, Jimmy Carter se adjunk. Vorster was so in sy noppies met hierdie gesprekke wat hom oornag ‘n wêreldfiguur gemaak het, dat hy Pik kort daarna as Minister van Buitelandse Sake aangestel het en toe, volgens sekere bronne, vir Pik bo Connie Mulder as sy “kroonprins” beskou het.

2. Kort hierna het lekasies aan die media oor geheime projekte van Mulder se Departement van Inligting met Eschel Rhoodie aan die voorpunt, die lig begin sien. Dit het vinnig gelei tot die sogenaamde Inligtingskandaal, die stelselmatige eliminasie van Mulder as volgende Eerste Minister en die bedanking van Vorster uit die pos. Pik Botha se presiese rol in hierdie lekasies is nooit onthul nie, maar dit lei geen twyfel dat hy en sy departement wat vir Rhoodie en Inligting gehaat het omdat hulle dinge gedoen gekry het, agter baie van die lekasies gesit het nie.

3. Enkele dae voor die verkiesing vir ‘n nuwe premier het Pik Botha en ene Rit van Rooyen glo met “skokkende” inligting vir PW Botha gaan sien. Albei Botha’s was kandidate in die premiersverkiesing, maar daar is ooreengekom dat Pik sy stemme na PW sal oordra na die eerste rondte. Onder die stories wat toe by LVs uitgekom het was een dat Mulder miljoene rande in ‘n geheime buitelandse bankrekening het. Mulder is dan ook deur PW verslaan met behulp van Pik se stemme. Geen haan het ooit weer gekraai oor die geheime miljoene nie! Eschel Rhoodie was uiteindelik die enigste aangeklaagde oor die Inligtingskandaal en hy is skotvry gespreek en heelwat geld deur die staat in vergoeding betaal! Die skandaal van die Inlitingskandaal was dat dit liederlik misbruik is om die “konserwatiewe” Mulder uit te werk.

4. Met Mulder en sy verligte politieke denkers soos Nic Rhoodie uit die pad, kon PW met Pik en sy Amerikaanse vriende se ywerige hulp begin met die sogenaamde nuwe bedeling en ‘n nuwe grondwet wat onafwendbaar uitgeloop het op die vrylating van Mandela, wettiging van die ANC en uiteindelike swartmeerderheidsregering.

Nog voordat dit gebeur het, was Pik die hoofdrywer om Suid-Afrika se steun vir Rhodesië en Ian Smith te beëindig en die 435-verkiesings in Suidwes te laat plaasvind. Pik het deurgaans met die boodskap geloop dat gematigde swartes in Rhodesië en die DTA in Suidwes die verkiesings gaan wen. Die kwessie is nie of hy maar net verkeerd was nie, maar of hy willens en wetens met sulke valse drogbeelde te koop geloop het. Die 435-verkiesings in Suidwes is wyd gesien as ‘n voorloper vir ‘n soortgelyke skikking in Suid-Afrika.

5. In hierdie tyd het Pik voortdurend die mat onder PW se voete uitgepluk met die skep van verwagtinge oor ingrypende hervormings waarvoor die arme PW in sy emosioneelgelaaide onkunde nie kans gesien het nie. Met PW se beroerte aanval, was Pik die gunsteling om as staatspresident oor te neem maar is verstommend genoeg deur die “verkrampte” FW geklop. Maar Pik het eintlik die stryd gewen want FW was in ’n politieke hoek geverf om met die ANC te onderhandel en het toe, tot die verstomming van baie, van Pik se voorste luitenante as onderhandelaars aangestel. Die uiteinde was voorspelbaar en ons betaal steeds die prys vir hierdie verraad.

PW, FW, Roelf en andere het weliswaar belangrike rolle in hierdie verloop van sake gespeel, maar hulle was deurentyd feitlik net pionne met Pik wat op die skuiwe besluit het.

Pik verdien hierdie kroon.

uslugi-poligrafФильчаков Александр Васильевич

Verraad: Predikante-kategorie

Verraad word altyd gepleeg deur iemand wat vertroud was met, m.a.w. deel van 'n groep was, om sodoende die vertroue te kon verraai deur die kennis van die groep teen die groep te gebruik.

