Christi van der Westhuizen pleeg haatspraak

Image

Van der Westhuizen

Lees ook: Christi van der Westhuizen se Azaniese nihilisme deur Anton Barnard. 

Die halfgebakte skryfster, Christi van der Westhuizen, se stuk Jy kan Afrikaners uit apartheid haal…maar kan jy apartheid uit Afrikaners haal? is niks minder as haatspraak teen 'n minderheidsgroep nie.

Sy vereenselwig my taal met rassisme en verkramptheid sonder om onderskeid te tref en om te besef dat elkeen uniek is. Sy stereotipeer my en elke liewe persoon wat Afrikaans liefhet, en ek hoef u seker nie te herinner aan wat ons grondwet oor stereotipering sê nie.

Ek het 'n wrang smaak in my mond gekry toe ek hierdie stuk lees. Nooit in my lewe het ek ooit so van 'n ander gepraat nie; dit is teen my beginsels, die einste beginsels wat sy dan ook nou aanvat en verdraai om by haar sensasie in te pas. Ek is voorwaar geskok dat sulke haatspraak in die moderne pers geduld word siende dat daar reeds so baie spanning tussen verskillende groepe in ons land is.

Dit is moeilik genoeg om vrede te handhaaf sonder dat haatsprekers soos Christi van der Westhuizen ook nog moet kom onlus verwek net sodat julle 'n paar ekstra koerante kan verkoop. Ek verwag nie van haar om afgedank te word nie; inteendeel, sy moet aanhou skryf, maar ek verwag feite om haar subjektiewe kommentaar te staaf. Deon Maas was 'n goedkoop sensasiesoeker en Christi van der Westhuizen blyk dan ook nou dieselfde te wees. Wat het geword van joernaliste met murg in hul pype? Het hulle hul siel verkoop om aan een of ander duistere meester onderdanig te wees? Ek sê u dan nou, enige geweld of haatspraak wat teen my en my mense gerig word as gevolg van wat sy hier gesê het, hetsy direk of indirek, sal ek aan haar toedig en eis dat sy verantwoording doen hiervoor. Dit is hoog tyd dat die pers weer 'n instelling word waarna mens kan opkyk.

Hierdie vrou beskuldig my persoonlik van haatspraak en verkrampte sieninge, maar sy maak haarself skuldig aan hierdie einste sondes. Soos Christus gesê het: "Haal eers die balk uit jou eie oog" en "Laat hy wat nie sonde het nie, die eerste steen werp".

отбеливание зубов zoom ценаданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae