Rig briewe aan: briewe@praag.co.za.
Sedert die dae van Jan Smuts wat meer tee gedrink het by die Koningin van Engeland as haar eie man het onse Thabo sy voete onder menige tafel ingedruk. Ek is bevrees dat dit nie genoeg onder sekere Suid-Afrikaanse burgers s'n was nie. Sy ewige soeke na vrede in Afrikalande is verbysterend. Dít, terwyl die vure van 'n burgeroorlog in ons eie land lustig brand. In watter land word meer burgers deur hulle eie vermink en vermoor as juis hier? Dan is daar Mbeki se hantering van die wapenskandaal waarvan die stof maar steeds nie wil gaan lê nie. Hoop hy om dit aan die volgende president en sy kabinet oor te laat? Dan praat ons nie van die koue aanslag van VIGS wat hy in 'n oomblik van onkunde, of dalk oorgretigheid, totaal ontken het tot vermaak van talle en afsku van menseregteaktiviste dwarsoor die wydte van hierdie planeet nie. Sy inmenging in die Mantokwessie het die tipe van modder op die gesig gelaat wat nog lank daar gaan wees en tot menige bespreking gaan lei. Die mees onlangse inmenging wat tot die ontslag van Pikoli gelei het, spreek van self. Laat mens wonder hoe baie blapse kan een mens maak voordat hy struikel. Waar staan hy werklik ten opsigte van die Selebikwessie en alles rondom hierdie duistere saak?
Welkom in die NSA, Vlad. Ek het nou al drie briewe geskryf op PRAAG in dieselfde trant oor die afgelope jaar of so. Ek probeer om mense te laat insien dat Afrikaners regtig nie meer enige bedingingsmag oor het nie. Ons kennishefboom is eenvoudig nie genoeg om die politieke kragte teë te werk nie. Afrikaners maak bohaai oor Afrikaans op die SABC, kla oor pleknaamverandering, kla oor regstellende aksie en diskriminasie, kla oor skole en universiteite wat verengels. Dis te laat. Ons het ons kanse verbrou. Ons is irrelevant. Dis een minnuut oor twaalf. Die demografie het ons ingesluk.
Hoe hanteer ons die werklikheid? Die eerste belangrike stap is om ons situasie te begryp. Eers as die diagnose gemaak is, kan ons die kwaal dokter. Die meeste Afrikaners steek hulle koppe in die sand en glo op een of ander manier sal dinge regkom. Hier op PRAAG word daar gepraat van woonbuurtes en elektroniese verkiesings, van protesoptogte en boikotte en hoe om die swart gemeenskappe te manipuleer om nog steeds hulle arbeid te benut terwyl ons 'n streek rondom Pretoria beding vir onsself. Dis natuurlik alles bog. Dit dui op 'n grootheidswaan. Die beste wat dit tot gevolg kan hê, is tydelike beveiliging in woonbuurtes. Ons kan die opmars van swart Afrika nie meer keer nie. Dis nou ná twaalf.
Die tweede stap is om na ons opsies te kyk. Emigrasie gaan ons nageslag uitwis en is dus net 'n individuele oorlewingstrategie. Daar is eenvoudig net een oplossing. Ons moet 'n Heimat ontwikkel. Daar is net een so 'n plek op dié stadium en dit is Orania. Ek was nooit 'n voorstander van die Orania-opsie nie, want die woestyn en gevolglike afstande het dit ekonomies geknou. Tog as jy besef dat ons werklik niks meer het nie en aanvaar dat ons rondom Pretoria en die Oos-Transvaalgebied niks meer kan vermag nie, dan begin jy besef dat die woestyn en die gepaardgaande afstande ons vriend is en nie ons vyand nie. Die demografiese monster wat ons volk verslind het, gaan ons nie in die woestyn in volg op die kort duur nie. Dit gee ons genoeg tyd om ons Heimat te vestig om dan die demografie aan te spreek waneer dit nodig sal wees. En ek vermoed soos 'n volkstaat gedy, gaan die monster al nader beweeg.
Dis belangrik om te begryp dat soos vir Israel, al die Afrikaners nie noodwendig binne in die Heimat geografies gebonde hoef te wees nie. Die wêreld is nou ons speelplek. Ons Heimat is ons oorlewingsmeganisme.
Daar is geen ander opsie nie. As daar is, laat weet my asseblief.