Verraad kan bv. insluit die vlootoffisier wat al ons vlootgeheime aan die Russe verskaf het, of dit kan ook insluit die groot plan van Neil Barnard wat gefaal het a.g.v. een mistasting. Die vraag is wie van hulle het verraad teen die Afrikaner gepleeg? Wel, nie een van die twee nie want mens moet sekerlik toelaat dat die Afrikanerbewussyn kan groei met kennis.
Miskien was Johan Heyns die grootste verraaier omdat hy in die binnekringe was, en toe ten spyte van die Nederlandse blootstelling soos Herzog voor hom, die teenoorgestelde strategie gehad het en heel op sy eie, teen die groep begin werk het met oortuiginge wat nie Afrikaans van aard was nie. 
As Herzog en Smuts nie gekorrupteer was nie, hoe het Heyns dit geword? Die antwoord kan slegs lê in 'n intrinsieke swakheid wat altyd verbind word met lafaards en verraaiers om soos Judas geld te vat maar steeds te bly in die "groep" sonder om gewetenswroeginge daaroor te hê en dan ook sonder 'n groot plan. 
As ek hy was sou ek waarskynlik uit die Kerk bedank het en my gewetensbesware bekend gemaak het, maar nee, hy het soos 'n gifappel ons vergiftig sodat ons op die pad van verlorenheid bly beweeg sonder om dit bekend te maak. Hy het dus eintlik twee keer verraad gepleeg, eerstens deur nie sy intensies bekend te maak nie en tweedens om ons aan te moedig op die verkeerde pad.
Dis soos om 'n soldaat te word terwyl jy 'n gewetensbeswaar het i.p.v. om landuit te vlug. As jy dan 'n soldaat word, sal jy waarskynlik uiteindelik die dood van jou eie mense veroorsaak terwyl as jy nie aansluit nie en landuit vlug versterk jy eintlik die weermag.
Johan Heyns het willens en wetens tot die dood van sy eie mense bygedra terwyl hy betaal was om na ons siele om te sien.

игрушки детскиелобановский политик

Waar is Afrikaanse kultuur op Erfenisdag?

Ons minister van kommunikasie sê aan die begin van die Afrikaanse nuus dat alle kulture van Suid-Afrika hulle erfenis op dié dag herdenk het. Blykbaar alle Suid-Afrikaners behalwe die Afrikaners. Nie een keer is daar gewys hoe die Afrikaners Erfenisdag gevier het nie. Nie een keer is daar ‘n onderhoud met ‘n Afrikaner gehou of in Afrikaans gehou nie. Het ons kultuurorganisasies dan niks gereël nie?

Ons moes kyk na die swart kulture se feesvieringe en luister na hulle opinies. Dit sou alles goed en wel gewees het om te aanskou ter wille van ‘n kans om ook na die Afrikaner se erfenisvieringe te kyk, maar dit is ons nie gegun nie. Anders as in die meestal Afrikaanse sepie met Engelse onderskrifte net voor die nuus, is daar nie van Afrikaanse onderskrifte gebruik gemaak nie en ons is nou al gewoond aan die oorwegend Engelstalige advertensies in die advertensiegleuwe. Ons kon ook nie eens sien hoe die Afrikaners ‘n vleisie braai vir Braaidag nie. Net die ander kulture en alles in Engels.

Pallo Jordan het ‘n paar keer sy mening gegee. Hy praat van apartheid en die struggle en later sê hy: “…so that we can gird up your loins for the battles that lie ahead.” Nou wonder ek maar net na watter gevegte hy verwys.

Van die optog na die SABC se kantore in Auklandpark is daar ook niks gewys nie. Tydens die optog is ‘n beswaarskrif met 95 000 hantekeninge teen die gebruik van die woord Tshwane vir Pretoria oorhandig aan ‘n SABC-woordvoerder.

Die meeste mense sal nou sê dat hulle nie daarvan geweet het nie, en dit is te verstane want die kommunikasiekanale na die Afrikaners is in ‘n groot mate afgesny. Die SABC is nou die spreekbuis van die ANC.

Die soort minagting is dieselfde as soveel regeringsdepartemente wat nie eers die moeite doen om op skrywes aan hulle te reageer nie. Ons weet  egter dit is net nog ‘n vorm van magsvertoon, maar mens noem dit sommer net swak maniere.

Hoe lank sal dit neem totdat alle Afrikaners maar net die status-quo gaan aanvaar. Die totale magsvertoon van die SABC. “'n Mens kan nie teen so ‘n oormag weerstand bied nie,“ dink jy. Maar die geskiedenis vertel ‘n ander storie. Die Afrikaner het juis ‘n erfenis waar hy teen oormagte te staan gekom het en nooit ten volle verslaan was nie. Dit is die erfenis wat hulle nie wil hê jou kinders moet onthou nie. Hulle is nou deel van ‘n nuwe nasie – die reënboognasie.

Maar baie Afrikaners kom met ‘n skok agter dat dié reënboog net een kleur het, en dit is swart, dit is nou na aanleiding van die Afrikaanse nuus van die SABC van Maandagaand.

Ek wonder nou net hoe die Afrikaanse kultuurorganisasies daarop gaan reageer. Of het hulle al klaar geleer hoe om President Mbeki se stille diplomasie toe te pas. As hulle egter stilbly daaroor, keur hulle dit mos immers goed of hoe?

Dit sal ook interessant wees om the sien wat die verhouding van betalende televisielisensiehouers tot die totale kyker per kultuurgroep is.

