Die onkruid woeker voort

Elke volk het sy kwota lae karakters en sy oomblikke van skande. Een van die swartste dae in ons volk se geskiedenis was 7 November 1901, toe die National Scouts-korps in Transvaal gestig is.

Hierdie skandebende se lede was verraaiers uit volksgeledere. Aanvanklik het die Britse militêre owerheid hensoppers en floukoppe nie-amptelik as gidse, spioene en verkenners teen die getroue, vegtende Boere gebruik.

In Desember 1900 het invloedryke hensoppers, soos oud-generaals APJ Cronjé en Piet de Wet, sogenaamde Burgervredekomitees gestig. Aanvanklik was hulle redelik passief, maar teen September 1901 het hulle aangebied om hensoppers in eenhede te organiseer om aan Britse kant teen hulle eie mense te veg.

Dit het gelei tot die stigting van die National Scouts in Transvaal en later ook die Orange River Colony Volunteers in die Vrystaat.

Die Britte het nie eintlik die Scouts gerespekteer of vertrou nie. Hulle het gesorg dat elke afdeling van 50 tot 100 lede onder die bevel van Britse offisiere staan, bygestaan deur een of twee verraaier-offisiere.

Aanvanklik sou die Scouts se vergoeding bestaan uit ‘n deel van die buit wat hulle van die Boereplase sou roof, maar later is ‘n Judasloon van vyf sjieling per dag vir manskappe en 15 sjielings per dag vir offisiere vasgestel. Die Scouts is ook voorkeurbehandeling in die konsentrasiekampe en na die oorlog belowe.

In ruil hiervoor het hulle hul Britse base as gidse en spioene gedien. Hulle het ook saam met swart Britsgesindes Boereplase afgebrand en vroue en kinders na konsentrasiekampe weggevoer.

Die National Scouts het strykdeur hatiger teen die Boere opgetree as die Engelse.

Die getroue bittereinder-generaal, Christiaan de Wet, het van die National Scouts gesê: “Verrader, monster, vloek der aarde, vernederd schepsel der natuur”. Tot vandag is National Scout ‘n skandnaam wat die grootste veragting uitlok.

Maar elke geslag het sy stryd en vandag moet ons ook elkeen hand diep in eie boesem steek om te bepaal of ons eie gedrag dié van troue bittereinders is of dié van National Scouts.

• Die National Scout het beloftes van voorkeurbehandeling, ‘n deel van die buit en later ‘n paar sikkels per dag vir sy verraad ontvang. Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat die vyand dien deur sy vals plek- en straatname domgedwee na te praat?

• Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat sy eie taal verraai met woorde soos stunning en awesome en seedee en deeveedee?

• Wat ontvang die Afrikaner van vandag wat sy eie kinders vrywillig oorlewer aan die konsentrasiekamp van die vyand se skole, waar hulle mislei, verneder en vernietig word en selfs die prooi word van aanranding, verkragting en skêrmoord?

• Wat ontvang die Afrkaner van vandag vir wie dit te veel moeite is om hom by die Volksverkiesingskommissie te registreer en sy stem vir sy volk uit te bring?

Daar was maar eenduisend-vierhonderd-en-tagtig National Scouts en minder as vyfhonderd Orange River Colony Volunteers, maar hulle nagedagtenis word tot vandag met veragting bejeen.

Hoe wil ons hê moet ons nageslag ons onthou?

 

клей шпаклевкаФильчаков Харьков

Waarheid oor Uhuru Guru gaan opspraak verwek

Mnr. Fred Rundle, wat bande met die AWB en ander verregse organisasies het en die klag van kubermisdaad teen Uhuru Guru gelê het, het die volgende brief aan ons gerig:

Anton Barnard is een van die intelligente mense wat die storie reg lees en sien dat daar meer agter hierdie storie steek as wat Bert Oosthuizen beweer. Sy nuutste pos op sy blog, is van alle waarheid ontbloot en in sy desperaatheid is hy net besig om nog spykers in sy kis te slaan.

Die waarheid gaan wel geopenbaar word en dit is 100% anders as wat Uhuru Guru (Bert Oosthuizen) voorgee. Bert probeer simpatie verwek, of sweep hy die mense op om geldelike bydraes te kry vir dít wat gaan volg? Laat die gereg sy gang gaan en dan sal almal kan lees wat die werklike waarheid is, want dit gaan opspraakwekkend wees. Die anonieme mense wat my nou so verdoem en probeer uitmaak as ‘n verraaier sal nog hulle woorde moet eet.

free slots onlineАлександр Фильчаков

My onregmatige en onwettige arrestasie – Uhuru Guru

In antwoord op die vrae wat Anton Barnard rondom die vreemde inhegtenisname en aanhouding van die webmeester Uhuru Guru van South Africa Sucks gevra het, het ons die volgende brief van 2300 woorde van Bert Oosthuizen alias Uhuru Guru ontvang. Hoewel Oosthuizen verlede week nooit formeel aangekla is nie, het Beeld sy regte naam gepubliseer, asof hy reeds in die hof verskyn het en aangekla is. Hier volg sy brief:

Ek kan u verseker dat my arrestasie onregmatig én onwettig was. Ter verduideliking in pynlike detail:

 

Gedurende 1993 was ek werksaam as gekontrakteerde IT konsultant by ‘n rekenaarfirma in Cresta, Johannesburg. Ek (ongetroud op daardie stadium) het ‘n ruim meenthuis besit te Castle Hill in Ferndale / Windsor. Een van die tegnici wat saam met my gewerk het (jong blanke Afrikaanse man van 21) het by my loseer vir ongeveer 5 maande. Hy het egter nie ‘n sent huur betaal in die HELE periode nie en ek het hom uiteindelik uitgegooi. ‘n Week later het hy (by die kantoor waar ons werksaam was) my motorsleutels gegaps terwyl ek in ‘n vergadering was, ‘n hardeskyf (40Mb ek dink) geneem uit sy eie werkswinkel en dit in my meenthuis gaan plant om wraak te neem teen die feit dat ek hom uitgeskop het terug na sy ouers toe.

Hy het toe teruggekom en na die eienaar van die firma gegaan en hom meegedeel dat ek komponente gesteel het. Hy het toe die eienaar na my meenthuis geneem om hom te wys. Ek was salig onbewus hiervan terwyl ek besig was met my sake-voorlegging. Hulle kom toe beide terug, waarop die eienaar my gekonfronteer het. Ek het woedend gereageer en het onmiddelik en summier bedank. Tot vandag toe skuld hulle my baie duisende rande vir werk waarvoor ek nooit betaal is nie.

Etlike jare later vind ek uit dat daar ‘n klag van diefstal en bedrog teen my is, sowel as ‘n lasbrief van my arres. Ek was stomgeslaan en het my prokureur instruksie gegee om dit dadelik uit te sorteer. Hy het oproepe gemaak na die polisie. My prokureur het my later meegedeel dat dit ‘n onbesonne en niksseggende klag was waaroor ek nie hoef te bekommer nie. Dit het geblyk dat die klag nie op die polisie databasis was nie.

Ek het dit daar gelaat en aangegaan met my lewe. Nou, sestien jaar later kom byt hierdie ding my en veroorsaak dat ek ‘n nag in die selle moes deurbring met geharde misdadigers. Die Linden SAPS het alles in hul vermoe gedoen om te verseker dat ek nie dadelik mog hof toe gaan nie, ten spyte van die feit dat my advokaat gereel het met een van die senior aanklaers om wel my borgaansoek aan te hoor.

Indien die beskuldigde NIE voor 10h00 by die hof is nie, weier die hof om die saak aan te hoor. Die advokaat het skriftelike toestemming gekry hiervoor.

Die advokaat is terug na kaptein en het hom die brief van die staatsaanklear gewys. Sy het hom toe gevra om my te stuur, en hy het toegestem. In haar teenwoordigheid het hy twee polisielede opdrag gegee om my hof toe te neem. Dit was Woensdag ongeveer 1NM.

My prokureur was op daardie stadium by my en het my gegroet en gesê “ek sien jou oor 30 min by die hof”. Kortliks na hy uitgestap het, het die een inspekteur die

dossier neergegooi en aan my gesê “ek kan jou nie hof toe neem nie, jy is nog nie aangekla nie.” Ek was verbyster en het aan hom genoem dat ek reeds 16 jaar gelede “aangekla” is. Hy het egter aangedring hy moet my eers aankla. Toe vlieg hy op en sê “ek moet gou met die kaptein (Van der Linde) gaan praat, ek kom terug oor 5 minute.

Ek wag toe vir twee ure in die selle se aanhouding area. Teen 3NM het ek paniekbevange begin word en het toe die aanhoudingselle se bevelvoerder gevra of ek my “konstitusioneel gewaarborgde” oproep mag maak. Ek wou my prokureur bel om hom mee te deel wat aan die gang is. Dit was geweier. So 3:10 NM het ‘n swart inspekeur na my toe gekom, my gevra of ek Oosthuizen is. Ek het bevestigend geantwoord. Toe vra hy my of ek my selfoon by my het (nee) en of ek geld aan my het (nee). Toe kyk hy na sy horlosie en se “eish, I’m not going to rush to get you to court now”. Ek het by hom gepleit en aan hom genoem dat die SAP my deur afgeskop

het en dat my huis tans baie onveilig is, en dat my vrou en drie dogters se veiligheid op die spel is. Hy het my egter geïgnoreer en iets in ‘n swart taal aan die sel-bevelvoerder gesê, wat my toe dadelik terug na die selle geneem het en toegesluit het.

