Oor die Oraniagebied

Mense staar hulle blind in die "staat" gedeelte van volkstaat. Baie van van Heerden se stellings sou in 'n mate waar gewees het indien Orania 'n onafhanklike land sou wees, maar dit is nie. En ontwikkel word as 'n etniese gebied vir Afrikaners sonder om oorweging aan staatkundige onafhanklikheid te gee. Baie lande of etniese gebiede kry hul water vanaf buurlande en as kompetisie vir water 'n probleem gaan wees gaan Afrikaners in klein "geperforeerde" buurtes 'n baie groter xenofobiese probleem, van formaat hê.

Ek kan net so hard redeneer dat, oom Piet van Pofadder tans sy blikkieskos van Kaapstad af "invoer" of dat Eddie van Ellisras
Gauteng toe moet ry as sy masjinerie breek. Ek dink nie dat enigeen militante eensydige onafhanklikheidsverklaring in gedagte het nie selfs al groei ons in die hele groter streek in. En daar is geen rede hoekom die Orania gebied nie deelnemend kan wees tot die RSA ekonomie nie. Ek sien Orania in die toekoms meer as 'n Afrikaner heimat met 'n vloeibare grens.

Met die Kleurlinge in die gebied, dit is bykans 'n onbenullige probleem as dit vergelyk met die demografiese werklikhede van die res van die land, en die ANC het ons mooi geleer hoe om transformasie en bemagtiging te gebruik sodat dit nie in 'n morele krisis ontaard waar mense te-na gekom word nie. Met die oog op 'n baie groter Orania, daar sal baie infrastruktuur ontwikkeling moet plaasvind, en ja dit gaan duur wees en tyd vat, maar alle ander gebiede is demografies so teen ons dat slegs oorlog en bloedvergieting dit moontlik sou maak.

Ek wens ek het alles geweet, maar ek kan net antwoord uit my eie ervarings en perspektiewe. Daarom wil ek na jou laaste punt toe aanbeweeg "Wat ons myns insiens moet doen—vir die volgende twintig, dertig jaar of langer—is om gemeenskap-bewus te word, om te werk aan ons beveiliging en om ekonomies sterk te word. Die gemeenskappe (selfs so klein as `n woonbuurt) sal aanvanklik, of selfs altyd "geperforeer" wees, deurdat daar ook andersdenkendes tussen ons woon. Maar dit maak nie saak nie, want deur doelbewuste verhuising kan ons meerderhede word, waar dit nog nie is nie. En ons skakel tog met mekaar oor andere heen. Dus, waar ons nou bly, in die stad of elders, moet ons met mekaar kontak maak en begin saamwerk in eie belang. Wie weet dan of groot wêreldkragte, wat buite ons beheer is, en ander faktore, dit nie eendag tog moontlik sal maak dat ons `n eie regering het. Dit mag dan ook wees dat die gemeenskappe wat gevorm het `n sinvolle basis vir optrede sal wees."

Dit is hier waar die denkfout plaasvind, in my opinie natuurlik. Ek vertaan ten volle dat meeste Afrikaners nie kans sien vir die
rewolusionêre sprong na volkseiearbeid toe nie, een van die redes is natuurlik omdat ons ekonomies te sterk is. Dit is veral ouer Afrikaners uit die ou bedeling wat obsessies het met mag het (ekonomies, militêr, polities), maar om as verstrooide volk te lewe moet ons MAG hê! Ek dink ons het in 1994 mag afgestaan vir baie generasies om te kom. Om te vra dat ons meer gemeenskapsbewus word gaan nie gebeur nie, ek het dit keer op keer waargeneem, buurtes bly nie" geperforeer" nie – NOOIT.

Partykeer het die buurt vinnig vanaf geperforeerd na gemeng dan na swart beweeg en ander kere stadig. Woonbuurt vir woonbuurt, straat na straat, jy dink jou buurt sal nooit verander nie, maar hulle is almal besig om te verander sy dit teen verskillende tempo's. Die samewerking in eie belang het reeds begin en daar is twee groepe, die wat mekaar help emigreer en die wat vriende en familie se kinders help emigreer. Hoekom weereens noem dat ons moet werk om ekonomies sterk te word as ons proporsioneel tot die res van die bevolking nog altyd buitensporig ekonomies welvarend was en nog steeds is. Ek probeer nie sê dat ons moet verarm nie, maar dalk ons ons definisie van rykdom herdefinieer – ons was nog altyd snobs.

Ek verstaan dat jou betoog nie gemik is op Orania as gemeenskap nie maar op die bevordering van die Noord-Kaap streek as Volkstaat streek vir Afrikaners. Ek glo tog dat dit moontlik is met nog 'n paar Orania projekte maar dit sal geslagte neem om te voltooi. Tog sien ek nie dat daar nog veel Orania projekte gaan wees nie,. Jy het self eerste genoem dat die Afrikaner nie maklik bereid gaan wees tot arbeid nie. Die peilings wat vra, gaan jy emigreer? was JA-stemme van 68% en 62% onderskeidelik.

Al hierdie mense sal seker nie gaan nie maar dit gaan nogtans baie wees wat hulle eiendomme gaan verkoop. Hoe geperforeerd is jou woonbuurt oor 20 jaar? Gaan jy dan sê,ons het nie genoeg ekonomiese magnie? Of dat ons te min is? As jou antwoord op die demografiese vraagstuk "niks-doen" is moet dan eerder nie afbreek aan die wat 'n poging aanwend nie, Spanje maak meer geld uit toerisme as SA uit goud, Orania is nie Spanje nie maar as ons hoofbron van inkomste oor 70 jaar toerisme is – Wat daarvan? Ek wil weer noem om selfs die hele streek as Afrikaner etniese gebied te bevorder beteken nie staatkundige onafhanklikheid nie, as daardie stap ooit geneem word sal dit gedoen word omdat ons daartoe in staat is, maar as die demografiese probleem nie aangespreek word nie is daar oor 70 jaar nie meer veel van 'n Afrikanervolk om van te praat nie – hulle sal wel ekonomiese mag hê, maar ons gaan hulle Australiërs noem. Dus komons ondersteun die wat 'n poging aanwend en hou op kritiseer.

Attie Schutte

.___

miomare yachtingЛобановский

Afrikanergebiede

Die gedagte is êrens al genoem dat die Oraniagebied nie ‘n onafhanklike land word nie. Daarmee stem ek saam. Dit kan ‘n mens daar probeer doen. Want dan hoef jy jou nie te bekommer oor ‘n redelik goeie voedselvoorraad nie, nie oor die onthouding van water nie, nie oor elektrisiteit nie, en jy hoef ook te probeer om nywerhede daar te vestig nie.

