Oor die Afrikaners se verlede en toekoms

ImageIn my vorige twee rubrieke oor die demografiese krisis, asook die positiewe en negatiewe aspekte van ons situasie, is gewys op elemente van die hede. Ten slotte ’n paar opmerkings oor die verlede en toekoms.

As ’n mens die geskiedenis van Europa, Afrika, Asië en Amerika lees, besef jy dat verkeerde dinge wat Afrikaners gedoen het, niks erger is as wat ander volke of nasies begaan het nie. Inteendeel. Baie van ons apartheidspraktyke was niks vreemds aan vredestydse praktyke in Amerika, Europese, Asiatiese en Afrikalande nie.

Uitdrukkings soos “legacy of the past” of “die nalatenskap van apartheid” verwys egter altyd na iets slegs. Dit maak ander mense, en ook onsself blind vir die belangrike bydraes wat die Afrikaners tot Suid-Afrika gelewer het, dikwels in samewerking met ander, maar dikwels ook op ons inisiatief.

Die eerste is die materiële of die stoflike bydrae – alles wat die ANC-bewind geërf het, naamlik ’n hoogs ontwikkelde infrastruktuur, ’n doeltreffend funksionerende staatsapparaat, munisipale dienste wat in stand gehou is ondanks alles wat in die laaste jare van die ou bedeling gedoen is om die land “onregeerbaar te maak”. Daar was ’n gesofistikeerde gesondheidsdiens.

Spesifieke bydraes is onder baie ander die Gariep- en Vanderkloofdam, asook Sasol, wat vir die ANC so ’n belangrike simbool van apartheid was, dat hy dit wou verwoes (in 1980 is aanslae daarop gemaak) maar vandag iets is waarmee die bewind kan spog.

Naas die stede, dorpe en nywerhede is daar duisende plase wat deur kommersiële boere opgebou is en wat vandag van groot waarde is in ’n wêreld waarin voedsel ’n al hoe belangriker bate word. Hierdie plase is vandag ’n begeerlike buit. Oral getuig geboue van ons teenwoordigheid en bydrae – van die Kaaps-Hollandse plaashuise, die Transvaal-Hollandse stasiegeboue en die Vrystaatse sandklipkerke en –plaaswonings tot die moderne geboue in die stede.

Onder die nie-stoflike bydraes is die vestiging van die “Westerse” of “Christelike beskawing” (iets reëels, maar moeilik omskryfbaar), die Romeins-Hollandse reg en demokratiese instellings. Die Boererepublieke was demokrasieë – al was hulle, soos die res van die wêreld in daardie tyd, nog nie ten volle demokraties in dié opsig dat almal stemreg gehad het nie.

Die grondwetmakers van die Unie van Suid-Afrika het op aandrang van twee Afrikaner-afgevaardigdes, pres. M.T. Steyn en genl. J.B.M. Hertzog, besluit dat Engels en “Hollands” (dus Afrikaans en Nederlands) die amptelike tale sou wees. Brittanje het Engels as die enigste amptelike taal beskou, en die Engelssprekende afgevaardigdes het na die nasionale konvensie gegaan met die mening dat alleen Engels die offisiële taal sou bly.

Dié besluit is een van die belangrikste in Suid-Afrika se geskiedenis, want daarmee is amptelike veeltaligheid ingestel. Mettertyd is die taalbeleid na ander gemeenskappe uitgebrei. Alle taalgroepe het moedertaalonderwys gekry; die Verwoerd-bewind het volwaardige radiodienste vir die Afrikatale ingestel; later het televisie in dié tale gevolg. In die tuislande is die Afrikatale gebruik, soos isiXhosa in die wetboeke van die Transkei.

Een van die nalatenskappe van die ou bewind was taaldiversiteit in die onderwys, die radio en televisie en die landsbestuur

Van Wyk Louw het vyftig jaar gelede gewaarsku: “Laat ons nie roem nie!” ’n Mens sou vandag kon byvoeg: “Maar laat ons ook nie in sak en as gaan sit nie!” Ons verdien daardie beskeie trots waarvan hy praat.

Dis al bietjie ’n cliché om te sê: “Wie die hede beheers, beheers die verlede; wie die verlede beheers, beheers die toekoms.” Ons moet daarteen veg dat ons verlede beheers word deur wat die vyande van die Afrikaner ons wysmaak – want dit sal seer seker ’n negatiewe invloed hê op die toekoms.