Intussen het my prokureur en advokaat niksvermoedend by die Randburg hof gesit en wag vir my. My advokaat het etlike kere vir Kapt van der Linde gebel wat eers gesê het, hy sal terugbel, wat hy nie gedoen het nie. Toe my advokaat weer bel sê hy dat ek binnekort op pad is, dat ek geprosesseer word, aldus my regspan. Intussentyd sit ek in die selle…

Teen 3.15 NM was die hofpersoneel wie my saak sou aanhoor, weg. Hierna het my regspan teruggekeer na Linden SAP en my meegedeel dat ek die nag in die selle gaan deurbring.  Die volgende oggend om 8:30 is ek geboei aan ‘n swart dwelmsmous en winkeldief, agter in ‘n vangwa gelaai en hof toe geneem. Die bestuurder het geweldig gerem, hard petrol getrap en draaie gegooi met die voertuig. Die boeie was geweldig styf en het my seergemaak, en ek het gesukkel om asem te haal omdat die twee ander gevangenes vreeslik gestink het agter in die vangwa.

By die hof aangekom het die bestuurder (‘n swart sersant) my in die hofselle ingebring en toe die boeie verwyder. Toe sê hy op Engels dat as die hof nie my saak aanhoor nie, dat ek dan nie na Linden teruggeneem word nie maar “Sun City” toe gaan. Ek was oorbluf oor sy stelling wat ek geen kop of stert van kon uitmaak nie. Wat het Sun City tog te doen met my saak? Ek dink toe vlugtig aan die crimen injuria saak van die ou wat Shane “Sies jou vark” se CD gespeel het en gearresteer is vir Crimen injuria teen Nelson Mandela, by Sun City.

Ek gesels toe met een van die ander gevangenes wat my laggend meedeel dat “Sun City” eintlik die bynaam vir Diepkloof gevangenis is. Ek was natuurlik toe uiters bekommerd dat dit nou miskien die plan met my is. Diepkloof is tans onder kwarantyn en niemand word toegelaat om hof toe te kom of enigsins die gevangenis te verlaat nie.

My regspan was op daardie stadium besig om te prober uitvind watter hof my saak gaan aanhoor. Na ‘n vreeslike gesukkel sien hulle toe my naam op ‘n bord met die woord “NOR” aangeteken langs dit. NOR beteken “Not On Roll”. Hulle kry toe die senior aanklaer wie, nadat sy my dossier bestudeer het, besluit het om nie voort te gaan nie. Die resultaat is date k onmiddellik vrygelaat moes word.

‘n Konstabel het my uit die selle kom haal en toe ek teen die trappe van die hof opstap het ek dit vreemd gevind dat dit doodstil is. Ek het verwag om in ‘n vol hofsaal in te stap en in die aangeklaagdebank te gaan staan om te kan pleit en ook vir borg aansoek te doen.

Daar was egter nie ‘n enkele siel in die hof nie, en ek het uitgestap in die gang in, heeltemaal oorbluf van wat aan die gang was. Nadat ek vir ongeveer 20 minute op en af gestap het op soek na my advokaat en prokureur, het ek hulle uiteindelik in die gange opgespoor. Ons is dadelik weg daar. Ek wil dit benadruk dat ek op GEEN stadium voor enigiemand verskyn het nie, geensins gepleit het of selfs enigiets op enige stadium met enige aanklaer of landdros te make gehad het nie. Die saak teen my was nie op enige stadium eers op die rol geplaas nie!

Die berig in Beeld, sowel as die feit dat my naam genoem het is feitelik verkeerd en grens aan kwaadwilligheid en laster.

Al my rekenaartoreusting is gekonfiskeer en ek kan tans gladnie my besigheid bedryf nie. Die lasbrief wat Woensdag oggend om 6:15VM op my gedien is toe my deur hardhandig en onnodiglik afgeskop is in tipiese Gestapo styl, is ‘n lasbrief op sterkte van crimen injuria sowel as klagtes van ongespesifiseerde kuber-misdade. Ek is nie vir enigiets anders aangekla nie maar is deur ‘n superintendent van georganiseerde misdaad gewaarsku dat afhangende van wat op my rekenaars ne bedieners gevind word, daar verdere klagtes teen my gelê gaan word. In die lig hiervan was ek dus huiwerig om publieke uitsprake te maak en was geadviseer om liefs niks te sê nie.

My skrywe hier is nou teenstrydig met my regsadvies en ek hoop nie dat ek myself verder benadeel hierdeur nie. Ek voel egter genoop om my kant te stel deur die kuber-ruim vrae wat nou die rondtes doen en veral die vals en bedrieglike wyse waarop Beeld die artikel gepubliseer het, wat soos u tereg opgemerk het, ‘n duidelike agenda van mistasting en moedswillige verdraaiing toon. My integriteit word kwaai aangetas en ek kan nie langer die vrae ignoreer nie.