So tussenin, terloops. Nou weer net oor ‘n eie land. As ons skielik sou kon spring na die infrasturktuur en kundigheid van byvoorbeeld Japan, dan kan ons enige plek aan die gang kom, want ons voer in wat ons nodig het en ons is sommer ryk en kan ons self handhaaf. Ons ekonomiese en militêre vermoë sal ons instaat stel om ooreenkomste met die buurland te beding. Maar dit werk nie so nie. Ons is min, en daar is nie geld nie. Israel kry steun van Jode oor die hele wêreld. Iemand wat nou hier in Suid-Afrika kuier, wat ons ken, sê dat hy vir ‘n ryk Jood in Kanada werk. Op ‘n stadium het hy ‘n pak tjeks van so ‘n 10 mm dik, van die Jood, gesien. Dit was alles vir Joodse organisasies!

Dan het die Jode ook nog oral simpatie, tot so ‘n mate dat jy blykbaar in die tronk kan beland as jy sê dat die Duitsers nie 6 miljoen Jode doodgemaak het nie. Tot sulke absurde punte werk manipulasies! Teenoor hierdie skouspel van steun staan ons by die teenoorgestelde pool. Hulle het die woord apartheid gedemoniseer (soos Egbert sê) en ons dra die gewig. Verder, wat geld betref, wil ek nog die ryk Afrikaner sien wat groot bedrae geld skenk aan Afrikaner pogings waar dit nie polities korrek is nie! En, afgesien van geld, is daar tog stappe van ontwikkeling en baie skoolgeld om te betaal.

Dit is daarom wat ons vir nywerhede naby alles moet wees om te kan kompeteer soos wat ons ontwikkel van meer basiese bedrywe na ander. En in elk geval, waar alles gunstig is in ander lande, koek nywerhede saam in trosse van dieselfde soort. En dis of naby die basiese materiale of naby die mark, afhanged van die tipe nywerheid. Beleggings van oorsee sal ook net in sulke gunstige gebiede gemaak word.

Nou weer my argument verder, as dit gaan om gemeenskappe en nie ‘n moontlike Afrikanerland nie. Dan sê ek tog:  hoekom gaan swaarkry in die Oraniagebied, met min ontwikkelingsvoordele om jou heen? Jy het nie al die sportgeleenthede om jou  heen nie; jy het nie die koopgeleenthede nie , nie die kultuurgeleenthede, die opleidingsgeleenthede ens. nie. ‘n Mens kan nog voortgaan om al die voordele te noem van byvoorbeeld in Pretoria te bly. Al hierdie voordele is tog waarvoor ons en ons voorouers gewerk het. Hoekom kan ons dit nie geniet nie? Hoekom moet ons alles afgee aan ander om alles weer van onderaf te probeer opbou, in gebiede waar hierdie dinge nie nou is nie.

Ek stem nie met die argument dat gemeenskappe in die ontwikkelde gebiede noodwendig sal uitrafel nie. In al die stede oor die wêreld heen is daar buurtes waar die Jode bly, of die Moslems, of die Portugese, of Sjinese (Chinatown in San Francisco, en ek dink amper in Johannesburg is daar ook ‘n Chinatown). Dit is ook so dat soos wat swartes woonbuurte in die VSA oorneem trek die blankes uit na hul eie gebiede want hulle word deur swart kriminele aangeval—hoe swarter die gebied hoe meer sulke voorvalle is daar. Daar ontstaan dus in die stede swart gebiede en blanke gebiede. Sover my kennis strek, bly die tradisionele blanke Amerikaners in die stede dus toenemend by hul eie mense.

Dit is so dat sommige geperforeerde gebiede uiteindelik in ander hande sal val. Maar dan sal daar ander wees wat sal voortbestaan en sal uitbrei. Dit sal wees omdat dit in Afrikaners se eie belang sal wees om te groepeer. In sulke plekke sal dit makliker wees om bendes te bestry.

En wie weet verder wat die toekoms sal bring. Daar was nou vir ‘n hele tyd pogings om ‘n “regering” saam te stel wat namens die Afrikaners kan praat. Dit sal ook nog werklik gebeur. En dan sal hierdie Afrikaner gemeenskappe (insluitend Orania) ankerplekke vorm vir so ‘n “regering.”  Ek wil nie sê dat oorsese kragte dit vir ons gaan doen nie, maar met die tyd kan die sieklike beheptheid, en skuld gevoel van die Weste dalk verander en kan daar dalk meer simpatie vir ons wees.

Ten slotte twyfel ek baie of ons bereid sal wees om ons eie werk te doen. Dit lyk my of Israel dit nie regkry nie. Duitsland voer Turke in om te werk. Siprus kry bediendes van Sirilanka. Die ou Israeliete in Bybelse tyd het ander volke gehad wat vir hulle gewerk het. As ‘n mens dus hierdie punt aanvaar, dat die meeste Afrikaners nie van bediendes ontslae wil wees nie. Is daar baie nuwe argumente op die tafel. Dan maak die gemeenskappe hier waar ons in die ontwikkelde gebiede is die meeste sin. In so ‘n gemeenskap, sê maar in Pretoria, sal daar dan Afrikaners woon, met so ‘n 10% Engelssprekendes, en 3% swartes. Dan sal miskien 20% van die mense bediendes elke dag van buite kry. Ons sal daar egter ons Afrikaanse skool hê, en dit sal ons kultuurgebied wees.

 

Willem van Heerdenplay arabian nightsлобановский александр игоревич класс

Vergane is die dae van terugsit en wag

In Willem van Heerden se brief “Oraniagebied nie reg vir 'n volkstaat”, stel hy dat die Oraniagebied nie perfek is nie; daarom moet Afrikaners eerder hul eie gemeenskappe bly versterk, sodat daar later met die ingryp van wêreldkragte, ‘n “beter” regering vir Afrikaners saamgestel kan word.  Van Heerden sluit sy argument as volg af: “Wie weet dan of groot wêreldkragte, wat buite ons beheer is, en ander faktore, dit nie eendag tog moontlik sal maak dat ons ‘n eie regering bekom nie?”

 

Ek wil egter aanvoer dat Afrikaners alleen oor ‘n eie regering gaan beskik indien ons self ‘n regeerbare gebied ons eie maak deur dit as volstrekte meerderheid te beset, bewoon en te bewerk. 

