Klim van die geldrondomtalie af

Daar is ‘n ou Engelse gesegde wat lui “Money makes the world go round”. Ongelukkig is dit nie waar nie. Dit is energie wat die aardbol in die rondte laat draai.

Ons is nou by ‘n kruispad wat energievoorsiening aanbetref. Aan die begin van ons nuwe demokrasie kon Eskom twee keer meer krag opwek as wat die maksimumverbruik was.

Vandag is die opwekkingvermoë en verbruik in perfekte balans.

Die skuldige is natuurlik Verwoerd wat destyds te veel kragstasies laat bou het.

Nietemin stel die huidige situasie nuwe uitdagings aan die regeerders en beplanners.

Die opsies beperk. Hule kan steenkool kragstasies bou maar visioene van stede wat in die see verdwyn as die ys aanhou smelt, maak hulle huiwerig. Kernkragstasies hou ook bepaalde uitdagings in. Hoewel hulle heelwat makliker is om te bedryf as rioolplase en watersuiweringsaanlegte sluip daar soms menslike foutjies in wat nie voorsien kon word nie. Gelukkig word mense maklik hervestig indien daar ‘n herhaling van die Foekoesjima-insident sou plaasvind.

Die gasvelde van die Karoo is verbode terrein. Omgewingsaktiviste het klaar onomwonde vasgestel dat aaklige boortorings die horisonne onherkenbaar gaan vermink. Om nie te praat van die wildsbokkies wat ‘n afgryslike dood gaan sterf as hulle drinkwater besoedel word nie.

Daar is egter ‘n bron van energie wat onuitputlik is. Dit werk op die beginsel van die mees moderne tegnologie wat die mens tot dusver kon bemeester: Kernversmelting.

Kernversmelting is ook baie gevaarlik maar as ons die reaktor ver genoeg van ons af kan wegkry en net die energie wat ons wil gebruik na ons toe kan stuur, is ons heel veilig.

As ons in die oggende opkyk in die lug sal ons sien dat die Skepper alreeds vir ons so ‘n reaktor ontwerp het.

Ons moet net leer om dit te gebruik.

Александр Фильчаков Васильевич

Skaliegas, ‘n groen-getinte leuen

Sasol se Secunda-aanleg is die grootste enkele vrysteller van CO2 op die planeet, en Eskom is die 3de grootste vrysteller van CO2 in die wêreld!

Dus is die nuus dat Shell die Karoo gaan omdolwe vir skaliegas beslis nie iets wat ‘n groen hart kan blymaak nie, veral gegewe die feit dat Sasol en Shell wil saamwerk op die projek.

Dit is bekend as hidrouliese breking, of hidrobreking, en sekere rolspelers wil dit as die toekoms van skoon, veilige energie, dié van “natuurlike” gas, voorhou. Maar in Pennsylvania, West Virginia en Arkansas, word inwoners met aardbewings, vergiftigte waterbronne en besmette drinkwater geteister.

Trouens die deelstaat New York het ‘n moratorium gehef op hidrobreking nadat die werklike probleme rugbaar geraak het van karsinogeniese stowwe in hoë konsentrasies in die water en omgewing. Maar verder as dié onmiddellike probleme wag ‘n groter probleem met fossiel-brandstof aangesien dit nie volhoubare energie verskaf nie, maar slegs ‘n opkikker vir die terminale afgang van die oliemaatskappye beteken.

Benewens die afgryslike omgewingskade wat dit inhou, is dit in werklikheid stokou tegnologie wat al dikwels aangewend is om gas en olie uit diep reservoirs te ontsluit. Dit is dus nie net ‘n spekulatiewe gegewe dat dit skade aan die natuur aanrig nie. Dis bekend en dis ‘n feit! Dit behels die pomp van boorvloeistowwe teen hoë druk in die put, hoog genoeg om die rotse te breek met die gas of olie, en dan vloei dit meer geredelik.

Wat verander het in die afgelope paar jaar is vooruitgang in boormetodes, maar die beginsel bly dieselfde. Putte kan nou horisontaal geboor word, en die brekingsproses het al hoe meer doeltreffend geword. Die gevolg is dat ‘n voorheen verwaarloosde bron van fossielbrandstowwe, skaliegas, maklik en goedkoper onsluit kan word. Dit het gelei tot ‘n oplewing in skaliegaswinning, wat vir 40% van die Amerikaanse natuurlike gasproduksie in 2008 ingestaan het. Maar die uitrol van duisende van nuwe putte het ‘n las van nuwe probleme geskep.

Hidrobreking produseer ‘n massiewe volume water-gebaseerde boorgruis wat iewers moet heen. Die Amerikaanse regering het die oliebaronne gered deur hulle vry te stel van die Safe Water Drinking Act, vervat in die 2005 Energy Policy Act. En nou is daar gevalle van waterbronne wat onherstelbaar besmet is in Pennsylvania, en van ekosisteme wat totaal uitgewis is in West Virginia. En… die oliemanne is nie aanspreeklik nie!

Hidrobreking kan selfs veroorsaak dat die aarde beweeg, met aardbewings gerapporteer in sentrale Arkansas, wat boorbedrywighede daar tot stilstand gedwing het. Dat die omgewingsprobleme daar is, is gewis. Dat dit tans buite die wetlike raamwerk en die EPA (Environmental Protection Agency) se oorsig val, is te wyte aan slinkse Amerikaanse politiekery. Maar die getuienis van die skade is daar.

Die voorstanders van die skaliegasstormloop, sê hierdie is net tandekryprobleme. Beter monitering, verbeterde tegnologie en strenger regulasies sal al die kwellings oplos, volgens hulle. Dan kan ons almal dapper vorentoe beur na die pragtige groen, ‘n lae-koolstof-toekoms met ‘n skaliegas-reserwe wat maklik vir die VSA ‘n 100 jaar se energie kan beteken.

As ‘n mens in gedagte hou dat een Amerikaanse vliegdekskip soveel olie binne ‘n maand gebruik as wat sommige lande in ‘n jaar gebruik om polisieman in die wêreld se Oseane te speel, dan is dit duidelik waarom daar so ‘n gejaag na energie is.

Natuurlike gas het ‘n veel laer koolstof-emissie-intensiteit as vuil steenkool of olie. Dis die skoon neef van die fossiel-brandstof familie.

Die probleem met hierdie analise is dat dit tipies van die oliebedryf is, én nuttig, én kortsigtig. Die totale effek op die vrystelling van kweekhuisgasse is meer ingewikkeld as om net verbrandingsdoeltreffendheid te vergelyk. Die volle lewensiklus van alle emissies van die onttrekking, vervoer en die gebruik van ‘n brandstof lyk heel anders.

Dit wys in die uitgebreide studie wat ‘n Cornell Universiteit se professor onderneem het. En skokkend, oor ‘n 20-jaar tydskaal, het skaliegas ‘n hoër kweekhuisgas-voetspoor as steenkool en olie. Dit is as gevolg van die rol van metaan, ‘n kragtige kweekhuisgas, wat vrygestel word tydens hidrobreking. Dit word gerieflikheidshalwe deur die voorstanders van die proses uitgelaat.