Lees ook: Christi van der Westhuizen se Azaniese nihilisme deur Anton Barnard.
Die halfgebakte skryfster, Christi van der Westhuizen, se stuk Jy kan Afrikaners uit apartheid haal…maar kan jy apartheid uit Afrikaners haal? is niks minder as haatspraak teen 'n minderheidsgroep nie.
Ek het 'n wrang smaak in my mond gekry toe ek hierdie stuk lees. Nooit in my lewe het ek ooit so van 'n ander gepraat nie; dit is teen my beginsels, die einste beginsels wat sy dan ook nou aanvat en verdraai om by haar sensasie in te pas. Ek is voorwaar geskok dat sulke haatspraak in die moderne pers geduld word siende dat daar reeds so baie spanning tussen verskillende groepe in ons land is.
Dit is moeilik genoeg om vrede te handhaaf sonder dat haatsprekers soos Christi van der Westhuizen ook nog moet kom onlus verwek net sodat julle 'n paar ekstra koerante kan verkoop. Ek verwag nie van haar om afgedank te word nie; inteendeel, sy moet aanhou skryf, maar ek verwag feite om haar subjektiewe kommentaar te staaf. Deon Maas was 'n goedkoop sensasiesoeker en Christi van der Westhuizen blyk dan ook nou dieselfde te wees. Wat het geword van joernaliste met murg in hul pype? Het hulle hul siel verkoop om aan een of ander duistere meester onderdanig te wees? Ek sê u dan nou, enige geweld of haatspraak wat teen my en my mense gerig word as gevolg van wat sy hier gesê het, hetsy direk of indirek, sal ek aan haar toedig en eis dat sy verantwoording doen hiervoor. Dit is hoog tyd dat die pers weer 'n instelling word waarna mens kan opkyk.
Hierdie vrou beskuldig my persoonlik van haatspraak en verkrampte sieninge, maar sy maak haarself skuldig aan hierdie einste sondes. Soos Christus gesê het: "Haal eers die balk uit jou eie oog" en "Laat hy wat nie sonde het nie, die eerste steen werp".
Ek verwys na Leopold Scholtz se gebrekkinge hantering van die vergelyking tussen Israel en die RSA meer spesifiek die Afrikaner.
Die Jode het volgens die Bybel meer as een keer hul tuisland verloor agv geestelike afvalligheid maar meer spesifiek hul eie Fariseërleierskap – ongeregtigheid ontrouheid en onbarmhartigheid. Onbeskryflike vervolging van die Jode in die diaspora is welbekend.
Daarteenoor egter put die Palestyne en die ganse Islam volgens die segsman van Hamas op die BBC alle motivering om voluit te gaan vir die wêreld-erkende, oop veelpartydemokrasie soos in die nuwe reënboog-SA.
Net soos wat die Amerikaners in Irak probeer doen.
Met dieselfde gevolg, naamlik skrikwekkende geweld en wetteloosheid.
Israel se les vir die Afrikaner behoort duidelik te wees – eers 'n geestelike tuiste en daarna om 'n fisieke tuiste moontlik te maak.
Maar die groot vraag is of daar beter veiligheid in die diaspora van ’n reënboognasie te vinde is.
Tim du Plessis het vir Deon Maas die trekpas gegee nav sy omstrede "rubriek" oor Satanisme. In laasgenoemde verband vlei ek die snert wat Maas soos gewoonlik kwytgeraak het met die term rubriek. Goedkoop sensasiesoekery wat deur ‘n skooldogtertjie uitgedink kon wees, sou ‘n veel beter beskrywing wees van dit wat hy geskryf het.
Ongelukkig is bostaande besluit om die verkeerde redes geneem, naamlik omdat Du Plessis bang was vir die inkomste wat hy kon verloor agv die boikot waarmee Rapport gedreig is.
Die regte rede sou gewees het omdat Maas nooit daar moes gewees het nie. Hy is ‘n onbenullige dog verwaande klein ploert met hoegenaamd niks om te sê nie, ‘n persoon sonder enige opsigtelike talent. Sy skrywes skiet op bykans alle terreine tekort: ingeligtheid, pittigheid, insig en intelligensie.
Die ware skandaal is nie dat Maas goedkoop sensasie gesoek het met ‘n deursigtige poging om Christene te provokeer nie. Dit is eerder dat Naspers sy eie lesers so erg onderskat en minag deur Maas se soort op hulle los te laat.