Dit is tog duidelik vanuit die steeds voortslepende Zimbabwiese-drama dat geen wêreldkrag of ander faktore ons gaan bystaan nie.  Al wat oorbly is om ons behoud vanuit die grond af op te bou.

Die Oraniagebied tot aan die Weskus is en bly die enigste gebied wat as ‘n Afrikanerland beset en ontwikkel kan word, omdat dit demografies die enigste streek is waarin Afrikaners enersyds ‘n volstrekte meerderheid kan vorm terwyl dit groot genoeg in omvang is om sleutelhulpbronne in te sluit terwyl dit ruimte vir ontwikkeling en militêre maneuvrering laat indien nodig.

Al is die Oraniagebied nie perfek nie, ondersteun die volgende argumente dit  as potensiële Afrikanerland:

1.       Afrikaners moet meer onafhanklik van vreemde arbeid word, want:

a.       Vreemde arbeid word onekonomies weens vlakke van produktiwiteit en drakoniese arbeidswetgewing,

b.      Agt uit elke tien huisrooftogte word gepleeg op grond van inligting wat rowers ontvang van huishulpe, tuiniers en mense wat die inwoners ken volgens ‘n onlangse artikel in Rapport

c.       Jong en minder bevoorregte Afrikaners is bereid om teen die heersende gemiddelde tariewe van arbeiders te werk, mits indiensopleiding en vordering moontlik is.

2.       Orania beskik oor ‘n groter, skoner en betroubaarder varswaterbron as Johannesburg en die Vaaldriehoek op grond van sy nabyheid aan die Vanderkloofdam.  Volgens die Departement van Waterwese is die kapasiteit van die Vanderkloofdam 3 171 miljoen kubieke meter, terwyl die Vaaldam se kapasiteit 2603 miljoen kubieke meter is.   Die hoogste piek invloei in die twee damme was 6700 kubieke meter per sekonde in die Vanderkloofdam, terwyl dit 4800 vir die Vaaldam was.

3.       Die vloei van water na Orania kan nie afgesny word nie want:

a.       Dit sal veroorsaak dat die hidrokragsentrales in die Lesotho-hoogland en Oranjerivierskemas nie sal werk nie, wat die elektrisiteitstekort in Suidelike Afrika sal verhoog.

b.      Dit sal watervloei na Namibië afsny, wat groot verliese vir daardie land en ‘n internasionale insident sal veroorsaak.

c.       Watervloei kan net afgesny word totdat damme begin oorloop.

4.       Boerdery in die Benede-Oranje is hoogs-produktief en winsgewend.  Hoë hitte-eenhede laat boere toe om twee gewasse per jaar op dieselfde grond te produseer, terwyl ‘n baie wye verskeidenheid van gewasse geproduseer kan word, onder andere aartappels, tafeldruiwe, sitrus, graan en neute.

5.       Volgens die Oesskattingskomitee word die volgende produksie uit die Noord-Kaap verwag, uitgedruk as persentasie van totale landswye produksie.  Dit sluit gewasse soos aartappels en vrugte uit, maar toon dat Afrikaners wat ongeveer 6% van die land se bevolking uitmaak, nie honger sal lei nie:

                                                               i.      Mielies:  540 700 ton (8%)

                                                             ii.      Grondbone:  21 700 ton (37%)

                                                            iii.      Koring:  250 000 ton (12%)

6.       Orania bied lae oorhoofse kostes vir nywerhede as gevolg van relatiewe goedkoop arbeid, sentrale ligging in die land op verspreidingsroetes na die Kaap en Gauteng terwyl goeie veiligheid kostes vir sekuriteit en versekering teen diefstal oorbodig maak.

7.       Orania ontvang volhoubare elektrisiteit wat onder andere d.m.v. hidrokrag opgewek word by die Vanderkloofdam.

8.       Orania bied ‘n sorgvrye en hoë kwaliteit lewe aan die Afrikaners wat daar woon.

9.       Orania word internasionaal erken as ‘n Afrikanergemeenskap omdat dit uitsluitlik deur Afrikaners bewoon word en as sulks kan dit ook aanspraak maak op beskerming as minderheidsgemeenskap volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet en Internasionale konvensies soos deur die VN aanvaar.

10.   Ekonomiese groei word vandag hoofsaaklik gedryf en ondersteun deur die hoë-tegnologie en dienste sektore.  Vervolgens is dit moontlik om ‘n sterk en suksesvolle ekonomie op Orania te vestig en volhoubaar te onderhou sonder om bedreig te word deur die uitputting van natuurlike hulpbronne.  

Afrikaners is so verstrooid oor Suid-Afrika, dat elke gesin in werklikheid as alleenstaanders moet veg teen die bedreigings van misdaad en vyandige staatsmasjinerie.  Die stryd is huidiglik so onregverdig dat ons nie eers daarin slaag om ons dorpe se name te behou of skole soos Ermelo Afrikaansmedium te hou nie.  Om nie eens van moorde te praat nie.  Ons bestaande gemeenskappe is toonbeelde van agteruitgang op elke gebied vir die Afrikaner.

Hoop kan slegs volhoubaar geskep word waar dit moontlik is om projekte aan te pak en te voltooi wat resultate lewer.

Orania en haar gebied is vir my ‘n vlam van hoop.  Saam kan ons as Afrikaners dit soveel meer maak.

Ebert Terblanche

 

купить велосипед харьковФильчаков Харьков

Oraniagebied nie reg vir ‘n volkstaat

In hierdie stuk word ‘n aantal argumente gestel dat die Orania-uitbreidingsgebied nie geskik is vir ‘n Afrikanerland nie. Dit handel nie oor Orania as gemeenskap nie.

Die eerste punt, wat vir alle gebiede geld, is dat ons volk myns insiens nie bereid is om vreemde arbeid te los nie. Maar indien tot ‘n groot mate wel, dan geld die volgende nadele betreffende Orania.