Dit maak die voortgesette ontginning van hierdie hulpbron deel van die probleem, en nie die oplossing nie. In plaas van skoon energie, is skalie-gas ‘n groen-getinte leuen. En die enigste belowende toekoms wat dit inhou, is vir die groot gas- en boormaatskappye. Vir die mense en die natuur waarvan hulle afhanklik is, is dit ‘n ramp.

Фильчаков прокурор

Die kern van die kernkwessie

Dat die spanning opbou in die Midde-Ooste is nie te betwyfel nie. Beide die VSA, Brittanje en Frankryk, asook Saoedi-Arabië beman die oorlogsteater van Iran vir die jongste opvoering van oefeninge wat daarop gemik is om die Straat van Hormoez te beskerm.

As dié seestraat gesluit moet word, is dit nag vir die wêreldekonomie, aangesien ‘n groot gedeelte van die wêreld se ru-olie daardeur vervoer word.

Die Pentagon het in die verlede ‘n verslag vrygestel waarin die 563 kernfoute, wanfunksies, en vals alarms oor die jare gelys word. ‘n Riller van ‘n verslag, want dit bring die leser onder die indruk van hoe naby die wêreld al talle kere op die rand van ‘n baie lelike konflik beweeg het met vals alarms.

Dan is daar die ongelukke, te veel om te noem. Kernduikbote van die soort wat nou in die Persiese Golf rondvaar en bots met ander skepe, is nie raar nie. Ten minste agt kernduikbote (een Frans, twee Amerikaans en vyf Russies) lê en vrot op die bodem van die see, waar hulle uraan en plutonium lek. In 2003 het die U.S.S. Hartford, ‘n kernaangedrewe duikboot, ‘n rots getref by ‘n klein eiland noord van Sardinië. Die gebied is nou hoogs radioaktief. En dit was nie eens vir ‘n oorlog nie.

In 1961 het ‘n Amerikaanse B-52 met twee atoombomme aan boord oor Faro, Noord-Carolina verongeluk. Een van die bomme, met ‘n valskerm om dit te vertraag, is gevind. Vyf van die ses sekerings wat ontwerp is om volle kernontploffing te voorkom, het misluk. Die ander atoombom is 6 meter diep in die grond begrawe.

Die militêre owerhede het besluit dis te moeilik om uit te grawe en dit daar gelaat. En daar sit dit tot vandag toe nog. Hierdie klein “ongelukkie” behels bomme wat elk 250 keer die krag van die Hirosjimabom dra. Die bevelvoerder het heel ernstig verklaar dat die bom ‘n hawe in NC sou skep en dat dit amper-amper was.

In 1956, en 1958, het twee vliegongelukke kernwapens ter plaatse gelaat en op 17 Januarie 1966, het ‘n Amerikaanse B-52 twee van vier waterstofbomme radioaktiewe deeltjies oor Palomares, Spanje in ‘n ontploffing gestrooi. Die Verenigde State het 1400 ton van radioaktiewe Spaanse grond opgegrawe en na Aiken, Suid-Carolina gestuur, waar die Savannah River Site die vervaardiging van kernwapens met die afval onderneem het.

Dit was net na die U.S.S. Ticonderoga uit Vietnam weggevaar het na Japan met ‘n kernbewapende vliegtuig aan boord en per ongeluk die vliegtuig in die see laat val het, kompleet met ‘n atoombom en vlieënier, tot op die bodem van die see, waar hulle tot vandag toe bly.

In 1968, het ‘n ander Amerikaanse B-52 met vier atoombomme neergestort in Groenland. Drie van die bomme het ontplof, terwyl die vierde nog soek is. Dit is onder die 11 kernbomme wat die Verenigde State erken dat hy oor die jare verloor het.

Dit is nog benewens die gebruik van wapens wat met arm uraan toegerus is, wat waarskynlik bygedra het tot duisende sterftes en geboorte-defekte. Behalwe die VSA, het 29 ander lande ook sulke wapens aangekoop.

Die kernramp in Japan het honderde duisende mense verplaas. Voor hierdie ramp, het die reguleerders in Japan gesê hulle het alle moontlike veiligheidsmaatreëls in plek. In die VSA staan 104 verouderde kernkragaanlegte, waarvan 23 volgens die dieselfde gebrekkige ontwerp as in Fukushima opgerig is.

Kernaangeleenthede van watter aard ook al, moet met die grootste versigtigheid hanteer word. Ongelukke maak dit al moeilik, maar ‘n dreigende oorlog maak dit dringend.

 

Фильчаков прокурор харькова

Beskawing ongehoord in die nuwe SA

In die ou Suid-Afrika is telkens gesê dat beskawing met die aankoms van Jan van Riebeeck in 1652 aan die suidpunt van Afrika geplant is. Daardie aanvanklike klein groepie blankes is eeue lank op ‘n deurlopende grondslag met nog Europeërs aangevul. Hulle ondernemingsgees, kundigheid en toewyding het die aanskyn van die land verander. Suid-Afrika het by verre die ontwikkeldste en voorspoedigste land in Afrika geword.

Wat vind ons vandag? Die mode het posgevat om Suid-Afrika se verlede, wat in baie opsigte voortreflik was, as donker, beklaenswaardig, verfoeilik, ens, voor te stel. Van die etniese groep onder wie se leiding voortreflike werk gedoen is, word verwag om sonder ophou verskoning te vra vir wat hulle gedoen het. Hulle is glo siek en het heling nodig. Van Riebeeck-dag, wat ongetwyfeld Beskawingsdag genoem kan word, word nie meer gevier nie. In die nuwe Suid-Afrika het selfs die woord “beskawing” uit die openbare woordeskat verdwyn. “Regstelling”, “transformasie”, “bemagtiging”, ens, het die nuwe glanswoorde geword.

In die plek van Eurosentriese denke en Westerse ideale het ‘n Afrosentriese ingesteldheid gekom. Die inheemse mense van die agterlikste kontinent word as moreel meerderwaardig en as navolgenswaardig voorgestel. Die tradisionele bouers van Suid-Afrika het plek vir brekers gemaak, wat maar mag maai waar hulle nie gesaai het nie.

Dit word algemeen aanvaar dat die mens in Afrika ontstaan het. Daar heers ook ‘n groot mate van eenstemmigheid dat die briljantste (bv ondernemendste) mense oor baie eeue Afrika op ‘n deurlopende grondslag verlaat het. Hiervolgens het kultuur (dus mense se maniere van dink en doen) ongetwyfeld in Afrika ontstaan, maar beskawing (dus gesofistikeerde, ontwikkelde maniere van dink en doen) het buite Afrika ontwikkel. Sedert 1652 het die blankes eeue lank heroïes probeer om beskawing in Suider-Afrika te laat gedy. ‘n Roemlose, verradelike magsoorgawe het hieraan ‘n einde gemaak.