Terwyl Du Plessis klaarblyklik op die oorlogspad is en besig is om van die dooie hout in sy publikasie ontslae te raak, stel ek voor hy lê die byl in met die ander onderpresteerders wie se gegriffel ons Sondag op Sondag verveel. Begin gerus met Heinrich Wyngaard, Jacob Rooi en die ander regstellende-aksie-aanstellings.
Sou Afrikaners kon beding op grond van 'n ander magsbasis as dit dan nie demografie kan wees nie? Ek hoor soms die argument van Afrikanerkapitaal en -koopkrag. Die swart diamante het hierdie gegewe ook nou omgekeer en groot besigheid spits hulle nou toe op die nuwe geld. Wat van ons kennis? Dis wel goed genoeg vir individue om 'n lewe in die NSA uit te kap, maar dit geld ook net vir die ouerwordende geslagte Afrikaners.
Die werklikheid moet insink sodat Afrikaners werklik hulle posisie kan begryp. Ons kan soos die Rhodesiërs in Zimbabwiërs verander, en net as individue en families leef, of ons moet voor begin, elders. Op dié stadium lyk Orania vir my na die enigste beginpunt. Dis klein en realisties en pas by ons nuwe status as 'n klein minderheid in swart Suid-Afrika. As Afrikaners dan regtig so vindingryk is, sal hulle dit kan laat werk, maar dié keer op hulle eie terme.
Die Springbokke sou glo ‘n "gulde geleentheid vir nasiebou" misgeloop het deur nie deur Soweto te ry nie. Visioene is geskep van 99.8% van Soweto se bevolking, selfs oues van dae en diegene op krukke, wat die paaie sou bestrooi met palmtakke in hul ongelooflike entoesiasme om hul helde te sien.
Die SAUK berig egter vanoggend dat die optog deur Soweto kwalik enige belangstelling ontlok het. Die bus het dit nie eens nodig gevind om stil te hou nie, en is stilletjies, indien nie druipstert nie, na Houghton. Daar was volgens die SAUK glo slegs "enkele" belangstellendes. In Houghton het die Springbokke met walglike politieke korrektheid dit nodig gevind om ‘n "Black Power" saluut – ‘n gebalde vuis – saam met ‘n kens ou terroris te gee.
Die Engelse media wat so te velde getrek het teen die besluit om die optog af te las, het Maandag geen woord gerep oor die totale mislukking wat die optog in Soweto was nie. Hieroor hoef ons nie verbaas te wees nie, gegewe dat die gewaande swart entoesiasme vir rugby en warm gevoelens van sogenaamde nasionale samehorigheid, blote verbeeldingsvlugte van propagandasaaiende, Engelse joernaliste is.
Ek is nou wel nie ʼn filosoof nie, en my geloof sowel as die uitlewing van my kultuur en taal dalk nie wat dit behoort te wees nie. En tog is ek ook ʼn voorstander van die Afrikaner-kort-’n-Israel-gedagte. Die enigste rasionele rede wat ek hiervoor kan gee, is dat ek dit bloot geniet om saam met my eie mense te wees, hetsy sosiaal hetsy in ʼn werkopset; dit is natuurlik. Soos wat die Nuwe Suid-Afrika oor die volgende tien jaar verafrikaniseer gaan word en die ANC homself gaan ontbloot as net nog ʼn korrupte, swak Afrikaregering gaan die vraag wat in die komende paar jaar al hoe meer gevra gaan word nie wees, óf nie, maar hóé en wáár moet die “Israel” dan gestig word?
Sedert die dood van Dr HF Verwoerd het die Afrikaner nog nie werklik weer probeer om langtermynpolitiek aan te pak nie, Die meeste van die staat se rigting- en ideologiese veranderings was aan die hand van praktiese oorwegings en die werklikhede wat ons “nóú” in die gesig staar. Nie dat ek glo ons nie daartoe in staat is nie; dis net ʼn geval van samehorigheid wat ons nie kan bewerkstellig nie, en om dit te verkry moet mens eers ʼn werkbare plan hê.
As u my die geleentheid sal gee, wil ek bloot die elemente noem wat nodig is; die meeste hiervan ken u reeds – en daarvan is ek seker – hulle is al tot vervelens toe opgenoem, besing en bespot. In die eerste plek ʼn grondgebied waarin die Afrikaner die onweerlegbare meerderheid is en daar's hy! As dit maar so maklik was! Die probleem is natuurlik arbeid. Ons kan baie lank hieroor redekawel maar as die Afrikaner in so ʼn “Israel” nie sy eie arbeid kan verrig nie, gaan en sal dit nie werk nie. Die rede hiervoor is: jy gaan weereens met ʼn ideologie sit wat jy nie kan verdedig nie. Die ander lande wat wel van “nie-burgerarbeid” gebruik maak, word nou nie soos die bose ou Apartheid verdoem nie maar op die ou end koop hulle tog vir hulself ʼn Trojaanse perd. Of hoe meer suksesvol jy is, hoe groter bou daai digbewoonde volksvreemde buurtes reg om jou op; jy gee hom werk later begin hy sy eie besighede en skep werksgeleenthede vir net nog meer en dan as jy deur ʼn resessie gaan, kom die gevolge, ʼn inploffing van alles wat jy opgebou het. As ons more ʼn onafhanklike Afrikanervolkstaat uitroep en ʼn honderdduisend Afrikaners kom daarheen sal hulle net ʼn week later werksgeleenthede wil skep vir vyfhonderdduisend volksvreemdes.
Die winde van politieke verandering begin tans in Wes-Europa waai en ons huidige toestand moet vir hulle ʼn aanduiding wees van wat immigrasie oor die lang termyn ʼn volk kan aandoen. Die Afrikaner was nooit die enigste volk in die ou Transvaal en Vrystaatse republieke nie maar ons was ongetwyfeld teen die uitbreek van die Angelo-Boereoorlog die meerderheid in daardie republieke. In dié lig gesien, was ons as’t ware nie regs nie maar seker die mees progressiewe liberale volk ooit al het dit diskriminasie teen immigrante beteken.
So baie webblaaie en Afrikanerorganisasies probeer tans ʼn oplossing vir die Afrikaner en sy huidige lot bedink. As ons weer langtermynpolitiek as ʼn volk aandurf, asseblief, kom ons doen dit ordentlik en deursigtig. Ons hoef dit nie eens in ʼn enkele generasie af te handel nie. Vandag bly maar ʼn derde van alle Jode in die staat Israel; die ander dink die klimaat is te rof en die bure te onbeskof. ʼn Volk moet hom vestig waar dit eerstens moontlik is en tweedens moet hy dit dan ekonomies vir homself lewensvatbaar kan maak. Dit is in hierdie lig wat die meeste se planne platval en van alle organisasies is daar slegs een wat dit presies reg het: die Oraniabeweging.
Alle Afrikanersakemanne is dit eens as dit by die volkstaatgedagte kom: “die Afrikaner het net te veel belange in die res van die land”. Dit is dan hier waar ek gewoonlik begin verduidelik dat hulle die hele ding misverstaan. Ek wil nie hê hulle moet soontoe trek nie; ek wil hê hulle moet sterf! Stilte volg gewoonlik op dié standpunt maar dan luister hulle ten minste beter. Dit is nie vir jou nie, dit is ook nie werklik vir my nie, dit is om Afrikaners drie/vier generasies in die pad af ʼn kans te gee, om hulle te los met probleme waarvan ek net kan droom. Ek verwag van niemand om te trek wat nie wil trek nie; wat ek wel verwag is dat ons begin saamspan om werksgeleenthede en industrie te help skep vir dié wat wel wil gaan, en moenie ʼn fout maak nie: daar is baie. Die mees afskuwelike ding wat my pla is natuurlik dat dit die liberale Afrikaners is wat so negatief teenoor die gedagte is en nie swart Afrika nie. Dit is die liberale Afrikaner wat iemand wat daarheen trek radikaal noem; tog word iemand wat land-uit trek nie radikaal genoem nie. Hulle is dan verbaas as ʼn miljoen blankes binne tien jaar die land verlaat het, draai na hul “swart imperiale meesters” toe en dié verduidelik eenvoudig dat hulle net rassiste was. Die ergste van alles is dat party regses hulle veroordeel wanneer dit ongetwyfeld die enigste uitweg is.
Ek sal eerder deel wil wees van ʼn volk wat hardnekkig vir hom ʼn bestaan in die dorre Karoo uitkerf met sy eie arbeid as deel van ʼn volk wat vir sy eie waansin en luiheid betaal deur uit te sterf weens emigrasie of integrasie. Arbeid is en bly die sentrale punt by die skepping van ʼn volkstaat. Vir dié wat dink dat die skepping van so ʼn volkstaat tot geweld sal lei, kan ek net sê: As daar geweld gaan wees – waarvan ek natuurlik glad nie ʼn voorstander is nie – en as dit van die ander kant af kom, kan dit nie vermy word nie. Indien ons nie as ’n massa in ʼn volkstaat woon nie, sien ek nie ʼn oorwinning nie. Daar moet in gedagte gehou word dat die regerende party die een is wat met die weermag sit, dat dit ons is wat gehate is onder die ander volke en om dit alles te kroon bykans geen politieke mag het nie. Nee in ’n geweldsituasie voorspel ek bykans ons totale uitwissing; nóg die VSA, nóg die VN gaan hardloop om ons te red nie. Die feit dat ons wel oor groot ekonomiese mag beskik, maak ons net nog ʼn aantrekliker teiken en die feit dat ons oor heelwat spesialiskennis beskik, maak die “African” naar. Wat klink tog soeter in die oor van die swartman as: dis die witman se skuld, dis apartheid se skuld?
Al was al die ander volke in die land ook blank sou ons nie kon oorleef nie; daar is nie ʼn enkele voorbeeld in die geskiedenisboeke van ʼn volk wat in diaspora sukses behaal het nie, Demografie is alles. Die swart volke in die land doen niks verkeerd nie; dis ons wat in ʼn onnatuurlike toestand leef. Daardie toestand gaan tot ʼn einde kom – op die een manier of die ander.
Motivering: In 'n koshuiskamer by die RAU, net voor die groot referendum, het Roelf Meyer ons klein groepie studente belowe dat ons nie hoef te worry nie, ons vlag sal nooit verander nie en ons sal altyd die Stem behou as ons volkslied.
Een uit twee is seker nie te sleg nie… As ons maar net geweet het wat om te vra sou ons hom sekerlik tot 'n groter leuenaar kon maak.
Ek wil graag Johan Pienaar nomineer as een van die groot Afrikanerverraaiers. Hy skryf gedurig op litnet.co.za, veral kommentaar op enige persoon wat net 'n bietjie probeer opkom vir Afrikanervryheid of -kultuur. Ek is wel bewus dat daar ʼn hele klomp sulke linkse kommentators is wat hul eie kultuur en taal haat maar hierdie is die eerste een wat ek teëkom wat Max du Preez wragtig staan en verdedig. Ek voel dat die verraaierlys uitgebrei moet word om elkeen van hierdie bliksems te noem en vir die nageslagte bewaar moet word. In Afrikastyl wil ek ook nou “demand”: ek dring daarop aan dat Johan Pienaar harakiri pleeg.
Ek hou meer van Riana se siening en wil graag byvoeg dat ons hierdie span nou moet ondersteun en waardeer! As die ANC hulle sin kry en 'n oorwegend swart span op die veld kry, is ons miskien in dieselfde liga as Japan of Namibië. (Ek dink Riana het Pierre Spies en Francios Steyn se name bietjie geskommel).
Gustav, Saterdag is dit die tweede Anglo Boere oorlog! Hierdie keer gaan ons die Kakies trap! Trek solank jou uniform aan!
As Habana sierlik oorduik vir 'n wendrie en al die persmanne dit aangryp vir voorbladmateriaal, weet ons Afrikaners mos hoekom hulle dit doen. Want Habana is nie wit nie. Geen sportskrywer sal dieselfde mooi dinge oor Fourie du Preez skryf nie. Die ding wat Venter nie begryp nie, is dat almal deur die ou slenter gesien het van die ANC. Hulle probeer nou al hoe lank om swartes en bruines se prestasies op te hemel.
Die vraag is hoekom probeer hulle so hard om dit te doen? Dis eenvoudig: Daar is so bitter min prestasies. Kyk maar om jou en al wat te siene is, is verval. Dit kan almal sien. En almal weet die wengees binne die Springbokke kom uit die harte van die Afrikaners in die span. Saterdag gaan ek met my biltong en biertjie (Tafel) voor die kassie inskuif en op my heel hardste vir daardie wonderlike Hugenote skree.