Is dit nie nou tyd vir ‘n Afrikaanse TV-kanaal wat alle aspekte van die Afrikaanse kultuur dek nie? As dit dan teen die wet is moet so ‘n wet maar gewysig word. Of sal ons daarvan weerhou word soos die arme mense in Zimbabwe wat minder weet wat in hul eie land aangaan as wat die res van die wereld weet?

Miskien het die oorgrote meerderheid Afrikaners besluit dit is beter om die Afrikanerkultuur prys te gee ter wille van oorlewing. In daardie geval is dit miskien beter om Charles Nqakula se advies te vat en te immigreer na ‘n land waar daar immers nie teen jou velkleur gediskrimineer word nie.

металлогалогенный светильникДанильченко Харьков

Kompetisie is ‘absoluut verregaande’

Dit is absoluut verregaande om ‘n kompetisie uit te skryf oor wie SA se “ grootste verraaier “ is. Wie gee u die reg om ‘n oordeel te fel oor ander se optrede? Baie van ons meen Praag is die werklike verraaiers.
Jan Momberg

диагностика автоданильченко юрій броніславович

Die ‘untouchables’

Die onlangse ontslag van Vusi Pikoli, Hoof van die NPA, deur die Staatspresident mag op die oog af voorkom as 'n heel normal aksie uitgeoefen vanuit die stoel van die hoogste gesag in die land. Tog is dit nie so eenvoudig nie en spreek dit boekdele.
Dit behoort ook alarms met flikkerende ligte in die buiteland en veral by ons eerstewêreldse beleggers te aktiveer omdat dit dui op oorverhitting van ons regsmasjien. Is hierdie nie 'n onbetwisbare vorm van 'n man wat sy gesag misbruik en 'n geordende en regverdige proses gruwelike kaap en sy eie ding doen nie?

Vanwaar die groot belangstelling in hierdie departement wat eintlik algehele outoriteit behoort te geniet en heel onafhanklik behoort te funksioneer om sukses te waarborg? Hulle moet nou egter in die skadu van die SAPS dien, wat die mees destruktiewe aksie ooit is. Met sulke belaglike verwagtinge binne ons regsstelsel het die Skerpioene absoluut geen doel nie en kan laasgenoemde maar ontbind word.
Vroeg in hierdie eenheid se leeftyd het sekere parlementariërs en ander gesigsloses die Skerpioene se outoriteit en jurisdiksie begin bevraagteken wat die uiteindelike ontslag van Regter Heath beteken het. Hierna het die rustelose jare voortgeduur en was blatante inmenging vanaf regeringskant so opsigtelik dat 'n blinde dit met sy stapstok kon aanvoel.
Ngucka het vinnig uitgevind hoe ongewild 'n persoon in sy pos kan raak as hy begin krap in die duistere sake van die verkose "rainbow" elite wat die soustrein lankal veruil het vir die straler. Daar word mildelik gevlieg en onthaal as mens net kyk na hoe sekere staatsdepartemente se reis-en onthaalkostes gestyg het.
Die DA is juis besig om vrae in dié verband te vra wat natuurlik weer 'n geliegery van die eerste water sal ontlok. Sheik en sy vriend Maharaj het alles in hulle vermoë gedoen om Ngucka as sogeaamde spioen van die vorige bestel uit te maak. Alles pogings om hom te sink sodat hy nie hulle skelmstreke kon blootlê nie. Sheik sit darem in die tronk, of sit hy nog? Laas wat ons gehoor het was hy besig om as 'n baie siek man – sy bors trek blykbaar toe in die tronk – by sy verpleegsters aan te lê.

Met Mbeki se afdanking van Pikoli wys dit weereens dat laasgenoemde op iemand se tone trap en die irritasie nie meer verduur kan word nie. Beatrice is blykbaar nie genoeg deur Pikoli geraadpleeg nie. Laat ons nou nie doekies omdraai nie. Ons almal weet wie Selebi se vriende is en wat sy pos is. Net twee weke terug het 'n kennis wat in die Polisie is en intens met gewapende rooftogte handel sy kommer teenoor my uitgespreek ten opsigte van hulle persoonlike veiligheid as gevolg van "impimpis" binne die mag.

As hulle 'n suksesvolle aksie wil loods en een verkeerde individu kom in besit van die inligting, is die operasie 'n ramp. Van die rowers is dan self polisiebeamptes en die vraag kan net gevra word wie is hulle "baas". Hoe kan 'n spesialis eenheid soos die Skerpioene aan die SAPS ondergeskik wees? In Amerika rapporteer die FBI nie aan die polisiëringseenheid (precinct) in die area waar die ondersoek plaasvind nie. So ons maak eintlik maar hier vir wolf die skaapwagter.

