Wieczorek-Zeul beskou ook die Anglikaanse Tutu as "’n simbool vir vrede en geregtigheid in die wêreld". Die Zeit het pas aan Desmond Tutu ‘n gesogte Duitse prys oorhandig, naamlik die Marion Doenhoff-Prys vir Internasionale Versoening en Begrip. Doenhoff was ‘n bekende en gerespekteerde Duitse joernalis en mede-uitgewer van Die Zeit tot en met haar dood op 92-jarige ouderdom in 2002. Tutu het die prys Sondag in ontvangs geneem.
Maandag sal hy saam met FW de Klerk in Berlyn optree wanneer ‘n yslike granietblok uit Suid-Afrika onthul sal word ter bevordering van "wêreldvrede". Die toekenning aan Tutu is des te meer eienaardig omdat die rol van die Anglikaanse Kerk in die aanstigting van terreur teen wit teikens welbekend is, uit die St. Pauluskatedraal geloods is en in detail op ANC Today behandel word.