Moet die Afrikaners voortbestaan as ’n volk (of “kultuurgemeenskap”) met ’n eie taal en geestelike en kulturele erfgoed? (Die alternatief is om langsamerhand van ons taal en ander aspekte van ons identiteit afstand te doen en as Engelssprekendes in ’n Suid-Afrikaanse nasie op te gaan.) As ons bevestigend antwoord, kan ons inspirasie kry uit die feit dat daar oor die hele wêreld volkere en taalgroepe is wat vir hul identiteit die stryd aanknoop.

Soos Leopold Scholtz onlangs geskryf het, kleef daar opeens nie meer ‘n reukie aan nasionalisme, etniese identiteit en godsdiens nie. Dis nie noodwendig regs of gevaarlik as Afrikaanse mense vir hul taal opkom of as Afrikaners hul etniese identiteit hoog ag nie.

Wat nodig bly, is die voortsetting van aktivisme, veral taalaktivisme Die term taalaktivisme verwys na aktiwiteite waardeur belanghebbendes druk op maghebbers probeer uitoefen om ongewenste taalbeleide en taalpraktyke te verander. Sulke aktiwiteite sluit in ondersoeke, mediadekking, gemeenskapsmobilisering, drukgroepvorming, litigasie, en selfs geweld. Onlangs het Solidariteit ook bedinging genoem: onderhandeling, maar ook druk en protes.
Al hierdie aktiwiteite behalwe geweld het die afgelope paar jaar voorgekom. Daar was Giliomee en Schlemmer se ondersoek na die posisie van Afrikaans aan universiteite, en die mobilisering van die Stellenbosse oudstudente teen die verengelsing van daardie universiteit.

’n Paar suksesvolle hofgedinge is teen onderwysdepartemente gevoer wat Afrikaansmediumskole se taalbeleid verander het.

Ander aktiwiteite was dié van groepe soos Aksie Potchefstroom en ander wat onnodige pleknaamveranderings teenstaan.
Aanvullend daarby kom een van die oudste instrumente van ’n taalbeweging of volksbeweging, eie instellings en organisasies. Die Beweging vir Christelike Volkseie onderwys het ’n klompie skole, maar dit het nog nie ’n groot beweging geword nie. Hulle toon egter wat moontlik is indien al meer Afrikaanse skole sou verdwyn.
Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania-beweging, het in By iets aangehaal wat die FAK-voorsitter Danie Goosen gesê het: “Het dit nie tyd geword dat die Afrikaners op ‘n kollektiewe grondslag ernstige oorweging gee aan die moontlikheid om binne die bestaande grondwetlike bedeling dorp- en stedelike ruimtes te skep waarbinne hulle op ‘n selfstandige wyse inhoud aan ‘n gedeelde lewe kan gee nie? Stede word vandag opnuut ervaar as ruimtes waarbinne gemeenskappe op ‘n demokratiese grondslag kontinuïteit aan hulself kan gee. As dit elders kan gebeur, waarom nie ook onder Afrikaners nie?”
De Klerk noem as goeie voorbeeld van selfstandige handeling die inisiatief wat die vakbond Solidariteit geneem het met die oprigting van sy tegniese kollege, Soltech. Sonder om vir optrede deur die regering te wag het die vakbond die ondernemingsgees aan die dag gelê om ‘n instelling te skep wat jongmense in Afrikaans oplei en bemagtig.”
Ek kan hier nie volledig ingaan op die belangwekkende voorstelle van Heinrich Matthee nie. Matthee is ’n veiligheidsontleder wat onlangs sy doktorsgraad aan die Universiteit van Marburg magna cum laude behaal het.

 In ’n H.F. Verwoerd-gedenklesing in 2006 was sy boodskap dat enige uitkoms begin by die aktiewe besluit van ‘n pres. M.T. Steyn, die besluit wat ook verwoord word in die gedigte van Van Wyk Louw: die besluit dat ons nie gebuig kan word, soos hul geweld beoog nie.

Waar eers so ‘n wil is, verskyn wel ‘n weg. Sy voorstelle behels die vorming van voorlopers, die leiers en potensiële leiers op alle terreine. ‘n Eie inligtingsnetwerk moet opgebou word, dalk in kombinasie met Afrikanerbeheerde bedrywe binne en buite SA. Projekte en geleenthede moet plaasvind rondom denkers, skrywers en ander kunstenaars. Hy sê: “Hulle skep alternatiewe waarderuimtes waarbinne mense lewe. Bevryde gebiede begin in die gees.”

Hy meen Afrikaners en hul kamergeleerdes het nog nie naastenby genoeg oor selfverdediging gedink nie. Dalk kry die moordbendes dit vorentoe reg om Afrikaners uiteindelik te transformeer: tot selfverdedigers. Spesiale magsoldate meen dat die meerderheid deur die regte opleiding omvorm word tot redelike verdedigers. Maar daar sal waarskynlik ‘n eerste linie mobiele veiligheidspesialiste wees, dalk rondom ontbinde kommando’s en privaatveiligheidsfirma’s.

Matthee sê Afrikaners moet hul vryheid van denke en politieke pluralisme koester terwyl hulle hul paraatheid bou. En hy voeg by wat Langenhoven, Sagmoedige Neelsie, gesê het: “Bakleiery is vanself so ‘n slegte ding dat jy dit nie boonop sleg moet doen ook nie.”

Ten slotte moet ons ’n ander gesindheid oor ons verlede aankweek, iets anders as die gees van sak en as oor wat verkeerd gedoen is in die verlede.

Ons moet wegkom van die ongesonde en demoraliserende opvatting van kollektiewe skuld. Ons kan nie medeverantwoordelikheid aanvaar vir wat elke Afrikaner verkeerd doen of wat groepe verkeerd gedoen het nou of in die verlede nie.

Daarteenoor wil ek iets stel uit ’n afsluitingsreferaat wat die digter, essayskrywer en dominee Izak de Villiers in 2004 in Potchefstroom voor die Akademie gelewer het. Die referaat verskyn volledig op Praag se webwerf.

De Villiers sê ons moet die waarheid in die geskiedenis soek, “die grootse én die skande”, maar die skande moet ons nie ten koste van die grootse beklemtoon nie. Ons moet ’n nuwe selfbewussyn en trots ontwikkel, “in die besef dat die wêreld groter is as stelsels, kultusse en abstraksies, en gedagtig aan die woorde van T.S. Eliot uit ‘Burnt Norton’: ‘Time present and time past / Are both perhaps present in time future,/ And time future contained in time past,’ dat die verlede, veral die goeie van die verlede, eintlik nooit afgehandel word nie.

“[…] Jy konfronteer jou eie duiwels uit die verlede en jy probeer hulle so goed as moontlik hokslaan, maar dan soek jy jou engele soos die ou bewarende Engel wat voor die Israeliete uitgetrek het. Dié soektog begin in ons totale verlede, nie slegs die onlangse verlede van ‘n lapsus nie en nie slegs die afdwalings nie. Jy vertrap nie jou eie helde en mites nie, jy bou hulle.”

free slot machines no downloadтопкарго отзывы

Stamkultuur vernietig SA

Een van die hoofartikels in verlede Sondag se Rapport eindig met die sin: “Suid-Afrika is in die grootste bestaanskrisis sedert 1994 – en leierloos”. Hierdie is vir seker een van die meer relevante stellings wat uit die Media24-stal in ‘n lang tyd gekom het. Hoewel die artikel die situasie in die land reg opsom, toon dit net so min begrip vir die toedrag as almal wat tot die Suid-Afrikaanse liberale dampkring behoort.

Regdeur die liberale denksool word daar toenemd gehoop dat “nuwe leierskap” die land uit sy krisis sal ruk. Sommiges soos Tim du Plessis reken ‘n verkiesing sal ons op ‘n ander koers plaas terwyl ander, soos Koos Kombuis, glo dat die herlewing van ‘n soort UDF-beweging die land in die regte ringting sal stuur. In die algemeen heers die geloof dat die een of ander vernuwing by die uitvoerende arm van die staat Suid-Afrika en spesifiek die konsep “Nuwe Suid-Afrika” weer op die suksespad gaan plaas.

Die gebrek aan insig in die Suid-Afrikaanse werklikheid en daarby die Afrikawerklikheid word vertoon deur die geloof in die hedendaagse post-apartheidsbestel sowel as die relatiewe “sukses” daarvan tot onlangs. Om te glo dat die Nuwe Suid-Afrika ‘n sukses kan wees, vereis dat mens glo dat die liberale demokrasie binne die Afrikaverband kan funksioneer. Om te glo dat die Nuwe Suid-Afrika tot onlangs ‘n suksesverhaal was, is om te ontken dat die land op die momentum van die  staatstruktuur wat deur die jare van blanke regering neergelê is, gestu was en dat dit net kon werk solank daardie struktuur nog volgens Westerse logika bly funksioneer het. Dit ontken dat die transformasie-ideologie hierdie struktuur van ‘n nuwe logika sou voorsien en dat die nuwe staat, in daardie sin, dus getransformeer word/is. 