  1. Dit is afhanklik van water wat van 'n buurland afkomstig is. En soos wat die kompetisie vir water al groter word, sal die kwesbaarheid toeneem.
  2. Omdat voedsel net met besproeiing geproduseer kan word, is dit ‘n duur proses en daarby kan slegs ‘n beperkte hoeveelheid geproduseer word. Die Afrikanerland sal dus sy voedsel moet invoer, selfs al sou die hoeveelheid water wat nou deurgelaat word dieselfde bly.
  3. Omdat besproeiing duur is, is dit gewoonlik nodig om besproeingsgrond intensief te bewerk en gewasse te kies wat daarby pas. Dit is dus arbeidsintensief. En dit is juis ‘n swak punt van ons volk dat ons nie noemenswaardig eie arbeiders het nie.
  4. Die gebied is baie swak geleë vir nywerhede, want dit is ver van grondstowwe en ver van die mark. As iemand daar byvoorbeeld ‘n yskas wil maak, moet hy die staalplate, elektroniese toebehore, ens. alles van Gauteng af invoer. As hy ‘n probleem het dat iets nie werk nie, moet hy gou Gauteng toe ry om die probleem op te los. En as hy dit klaar gemaak het, moet hy dit weer terug vervoer Gauteng toe om daar te verkoop. Toebehore kan natuurlik oorsee gevind word en ook daarnatoe uitgevoer word, maar dan geld dieselfde argumente. Dit is dus nie betalend om daar iets te vervaardig nie. Ek weet daar is items waarvan die vervoerkoste klein is, byvoorbeeld om juwele of horlosies te maak. Maar dit verg ‘n gevorderde kundigheid wat ons nie het nie, en in elk geval sal ons moeilik met byvoorbeeld Sjina kan meeding. Maar, ons moet in elk geval ‘n sterk onderbou van “growwe” nywerhede hê (yskaste, motors, vragmotors, trekkers, implemente) wat ons ook self sou kon doen as ons ‘n geskikte plek het, maar dis nie die Oraniagebied nie.
  5. Die Oraniagebied is afhanklik van elektrisiteit wat van elders moet kom. Daar is nie steenkool, ruolie of ander energiebronne nie. Dit kan wel kernkrag wees, maar hoe begin jy so ‘n kragstasie wat seker R20 miljard sal kos?
  6. ‘n Mens kan mos nie ‘n verdeling van Suid-Afrika maak volgens oppervlakte nie. Indien dit  die Oraniagebied moes wees, as dit moontlik sou wees,  dan sal dit relatief uitgestrek wees en ‘n duur infrastruktuur verg.
  7. Daar is baie Kleurlinge in daardie gebied. Dit sal moeilik wees om van hulle te skei in ‘n eie land, want hulle praat Afrikaans, en is nader aan ons.
  8. Die argument van “dat daar nog niks is, en ‘n mens dus makliker aan die gang kan kom”, gaan ook nie op nie. Eerstens is daar tot dusver niks om goeie redes soos wat ek hierbo genoem het. En tweedens, gestel dat dit moontlik sou wees om ‘n sterk nywerheidsgebied te vestig, dan sou dít die suigkrag wees wat vreemdes soontoe trek. Dus sou hierdie soort van probleem net uitgestel word vir later, indien ontwikkeling wel moontlik sou wees.
  9. Dis ook nie die deel waarvoor ons geveg het nie. Dis nie waar die meeste van ons woon en die vrugte van ons ontwikkeling geniet nie. Ons verdien tog iets beters. Dit is vir die meeste van ons vreemd en ek wil amper sê dat as dit die keuse sou wees die meeste van ons oorsee toe sou gly in plaas van te bly.
  10. En, laastens, wat baie belangrik is. Dit sal nie moontlik wees om in die Oraniagebied magsmiddele op te bou wat ‘n mens in staat sal stel om jouself te handhaaf in geval van probleme met ander lande nie. Om sterk te wees moet jy ‘n sterk ekonomie hê, en by voorkeur strategiese bronne hê waar andere van afhanklik is. En dít het die Oraniagebied nie. Die gebied is juis afhanklik van bure.

Ten slotte, hoekom nou soos ‘n martelaar gaan kopstamp teen ‘n muur in daardie verlatenheid, met sulke sterk argumente teen jou.  Soos reeds gesê, praat ek nie van Orania as gemeenskap nie. Dit is wel aan die gang, en ‘n goeie oefening daarby. Moet dit net nie propageer as ‘n land vir die Afrikaner nie, want dan probeer die maghebbers ons netnou op dáárdie syspoor rangeer om daarna van ons te vergeet—‘n irrelevante groepie waarna toeriste kan gaan kyk, maar met geen mag of invloed nie!

‘n Land vir die Afrikaner is nie nou moontlik nie, behalwe as daar miskien êrens ‘n gebied is wat niemand anders wil hê nie. Die Oos-Transvaalse gebied wat ons Oranjewerkers destyds as Hartland gepropageeer het, was wel moontlik uit ‘n posisie van mag. Dan sou dit moontlik wees om druk- en trekkragte in werking te stel om so ‘n land te herwin.

Nou is dit anders. Wat ons myns insiens moet doen — vir die volgende twintig, dertig jaar of langer — is om gemeenskapsbewus te word, om te werk aan ons beveiliging en om ekonomies sterk te word. (Ons moet ekonomies nou op eie bene begin staan, want daar is nie eintlik plek in die staatsdiens of groot maatskappye nie.) Die gemeenskappe of groeipunte soos die Oranjewerkers dit genoem het, (selfs so klein as ‘n woonbuurt) sal aanvanklik, of selfs altyd  “geperforeer” wees, deurdat daar ook andersdenkendes tussen ons woon. Maar dit maak nie saak nie, want deur doelbewuste verhuising kan ons meerderhede word, waar ons dit nog nie is nie. En ons skakel tog met mekaar oor andere heen. Dus, waar ons nou bly, in die stad of elders, moet ons met mekaar kontak maak en begin saamwerk in eie belang. Wie weet dan of groot wêreldkragte, wat buite ons beheer is, en ander faktore, dit nie eendag tog moontlik sal maak dat ons ‘n eie regering bekom nie? Dit mag dan ook wees dat die gemeenskappe wat so gevorm het ‘n sinvolle basis vir toekomstige optrede sal wees.

повысительная насосная станцияалександр лобановский класс

?Internasionale rassiste? soek Mugabe se bloed

Inwoners van Suid-Afrika is al gewoond aan die spreekwoordelike rassis wat onder elke bed skuil. ʼn Tyd gelede was daar die Braude-verslag van die SA menseregtekommissie wat beweer het dat ʼn foto van ʼn reier op ʼn ashoop in Oeganda ʼn voorbeeld van “subliminale rassisme” sou wees.

Ook Thabo Mbeki is gou om ander van rassisme te beskuldig. Toe die media kritiek uitgespreek het oor die hoë voorkoms van verkragting in Suid-Afrika het hy dit verwerp as rassisme en ʼn poging om swartmense as diere voor te stel wat nie hul luste kan beteuel nie.

