Illusie van Afrikaners in die NSA

Deel van die Afrikaner vandag se frustrasie is te wyte aan 'n onrealistiese verwagting in die NSA. Waaroor kla Afrikaners? Gebrek aan veiligheid is sekerlik die grootste bekommernis vir menige Afrikaner en veral plaasboere. Tog word daar uitgelig dat swart mense net soveel deurloop onder die  geweld. Die  verskil lê by die verwagtinge  onder  Afrikaners en blankes in die algemeen. Die Afrikaner onthou nog die ou Suid-Afrika waar 'n mens veilig was, ten minste buite die plakkerskampe en swart stede. Die geweld waarmee swart Suid Afrika nog altyd saamleef (so word ek vertel) het nou net oorgespoel na blank Suid-Afrika toe. Waarom sou ons dan op 'n veiliger omgewing aandring as dié in die gemiddelde swart stad? Die antwoord is omdat ons beter gewoond is en dus hoër verwagtinge koester. Is dit egter realisties in 'n NSA waar 'n Afrika-regering in al sy glorie die septer swaai? As die meerderheid tevrede is met hulle regering, wie is 'n klein minderheid dan om te kla!
Afrikaners verkeer onder 'n grootheidswaan en beoordeel hulle posisie vanuit die vorige Afrikaner-ryk waar hulle as 'n klein minderheid oor al die ander bevolkingsgroepe geregeer het. Hulle glo nog nie ten volle dat die NSA nie eintlik meer om die Afrikaner wentel nie. Die laaste Afrikanersimbool nl. Springbokrugby kom nou ook finaal onder die mes. Ek beskou die situasie simplisties soos volg: Toe ek die weermag was, was ons so ongeveer  twee en 'n half miljoen Afrikaners. Ek skat ongeveer 'n miljoen is tans in die buiteland. Uit die oorgeblewe een en 'n half miljoen skat ek so vyftig  persent rondom aftree-ouderdom en ouer. Dit laat ons met 750 000 waarvan kom ons sê vyftig persent op skool is. Dit laat ons met 375 000 waarvan tien persent op universiteit is.  Kom ons rond die syfers af. Hoe kan 40 000 Afrikanerstudente aandring op 'n eksklusiewe universiteit in Afrikaans in 'n land met miljoene ander wat Engelstalige universiteite verkies? Ek vermoed dis net 'n historiese vergryp, 'n onrealistiese verwagting. Dieselfde geld vir Afrikaanse skole. Alhoewel die getalle nie noodwendig klein is nie, is dit in verhouding met die demografiese werklikheid 'n onbenulligheid.

Sou Afrikaners kon beding op grond van 'n ander magsbasis as dit dan nie demografie kan wees nie? Ek hoor soms die argument van Afrikanerkapitaal en -koopkrag. Die swart diamante het hierdie gegewe ook nou omgekeer en groot besigheid spits hulle nou toe op die nuwe geld. Wat van ons kennis? Dis wel goed genoeg vir individue om 'n lewe in die NSA uit te kap, maar dit geld ook net vir die ouerwordende geslagte Afrikaners.

Die werklikheid moet insink sodat Afrikaners werklik hulle posisie kan begryp. Ons kan soos die Rhodesiërs in Zimbabwiërs verander,  en net as individue en families leef, of ons moet voor begin,  elders. Op dié stadium lyk Orania vir my na die enigste beginpunt. Dis klein en realisties en pas by ons nuwe status as 'n klein minderheid in swart Suid-Afrika. As Afrikaners dan regtig so vindingryk is, sal hulle dit kan laat werk, maar dié keer op hulle eie terme.

светодиодный уличныйлобановский политик