Nou as 'n man van ons president se statuur dit nie kan besef nie, dan dui dit op 'n groot brand in die enjinkamer. Ons skep 'n liggaam en gee hulle "magte" om te bevraagteken, ondersoek en te vervolg…..en dan trek ons hulle tande. Ek dink die wêreld lag vir ons, 'n sirkus met 'n klomp korrupte narre.

Die Selebi-ondersoek het klaarblyklik 'n gewisse dood gesterf, so ook die een na een van sy generaals, McBride. Hulle gee nuwe betekenis aan die terme "the untouchables". Wonder wie gaan nou aan die stuur gesit word aangesien dit lyk of hulle nog nooit 'n aanstelling gemaak het wat nie maklik manupileerbaar is nie. Dit sê iets oor hulle personeelafdeling

free slots no download no registration with bonustopcargo развод

Beskaafdheid veroorsaak ons ondergang

Na aanleiding van 'n brief oor UNISA in Beeld van 21/9/2007 en ander UNISA-interne inligting wat ek het:

 

Is mense bewus van die rassistiese UNISArektor Barney Pityana se aksies, planne en aanvalle op wit werknemers van UNISA? Hoe kan iemand met so 'n duidelike publieke haat teen veral die Afrikaner so 'n belangrike pos beklee? Doen Praag iets hieraan op 'n betekenisvolle vlak, m.a.w. 'n vlak waar jy nie teen die wind blaas nie, maar 'n kans het om gehoor te word?

 

My opinie is dat die speekwoord "meng jou net die semels en die varke vreet jou op" hier van toepassing is. Afrikaners aanvaar maar sulke varke in hoë poste gelate; soos gewoonlik is ons te beskaafd om iets daaraan te doen.
Ek het nuus vir julle mense, hierdie beskaafdheid gaan nog ons ondergang beteken as ons nie iets drasties daaraan doen nie. Ek stel voor ons daal na varkvlak en praat varktaal met die Pityana-tipe varke van Aapstad en die res van Suid-Afrika.
As hy skreeu vir sy masjiengeweer, gee hom 'n koeël. Dis al taal wat hulle verstaan.

интернет магазины игрушек украиналобановский депутат

Afrikaners wil nie self werk nie

Net 'n enkele opmerking na aanleiding van Vlad du Plessis se brief oor hoe om die ANC se ideologiese houvas op die boere en hulle grond besit te ontkom. Die heel belangrikste ideologiese stap, naamlik dié van self werksaamheid, word nie eens genoem nie.
 
Dit begin nou te laat raak om van volksvreemde arbeiders ontslae te raak, want die ANC dreig om jou grond af te vat, maar die beginsel is eenvoudig. Sonder swartes het ons 'n eie eie gebied waar die meerderheid op 'n universeel aanvaarbare manier sy vryheid kan uitleef. Niemand kan dan jou grond kom afneem of terugeis nie. Dis letterlik hoe eenvoudig dit is. Ek is moeg om na al die verskonings te luister van hoe onprakties dit is. Na 5 jaar in Engeland is ek nou meer as ooit oortuig van die Afrikaner se onvermoë om self te werk soos trouens in die meeste Europese state wel gebeur.

Afrikaners wil nie regtig vry wees nie, net baas wees.

best bridal jewelleryАлександр Фильчаков

Ope brief aan Dirk du Toit

Na aanleiding van berigte oor aanmerkings wat die adjunk-minister van landbou en grondsake kwytgeraak het in die parlement van die nuwe SA, wil ek net graag die volgende ope brief en uitdaging aan die meneer Dirk Cornelius du Toit rig:

Mnr Dirk Cornelius du Toit.
Ons Afrikaners het almal gisteraand voor die vervreemde SABC 2 gesit en luister na die nuus. Weet meneer, ek weet nie eers waarom ons nog na die “hervormde” televisie kyk nie. Miskien is dit om te sien hoe ver julle manne in die parlement ons landjie in die afgrond indryf. Miskien was dit om na die veelrassige 7de Laan te kyk, of net miskien was dit om ons volk se gunsteling getransformeerde sport, rugby, te kyk. Ja, die sport waar die minister van sport, (daai GROOT man), die spanne wil kies! Ek wonder nog so by myself waarom Sumo stoei nog nie deur die minister ingebring is nie?

Wel meneer, op die televisie gisteraand, verskyn u vol bravade en met ‘n houding wat skrik vir niks, en u vertel ons hardwerkende, opbouende volk, dat as ons nie ophou om die werkers van ons grond aftesit nie, u ons grond gaan ONTEIEN! Nou meneer, wat maak ons dan met die wat op ons plase bly, ons besteel, nie wil werk nie, alles verniet wil kry, gratis huise wil hê, en dan nog boonop arrogant is? (klink vir my baie soos die parlament..).