ʼn Woordvoerder van Zanu-PF het egter nou met ʼn nuwe begrip vorendag gekom: “internasionale rassisme”. Dít nou na aanleiding van die G8-lande se eenstemmigheid dat sanksies teen die bewind van Robert Mugabe nodig is.

Dit maak mens nuuskierig: hoe verskil internasionale rassisme van gewone rassisme? Of verteenwoordig stappe teen ʼn Afrikaregering deur enige internasionale liggaam vanselfsprekend internasionale rassisme?

Feit is egter dat mense van Afrika-afkoms wêreldwyd – en daarom internasionaal – van rassisme hul vernaamste slagspreuk gemaak het. Swart mislukkings of onvermoë word klakkeloos aan rassisme toegeskryf.

Die swartman – selfs wanneer hy soos Thabo Mbeki regeer of soos die Mugabe-bewind kragdadig en gewetenloos teen sy politieke opposisie optree – is altyd ʼn slagoffer. Selfs die miljardêrsakeman soos Tokio Xegwale of Patrice Motsepe wat self hul rykdom deur swart ekonomiese bemagtiging bekom het, se kinders kwalifiseer steeds vir regstellende aksie want hulle bly slagoffers wat vir hul swartheid vergoed moet word.

Die kreet van internasionale rassisme wat nou vanuit Zimbabwe opklink, is veronderstel om die G8-lande tot stilstand te skok en te laat verkrummel. Enkele jare gelede sou dit moontlik daardie uitwerking gehad het, maar weens oorgebruik deur swartes en Afrikane het die beskuldiging van rassisme sy angel verloor.

Zimbabwe tas nou na strooihalms in sy pogings om aan internasionale druk te ontkom. Selfs die towerwoord rassisme wat in die verlede genoeg was om enige vorm van blanke kritiek te besweer of blankes deur skuldgevoelens te verlam, gaan dié keer nie werk nie.

In weerwil van die ANC-bewind se vele pogings tot dusver om sy bondgenoot in Harare, Zanu-PF, te red, wil dit voorkom asof die “internasionale rassiste” gaan sorg dat dié party tot ʼn val kom. Net 'n Sjinese veto by die Veiligheidsraad staan tussen Mugabe en sy ondergang.

куклы диснейОлександр Фільчаков прокурор

Afrikaners behoort almal na Weskus te trek

Ek wil die redaksie van Praag gelukwens met die hoofartikel 'n week gelede, Olieprys skep ook politieke vrae vir Afrikaners, want dit is myns insiens een van die belangrikste stellings wat nog hier gemaak is.

Laat ons nou nie toelaat dat dit by die een oor in en by die ander oor uitgaan nie.  Laat ons 'n gesonde debat voer oor die onderwerp.

Net soos die Jode, wat yl verspreid oor die hele aardbol woon, is die Afrikanervolk ook yl verspreid oor die grootste deel van Suider-Afrika.

Ons leuse van "Eendrag Maak Mag" kan nooit tot sy reg kom as dit so aangaan nie.

Ons moet, soos dr Dan Roodt sê, nader aan mekaar beweeg.  Dit kan nie, en sal ook nie, oornag gebeur nie, maar laat ons minstens 'n begin maak.

Indien 'n mens die demografie van Suid-Afrika in die oppervlakte van die land sou indeel, kry jy so plus minus 60 000 vk km wat aan die Afrikaner/Boerevolk toekom.

Ek besef dat die meerderheid Afrikaners sal nou onmiddellik protesteer en sê ons verdien meer as 5% van die land se oppervlakte, maar mense, besef julle nie dat 'n halwe eier beter as 'n leë dop is nie?!!!  Ons kan aan die ANC, en aan die wêreld daar buite sê:"Ons eis MINSTENS 60 000 vk km., maar ons veg vir veel meer, omdat ons méér as dit verdien."  Die motivering kan later in detail uitgespel word, waarom ons meer verdien, maar die punt wat ek wil maak, is dat ons minstens op 'n minimum van 60 000 vk km moet voet by stuk hou, omdat dit "demokraties" geregverdig is.

Oor die ligging van daardie 60 000 vk km kan (en MOET) daar nog lank oor geredeneer word.  Histories behoort die Wes-Kaap gesamentlik aan die bruinmense en die Afrikaner.  Die Voortrekkers het Noord-Natal Wettiglik van die Zoeloevolk gekoop.  Die Vrystaat en die ZAR was internasionaal erken as soewereine Boere republieke.  En so kan ons aangaan.  Elke individu het sy/haar eie voorwaardes en definisies van watter grond aan die Boerevolk behoort.

Die feit is egter dat demografie nog altyd die Afrikaner se grootste vyand was.  Ons kan sê Gauteng behoort aan ons, of Noord-Natal, of watter deel van die land ook al, maar as daar in Natal 10 miljoen swartes is, teenoor 300 000 Afrikaners, dan is die demografie verkeerd, en beteken historiese of sentimentele oorwegings NIKS.

In die lig daarvan, sou die Karoo ons beste keuse wees.  Of dit nou 'n gewilde besluit gaan wees of nie, in die Karoo is die demografie aan die Afrikaner se kant.

Indien 'n gebied afgebaken word wat van die Weskus tot by Orania strek, wat 'n breedte van 100 km het, kom 'n mens min of meer by 'n sommetjie van 60 000 vk km uit.  So 'n gebied sal dan oor 3 baie belangrike eienskappe beskik: 'n gunstige demografie, 'n kuslyn, en 'n varswaterbron – die Oranjerivier.

As mens 'n reguitlyn van Orania af tot by die Olifantsriviermond sou trek, sal die R63-teerpad min of meer die gebied se ruggraad vorm.  Die enigste stukkie pad wat nog nie geteer is nie, is die twee bergpasse tussen Vosburg en Carnarvon.  'n Afstand van sowat 100 km.

Afrikaners wat elders in Suid-Afrika woon, behoort hulle in groot getalle in daardie gebied te vestig.  Sowat 50 km na weerskante van die teerpad, van Orania tot by Strandfontein, moet as Afrikanergebied verklaar word, en moet fisies deur volkstaatgesinde Afrikaners beset word.  Die volgende dorpe is ter sprake: Strandfontein, Vredendal, Lutzville, Koekenaap, Klawer, Vanrhynsdorp, Nieuwoudtville, Calvinia, Williston, Carnarvon, Vosburg, Britstown, Strydenburg, Hopetown en Orania.  Dit is ons enigste redding!!!