Ek is nie ‘n krimineel, dief of bedrieër nie. Ek is voorts ook nie ‘n kranksinnige Al Queda terroris of Boeremag styl bedreiging vir die staat nie, maar wel ‘n dood-gewone rekenaarkonsultant vies vir hierdie vervallende kriminele land. Steeds steier ek onder die feit dat nie minder as 5 SAPS spesialis-eenhede, ondersteun deur polisiemanne van Fairland, Linden en Honeydew polisiestasies my deur kom afskop het asof my residensiele tuiste ‘n swaar-verdedigde terroristebasis is. Die aanvanklike kontingent was ongeveer 18 na 20 polisimanne, meeste in siviele drag. Later het meer polisie opgedaag en ek sou raai dat daar ten minste dertig in totaal betrokke was hierby.

Dat sulke ongelooflike hupbronne ingespan word teen ‘n onbelangrike, onbenullige nietige man soos ek is verbysterend, veral gesien in die lig van die ondenkbare wrede moorde, verkragtings en martelings van onskuldige blanke vrouens, mans en kinders wat nooit ondersoek word agv ‘n kastige “tekort aan hulpbronne” nie. Die vrae wat aan my gestel is deur die twee blanke Afrikaanse veiligheids manne (een is nogal ook ‘n Oosthuizen!) herinner aan die Sowjet-Unie en Oos Duitsland era se modus vivendi.

Hulle was geweldig geinterresseerd in my skakel met Dr Roodt, maar my regsverteenwoordiger het dadelik ‘n stokkie voor hulle ongelooflike vrae gesteek.

Wat opmerklik was, was die belangstelling (deur AL die polisiemanne) veral in die boeke geskryf deur Dr Dan Roodt, wat hulle in my kantoor in die boekrak langs my lessenaar gevind is. Al die boeke is sorgvuldig gefotografeer en enige ander boeke wat te doen het met geskiedenis (bv ek het kopiee van David Irving se werke) sowel as ‘n boek deur Richard Dawkins is versigtig gefotografeer. Ek het handleidings wat aan my gegee is gedurende my nasionale diensplig op die SWA grens in 1983, onder meer “mynbewustheid” en ander SAW materiaal, wat gemerk is “restricted”. Hierdie SAW handleidings is gekonfiskeer en daar is aan my genoem dat ek in onwettige besit is daarvan.

Daar is ook afgekom op rekenaarspeletjies, MP3-musiek en dies meer, en toe voeg die ondersoekbeamptes by dat hulle my selfs vir besit van roofprogramme (piracy) sal aankla. Dat hulle instruksies gegee is om “throw the book at him” is duidelik en ek het geen twyfel dat alles polities geinspireer is nie.

Ergste van alles, die hele aanslag op my is geïnisieer deur Fred Rundle, met wie ek ‘n lelike argument gehad het toe hy na aanleiding van Dan se Heilbron ontmoeting weereens ‘n lelike aanval op Dan geloods het. Ek en hy was (hoewel ons vriende was) gereeld haaks oor sy ongeoorloofde en onnodige aanvalle op Dan. Rundle het die polisie gekontak en verklarings afgele wat my van kuber-misdade beskuldig het.

My vrou en kinders is ongelooflik getraumatiseerd maar dis vir my ‘n riem onder die hart dat ek sulke fantastiese ondersteuning vanuit alle oorde en veral PRAAG ontvang het. Ek wil graag vir Dr Dan persoonlik bedank vir sy moeite en bewusmaking van my onregmatige arrestasie en ook aan u Anton, my dank betuig – die artikel waarop ek nou reageer is besonder goed geskryf en u is 100% korrek oor die afleidings wat u gemaak het. Ek is spyt ek het nie vroeer my mond oopgemaak om al die onsekerheid uit die weg te ruim nie maar u sal verstaan dat dit vir my ‘n skrikwekkende en skokkende ervaring was.

Vir die eerste keer in my lewe (behalwe vir ‘n verkeersoortreding ook in die ’90’s) is ek gearresteer, boeie aan my polse gevoel en was soos ‘n gewone rampokker saam met drie swart misdadigers vir die nag toegesluit, in ‘n stinkende sel om dit deur te bring op ‘n harde, koue sement vloer met honde komberse.

Ek vrees egter dat dit nog net die begin is, en verwag om die slagoffer van verdere klopjagte en arrestasies te wees, aldus my regspan.

Beste wense,

Bert Oosthuizen

ресивер для компрессора этоалександр лобановский харьков класс

Reitzvideo was grensverskuiwend

Toe die Reitzvideo aanvanklik gedurende Februarie 2008 op die wêreldtoneel gebars het, het meeste Afrikaners gedink hier is slegs ‘n geval van onsmaaklike studentepret wat effens handuit geruk het.

Die mediareaksie op die video het egter getoon hier is ‘n senuwee oopgeboor wat die onsekere bestaan van die nuwe Suid-Afrikaanse orde wesenlik bedreig.