Volgens die nuwe logika is die staat wel suksesvol, al is dit nie volgens die norme van Westerse sukses nie. In ‘n bestel en kultuur waar meriete nie tel nie en waar individuele verantwoordbaarheid nie vooropgestel word nie, moet daar noodwendig ander uitkomstes verwag word. Die moderne staat wat Suid-Afrika geword het kon alleen volgens die riglyne van ‘n beskawing ontwikkel wat ‘n bepaalde peil van rasionele kulturele ontwikkeling bereik het. Dit is my mening dat die Afrikakultuur nie oor die meganismes beskik om dié tipe rasionaliteit, wat die funksionering van ‘n modern staat vereis, vol te hou nie. Dit sal onvermydlik tot degenerasie en disintegrasie van die staat lei.

Volgens die liberale uitkyk is so ‘n oorweging op die minste rassisties.  Dit is die probleem. Die liberalisme neem nie antropologiese getuienis betreffende die daarstelling van ‘n samelewingsbestel in ag nie. Volgens die liberalisme, maar ook sosialisme, moet die werklikheid begryp word in terme van die gelykheidsideel. Individue beskik nie bloot oor gelyke regte nie, maar moet ook in alle opsigte gelyk raak of gelykgestel word.

Die subteks van die gelykheidsideaal is dat mense ook “dieselfde” is, soos die leuse van die Pretoriase stadsraad aan ons voorhou: “Tshwane – we are the same.” Antropologiese verskille tussen mense behels grootliks aksentverskille wat hoogstens geringe nuanse-onderskeidings in waardes en gedrag meebring. Die moontlikheid dat kultuurverskille sulke dramatiese verskille mag meebring dat dit ook die samelewingsvorm of selfs beskawingspeil kan bepaal, mag eenvoudig nie oorweeg word nie. So ‘n oorweging sou outomaties die gelykheidsbeginsel in die gedrang bring. Indien dit die geval is, sal die gelykheidsideaal irrelevant wees en die samelewing wat daarvolgens ingerig word onhaalbaar wees, nie weens ‘n tydsgreep van swak leierskap nie, maar bloot omdat die einste samelewing nie daardie ideaal kán verwesenlik nie.

Dit verteenwoordig ‘n groteske krisis want dit sou betken dat die bestel waarin die Afrikaner alle mag prysgegee het en waarin sy “ideologiese leierskap” hulself met oorgawe gewerp het – volgens dit wat Afrikaners as ‘n sukses kan beskou – misluk het. Die liberale denkers wat die postapartheid-Suid-Afrika in die vorige eeu bedink  het, sou nie kon voorsien dat die liberale gedagte van multikulturalisme nie alleen in Suid-Afrika totaal sou misluk nie, maar dat dit ook in die geboorteplek van liberalisme, nl. Europa, in ‘n bestaanskrisis sou beland nie.

Die gebrek aan antropologiese begrip te midde van die huidige krisis staan sentraal by ons onvermoë en verlamming daarteenoor. Onlangs het Jaap Steyn na die pre-nasiestaat verwys waar die nie-politieke en nie-morele natuurwesens gewoon het. Hierdie tipe eerlikheid is noodsaaklik om ons huidige situasie te verstaan. Die anargie wat ons vandag die “Nuwe Suid-Afrika” noem, is vir seker die resultaat van die Afrikaan wat nie eensklaps binne die moderne fenomeen van liberale demokrasie  ‘n sinvolle beskawingsvorm  kan daarstel nie. Alle pogings om by die skepping van so ‘n beskawing betrokke te wees, moet deur die katalisator van verafrikanisering of “transformasie” gaan. Dit is nie net ‘n ideologiese voorvereiste nie, maar  ook ‘n praktiese een, want daarsonder sou daar geen deelname vir die Afrikaan in die bedeling wees nie. Daar kan egter geen deelname sonder die uitdrukking van kultuur plaasvind nie.

Die nasiestaat vereis die betstaan van individualiteit. ‘n Samelewing wat so geografies wyd en institusioneel gediversifiseerd soos die nasiestaat is, vereis dat die inwoners  self verantwoordelikheid neem  oor  moraliteitskeuses.  Die instellings wat die samelewing reël, kan nie daagliks by die inwoner se lewe ingryp nie, wat beteken dat die individu self moraliteit en dus ‘n wettige lewenstyl moet kan handhaaf. Die stamkultuur daarenteenoor is institusioneel ongediversifiseer en die fisiese lewensruimte is nou en beperk. Die stamlid ontglip nooit aan die konstante inmenging van die gemeenskap of die ongediversifiseerde instellings nie.  Deels omdat dit dus nie nodig is om self moralitietsbesluite te neem nie, maar ook deels omdat individualistiese gedrag in so ‘n noue bestaansvorm problematies kan raak, versaak die lid hierdie verantwoordelikheid grotendeels en dra dit aan sy sosiale omgewing oor.