'n Ander gebied wat oorweeg kan word, is die Tuinroete.  Mosselbaai en Jeffreysbaai is tradisioneel die twee belangrikste Afrikaner-vakansieoorde, en daar woon ook reeds baie Afrikaners.  Ongelukkig woon daar net soveel swartes en bruinmense in daardie streek, wat dit demografies moeilik maak.

Die Xhosa het eintlik geen regte in daardie gebied nie, aangesien die Afrikaner en die Xhosa mekaar eers in 1771 by die Gamtoosrivier (oos van Jeffreysbaai) ontmoet het.  Wes van die Gamtoos is Afrikaner en Kleurlinggebied.  Die Breederivier kan as wesgrens van 'n Afrikanergebied beskou word.  Die kus is die natuurlike suidgrens, en die N1-pad by Touwsrivier tot by Hanover kan die noordgrens vorm.  'n Kleiner gebied, wat slegs tot by die berge strek, sal ook aanvaarbaar wees.  Dit sluit distrikte soos Ladismith, Oudtshoorn, Willowmore, en Graaff-Reinet in, terwyl die plat wêreld van die Groot Karoo dan uigesny word.  Op George is 'n groot lughawe wat tot 'n Internasionale lughawe ontwikkel kan word.  Oudtshoorn, waar die Nasionale Kunstefeeste gehou word, is in die middel van die gebied.  Mosselbaai, Suid-Afrika se belangrikste Afrikaner-vakansieoord, is daar naby.  Knysna, wat 'n internasionaal bekende toeristeparadys is, is daar naby.  Swellendam, wat een van die eerste Boere-republieke was, is daar naby.  Die Langkloof, wat die land se grootste produsent van appels is, is daar naby.  Jeffreysbaai, waar reeds duisende Afrikaners gevestig is, en wat wêreldbekend is vir sy branderplankryers, is daar naby.

Die gebied tussen die Breederivier en die Gamtoosrivier, het dus geweldig baie pluspunte, maar daar is derduisende volksvreemdes wat die gebied met ons mense deel.

Die derde keuse is die gebied tussen Pretoria en Nelspruit.  Ek is nie goed bekend met daardie streek nie, en weet dus nie wat al die voor- en nadele is nie.  Dr Roodt sal beter kan oordeel oor daardie gebied.  Wat ek wel weet, is dat die Hoëveld geweldig baie swartes het, en na my persoonlike mening onaanvaarbaar is.  Maar, dit is Suid-Afrika se rykste streek.

Navorsing wat deur dr Willem van Heerden van Morgenzon gemaak is, toon dat die gebied tussen Welkom en Nelspruit (die gebied loop in 'n halfmaan van Welkom, oor Standerton, Ermelo, tot by Lydenburg)  ons land se rykste streek is.  Van landbouprodukte, mynbou, elektrisiteit, tot steenkool is volop in daardie streek.  (Ek het met die tong in die kies vir dr Van Heerden gesê:"Willem, daar is nog iets wat hierdie 'Hartland' van jou die meeste het, dis swartes!")  Ons wat in Kaapland gewoon het, ken die Kleurlinge, maar die miljoene swartes wat mens in die noordelike provinsies teëkom, ken ons nie in die westelike deel van die land nie.

Maar, die Gautengers en die mense van Mpumalanga moet self hul gebied propageer, en motiveer waarom hulle dink dit is die beste plek vir 'n volkstaat.  Ek beveel aan dat lesers dr Willem van Heerden se boekie, "Hartland van die Afrikaner" sal lees.  Lees ook "Afrikanerland – 'n Gebiedsaanduiding", deur Bruwer, Verwoerd, Van den Berg, Van Heerden en Fischer.  In laasgenoemde boekie word Richardsbaai, Utrecht en Vryheid by die Welkom-Nelspruit-gebied bygevoeg, om sodoende 'n stukkie kusgebied in te sluit.

Elke keer wanneer 'n Afrikaner vermoor, verkrag, gemartel en getraumatiseer word, moet ons die familie en vriende van die slagoffers bearbei en versoek om dit te oorweeg om na 'n gebied e verhuis waar dit veiliger is.  In die proses sal ons mense begin konsolideer en in groter getalle nader aan mekaar beweeg.

Ek sê weer, die woestyn is 'n ongewilde keuse, maar dit is die veiligste plek om te wees in tye van oorlog, geweld en misdaad.  Maak die Weskus en die Karoo u keuse.  Kies reg! Stem Weskus!

недорогие печи для баниОлександр Васильович Фільчаков

Bush se prioriteit: die Afrika-bedelbak

ImageLees ook: Bob Geldof se tweede ronde punk-diplomasie.

Die nuus dat hulp aan Afrika weereens bo-aan die sakelys van ‘n G8-beraad moet verkeer, vervul mens met moedeloosheid.

Die wêreld se politieke leiers is besig om die akademiese navorsing en gegronde menings van Afrikakenners te ignoreer, want dit is oor en oor bewys dat hulp aan Afrika nie werk nie.

Geldelike hulp aan die kontinent vernietig die binnelandse markte vir voedselprodukte, verhoog korrupsie en wanbestuur en hou die swartmense van Afrika in hul huidige posisie van afhanklikheid van die nywerheidslande.

Die enigste mense wat by hulp aan Afrika baat, is die korrupte swart elites wat op enige dag in enige hoofstad in vyfsterhotelle waargeneem kan word waar hulle ‘n luuksebestaan voer terwyl die res van die bevolking krepeer.

In Suid-Afrika geld dieselfde stelsel want die inkomste en bates van hardwerkende, opgeleide en produktiewe blankes word grotendeels belas om die luilekker lewe van die swart elite te finansier.

Trouens, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging kan as ‘n interne hulpstelsel beskou word wat net soveel nadele inhou soos die hulpstelsel wat elders op die vasteland toegepas word en wat deur die G8, die Skandinawiërs, Nederland en ander lande geldelik ondersteun word.

Ook die vorige beleid van apartheid of afsonderlike ontwikkeling was 'n hulpstelsel wat van die tuislande ekonomiese groeipunte wou maak, maar wat uiteindelik misluk het om dieselfde redes as wat die Skandinawiese hulpprogram aan Tanzanië onder Nyerere misluk het.