 
Ons moet hulle afsit! U vertel mos ook saam met u broers in die parlement dat ons moet SAAMWERK om die land optebou. SaamWERK! WERK is die klem op die woord. Nie SAAM nie meneer! Dit laat my egter besef hoekom soveel boere deesdae volkseie (my volk, nie joune nie..) arbeid gebruik. Dit maak dit soveel makliker om iemand weg te jaag as hy nie WERK nie. (Sonder opmerkings en dreigemente van hooggeplaastes soos u).

Nou daag ek u uit meneer die adjunk. Kom sê daardie selfde woorde wat u daar in u ou beskermde kringetjie kwytraak, ja kom sê dit hier op ‘n plattelandse dorpie soos Cullinan. Beweeg uit u gemaksone en kom kom vertel my volk hier in die gemeenskapsaal dat ons die uitsettings moet stop of U VAT ONS GROND! Dit is maklik om dit daar in die parlement te uiter. Ja dit is maklik want almal om u is geen boere nie. Almal ry blink gepoetse karre en verdien duisende.

 
Ek daag u meneer… kom sê dit vir die boeregemeenskap wat elke dag sukkel met arbeiders wat nie wil werk nie en sukkel met hulle wat net wil bly. Ja meneer, hulle sukkel om te oorleef as gevolg van hoë pertolpryse, hoë rentekoerse ens, maar vind geen ondersteuning van die regering nie. Meneer, hulle sukkel met die ding genaamd misdaad. (U sal seker u herinner wat dit is?) Hulle moet die aande rondry en wagstaan. Hulle moet hulle huis en gesinne heel nag oppas. Hulle moet hul bure gaan help wat gereeld deur plaasmoorde geteiken word. Hulle moet geld bestee vir sekuriteitsmaatreëls. Die boere sukkel om finansieel te oorleef, ja hulle sukkel selfs om werklik liggaamlik te oorleef as gevolg van misdaad. Nou wil u hul grond ook vat?

Ja u het reg gehoor meneer. EK DAAG U UIT! Kom se dit in persoon vir die boere. Kom met daardie astrante houding en vertel die boere dat u hul grond gaan vat! U sal sekerlik ‘n paar tamaties as geskenk ontvang vir al u moeite.

Hoop ek ontmoet u in persoon daar in die Cullinan Boeregemeenskapsaal!

дитячий ковриклобановский александр дети

Suid-Afrika vs. Zimbabwe

Eers moet ek baie dankie sê vir dit wat dr. Roodt vir ons land doen. Moet u asseblief nie steur aan daardie aap van 'n Maas nie. Ek kan nie glo dat ons bome afkap en papier mors vir die snert wat hy skryf nie. Miskien moet hy waarlik iets vir die land doen en sy pen neerlê. Verskoon as ek emotioneel voorkom, maar meeste van die mense wat ek ken het die land lief, kan op geen ander plek bly nie en het redelik baie om te verloor. Ek dink ek kan sê ons is bang. Bang dinge gaan so verkeerd dat ons alles verloor.

Sondagoggend op die “History” kanaal van DSTV het hulle ‘n autobiografie van Robert Mugabe uitgesaai wat my koue rillings gegee het. Ek kon regtig nie help om die ooreenkomste tussen die pad wat Zimbabwe gestap het en die huidige pad wat Suid-Afrika volg op te merk nie.

1)    Mugabe het dieselfde beloftes gemaak in 1980 as wat Mr. Mandela gemaak het in 1994 en het selfs ’n versoeningskommitee op die been gebring om die swart mense en wit mense te versoen. Twaalfjaar later noem die wit mense dat bitter min het vir hulle verander in die nuwe Zimbabwe.

2)    Baie geld is geïnvesteer in behuising, mediese sorg, opleiding tot waar die mense van Zimbabwe seker een van Afrika se bes opgeleide nasies is. (Ek het altyd gedink ons redding lê in opleiding!). Foto's van die huise is gewys en dit sit defnitief ore aan ons HOP-huisies.

3)    Plase is opgekoop en aan swartes gegee tot die punt waar die swart mense meeste van die kos vir die binneland voorsien het. Die groot wit boere het hoofsaaklik vir uitvoer voorsien.

4)    Tog het al die investering die mense van Zimbabwe nie tevrede gelaat nie, want daar was nog steeds wit mense wat meer as hulle gehad het.

5)    Grootskaalse korrupsie het aan die lig gekom vanaf 1993, so dat Britanje hulle finansiële ondersteuning aan Zimbabwe onttrek het.

6)    Opstande het begin en die MDC het die lig gesien as Mugabe se teenstanders. Die MDC was ’n werkersunie in Zimbabwe.

7)    Al hoe Mugabe sy posisie kon behou was om die wit boere se grond vir die swartes te belowe.

8)    Mugabe se regering is na die hoogste hof geneem en die praktyk was onwettig bevind. Dit het niks verander nie en die mense moes vlug vir hulle lewens.

9)    Aan die einde bevind ’n dame van die Friends of Zimbabwe beweging die volgende: Nee Mugabe se dade was nie regverdig nie, die ekonomie is geskroef maar die mense het uiteindelik hulle land terug!

Ek voel ons is omtrent by punt nommer 4 met opstande ook vanoggend op die M2 naby Kaapstad oor dienslewering ens. Punt nommer 5 begin ook deurskemer met korrupsie wat om elke hoek en draai sy kop uitsteek. Met die feit dat Mnr. Mbeki Mugabe en sy doen en late so ondersteun,  en ook die feit dat die ANC redelik steun verloor oor die Manto sage en die bewegings van Cosatu (’n werkersunie), dan is ons ook 13 jaar in pylvlak af, kan ek nie van die ONS IS NOU DAAR gevoel weg kom nie. Gaan Mr. Mbeki sy rug op ons wittes draai om sy swart steun terug te kry. Indien wel, wat gaan ons maak. Om hom hof toe te neem, gaan omtrent soveel impak he as wat dit vir die wit mense van Zimbabwe gehad het.

Lees ek te veel in die?

free bets no deposit required casinoАлександр Фильчаков прокурор

Tim du Plessis en Heilige Koeie

Tim du Plessis sê op RSG se Praatsaam dat iemand hom so 5 maande gelede getelefoneer het en inligting aangebied het wat ooreenstem met die Sunday Times se storie oor Msimang se hospitaal manewales. Hy deel toe die informant mee dat hy wat Tim is, nie belangstel nie en bowendien betaal Rapport nie bronne vir hul inligting nie.

Waarom sou Rapport nie in so 'n storie wat ooglopend in die openbare belang is, belangstel nie? Omdat die bron op vergoeding vir sy storie aandring? Of wil Rapport nie gevaar loop om aanstoot te gee aan die ANC nie en veral die Prez nie?

Koerante en wie ookal het deur die eeue heen maar die hand in die sak gesteek vir 'n nuuswaardige storie. Trouens, daar sou bloedweinig nuuswaardige gebeurtenisse en vergrype deur veral die politici op die lappe gekom het, indien die media nie deurlopend van sogenaamde tjekboek joernalistiek gebruik gemaak het nie. Harde kontant is ook nie die enigste betaalmiddel wat gebruik word nie, daar is talle ander metodes wat deur koerante in die wêreld buite Rapport s'n, met groot sukses gebruik word.

Kom ons aanvaar Tim se storie dat hy nie vir sulke inligting betaal nie. Wat het dan van 'n goeie nuusman se natuurlike instinkte geword? Om 'n 'scoop' te plaas. Ene wat bowendien die waarheid is en nie uit die duim gesuig word nie. Dit is mos duidelik dat die inligting minstens die potensiaal het om van groot openbare belang te wees. Dis 'n lekker storie. Iets wat koerante kan verkoop!

Raait, maar Tim wil nie betaal nie. Sal 'n joernalis wat sy naam werd is, nie in ieder geval voortgaan om die storie te gaan navors nie? Jy het minstens 'n goeie leidraad gekry. 'n Minister wat na bewering sulke vreemde dinge aanvang, in 'n hospitaal nogal, moet mos 'n interessante storie wees! Daar is tog seker heelwat van die hospitaal personeel wat van die manewales weet. Van dokters tot skoonmakers. Soiets kan mos onmoontlik geheim bly. Letterlik tientalle bronne van informasie wat bekom kan word sonder dat jy van 'gesteelde' dokumente hoef gebruik te maak!

Tim en sy koerant sê klaarblyklik toe ook nee vir hierdie moontlikheid en ook sommer koebaai vir 'n lekker storie wat in die openbare belang mag wees, maar ongelukkig nie in Rapport se belang is nie.

Gelukkig is daar nog koerante en redakteurs wat in die tradisie van die koerantwese, bereid is om die heilige koeie wat hulle wangedra, aan te vat! Selfs al weet jy voor jou siel dat jy jou gewildheid by die ANC en die Prez gaan inboet.

Maar ten minste het jy jou geloofwaardigheid en die respek van jou lesers behou. Soos die Sunday Times gedoen het. Dankie vader dat daar nog sulke koerante en redakteurs is!

медицинская справка форма 086 у купитьОлександр Фільчаков прокурор

Rugby en nasionalisme

Wat my die meeste opgeval het van die openingswedstryd van die wêreldbeker 2007 (buiten die lawwe openingseremonie), is die verskil in nasietrots tussen die Argentyne en die Franse. Terwyl die Argentynse volkslied speel, was die Argentyne, sowel spelers as ondersteuners, in trane, hande op die harte, werklik 'n emosionele oomblik. Die Franse, daarenteen, het bloot onemosioneel saamgesing. Franse ondersteuners het eerder vir die kameras gewaai wanneer hulle hulself op die groot skerm sien.