Die Afrikaan moet sosiaal-sielkundig as stamkultuurmens verstaan word. By die Westerling lê die morele lokus van kontrole, normaalweg, by die individu self.  By die stamverbonde mens lyk dit anders. In die stamverband verskuif die lokus meer na die kollektiewe bewussyn en selfs na die stamhoof. (Max Weber het uitvoerig geargumenteer dat die kollektiewe bewussyn help om moraliteit in stand te hou. Volgens Weber se begrip van samelweingsrasionalisering is dit redelik om te verstaan dat die kollektiewe  bewussyn in stamkultuurgemeenskappe ‘n baie sterker invloed sou uitoefen as in moderne samelewings soos die nasiestaat.) In stamkultuurgemeenskappe bestaan merendeels ‘n eksterne lokus van morele kontrole wat slegs binne beperkte institusionele en geografiese vestigingsverband uitgeoefen kan word. Die ontwortelde stamlid kan dus nie morele ekwilibrium bereik binne ‘n samelewing wat institusioneel en ruimtelik nie vir ‘n eksterne lokus van kontrole voorsiening maak nie. Die stamlid moet vervang word deur ‘n moreel verantwoordbare individu binne die sosiaal losser en meer onpersoonlike vestigingspatrone van moderne verstedeliking. Indien hy dit nie kan doen nie, ontwikkel ‘n moraliteitskrisis.

In die stamverband bestaan die individu dus nie. Die individu kom eers tot stand wanneer die inwoner self die verantwoordelikheid van moraliteit opneem. Dit vereis dus ‘n hoër beskawingsvorm as die stamkultuur. Die liberalisme behandel nogtans almal as individue.Die vraag is nou of mense binne een of twee geslagte vanaf stamlid tot individu kan vorder? Is die verwydering van die kraal en die stamhoof ‘n voldoende vereiste om van die verstedelikte Afrikaan ‘n moreel verantwoordbare individu te maak? Kan sy tradisionele sielkundige logika so vinnig ongedaan gemaak word?  Kan die lokus van kontrole binne ‘n generasie of twee geïnternaliseer word? Ek wil argumenteer dat daar slegs negatief op elk van hierdie vrae beantwoord kan word.

Ek gaan verder om die voorafgaande te demonstreer: Indien die blote verwydering van die eksterne lokus van kontrole (nl. die stam en gepaardgaande kollektiewe bewussyn, die hoof ens.) geskied en nie onmiddellik deur ‘n interne lokus van kontrole vervang word nie, sal die premoderne mens vir seker in ‘n morele krisis verkeer. Verklaar dit waarom swart verstedeliking en misdaad onlosmaaklik verbind te blyk? Is dit waarom korrupsie op alle vlakke gedy en waarom geweld seëvier? Is dit die rede waarom geen Afrikastaat ‘n Westerse suksesverhaal is nie? Het die polisiestaat wat apartheid  in sy latere jare geraak het tot groot mate kunsmatige orde in SA afgedwing? My gevoel is dat die antwoord op die voorafgaande vrae ‘n onbetwisbare “Ja” is.  Die gedragsbepaler raak die uitvoerbare moontlikhede eerder as die morele moontlikhede. Moraliteit bestaan as’t ware nie meer nie, want die stammens het nie ‘n individu geword nie. Publieke teregstellings deur lokasie-inwoners kan ‘n voorbeeld wees  van waar kollektiewe ingryp desperaat, hoewel te laat,  uitgeoefen word, weens orde wat geheel en al hand uitruk.

Morele kontrole in die stam is direk tussen die lid en stam en daarby ook wederkerig. Die krisis van die stamkultuur mens, binne die moderne samelewing , is nie alleen dat sy eie morele lokus van kontrole (nl. die stamverband) weg val en daarby sy morele aanspreeklikheid beindig nie, maar ook dat die nuwe verstedelike sosiale omgewing nie op dieselfde wyse teenoor hom aanspreeklik is as wat in die stamverband was nie. Die probleem is net so erg wanneer mense wat nog nie ‘n morele kokus van kontrole geinternaliseer het nie die bestuur van ‘n modern staat oorneem. In hierdie geval verkeer die staat in ‘n krisis aangesien die leierskap ditself nie aanspreeklik teenoor die burgers voel nie, aangesien daar geen direkte verhouding met die burgery, soos in die geval van stamverband, bestaan nie.

Om voort te hamer dat die NSA volgens die liberaal-demokratiese ( en dus Westerse) model ‘n sukses sal word, d.m.v kosmetiese veranderinge soos nuwe leierskap is om die totale antropologiese struktuur van Suid Afrika te negeer. