Rugby en nasionalisme

Wat my die meeste opgeval het van die openingswedstryd van die wêreldbeker 2007 (buiten die lawwe openingseremonie), is die verskil in nasietrots tussen die Argentyne en die Franse. Terwyl die Argentynse volkslied speel, was die Argentyne, sowel spelers as ondersteuners, in trane, hande op die harte, werklik 'n emosionele oomblik. Die Franse, daarenteen, het bloot onemosioneel saamgesing. Franse ondersteuners het eerder vir die kameras gewaai wanneer hulle hulself op die groot skerm sien.

Vanuit 'n tegniese rugby-perspektief was dit Dawid teen Goliat. Niemand het Agentenië 'n kans gegee om te wen nie, veral nie op Franse turf nie. Tog het Argentenië met 17-12 geseëvier in 'n rillerwedstryd. Selfs in 'n fisieke sport soos rugby, oorwin die hart soms brute krag.

Ek kon nie help om die situasie te vergelyk met 'n ander Dawid, die Afrikaner, nie, wat met sy tenger lyf staan teenoor die groot Goliat. Gelukkig kon ons vandag sien: die hart oorwin soms brute krag. En ons het baie hart! Ons het immers 'n deel van 'n wilde kontinent getem. Getalle en brute krag wen nie altyd nie. Jy beveg dit met hart!

фальш камин своими руками из гипсокартонаДанильченко Харьков