Verraad kan bv. insluit die vlootoffisier wat al ons vlootgeheime aan die Russe verskaf het, of dit kan ook insluit die groot plan van Neil Barnard wat gefaal het a.g.v. een mistasting. Die vraag is wie van hulle het verraad teen die Afrikaner gepleeg? Wel, nie een van die twee nie want mens moet sekerlik toelaat dat die Afrikanerbewussyn kan groei met kennis.
Miskien was Johan Heyns die grootste verraaier omdat hy in die binnekringe was, en toe ten spyte van die Nederlandse blootstelling soos Herzog voor hom, die teenoorgestelde strategie gehad het en heel op sy eie, teen die groep begin werk het met oortuiginge wat nie Afrikaans van aard was nie.
As Herzog en Smuts nie gekorrupteer was nie, hoe het Heyns dit geword? Die antwoord kan slegs lê in 'n intrinsieke swakheid wat altyd verbind word met lafaards en verraaiers om soos Judas geld te vat maar steeds te bly in die "groep" sonder om gewetenswroeginge daaroor te hê en dan ook sonder 'n groot plan.
As ek hy was sou ek waarskynlik uit die Kerk bedank het en my gewetensbesware bekend gemaak het, maar nee, hy het soos 'n gifappel ons vergiftig sodat ons op die pad van verlorenheid bly beweeg sonder om dit bekend te maak. Hy het dus eintlik twee keer verraad gepleeg, eerstens deur nie sy intensies bekend te maak nie en tweedens om ons aan te moedig op die verkeerde pad.
Dis soos om 'n soldaat te word terwyl jy 'n gewetensbeswaar het i.p.v. om landuit te vlug. As jy dan 'n soldaat word, sal jy waarskynlik uiteindelik die dood van jou eie mense veroorsaak terwyl as jy nie aansluit nie en landuit vlug versterk jy eintlik die weermag.
Johan Heyns het willens en wetens tot die dood van sy eie mense bygedra terwyl hy betaal was om na ons siele om te sien.