Ek het onlangs De Doorns besoek, die plek waar ek my skoolloopbaan deurgebring het. In die ou Suid-Afrika was dit ‘n pragtige Bolandse dorp, geleë in die natuurskone Hexvallei. Dit was ‘n netjiese omgewing waarin wit en bruin mense in harmonie saamgeleef het. In die nuwe Suid-Afrika is die dorp en omgewing ver-Afrika tot ‘n tuiste vir by uitstrek swartes uit bv die Oos-Kaap en Zimbabwe. Binne twee dekades is ‘n mooi dorp feitlik onherkenbaar getransformeer tot ‘n esteties afsigtelike plek; eerder tipies Afrika as trots Europees.

Die res van my jeug het ek in Kraaifontein, deesdae ‘n voorstad van Kaapstad, deurgebring. Toe was daar net wit en bruin inwoners en dit was ‘n netjiese plek. Mense het daar nie luuks nie maar in vrede en veiligheid gewoon. Vandeesweek het ek die plek weer besoek. Op straat sien ‘n mens hoofsaaklik hordes swartes. Maar volgens Helen Zille is dit weens apartheid dat daar so min swartes in die Wes-Kaap is. Binne twee dekades het daar grootskaalse agteruitgang ingetree. Die eens beskaafde en voorspoedige atmosfeer het plek vir verval en uitsigloosheid gemaak. Die pragtige NG-kerkgebou (waarin ek getroud is) en die eens statige ouetehuis (waar ek baie jare lank elke week familielede besoek het) is albei in hulle geheel met hoë staalpenne omhein. Wat beskaaf is, moet deesdae op eie koste teen onbeskaafde gedrag beskerm word. Wat mooi was, kon net behoue bly toe beskaafde standaarde gehandhaaf is.

Deur die regering en die massamedia word ons daagliks wysgemaak dat die nuwe Suid-Afrika stukke beter is as wat die ou Suid-Afrika was. In werklikheid word daar ‘n beleid van verskoeide aarde gevolg. Beskawing het plek vir die ANC se geweldskultuur gemaak. Ek is te oud en te arm om te emigreer. In my leeftyd sal dinge nie weer hier plaaslik op die pad van beskawing geplaas word nie. Daar word beweer dat ‘n mens nie na binne moet emigreer nie. In soverre ek my stem teen die dwaasheid van die hede verhef, emigreer ek nie na binne nie. Andersins vertroetel ek die dinge van die gees, dit was goed en mooi in ons verlede was en elders in die wêreld steeds so is en die grondslag vir enige sinvolle toekoms moet wees.

Фильчаков прокурор харькова

Gewelddadige SA, die uitkoms van ‘strategiese spioene’

Soos Willie Esterhuyse in sy boek Endgame (Afr. titel: Eindstryd) spog oor die rol wat hyself en Nasionale Intelligensie gespeel het in die oorgang na “demokrasie”, is groot segmente van die weermag destyds as “diep verdag” gesien weens hul waarskuwings dat oorgawe op geweld sou uitloop. Dat sy teenstanders ongelukkig na 18 jaar reg bewys is, is ‘n skrale troos. Die toekoms vir ons grondwetlike demokrasie lyk allesbehalwe rooskleurig met Malema se kontra-rewolusionêre bedrywighede wat heel moontlik ter ondersteuning van die ANC se binnekameroogmerke geskied.

FW de Klerk het in 1992 ‘n “ondersoek” na die “duistere magte” geloods wat teen totale oorgawe was, ten einde hulle uit te rook, en het summier van senior offisiere in die Weermag ontslae geraak. Dit is allerweë gesien as ‘n suiwering van diegene in die Weermag wat teen sy oorgawe gekant was. Sy stappe het natuurlik tot die rasbewuste eenpartystaat gelei wat Suid-Afrika vandag is.

Gegewe hierdie agtergrond, is dit nie verbasend dat die Suid-Afrikaanse Grondwet tans spesifieke bepalings bevat om mag uit die hande van militêre rolspelers te hou nie. Juis om te verhoed dat die regerende elite, ons nepotistiese politici, bedreig word soos FW destyds was, bevat Artikel 199 van die Grondwet aanbevelings oor die strukturering van veiligheidsdienste.

Om te verseker dat die veiligheidsmagte uit partypolitiek bly, verbied artikel 199 (7) van die Grondwet enige lid van enige veiligheidsdiens om die belange van ‘n politieke party te bevorder.

Alles mooi musiek in die ore van die Grondwetters, wat vergeet het dat die president ook die opperbevelvoerder van die Weermag, die SANW asook van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die intelligensiediens bly. Die president gaan niemand aanstel wie se sienings in konflik met alles wat hy en sy party glo, verkeer nie.

Hierdie politieke beheer oor die SANW word verder deur artikel 202 (2) van die Grondwet onderstreep, wat bepaal dat die bevel oor die weermag in ooreenstemming met die voorskrifte van die minister van verdediging, “onder die gesag van die president ” uitgeoefen sal word.

Praat van volle ANC-beheer oor die veiligheidsmagte! FW kan dus rustig slaap, want die Grondwet is ‘n dokument so na sy hart. Geen lid wat ‘n wapen dra, sal ooit enige politikus in Suid-Afrika bedreig nie.

Die vraag is eerder of die ANC met sulke magshefbome tot hulle beskikking enige opposisie sal duld, maar daaraan het die ywerige Kodesa-onderhandelaars blykbaar nie gedink nie.

In Suid-Afrika is hierdie Grondwetbepalings geen heilsame beginsel nie, want die misbruik van mag kan nie deur skrif gewaarborg word nie. Die meerderheid beskou skrif en grondwetlike beginsels as “wit”, terwyl hulle uit ‘n orale tradisie stam. Het niemand in 1992 daaraan gedink nie?

Burgerlike beheer wat deur politici oor die Weermag uitgeoefen word, waarborg nie dat die minister van verdediging, en ten tweede, die demokraties verkose lede van die Parlemen,t nie ‘n geweldsopsie teenoor minderhede sal kies nie. Dit maak dit juis moontlik, en erger nog: maklik. Na alles, was ons president ‘n opgeleide guerillavegter, nie ‘n leunstoelakademikus nie.

Gerugte dat hy die polisiediens vir partypolitieke voordeel inspan, wil na Marikana ook nie gaan lê nie.

Die lede van die SANW is ook nie veronderstel om apolities te wees sonder enige private oortuigings en idees nie. Wat die Verdedigingswet betref, bepaal artikel 50 (4) van die Wet dat lede van die Weermag vreedsaam en ongewapen kan vergader, optogte kan hou, en plakkaatbetogings en petisies kan ondersteun. Na Malema se raad mag hulle ongetwyfeld luister.

Die militêre ontleder Helmoed Heitman sien uiteindelik die skrif aan die muur dat sulke optrede ‘n “staat kan destabiliseer en die weermag kan demoraliseer”. Hy noem selfs sedisie as ‘n gevaar. Nie dat Malema oor sedisie gepla is nie. Heitman bekommer hom waarskynlik dat dit wit sedisie sal aanwakker as Malema die soldate kry om wittes aan te val.

In elk geval, sedisie kan slegs gepleeg word op ‘n onwettige byeenkoms. Dit word gepleeg wanneer ‘n groep mense bymekaar kom op ‘n onwettige byeenkoms met die bedoeling om die gesag van die staat deur die verontagsaming of ondermyning van daardie gesag uit te daag.

Dit verskil van hoogverraad, wat die voorneme om die staat omver te werp, vereis. Dit verskil ook van blote kritiek op die regering van die dag of die leierskap. En van hoogverraad gepraat. Die beskrywing pas baie goed by wat FW de Klerk en sy intelligensieraadgewers gedoen het tydens wat Esterhuyse ‘n “strategiese verspiedersrol” noem.

 

Данильченко

SA die wêreld se nommer een vlugtelingbestemming

Julian Assange, WikiLeaks-stigter, se asielaansoek het die voorblaaie van die wêreld se koerante gehaal, maar wat verlede week in Burundi gebeur het is soortgelyk, skryf Simon Allison in Daily Maverick. Suid-Afrika is tans die wêreld se gunsteling bestemming vir asielsoekers.

‘n Kongolese politikus het toevlug by die Suid-Afrikaanse ambassade in Burundi gaan soek voor die Franse tussenbeide getree het.

Roger Lumbala, ‘n lid van die parlement van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), het verlede week opgedaag by die Suid-Afrikaanse ambassade in Burundi en om asiel aansoek gedoen. Gelukkig vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, is die moeilike situasie deur die Franse Ambassade se tussentrede opgelos.

Lumbala het ‘n aantal moeilike kwessies geopper en die besluit kon ernstige gevolge vir die streek, en veral Suid-Afrika se verhouding met die DRC en Rwanda ingehou het, skryf Allison.

Lumbala word gesoek op aanklagte van hoogverraad deur die Kongolese regering – beskuldigings wat hy verwerp as polities gemotiveer. Spesifiek, word hy daarvan beskuldig dat hy in Rwanda ‘n rebellie in die ooste van die land opstook. Spanning tussen die DRK en Rwanda het gelei tot verskeie skermutselings tussen die regering en rebelle. Rwanda bewapen en finansier glo van hierdie rebelle, die jongste in ‘n reeks van Rwandese pogings om die streek te destabiliseer.

Lumbala se asielaansoek sou Suid-Afrika se wetlike verpligtinge om die regte te beskerm van asielsoekers tot die uiterste getoets het.

Intussen egter stroom ekonomiese asielsoekers onverpoos oor die land se grense en na sy ambassades. Dit is, na alles, die wêreld se mees gewilde bestemming vir asielsoekers, met ‘n faktor van vyf. In 2011, was daar ‘n totaal van 219.368 asielzoekers in die land, in vergelyking met die volgende mees gewilde bestemming, die VSA met net ongeveer 40.000.

Die oorgrote meerderheid van hulle is van Zimbabwe, wat gevlug het van die geweld in 2009 en die verslegtende ekonomiese situasie sedertdien. Hulle word eenvoudig aangetrek deur Suid-Afrika se stabiliteit en welvaart in ‘n kontinent wat steeds deur konflik en armoede geteister word.

Suid-Afrika het ‘n reputasie van vrygewigheid teenoor vlugtelinge en asielsoekers, wat in die Grondwet beskerm word en toegelaat word om te werk en toegang tot maatskaplike dienste te verkry op die onkoste van belastingbetalers, is ‘n groot trekpleister.

Die talle burokratiese struikelblokke gaan waarskynlik nie die gety van ekonomiese asielsoekers stuit nie, veral gegewe dat die hindernisse elders nog veel erger is. Miljoene meer swartes gaan nog in die toekoms oor ons grense stroom. Die eerste salvo in politieke asiel is egter afgevuur. Soos wat die stryd om beheer oor Afrika se grondstowwe verhewig, sal hierdie kwessie ook momentum verkry.

Фільчаков прокурор

Die Britse kapitaliste het nog nooit opgehou om ons uit te buit nie

Die ANC het die mag wat aan hulle toegeken is, gebruik om ‘n swart elite te skep deur die implementering van regstellende aksie, ‘n twyfelagtige plan, skryf Sampie Terreblanche in sy nuwe boek, Lost in ­Transformation: South ­Africa’s Search for a New Future since 1986.

Die rykes en die armes is twee kante van dieselfde sistemiese muntstuk. Niks verduidelik dit beter as die situasie in Suid-Afrika in die eerste 70 jaar van die 20ste eeu toe blankes 20% van die totale bevolking was nie, maar meer as 70% van die totale inkomste ontvang het. Afrikaners was byna 70% van die bevolking, maar het daardie tyd minder as 20% van die totale inkomste ontvang. Dit kan toegeskryf word aan die polities-ekonomiese stelsel van wit Angelsaksiese politieke oorheersing en rasse-kapitalisme-korporatisme in Suid-Afrika in daardie tydperk. Die stelsel het Engelse blankes onverdiend verryk en swartes verarm.

In neoliberale lande waar die kapitalistiese korporatistiee sektor dominant is, is hierdie noue verhouding tussen die rykes en die armes veral duidelik. In alle neoliberale kapitalistiese lande het die armes armer geword sedert die vroeë 1980’s en die rykes baie ryker. Toe sosiaal-demokratiese kapitalisme in plek was in Westerse lande in die laaste deel van die 20ste eeu, was demokratiese regerings sterk genoeg om die kapitalistiese korporatistiese sektor in toom te hou en gelykheid van inkomste beter te waarborg. Maar toe sosiale demokrasie vervang word deur ‘n Angelsaksiese neoliberale kapitalisme in die vroeë 1980’s, is inkomste baie meer oneweredig versprei in alle Westerse lande.

In Suid-Afrika voor en na 1994, het die kapitalis-korporatis nog altyd die politieke sektor oorheers. Sulke stelsels was in plek van 1894 tot 1994, geïnstitusionaliseer deur die Britse Ryk en ondersteun deur Westerse regerings en korporasies namens van die twee blanke groepe. Die elitekompromie of die elite sameswering tussen die korporatiewe sektor en ‘n leierskapkern van die ANC voor 1994 is bereik wat wit korporasies en burgers van die rol wat hulle gespeel het in die uitbuiting en verwaarlosing van swartes vrygespreek het. Dit het ryk blankes in staat gestel om byna al hul opgehoopte rykdom oor te dra na ‘n byna ongeskonde nuwe Suid-Afrika.

Hoe kan ons kapitaal wat toegelaat is om Suid-Afrika te verlaat, weer terugkry? Volgens prof. Terreblanche het maatskappye soos Anglo American en Old Mutual ‘n groot deel van die Suid-Afrikaanse bates uit die land geskuif, maar hy weet nie of dit moontlik is om die omelet te skei nie.

Na ooreenkoms bereik is met die ANC-leierskap om ‘n beleid van swart elitevorming te implementeer, is dit egter van die krag ontneem om wit korporasies en burgers aanspreeklik te hou vir die sistemiese uitbuiting en die ontneming van swart mense tydens die “eeu van onreg” (1894-1994).

Die ANC-regering se swart elite is geskep deur die implementering van swart bemagtiging en regstellende aksie wat eerder twyfelagtige en bysiende maniere was om die plundering van die begroting roekeloos voort te sit. Die voortbestaan ​​van wit elitisme en wit korporatisme na 1994 en die skepping van swart elitisme oor die afgelope 18 jaar, was tot die nadeel van die armes en werkloses, en die vernaamste rede waarom inkomste sedert 1994 toenemend ongelyk is. Die rykste 10 miljoen Suid-Afrikaners in 2008 het byna 75% van die totale inkomste ontvang, terwyl die armste 25 miljoen minder as 8% ontvang.

Suid-Afrika het nog nooit ‘n polities-ekonomiese stelsel gehad waar die politieke kant sterk genoeg was om die kapitalistiese kant in toom te hou nie.

In plaas van die sosiale demokrasie en ‘n gelykmaking van inkomste sedert 1994, het Suid-Afrika, oor die afgelope 18 jaar, ‘n neoliberale oorgang beleef, gelei deur die Verenigde State, wat die kapitalis-korporatis in staat gestel het om selfs groter ongelykheid in huishoudelike inkomste te orkestreer.

Indiese ekonoom Amyarta Sen argumenteer dat die markpryse en die verspreiding van inkomste altyd staatmaak op omstandighede – sosiale, ekonomiese en politieke faktore. Die bemagtigende voorwaardes van kapitalisme is altyd so dat die pryse van goedere maklik aangepas kan word ten gunste van diegene in mag, met groot hoeveelhede van bemarkbare bates asook diegene met toegang tot die instrumente van politieke mag en propaganda.

Sen se argument is dat die inkomste word altyd minder eweredig is as kapitalisme aan sy eie lot oorgelaat word. Kapitaliste sal die asimmetriese eiendoms- en magsverhoudings vir hul eie verryking ontgin: Dit is dus altyd nodig vir regerings om omvattende herverdeling in kapitalistiese lande uit te voer.

Wanneer die regering se beleid vriendelik teenoor die kapitalistiese elite is, sal inkomste meer oneweredig versprei word. Wanneer die regering se beleid streef na die welsyn van die samelewing in die algemeen, sal inkomste meer gelykop verdeel word.

Volgens Britse joernalis joernalis George Monbiot, skryf in The Guardian dat rykes nie baie talent en intelligensie het nie, maar eerder die genadelose uitbuiting van ander nastreef omdat hulle per ongeluk gebore word om dit te doen.

In die Suid-Afrikaanse geval, is beide ryk wittes en ryk swartes skuldig hieraan. Miskien moet ons ‘n waarheids-en-versoeningskommissie hou om magsverhoudinge te ondersoek oor die afgelope 120 jaar met die nodige mate van nederigheid onder beide die ou wit elite en die nuwe swart elite. Dit is belangrik dat die rykes in Suid-Afrika ingelig moet word oor die sentrale rol wat skewe politieke en korporatiewe mag gespeel in die skep van hul weelde.

Solomon Johannes (Sampie) Terreblanche is ‘n emeritus professor in ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch en die skrywer van die geskiedenis van ongelykheid in Suid-Afrika, 1652 – 2002. Hierdie is ‘n geredigeerde uittreksel uit sy nuwe boek.

топкарго кидалы

Stellenbosch, die koninkryk van transformasie

Die opskrif van ‘n koerantartikel lui: “‘n Universiteit vir almal” (Die Burger, 5 deser, p 11). Die outeur is Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US). Dit is moontlik dat hy nie vir die opskrif verantwoordelik is nie, maar dit verwoord die kern van sy benadering.

Sodra ‘n mens die leerstelling aanvaar dat alle mense ewe begaaf is, dat almal die potensiaal het om in dieselfde mate te presteer mits hulle dieselfde geleenthede gebied word, kom jy by ‘n universiteit vir die gepeupel uit. Religieus kan ‘n mens in hierdie kwaad gesterk word deur te redeneer dat alle mense na die beeld van God geskape is. Almal kan dus maar tot die laagste gemene deler gereduseer word.

Ons ervaring van die werklikheid verskil egter hiervan. Daar is wel opsigte waarin mense eenders is, bv dat almal asemhaal, maar sulke ooreenkomste is dikwels op die liggaamlike vlak en ook daar kom groot verskille voor. ‘n Universiteit is egter op die gees (“mind”) van die mens ingestel en juis hier is daar groot variasies in bekwaamheid. Hoewel bv omgewingsfaktore ‘n rol speel, is dit deurslaggewend vanweë die geestelike vermoëns van mense dat sommige gebiede (bv lande, selfs ‘n kontinent) ontwikkeld en voorspoedig en ander agterlik en aalmoes-afhanklik is.

‘n Mens moet eerder die empiriese werklikheid ontvanklik in oënskou neem as om vas te klou aan ‘n onrealisties-idealistiese siening van mense. ‘n Universiteit is nie vir almal nie. Dit funksioneer op die derde/tersiêre (dus die hoogste) vlak van onderwys. Dit is veronderstel om net vir die beste van die bestes te wees, dus vir diegene wat reeds hulle geestelike uitnemendheid op die eerste en tweede onderwysvlak bewys het. ‘n Universiteit is nie veronderstel om ‘n instrument vir sosiale ingenieurswese ten behoewe van bv die regering te wees deur akademiese potensiaal (dus onbewese vermoëns) te soek nadat dit vir bykans twee dekades nog nie in kandidate na die oppervlak gekom het nie. Histories en inherent is ‘n universiteit nie veronderstel om regstellend ten behoewe van sosiale onvolmaakthede te funksioneer nie, maar eerder om bewese geestelike, spesifiek akademiese, bekwaamheid verder te ontwikkel.

Eintlik het die universiteit net twee funksies, naamlik onderrig en navorsing. Navorsingsresultate voed of onderskraag die onderrig. In die nuwe Suid-Afrika word ‘n derde funksie graag politiek-korrek beklemtoon, naamlik gemeenskapsdiens. Dit is egter iets wat die owerheid en vrywilligers behoort te onderneem. Dit is ‘n sosialisties/kommunistiese kenmerk om van universiteite gemeenskapsdiens te verwag. Die ANC-regering vereis op dieselfde ideologiese grondslag al hoe meer van afgestudeerde studente om vir ‘n jaar of langer verpligte gemeenskapsdiens te doen. Dit vloek natuurlik teen die veelgeroemde era van vryheid wat ons betree het. Maar dit is heeltemal in ooreenstemming met die kommunistiese leerstelling dat ons eintlik aan die staat behoort en dus die regering moet dien.

As UDF/ANC-aktivis is Botman meermale ingeperk. Dit het as springplank vir sy regstellende aanstelling as US-rektor gedien. Aan hom is in groot mate ‘n vrye hand in transformasie gegee. Anders as in die geval van sy blanke voorgangers, word hy politiek-korrek net ligweg gekritiseer, maar meesal glad nie. In sy akademiese pos kan hy dus sy politieke ideale uitleef, des te meer omdat hy vir ‘n tweede termyn van vyf jaar as rektor aangestel is, waaruit hy aflei dat hy volgens die universiteitsraad op die regte pad is: “My aanstelling vir ‘n tweede termyn deur die US-raad het die uitbou van transformasie as ‘n uitdruklike mandaat, wat ek gewis van plan is om te volbring.” Hier praat Botman die aktivis.

Omdat regstellende aanstellings nie suiwer op meriete geskied nie, bevind sodanige bevoordeeldes hulle op ‘n baie jonger ouderdom as voorheen (toe sulke betrekkings op meriete gevul is) in geil poste. Botman is klaarblyklik daarop uit om met radikale transformasie-inisiatiewe die ANC te beïndruk, sodat hy na sy uittrede as rektor aanspraak om ‘n geil pos in bv die politiek kan maak, al word hy etnies aan bande gelê deur die feit dat hy ‘n bruin-swarte en nie ‘n swart-swarte is nie.

Die rektor is veronderstel om die hoofakademikus van sy universiteit te wees; iemand na wie al die dosente en navorsers kan opsien vir akademiese leiding en voorbeeldstelling. As ‘n rektor egter om nie-akademiese redes en voordat hy hom daadwerklik akademies bewys het, jonk-jonk as rektor aangestel word, word hierdie tradisionele akademiese rol gesaboteer. Geen wonder dat so iemand hom dan eerder in sy spesialiteit, naamlik die politiek, uitleef nie. Die skuld hiervoor moet veral voor die deur van die universiteitsraad gelê word, wat sodanige aanstelling toegelaat het.

Die kanker loop dieper. Die rektor kan kwalik sy politieke oogmerke met ‘n universiteit bereik as hy nie steun uit die fakulteite ontvang nie. In die ou Suid-Afrika het die professore by die universiteitsraad aanbeveel wie as rektor aangestel moet word. Normaalweg is hierdie aanbeveling aanvaar. Die benoeming van dekane is deur die dosente in die betrokke fakulteit aanbeveel en die universiteitsraad het normaalweg daarmee akkoord gegaan. In albei gevalle (rektor en dekane) was die rol van die raad eintlik ‘n formaliteit. Op hierdie manier is gesorg dat sowel die rektor as die dekane gewoonlik deurwinterde akademici is wat hulle poste op grond van akademiese meriete beklee.

Die nuwe Suid-Afrika, wat voorgehou word as nie-rassisties en nie-seksisties, het die era van nie-meriete aanstellings ingelui. Die benoeming van die rektor en dekane is grootliks uit die hande van akademici geneem en aan die universiteitsrade toevertrou. Om te verseker dat hierdie rade volgens die wense van die ANC-regering handel, is hulle getransformeer deur bv daarop aan te dring dat hulle die demografie weerspieël, dus oorwegend swart moet wees, en die minister van hoër onderwys het hom aangematig om ‘n hele aantal raadslede te benoem wat dan volgens sy wense handel. Die akademiese kultuur aan universiteite word deesdae op hierdie manier deur ANC-politiek gerysmier.

Universiteitsonderrig is veronderstel om op die geestelike ontwikkeling van studente ingestel te wees. Met die oog hierop moet die akademiese klimaat aan die universiteit so min moontlik deur die regering van die oomblik versteur word. Hierdie “ivoortoringtydperk” van geestelike toewyding is absoluut noodsaaklik. Na afstudering kan sulke behoorlik ontwikkelde studente dan hulle kundigheid onder andere tot voordeel van die samelewing aanwend. Plaaslik word daar deesdae egter soveel moontlik politieke aktiviste in die kernposte aangestel; nie net in die geval van die rektor en die fakulteitsdekane nie, maar ook die studentedekaan.

Hierdie kernpersoneel verpolitiseer die hele akademiese opset, bv deur die universiteit as ‘n apologeet vir demokrasie te verklaar. In werklikheid is demokrasie (waarvan daar baie variasies is) net een van die politieke stelsels. Wat aan ‘n universiteit gedoen behoort te word, is om die verskillende soorte politieke stelsels na te vors, te bestudeer en te onderrig; nie om enigeen van hulle onkrities te propageer soos Botman doen nie.

Wat hy nie kan of wil begryp nie, is dat hy glad nie sy voorkeur vir demokrasie op sy universiteit moet projekteer nie. Die meerderheid weet nie noodwendig die beste nie, soos ‘n oomblik se nadenke duidelik uitwys, bv dat die meerderheid mense eens gefouteer het deur te dink dat die aarde plat is. Die universiteit is wesenlik ‘n hiërargiese en glad nie ‘n demokratiese inrigting nie. Die eerstejaarstudente is op ‘n laer vlak as die tweedejaars, ens. Die voorgraadse studente is op ‘n laer vlak as die nagraadse studente. Die amptenare in die administrasie is ten minste akademies op ‘n laer vlak as die akademiese personeel (dosente en navorsers). Voorheen was die dekane en die rektor akademies op ‘n hoër vlak as die ander akademiese personeel. Deesdae is die vergoeding van die dekane en rektor steeds hoër, maar weens die rol wat politiek speel, is hulle dikwels akademies minderwaardig. Die punt is: ‘n universiteit is nie ‘n gemeenskap van gelykes nie.

Weens sy oordrewe ingesteldheid op transformasie gaan dit vir Botman nie om die behoud van wat tradisioneel eie aan of kenmerkend van die US is (bv wittes, Afrikaans) nie, maar om die bevordering van wat vreemd is (nie-wittes, Engels). Onder die nie-wittes (sowel studente as dosente en ander personeel) is bruines by uitstek vir bevoordeling uitgesonder. Dit moet vir hom salig wees om sy eie mense so blatant te bevoordeel sonder om die wesenlike gevaar kan kritiek te loop, omdat enige beswaar as rassisties afgemaak kan word. Wat ook in Botman se gedrag opval, is dat hy baie traag is om te reageer as bv die afskaling van Afrikaans aangeroer of wittes benadeel word, maar dat hy dadelik en heftig reageer as daar die geringste sprake van “rassisme” ten koste van nie-wittes is.

Die primarius van een van die US-koshuise het onlangs op die oorspronklike gedagte gekom om soos ‘n Willie Jonker van weleer (namens alle NGK-lidmate) sonder ‘n mandaat sommer namens al die koshuisinwoners verskoning vir apartheid te vra. Die Burger was so beïndruk met hierdie meevallertjie dat hy verlede week ‘n berig daaroor op sy voorbladsy gepubliseer het. Dit was maklik voorspelbaar dat Botman dit as ‘n geleentheid sou aangryp om sy transformasie-agenda te bevorder; des te meer omdat hy op die internet kennis geneem het van ‘n ander misleide US-student wat om versnelde transformasie pleit. Hierdie twee gevalle toon myns insiens hoe doeltreffend die Botman-indoktrinasieveldtog op die kampus gevoer word. Dit het aanleiding gegee tot die Botman-artikel genoem in die eerste paragraaf hierbo, wat Die Burger met graagte gepubliseer het.

Wat doen Botman met hierdie gegewens? Hy loof hierdie “nuwe generasie studente” se insig en “denkleierskap”. Hy vind die apologie “verfrissend” maar “dat geen apologie vir apartheid die onregte van die verlede ongedaan sal maak nie”. Dus, die wittes bly skuldig en Botman, die UDF/ANC-aktivis, en soortgelykes bly onskuldig. Dit is seker ‘n toonbeeld van ware versoening. Dan kom hy behoorlik in rat met die ANC-woord “uitdagings”: “groter erkenning van die rol van die universiteit in die ongelykhede van die verlede”; ‘n geneul oor “die voortsetting van eksklusiwiteit”; ‘n gekla oor “die pyn van die verlede”; “groter toeganklikheid vir die verontregtes van apartheid” [al vier is teen die wittes gemik]; “diensbaarheid aan … alle mense in Suid-Afrika en die vasteland” [dus ‘n onderskrywing van die ANC se Afrika-beheptheid]; kortom: “totale transformasie” en “‘n onomkeerbare gees van verandering” [dus die diskreditering en uitwissing van alles wat met die US van weleer verband hou].

Botman beoog om die verswarting van die US “eksponensieel te versnel”. Hy opper ook die gedagte van “‘n eie herinneringstuin”, maar daarin sal die talle uitnemende wit US-akademici van weleer seker nie figureer nie. Dit is duidelik dat Botman in alle opsigte die ANC ter wille wil wees. Die enigste vlieg in die salf wat hy noem, is “die onlangse senior aanstellings van oorwegend wit mans”. Hy weet dit is ‘n doring in die vlees van die ANC, want Suid-Afrikaanse wit mans is saam met die Israelies bekend vir hulle doeltreffende uitroeiing van terroriste. Daarom word daar in die nuwe Suid-Afrika sover moontlik teen wit mans gediskrimineer. Botman troos hom egter daarmee dat “hierdie senior amptenare” moet “help om die transformasie pas te versnel”, dws hulle moet werk om hulleself uit hulle poste te kry.

Wat sê Botman oor Afrikaans as onderrigtaal aan die US? Hy verwys net indirek na hierdie lastigheid: “groter toeganklikheid vir die verontregtes van apartheid” en “groter toeganklikheid deur meertaligheid”. Die boodskap is myns insiens duidelik. Volgens die evangelie van Botman sal daar in die US-toekoms al hoe meer Engels en al hoe minder Afrikaans wees, totdat daar verkieslik geen Afrikaans oorbly nie; dus totale transformasie.

лобановский депутат

Die euwel van Jansenisme

Jonathan Jansen het ‘n rubriek in Die Burger. Dit word “Kennis in die bloed” genoem. Hierdie titel verwys na sy boek waarin hy sy vooroordele teen bv blankes, veral Afrikaners, uitstal. Sy jongste skrywe het “Hou godsdiens uit universiteit” as opskrif (4 deser, p 8). By Die Burger is dit beleid om positiewe reaksies op Jansen se uitlatings te publiseer en kritiese opmerkings te ignoreer.

As ‘n mens ‘n grondige kennis van universiteite het, bv hulle geskiedenis, sou jy nie (soos Jansen) die bestaansreg van christelike universiteite ontken nie, want alle universiteite was aanvanklik christelik. In hart en niere is die universiteit, soos so baie ander dinge, ‘n Westerse, spesifiek ‘n Europese, uitvinding. Universiteite is nie die nalatenskap van die Koisan, slawe of swartes nie. ‘n Mens kan jouself dus afvra of die volgende nuwe plaaslike gewoonte ‘n akademies voortreflike praktyk is, naamlik om by voorkeur en feitlik uitsluitlik nie-wittes vir die rektorskap van universiteite te oorweeg en dan sulke mense aan te stel.

As ‘n mens ‘n grondige kennis van universiteite het, sou jy ook nie (soos Jansen) te velde trek teen eentalige en monokulturele universiteite nie, want baie universiteite was sodanig en talle is nog steeds so. ‘n Eentalige universiteit toegespits op ‘n enkele kultuur kan daardie groep en meer as net daardie groep voortreflik dien. Dit was plaaslik die geval met bv die Universiteit Vrystaat (UV), totdat Jansen as rektor daar oorgeneem het met die belofte om die inrigting binne ‘n jaar onherkenbaar te verander. Sy ongegronde meerderwaardige houding is onerkentlik en beledigend teenoor al die voortreflike akademici wat voorheen op daardie kampus uitstekende akademiese werk gedoen het.

Waarom dit vir Jansen gaan, is om nie net Afrikaanse universiteite nie, maar ook Afrikaanse skole en eintlik alle Afrikanerinstellings (bv -inrigtings) te verdoem. Jansen sluit sy rubriek op hierdie histeriese noot af: “Ek het genoeg skade gesien wat deur sommige wit, sogenaamd Christelike Afrikaanse private skole aangerig is om te weet dat die uitbreiding van hierdie waansin na universiteite die soort eiegeregtige skynheiliges sal skep wat die Bybel vasklou op pad na die tronksel omdat hulle die land probeer opblaas het.” Die Boeremag het na bewering die land probeer opblaas. Dit was klaarblyklik meer potensieel as werklik. Nelson Mandela het dit werklik gedoen met sy MK-terreurbendes en die daaruit voortspruitende geweld van bv die UDF/ANC. Het Jansen, die opvoedkundige, al hierdie onbeskaafdheid veroordeel of keur hy dit eerder goed? Dit lyk asof hy hom aan selektiewe moraliteit skuldig maak. Die aanhaling is vol onverdunde gif.

Jansen gebruik talle woorde om kultuur- (bv taal- of godsdiens-) eksklusiewe inrigtings en hulle produkte sleg te sê. Hulle is glo belaglik, volkseie, geïsoleerd, eng, bevooroordeeld, geïndoktrineerd en bekrompe. Hulle maak ‘n “marginale gedruis” en het ‘n “geheime politieke agenda”. Sy eintlike beswaar is dat hulle in die politiek regs kan wees. ‘n Mens se kleur is volgens Jansen se besondere insig net “die uiterlike van die epidermis”; iets wat nogal ‘n groot invloed kan uitoefen, want nie net lande nie maar ook ‘n kontinent kan deur agterlikheid gekenmerk word.

Die universiteite wat Jansen voorstaan, is glo “eilande van uitnemendheid”, al word daar (bv aan die UV) op ras- en geslagsgronde, ooreenkomstig die ANC se beleid, kliphard teen die akademies beste studente en die akademies beste dosente gediskrimineer. Wat hierna op Jansen se kampus oorbly, word “broers en susters” en daarby “gelykes” genoem. Daar moenie ‘n sterk onderrigbaan net vir Afrikaans wees nie, maar ook vir die “ander inheemse tale”, asof laasgenoemdes ‘n akademies-wetenskaplike woordeskat het. Universiteite wat nie aan Jansen se ideologiese vereistes voldoen nie, noem hy “speelskool-universiteite”.

Dit is duidelik dat Jansen rasioneel en spesifiek akademies mank aan ernstige tekortkominge gaan. Ten spyte hiervan het hy ‘n kursus in Jansenisme ingestel wat verpligtend vir alle UV-studente is. Dit druis lynreg teen akademiese vryheid in. Dit is gelaai met Jansen se ideologiese voorkeure, bv (volgens ‘n persberig) dat ‘n swart student met drie onderskeidings in matriek akademies net so goed soos ‘n wit student met sewe onderskeidings is. Hoekom mag studente nie sonder indoktrinasie self ‘n mening hieroor vorm nie? Voorheen het Jansen beweer dat een onderskeiding reeds genoeg is om ‘n swarte akademies net so goed soos ‘n witte met sewe onderskeidings te maak. Myns insiens moet ons die jongste uitlating nie toejuig as vordering nie, maar eerder al sy etniesgebaseerde vooroordeel verwerp.

Jansen vereis dat alle studente op die kampus teen wil en dank die klasse in Jansenisme moet bywoon. Aan hierdie tot onlangs eksklusief Afrikaanse universiteit word hierdie kursus net in Engels aangebied, wat dit seker ‘n toonbeeld van ‘n nuwe soort toeganklikheid en inklusiwiteit maak. Wat sou Jansen en sy medestudente op die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland gedoen het as professor Sieberhagen (die rektor in die jare sewentig, toe Jansen daar ‘n student was) ‘n verpligte kursus met ‘n groot skeut indoktrinasie (dus ideologiese lading soortgelyk aan die christelikheid waarteen Jansen dit het) ingestel het? Hulle sou sekerlik klippe gegooi en die kampus op horings geneem het.

Nou gaan dit by die UV om Jansenisme, dus om die aantasting van akademiese vryheid. Dit gaan ook om die opheffing van universitêre outonomie, want die kursus is deurtrek met ANC-gedienstigheid, dus met die soort politieke korrektheid wat tans in die mode is. Jansen hou bv van demokrasie, van die mite dat alle mense dieselfde waarde het en dus met stemreg in dieselfde mate die heil van die land mag beïnvloed. Die waarheid is dat mense verskil, dat party mense klaarblyklik meer werd as ander is; ook dat baie akademici akademies, wetenskaplik en andersins baie meer dieptegang as Jansen het.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Die nalatenskap van Neville Alexander

Die nuus van die afsterwe van Neville Alexander, die struggle-held, is oral met lofprysinge vir sy toewyding aan Afrikaans begroet. Vir ander egter, word hy onthou as die man wat sy genoegdoening dat die “Afrikaner ‘n lyk is” te kenne gegee het, ‘n ongelukkige uitspraak wat hom kennelik in dieselfde kategorie as Julius Malema en sy “Kill a boer” plaas.

Prof. Alexander, een van prof. Jonathan Jansen se gunstelingmeningsvormers oor Afrikaans, het een van die wit deelnemers by die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch in 2005 toegesnou: “Die Afrikaner is ‘n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is.”

Alexander het dié uitlating gemaak ter ondersteuning van prof. Jansen. Tydens Jansen se inleiding by die einste Afrikaanse Taalberaad het hy vermeld dat hy nie wil luister na die “kak oor kultuurverskille” nie. As rektor het Jansen terloops intussen akademiese meriete openlik by Kovsies ondergeskik aan rassetransformasie gestel wat selfs Afriforum genoop het om kritiek teen hom uit te spreek.

Hy het by die Taalberaad aanbeveel dat mense wat van hom verskil, “seksuele omgang met ‘n swart persoon behoort te hê sodat hulle kan regkom”, duidelik ‘n gewilde tema by Alexander toe.

Onder aanmoediging van ‘n “transformerende” Stellenbosch, verkeer bruin intellektuele skynbaar steeds onder die indruk dat drie miljoen Afrikaners in 1994 agv plaasmoorde of etniese suiwering verdwyn het. Media24 het intussen amptelik die benaming “Afrikaner” met “Afrikaanse” vervang. Soos in die ou Sowjetunie of Oos-Duitsland mag ons nie na onsself in ou, vertroude terme beskryf nie, maar moet “amptelike” begrippe en identiteite eerbiedig word.

Theo Erasmus van die betaalkanaal KykNET het voorheen ‘n beleidstuk versprei waarin die volgende vermeld word: “Die kanaal mag nooit gesien word as een wat eksklusief op ‘n wit mark gerig is nie. Die persentasie bruin mense wat DStv besit en dus toegang tot KykNET het, is bitter klein, maar die kanaal moet ook toekomstige gehore teiken – nie net in sy eie belang nie, maar in belang van Afrikaans.”

Die enigste afleiding wat ‘n mens hieruit kan maak, is dat KykNET nie van sy huidige kykerspubliek – blanke Afrikaners – hou nie. Daar is min sakeondernemings ter wêreld wat soveel minagting teenoor hul eie kliënte koester soos KykNET.

Dat Alexander, tesame met Jansen, Gerwel en ander aardig besoldigde “sterre” in die transformasie-pleïade tot sulke minagting vir Afrikaners bygedra het, is gewis.

Vroeër vanjaar het hy egter die mees onbesonne projek van sy twyfelagtige loopbaan aangepak deur hom op RSG tydens ‘n byeenkoms in Seepunt tot “die herstandaardisering van Afrikaans” te verbind. Volgens Alexander is Standaardafrikaans ‘n “wit taal” of dan ‘n minderwaardige dialek wat deur ewe minderwaardige Afrikaners gepraat word.

Die gedagte dat die meer as 300 woordeboeke in Afrikaans voortaan in “Kaaps” of watter ander variant van Afrikaans Alexander ook al vir sy herstandaardisering sou verkies, is ‘n Quijotiese gedagte. Nie net is dit absurd nie, maar word slegs deur ressentiment jeens blankes ondersteun.

Dít is ongelukkig die nalentskap van Neville Alexander.

Александр Фильчаков