Vanuit 'n tegniese rugby-perspektief was dit Dawid teen Goliat. Niemand het Agentenië 'n kans gegee om te wen nie, veral nie op Franse turf nie. Tog het Argentenië met 17-12 geseëvier in 'n rillerwedstryd. Selfs in 'n fisieke sport soos rugby, oorwin die hart soms brute krag.

Ek kon nie help om die situasie te vergelyk met 'n ander Dawid, die Afrikaner, nie, wat met sy tenger lyf staan teenoor die groot Goliat. Gelukkig kon ons vandag sien: die hart oorwin soms brute krag. En ons het baie hart! Ons het immers 'n deel van 'n wilde kontinent getem. Getalle en brute krag wen nie altyd nie. Jy beveg dit met hart!

фальш камин своими руками из гипсокартонаДанильченко Харьков

Soweto se naam moet verander

Ek wil baie graag sien dat 'n naamsverandering vir Soweto aangeroer word. Sover ek kan onthou, staan dit vir "South Western Townships" en tog blêr geen skaap iets hieroor nie?

 


Hoekom moet net Afrikaanse name verander? As 'n Suid Afrikaner, vind ek die verwysing na Township baie beledigend en ek wil graag hê Soweto se naam moet verander word na FW De Klerk City toe.

дитяч ігриАлександр Фильчаков

Afrikaners s? nee vir Pretoria, ja vir Tshwane

Afrikaners wil nie 'n Pretoria hê nie, want as hulle wou sou dit 'n blanke Afrikanerstad wees. Laas toe ek deur die middestad gery het, het dit my opgeval hoe onvanpas die Boer op sy perd in die pikswart middestad is. Dit het my ook opgeval hoe die Pretoriamiddestad straks ooreenkom met die oorblyfsels van die eens blanke Harare of Dar-es-salaam wat bloot herinner aan 'n tyd toe dinge anders was.

Die geskiedenis is geskryf in 1994 en ja, die meerderheid Afrikaners en blankes in die algemeen, het die droom geglo. Ek onthou nog hoe ek 'n alleenstem was in my finalejaarklas op Tuks. Ek onthou nog hoe ek met my plantkundeprof geargumenteer het. Dit het min of meer gegaan oor "jou pêrels vir die swyne gooi", ens. Die demokrasie werk mos maar so: die meerderheid se wil geld. Deur nou vir FW van verraad te beskuldig, is maar net suur druiwe. Ek het geweet die monster wat geskep is, gaan ons geskiedenis en baie van ons mense self verslind. My vraag is, hoekom het jy nie?

Wat beteken die naam Pretoria sonder sy oorspronklike inhoud? Die inhoud wat Afrikanertrots versinnebeeld het. 'n Boer op sy perd in die middestad omring deur 'n woelige Afrikaanse gemeenskap – die stadsaal, Transvaalse museum, 'n geskiedkundige Pretoriastasie met besonderse argitektuur, banke op elke hoek met Afrikaanse toonbankpersoneel, die reserwebank, die hoogs gesofistikeerde staatsteater waar opera en klassiekemusiekuitvoerings in deftige bekleding ondersteun  is, 'n wakende Uniegebou met 'n oorheersend Afrikaanse parlement, die AJO (Afrikaanse Jeugorganisasie)  met sy Anton Van Wouw-beelde by sy ingange om hulpbehoewende en jong Afrikaners in die algemeen, 'n tuiste in die stad te gee, die yslike groot NG Kerk-moedergemeente wat nog jongmense kon trek, Melrose-huis wat half vergete daar in die middestad soos 'n doemprofeet vir die Afrikaner tot herhinnering roep en dan die Heldeakker wat eens 'n plek van helde was, maar wat nou gestroop word van alles wat waardevol is en kort-kort aan die lot van hekse en ander vandale oorgelaat word.

Kortom, Pretoria het sy siel verloor; net die skelet bly oor. Daardie skelet het 'n nuwe naam – Tshwane. Selfs die juweel van Afrikaanse universiteite, Tuks – daar waar die ossewa in die glaskas onder die biblioteek ons aan ons wortels herinner het – het die ossewa stilweg verwyder om die skelet  Tshwane tot diens te wees. Soos die nuwe vlag by die Uniegebou hoort, so hoort die nuwe naam by die nuwe Pretoria.

Word wakker, kyk om julle. Pretoria ís Tshwane. Trouens, ek dink dis taamlik arrogant van 'n klein minderheidsgroepie om hulle wil op 'n oorweldigende meerderheid te wil afdwing. Wanneer laas het julle daar in die ooste van Pretoria  gaan besoek aflê in Mabopane, Shoshanguwe, Eersterus en Garankuwa.  Ek dink dis tydmors om vir 'n leë dop te probeer stry. Ek stel nie belang in die naam sonder sy inhoud nie. Soos 'n Springbokspan sonder Afrikaners, sonder 'n vlag, sonder 'n volkslied, sonder sy siel…

Dus vra jy my, sou ek sê Pretoria is klaar Tshwane, maar vra jy my of mens 'n keel moet opsit dan sou ek wou aanhaal: "Soet is die stryd van die stryder". Ek geniet dit om die vyand te treiter, want dit hou ons strydgees wakker. Die verset gaan dus oor die stryd self en nie oor die skelet van Pretoria  nie.

Die belangrikste vir my, vir die Afrikaner, is sy gees. As ons ons gees kan lewendig hou, kan ons weer voor begin, hier of elders of self later weer die name herstel – wie weet…?

костюмы для мальчиков в детский сад купитьtopcargo отзыв

Mugabe se Chinese kaart

‘n Vriend van Zimbabwe by name James Deale,  wat daar boer en van wie Mugabe twee plase gevat het sonder dat hy enige vergoeding ontvang het, deel my die volgende mee:

1.       Hy het van ‘n vriend verneem dat ‘n swart “boer” (wat ‘n staatsamptenaar is en in Harare bly en ‘n plaas gekry het by Mugabe)‘n splinternuwe trekker persent gekry het. Hy het na die swarte se plaas gery en die groen nuwe trekker daar sien staan. Op navraag is hy meegedeel dat die trekker van China afkomstig is.

    

2. ‘n Vriend het James meegedeel dat daar 200 soortgelyke trekkers in Harare in ‘n stoor staan, ook van China afkomstig.   James se mening is dat Mugabe kort voor die verkiesing die trekkers aan “Chiefs” in die stamgebiede gaan oorhandig met die doel dat sy onderdane sal sê: “Sien dit is wat Mugabe vir ons doen” en hulle kruisies op die regte plek trek.   Ek is van mening dat hy reg is maar dat Mugabe ook intimidasie sal gebruik om die verkiesing te wen, want die verkiesing gaan hy beslis wen, volgens James.    

3.       ‘n Kennis van James wat  voorsitter van die CFU (Commercial Farmers Union) van Zimbabwe is deur die IMF en die Wêreldbank (WB) na ‘n vergadering in Zimbabwe genooi waar hulle raad gevra het hoe Zimbabwe herstel kon word. Sekere voorstelle is gemaak en die IMF en Wêreldbank het dit aanvaar.   James se mening is dat Mugabe hom aan die voorstelle gaan afvee. Die een rede is dat dit die boere gaan bevoordeel en die ander is dat hy nie verleë is oor een van die twee instansies nie, omrede hy hom na China gaan wend. In laasgenoemde verband het hy het nie verniet by geleentheid gesê: “We must look to the East” nie.

My persoonlike ondervinding in Mosambiek, Malawi en Zambië is dat daar ’n opsigtelike Chinese teenwoordigheid is. Oral is vragmotors te siene met Chinese advertensies (in Chinees) op geverf.   In Zambië was hulle van plan om 75 000 bome (hardekool, mopane en ‘n ander mooi inheemse boom wat ek nie ken nie) in die Luangwavallei op te saag en uit te voer. ‘n Engelse bosbouer het dit egter gekeer. Dit net ter illustrasie van Chinese teenwoordigheid ook in die drie lande. In Suid-Afrika is Chinese winkels op menige klein dorpies te sien.  Verder is China  tans die grootste kopers van Suid-Afrikaanse wol volgens die landbou rubriek  “landboukorrels” op Radio Pretoria.

China is stil-stil besig met geweldige ekonomiese ekspansionisme wat kan uitloop op die ekonomiese “kolonisering” van Afrika.   As bogenoemde in aanmerking geneem word, is ek en my vriend James dit eens dat Mugabe die Weste in sy peetjie gaan stuur en hom tot China gaan wend. By die SAOG-beraad in Lusaka is Mugabe toegejuig en het hy en Mbeki hand om die blaas gestaan. Mbeki het ‘n positiewe verslag oor die vordering van sy versoeningsinisiatiewe in Zimbabwe gelewer. Hou in gedagte dat Mugabe Mbeki se leermeester was, na wat ek verneem. My mening is dat Mbeki presies dieselfde gaan doen, hy gaan net soos Mugabe die Chinese (of Oosterse) kaart speel en die Westerse lande in hul peetjie stuur en dan ‘n “Mugabe” op ons trek.

Aan die ander kant, indien die poging (hierbo genoem) van die  IMF en die WB om Zimbabwe onder die ekonomiese invloedsfeer van Big Brother (VSA en sy bondgenote) in te trek misluk, sal Big Brother, indien Suider-Afrika van strategiese belang vir hulle is, in hul strewe na wêreldoorheersing (op bevel van hul base), tot optrede in Zimbabwe  gedwing word.  Dit sal dus nie verbaas as Big Brother skielik ‘n belangstelling in die skending van menseregte in Zimbabwe openbaar en ‘n “Irak” op Mugabe trek nie.

запчасти для насосных станцийАлександр Фильчаков