Soos die Reitz-4 sage voortsleep in ‘n opvoering van politieke teater in sy mees absurde vorm, word toenemend besef dat die historiese omvang van die Reitz-4 sage nie meer onderskat kan word nie. Ons het hier ‘n video wat die bodem uitruk uit die skyn en pretensies van die nuwe Suid-Afrika.

Die gebeurtenis in die Afrikaner se geskiedenis wat die naaste hieraan herinner, is die Slagtersnekrebellie amper 200 jaar gelede, wat die eerste Afrikanerdaad van openlike verset teen die Britse kolonialisme was en bygedra het tot die Groot Trek dekades later. Soos die Slagtersnekrebellie is die Reitzvideo ‘n onsmaaklike voorval van groot historiese betekenis.

Soos met die Bezuidenhoutbroers voor Slagtersnek, het die Reitz-4 nooit die historiese implikasie van hul dade besef nie.

Hier is ‘n voorlopige en onvolledige lys van die historiese implikasies van die Reitzvideo:

a)Vir die eerste keer sedert 1994 is openlik die spot gedryf met die absurditeite en skyn van die nuwe Suid-Afrika en sy politieke ideologie.

b)Die histeriese reaksie van o.a. die media, het gewys hoe onseker en bedreig die wit Suid-Afrikaanse establishment is oor die huidige sosio-politieke opset in Suid Afrika.

c)Die vreesbevange reaksie van organisasies van die ou Afrikaner establishment, wat vir een of ander rede verantwoordelik gevoel het vir die optrede van die vier studente. Die ironie is dat hierdie organisasies eintlik niemand meer verteenwoordig nie en hul irrelevansie net verder beklemtoon het.

d)Die finale doodskoot van die Vryheidsfront Plus as deelnemer aan politieke prosesse in die land “namens” Afrikaners. Die Afrikaners wat wel nog aan die politiek wou deelneem sou die volgende verkiesing binnegaan as Kaapse koloniste wat DA stem.

e)Die blootlegging van die onderliggende beskawingskonflik in Suid Afrika deur die teenstrydige intrepretasies van die video nl. studentepret vs nasionale rasseramp.

f)Die video is ook ‘n permanente historiese illustrasie van die ontstellende wyse waarop die heersende politieke ideologie die ontspanne menseverhoudinge tussen mense van verskillende rasse beduiwel het.

g)Die mediaveldtog, die vervolging van die Reitz-4, die sogenaamde “vergiffenis” en “heropleiding” om gedrag te verander en transformasieretoriek toon onteenseglik dat die liberale demokrasie op ‘n totalitêre wyse afgedwing sal moet word om in Suid-Afrika te slaag.

Staatsgesag en mediamanipulasie sal toenemend gebruik moet word om mense se kulture af te breek en te dwing tot nie-rassige Engelsprekende individuele verbruikers van kommersiële nutsprodukte wat elke vyf jaar gaan stem.

Persone wat nie hierdie nuwe vereistes vir “vryheid” nougeset nakom nie, kan verdink word van afwykende gedrag en geteiken word vir “heropleiding in diversiteit.”

h)Die versnelde transformasie van die Universiteit van die Vrystaat tot nog ‘n Engelssprekende derderangse akademiese instelling.

i)Die voorspel tot die verskyning van Julius Malema waar ANC-ondersteuners vir die eerste keer sê wat hulle dink.

j)Die versnelde dekonstruksie van die Afrikaner na ‘n pre-1910 opset van Kaapse koloniste en Boere. Laasgenoemde kan dan weer op die Groot Onttrek gaan.

j)Die moontlikheid dat die Reitz-4 historiese martelaarstatus onder Boere kan verwerf is nie meer uitgesluit nie.

Opsommend kan gestel word dat die liedjie “De la Rey” en die Reitz video meer grensverskuiwend kan word as al die letterkunde van die Sestigers.

 

LuceSolaraДанильченко Юрий Брониславович компромат

Die rede vir die arres van UG

Die senior staatsaanklaer se weiering om Uhuru Guru aan te kla en die se daaropvolgende vrylating bevestig wat ek vermoed het van die begin af:

Dit kom nie van die Zumaregime af nie. Dit kom vanaf die klomp wit lakeie uit die informante- en agente-dampkring, gekoppel aan die Broedergespuis, wat vroeër vir Mbeki gewerk het en toe deel gehad het aan die veldtog om Zuma uit te skakel deur hom in die tronk te probeer kry.

Nou is hulle desperaat en wil met alle mag en krag aan die nuwe Azaniese administrasie bewys hulle het nog ‘n doel in die bestel, sodat hulle weer geld kan kry.

Dis so maklik soos dit.

где дешевле поставить брекетыОлександр Фільчаков прокурор

Oordrewe onderdanigheid

Robert Ingersoll (1833-1899) het opgemerk dat daar altyd ‘n Simson is wat voel hoe stewig die pilare staan. Kan politiek-gemotiveerde regstelling altyd geregverdig word? Met Media24 as die gevallestudie, word ten aanvang die volgende aan die orde gestel: Is politieke korrektheid in die gedaante van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) uit ‘n etiese en ‘n sake-oogpunt so voortreflik soos wat gewoonlik sonder meer aanvaar word?

In 2006 het Media24 op die SEB-wa geklim deur aandele in die maatskappy teen ‘n afslag aan nie-wittes aan te bied. Uiteraard het die toekenning op ‘n ras-/kleurgrondslag geskied. Bowendien is wittes afgedreig as hulle sou probeer om van hierdie diskonto-aandele te bekom.

Wat gedoen is, is (naas die rassediskriminasie) in minstens twee opsigte verwerplik. Enersyds is die rug gekeer op die etniese groep wat by uitstek Media24 gebring het tot waar hy deesdae is. Andersyds is die waarde van die tradisionele (hoofsaaklik wit) aandeelhouers se aandele verwater.

Maar die wangedrag het nie daar opgehou nie. Omdat die styging in die waarde van Media24-aandele sedertdien nie aan die verwagtinge voldoen het nie, is daar onlangs voorgestel dat die SEB-aandeelhouers nogeens bo die tradisionele aandeelhouers bevoordeel moet word, sodat hulle “‘n billike kans het om geld te maak.” Na beraming kan dit ‘n (myns insiens onnodige) uitgawe/verlies vir die maatskappy en sy tradisionele aandeelhouers van R330 miljoen veroorsaak, wat as ‘n aalmoes aan die SEB-aandeelhouers gegee word (Die Burger, 25 Sep, p 22).

Ek moet die sakesin en -etiek van die Media24-bestuur ernstig bevraagteken. Dit is sekerlik hoogs uitsonderlik dat ‘n maatskappy homself en sy tradisionele aandeelhouers finansieel dubbelbenadeel. Die wesenlike aard van belegging in aandele, naamlik dat dit riskant is en dus tot verliese vir aandeelhouers kan lei, word om emosionele (dus nie-sake-) redes, spesifiek weens politieke korrektheid en by implikasie ANC-gedienstigheid, onteer, oftewel verkrag.

Die politieke onderdanigheid wat van Media24 uitgaan, behoort ‘n emosionele teenreaksie by minstens sommige van sy tradisionele aandeelhouers te ontlok. Daar word dikwels beweer dat emosie uit aandeelbelegging gehou moet word. Maar lede van die publiek kan deur emosie beinvloed word wanneer hulle besluit watter maatskappye hulle ondersteun en in watter hulle bele.

Ek probeer om rasioneel te bele, maar soms kry emosie die oorhand. Voorheen was van my beleggings by Allan Gray. Die stigter en hierdie maatskappy het hulle fortuin uit die ondersteuning van veral blanke beleggers gemaak. In 2007 is met ‘n groot ophef aangekondig dat Allan Gray ‘n groot bedrag bewillig het om jaarliks talle beurse aan Suid-Afrikaanse studente toe te ken. Volgens party bronne word die beurse net aan nie-wittes toegeken, terwyl ander beweer dat tien persent na wittes kan gaan. Wat duidelik is, is dat die beurse nie deurslaggewend volgens akademiese verdienste of finansiele behoefte toegeken word nie, maar op ‘n ras-/kleurgrondslag, met nie-wittes wat die voorkeur geniet. So ‘n maatskappy moet nie van my ondersteuning verwag nie.

Onlangs het die Universiteit Vrystaat ‘n duur advertensie, wat ‘n halwe bladsy beslaan, in Rapport oor die inhuldiging van sy dertiende rektor gepubliseer. ‘n Weeklange program is aangebied waarby buitelandse akademici betrek is. So iets is nie vir sy dosyn vorige rektore gedoen nie, maar die voriges was almal wit. Die nuwe rektor, Jonathan Jansen, is swart. In sy intreerede het hy aangekondig dat die universiteit skadevergoeding aan die “slagoffers” van die Reitz-video gaan betaal.

Die ander Suid-Afrikaanse universiteite met swart rektore het nie so uitspattig te kere gegaan toe hulle ingehuldig is nie. Vergelykenderwys is hulle dus benadeel. Gaan daar nou verskoning gevra en skadevergoeding aan hierdie swart rektore betaal word?

Erens moet ‘n streep getrek word. Daar behoort ‘n tyd te kom wanneer die voorheen benadeeldes genoeg bevoordeel en die tans benadeeldes genoeg benadeel is. Anders ontstaan die absurde situasie dat voorheen benadeeldes nie te veel bevoordeel kan word nie; dus dat heeltemal oorboord gegaan mag word.

 

best jackpotАлександр Фильчаков

Nie alle swartes ondersteun ANC-bestel

Die rubriek uit die pen van Meshack Mabogoane wat tans op die voorblad van praag.co.za verskyn, ootree feitlik elke reël van politieke korrektheid. Nie net beweer Mabogoane dat ANC-beleid swartes se menswaardigheid meer skend as wat enige Reitz-video sou kon doen nie, maar hy lewer ook ‘n pleidooi vir politieke en maatskaplike verandering in Suid-Afrika.

Soos ons al meermale te kenne gegee het, het die Afrikaner sedert hy die binneland ingetrek het nog altyd oor swart bondgenote beskik. By al die gruwelike foute wat FW de Klerk en die voormalige Broederbondelite van destyds begaan het, was verraad jeens die Afrikaner se destydse swart bondgenote ‘n vernietigende element. Roelf Meyer het op ‘n stadium vir Buthelezi met wapengeweld gedreig indien hy op federalisme en ‘n outonome Kwazulu sou aandring.

Terwyl Afrikanervryheid binne ‘n eie gebied of volkstaat vir PRAAG ononderhandelbaar is, wil ons graag in geprek tree met swart denkers en leiers wat nie die huidige korrupte multikulturele pseudo-demokrasie met sy Anglo-Amerikaanse ideologie en kultuur ondersteun nie. Mabogoane is ‘n aktivis wat sowel federalisme as selfbeskikking ondersteun en meen dat die Afrikaner op Afrikaanse universiteite en selfs blanke koshuise geregtig is.

Terwyl die Afrikaner bowenal homself van verdrukking moet bevry, moet die grondslag van goeie verhoudinge met die omliggende Afrika-lande en -volkere nou al gelê word.

Soos ‘n spreker by die Vegkopvergadering enkele weke gelede gesê het, is die ANC “bloot die swart handskoen oor die wit Britse vuis”. Die moderne ANC was grootliks ‘n skepping van Brittanje en natuurlik die Anglikaanse kerk wat onder Trevor Huddleston die beweging befonds het en die propagandaoorlog namens hom gevoer het terwyl Mandela rustig in die tronk gewag het om eendag te kan regeer.

Deel van die Britse strategie in Suider-Afrika, benewens die verdrywing van alle blankes uit Zimbabwe wat met Mugabe se hulp verwesenlik is, is om die Afrikaner te isoleer en van alle invloed of bande met omliggende Afrikastate en -volkere te ontneem.

Dit is nodig dat die Afrikaner uit hierdie isolasie wat die Britse regering en sy plaaslike marionette aan ons opgedring het, breek en die land met alternatiewe denkbeelde bevrug wat ‘n radikaal ander bestel moontlik sal maak.

Тепловойданильченко юрий брониславович прокурор

Tim du Plessis lei sy lesers na hul ondergang

Tim du Plessis, redakteur van Beeld, skryf verlede week: “(Jansen se) planne om die UV te ‘transformeer’ gaan daardie universiteit vinniger verengels as wat onder sy voorgangers gebeur het. Dis ‘n tragedie en rampspoedig vir Afrikaans, maar dis sy en die bestuur se prerogatief om die universiteit op daardie koers te vat.”

Ek is verlig deur die openlike erkenning dat die man wat deur Naspers so opgehemel word, Jansen, besig is om Afrikaans te vernietig en dat dit volgens Du Plessis sy goeie reg is!

Nou moet die gevestigde Afrikaanse pers tog net nie weer maak asof hulle vir Afrikaans en Afrikaners omgee nie. Hulle is mak ANC-handlangers wat hulle wit Afrikaanse lesers wat hulle salarisse betaal, willens en wetens na die slagpale lei.

разрешенные моющие средства в детских садахФильчаков прокурор харьков

Afrikanerminderheid moet SAUK-belasting verwerp

Die SAUK is lankal reeds deel van die ANC se soustrein waar amptenare rojale salarisse verdien en geld op partytjies en statussimbole verkwis word. Hierbenewens saai die korporasie hoofsaaklik in die meerderheidstaal, Engels, uit. Ook die politiek, kultuur en sienings van die meerderheid word deur die SAUK in ons kele afgedruk.

Afrikaans word reeds geruime tyd gruwelik deur die SAUK verwaarloos. Waar Afrikaans nog in TV-programme gebruik word, word dit saam met Engels gebesig. Kreoolse programme soos Sewendelaan is nie net ‘n belediging vir die intelligensie van die Afrikanerkyker nie, maar verteenwoordig insgelyks ‘n aanval op Standaardafrikaans wat vir die SAUK ‘n steen des aanstoots is.

Die uitspraak en taalgebruik van radio-omroepers is, op enkele uisonderinge na, ewe beroerd en selfs die eenvoudigste Afrikaanse woorde word verkeerd uitgespreek. Hierteenoor word  die woordeskat van Britse Engels met gewyde eerbied deur die SAUK gerespekteer.

Omdat die SAUK hoegenaamd geen erkenning aan ons taal en kultuur verleen nie, moet die Afrikanerminderheid van die voorgestelde nuwe belasting wat die uitsaaier sou finansier, kwytgeskeld word. Indien nie, moet Afrikaners weier om sodanige ekstra belasting of heffing te betaal.

Aan die ander kant, sou dit sin maak om oor die algemeen belasting van die ANC-bewind te weerhou, aangesien sulke belasting ten bate van die meerderheid en gewoonlik ten nadele van die Afrikanerminderheid gebruik word.

Hoe gouer ons tot ‘n algemene belastingboikot teen hierdie korrupte en spandabele bewind oorgaan, hoe beter. Die nuwe SAUK-belasting sou ‘n goeie begin wees.

мой домик для барбиОлександр Фільчаков прокурор

Dis nou tyd vir strukturele verset

Die strekking van die politieke en sosiomaatskaplike kommentaar oor die stand van sake in SA op hierdie webwerf laat twee opmerkings relevant word:

  • Die lewer van teoretiese insette, in alle vorme daarvan, is relevant, krities belangrik en lewer ‘n belangrike onderbou vir die aksie wat moet volg
  • Die versugting tot hierdie “aksie wat moet volg” spreek duidelik, eksplisiet of nie, uit vele van die kommentare.

Maar wat moet gebeur? Ek wil die aandag kortliks op twee moontlikhede vir oorweging vestig:

Die vestiging van alternatiewe tot die owerheid, op elke moontlike terrein; dus, ‘n vorm van strukturele verset. Mense wat self optree rakende herdenkings, basiese dienste, veiligheid, gesondheid, voedselvoorsiening, waarvan daar reeds talle voorbeelde landwyd is, is waarskynlik ‘n opsie wat met groot haas ondersoek moet word ten einde dit doelbewus en gekoördineerd te laat geskied. Sulke aksie is kritiek wat nie geïgnoreer kan word nie en die relevansie daarvan spreek vanself. Dit maak die situasie vir die entiteit wat eintlik daarvoor behoort te sorg onhoudbaar, aangesien geen kritiek daarteen regtig water dra nie. Leer uit die opponent se metodes, gegee die omgewing.

Alhoewel daar reeds in verskeie artikels daarna verwys is, moet ons begin kyk na onderhandelings met en die formalisering van ooreenkomste met Afrikaanse stamlande en ander, al is dit in die vorm van “rak-maatskappye” wat gestig word, vir aktivering wanneer nodig. Ons is egter nie naïef nie: dít wat oor is van die Westerse tradisie en grootsheid is maar min, maar as dit tyd koop en ‘n alternatief bied om weer te begin, moet dit benut word. As van die scenario’s wat tans deel vorm van uitgebreide ondersoek en studie moontlik in die toekoms realiseer, moet ons nie met die broek op die knieë gevang word en dan wil begin gesels nie. Hierdie onderhandelings het bv. in die oog aspekte rakende voorsiening in die mees basiese behoeftes, die beskikbaarheid van informasie en boeke in ‘n verwante taal (en Afrikaans), maar ook die toegang tot universiteite en selfs emigrasie, sou dit nodig word, en vele ander. Daar is reeds van hierdie tipe aksies aan die gang vanuit die geledere van verskeie organisasies, en uit persoonlike gesprekke kan ek rapporteer dat daar sentiment (en ook geld) hiervoor beskikbaar is indien dit reg aangepak word. Hierdie pogings kan uitgebrei, geprioretiseer en geformaliseer word sonder om dit aan die groot klok te hang en dit teikens vir obstruksie te maak. Dit is juis deel van die opponent se kenmerkende taktiek wat al met groot sukses gebruik is as die situasie sigself daartoe leen – debatteer en onderhandel omdat dit tyd koop en opponente se tande trek, maar sit niks formeel op skrif nie en maak dan soos jy wil.

Kortom, dus: vestig eie alternatiewe en wees bedag op elke voordeel wat ‘n mislukkende/suksesvolle owerheid mag veroorsaak om sodoende die alternatief aktief te kan bevorder. As dit bv. beteken dat ons moet aanvaar dat ESKOM hoër tariewe vra in sekere gebiede en in ander, aangrensende gebiede gratis dienste verskaf en dit sodoende sekere elemente uit buurtes mag verwyder, dan moet ons dit aanvaar, hoe moeilik dit ook al vir ons sakke mag wees. Wees daarom ook bereid om te betaal vir dít wat jy wil hê, aangesien niemand tog meer so iets gratis kan verwag nie. Maar ons moet optree, nie net aanhou teoretiseer nie, sonder om fyn besinning af te skeep. Ons moet verseker dat daar onbevange en sonder strategiese oogklappe na moontlikhede gekyk word wanneer ons besin, prakties beplan en oorgaan tot aksie. Maar in alles: laat die toekoms ons nie eendag vanuit die verlede, waar ons gehuiwer het, inhaal nie!

костюмы для мальчиков в детский сад купитьtopcargo отзыв