‘n Nugter blik op Afrika se probleme is broodnodig. Soos die onlangse beraad oor Afrika-elektrisiteit in Nairobi bevind het, is die probleem nie ‘n gebrek aan kapitaal of beleggings nie, maar die nepotisme van die swart elites wat eerder hul familie of stamlede in gesagsposisies aanstel as kundige bestuurders.

Soos die Britse ekonoom, Peter Bauer, op 'n keer gesê het, "Hulp behels om arm mense in ryk lande te belas om ryk mense in arm lande se lewenstyl te finansier."

Hier lê 'n intellektuele uitdaging vir die Afrikaner – om die internasionale gemeenskap te oortuig dat hulp aan Afrika nie werk nie en dat swart leiers eerder van hul keiserlike lewenstyl met swart Mercedesse en privaatstralers  moet afsien. Pleks van die hulpdwelm wat afhanklikheid skep en armoede op die duur vererger, sal Afrika se bevolkings sleg deur 'n spaarsin, harde werk en gesonde ekonomiese beleid opgehef kan word.

ниблер силиконовый купитьалександр лобановский супермаркет класс

Mugabe, die Afrikademokraat

Dat Robert Mugabe die ekonomie van Zimbabwe geruïneer het, verbaas eintlik nie. Dr. Hendrik Verwoerd het reeds in 1965 voorspel dat die destydse Rhodesië onder swart meerderheidsregering binne twintig jaar hongersnood sou beleef.

Wat mens ook al vandag oor Verwoerd mag dink, gee toe dat hy eenhonderdpersent reg was!

Mugabe is ook nie die eerste Afrikaleier wat ‘n eens florerende ekonomie tot ‘n val kon bring nie. Voor hom was daar Mosambiek onder Machel, Tanzanië onder Nyerere, Zambië onder Kaunda, die Ivoorkus onder Gbagbo, Oeganda onder Amin, die Kongo onder Mobutu en so kan ons aangaan.

Op een vlak kan mens egter Mugabe en Zanu-PF se frustrasie met die Westerse media verstaan. Hulle het verkiesing gehou op die Afrikamanier. Iets soos 87 mense is dood en ‘n verdere aantal beseer.

Dis veel minder as wat in die Keniaanse verkiesings van Desember 2007 dood is en ook veel minder as wat in Suid-Afrika in 1994 omgekom het. Tydens die 1994-verkiesing in Suid-Afrika toe ANC-hegemonie met geweld gevestig is, het 1000 mense gesterf. Nietemin het die wêreld dit as ‘n wonderwerk van verdraagsaamheid gesalueer. ANC-lede steek mekaar met messe of trek hul broeke af by politieke vergaderings. Politieke sluipmoorde in Kwazulu-Natal is redelik algemeen.

Dieselfde geld vir Kenia waar ‘n koalisieregering wat onder buitelandse dwang ná 1000 verkiesingsterftes en 300 000 ontworteldes tot stand gekom het, as model vir die hele Afrika voorgehou word.

Sowel Kenia as Suid-Afrika word deur die Westerse moondhede en hul media as modeldemokrasieë beskou. Die ongebreidelde moord, roof en verkragting in Suid-Afrika ten spyt.

Solank as wat die stemvee elke vyf jaar in toue by stembusse staan, kan daar maar geweld, taal- of rassediskriminasie, etniese suiwering en ekonomiese agteruitgang wees. Om te stem, of die demokratiese verkiesingsritueel, heel alles.

Aan Afrikastandaarde gemeet, is Mugabe beslis ‘n demokraat. Geen wonder dat hy nie kan begryp waarom hy vir sanksies uitgesonder word terwyl Kenia en Suid-Afrika opgehemel word nie.

оборудованиеtopcargo отзыв

Olieprys skep ook politieke vrae vir Afrikaners

By die vele debatte wat daar tans in Afrikanergeledere woed, duik die vraag dikwels op of ons langer aan die 1910-staat van Suid-Afrika lojaal moet wees en of ons nie eerder 'n kleiner gebied in die Noordkaap, Suidkaap, aan die Weskus of rondom Pretoria en die Oostransvaal moet nastreef nie.
Met die olieprys bokant $140 per vat maak dit kwalik meer sin om so wyd verspreid oor die 1,2 miljoen vierkante kilometer van Suid-Afrika te woon. Goedere moet heen en weer oor honderde kilometer vervoer word. Selfs familiebesoeke behels 'n vet skenking aan die oliesjeiks van die Midde-Ooste.

Benewens die politieke voordele wat geografiese konsolidasie vir Afrikaners sou inhou, is daar toenemend ook ekonomiese voordele. By die vryheid om in 'n eie gebied sonder regstellende aksie of SEB te mag handel dryf en om in vrede sonder misdaad te kan leef, kom nou nog die verdere voordeel van 'n besparing in energie- en vervoerkostes.

Van die suksesvolste lande ter wêreld is klein. België, wat maar so groot soos die Krugerwildtuin is en met 'n bevolking van tien miljoen mense, produseer meer as al die Afrikalande suid van die Sahara met hul totale bevoling van 600 miljoen saam. Nederland, 'n ander Lilliput-staatjie wat grondgebied betref, is die wêreld se sestiende grootste ekonomie. Switserland, Hong Kong en Singapoer is ander voorbeelde.

Om nader aan mekaar te woon, skep hegter bande tussen gesinne, maar maak dit ook makliker om 'n gebied teen ons tipiese Afrikageweld en -misdaad te beveilig, sonder die hoë vervoerkoste wat die 1910-staat met sy vervallende spoorweë en vervoerinfrastruuktuur tans op ons afdwing.

декоративная штукатурка стен на кухнелобановский александр игоревич харьков

De Klerk het sy spreekbeurt lankal verloor

Dis weersinwekkend om te aanskou hoe oud-president De Klerk sy rug ex post facto in die pers probeer styf maak oor problematiek wat primêr veroorsaak is deur die insigloosheid en gebrek aan ruggraat by hom en sy trawante wat hul eie mense tydens die onderhandelings met die ANC versaak het.

De Klerk en sy eertydse kabinetskollegas het hul spreekbeurt lankal verloor oor aangeleenthede en gevolge wat hulle destyds redelikerwys moes voorsien het.

Niemand sal vir hulle standbeelde bou nie. Die huidige bedeling is hul standbeeld.

трековые светильники на шинопроводе для доматопкарго отзыв

Leon Schuster behoort Reitz-fliek te maak

Waar kan ons vir Leon Schuster in die hande kry om aan hom ‘n skitterende voorstel te maak?

Dink net as hy as oud-Reitzman en gesoute humoris daardie gewraakte video van sy koshuiskannetjies kan vat en met presies dieselfde tema dit sou improviseer en uitbou tot ‘n volwaardige fliek, met die volle deelname van al die Squizas en wonderlike swart kommediante waarvan ons weet – soos wat Jamie Uys so skitterend reggekry het.

Die globale mark daarvoor is enorm groot bewys.

Dink net as ons daardie fliek kan bekendstel by die braaivleisfees van die kinders van die Broederbonders soos wat Dana Snyman en Prof Pierre Theron beoog.

Dit kan vir die land in die geheel en vir die Afrikaners in die besonder potensieel van onstkatbare waarde wees en so ook die tantieme en kopiereg aan die koshuis!

Sodoende skep ons dalk 'n beter toekoms vir ons kinders ook.

компрессорыданильченко юрій Харків

Naspers se bydrae tot die demokrasie

Is dit nie vreemd dat Naspers se hoof, mnr. Koos Bekker, nou om verskoning vra omdat 'n filiaal van sy groep die stembriewe vir Zimbabwe gedruk het nie?

Sou die maatskappy beter gedoen het deur wapens of ammunisie aan mnr. Robert Mugabe te verskaf? wil mens vra. In die eerstre plaas demonstreer die debakel die wit skuld waaronder Naspers, soos vele ander groot maatskappye in Suid-Afrika, ly.

Pleks van die druk van die stembriewe as 'n bydrae tot die demokrasie te sien, word daar nou in skuld verval.

Mugabe is nie verantwoordelik vir sy dade nie; nee, dis die mense wat sy stembriewe druk. Sy soldate trek ook nie die snellers van hul gewere nie; dis die Sjinese wapenskip wat die wapens daarheen vervoer het wat ons moet blameer.

Regdeur Afrika word daar gereeld met groot fanfare verkiesings gehou. Nietemin is die uitslag van sulke verkiesings dikwels voorspelbaar omdat die heersende diktator so 'n beheer oor die bevolking en oor die media in sy land uitoefen dat geen werklike politieke opposisie moontlik is nie

Die Westerse moondhede is merendeels tevrede met hierdie skynverkiesings en skenk lustig geld vir stembriewe en veral die aardig besoldigde "verkiesingswaarnemers" wat invlieg, in luukse hotelle tuisgaan en agterna hul goedkeurende stempel op die verkiesing afdruk.

Die aflaat van R300 000 wat Naspers aan die Rooikruis betaal het, gaan geen duit verskil aan die situasie in Zimabwe maak nie, maar sal wel die witskuldgewetens van die groep se topbestuur sus.

Aan die ander kant sal Naspers sekerlik nie nee sê om materiaal vir die ANC te druk nie, 'n party waarvan die lede mekaar met messe toetakel en wat self nie in die 1994-verkiesing geskroom het om duisende IVP-lede te vermoor nie. Om nie van Julius Malema van die ANC-jeugliga se onlangse geweldsdreigemente te vergeet nie.

брюки для девочкиалександр лобановский класс

Die DA – ‘n party vir Sjinese?

Die Volksrepubliek van Sjina, wat die Mugabe-bewind in Zimbabwe aktief steun en ook in Angola besig is om groot invloed uit te oefen, het so pas 'n nuwe bondgenoot in die vorm van die DA verkry.
Volgens DA-woordvoerder Anchen Dreyer "het Sjinese mense wat na dié land gekom het, vaardighede, ondernemerskap en 'n werketiek gebring". Die feit dat Sjina besig is met 'n geopolitieke spel in Suider-Afrika en dat Sjinese ook by allerlei onwettige bedrywighede in Suid-Afrika betrokke is, gaan blykbaar aan die party verby.

Oor hoeveel Sjinese kiesers beskik die DA? wil mens vra. Terwyl die DA uit sy pad gaan om Sjinese belange te verdedig, swyg die party gewoonlik soos die graf as Afrikanerbelange ter sprake is. Nietemin verteenwoordig Afrikaners ten minste vyftig persent van die DA se kiesers.

'n Ander aspek van die DA se uitsprake is dat die party die ANC die loef probeer afsteek as dit by politieke korrektheid kom. Ook in die huidige geval word die ANC daarvan beskuldig dat hy "rassisties" teenoor Sjinese optree. Dit wil voorkom asof die DA wil toon dat hy 'n beter ANC kan wees as die ANC self – weereens terwyl sy eie kiesers en ondersteuners se belange versaak word.

Die Afrikanerkieser is moeg vir sogenaamde opposisiepartye wat hard skree oor ideologiese kwessies soos rassisme, terwyl grondhervorming, misdaad en korrupsie nie aangespreek word nie of baie min aandag kry.

светодиодный линейный светильник geniledлобановский александр дети

Barkly-wes se spookhospitaal

Elke keer as ons daar verbyry dan sien ons dat Barkley – Wes se nuwe voltooide hospitaal langs die plakkerskamp en hoofpad nog leeg staan met al die ligte aan nadat dit lankal oënskynlik voltooi is. Dis nog nie in bedryf nie – miskien in afwagting van die toerusting, personeel, ens.

Niemand sal verbaas wees as die aangrensende plakkers tydens winterkoue onder vriespunt daar skuiling gaan soek nie: bekend as  hospitaalbesetting.

Staatkundige adviseurs vd ANC soos prof. Dirk du Toit in die parlement het  reeds groot stukrag verleen aan onteiening van blanke eiendom gegrond op die kunsmatige arbeidsprobleme wat as plaasbesetting bekendstaan.

Niemand sal dus verbaas wees as die regering nou die onbewoonde strandhuise en vakansie-akkomodasie, stadsale en kerkgeboue onteien om aan die vlugtende buitelanders te gee nie. Dit verteenwoordig die ontwikkelde eiendom van blankes teenoor die onontwikkelde eiendom van die stamgronde en stamgebiede.

Die vlugtelingkampe sal seker regeer moet word soos die tuislande van ouds – en dan het die wiel heeltemal gedraai en begin ons van voor af met apartheid, grensnywerhede en paswette – sonder wet en orde en binnelandse veiligheid.

Mens kan dit seker landsbesmetting agv regeringsbesetenheid noem. Dit geld ook Alec Erwin se opmerking oor vreemdelingehaat waarin hy hoop dat lig in die buurstate die vlugtelinge soos motte  na hul tuislande en stamgronde sal teruglok.

bridal accessories beltлобановский александр отзывы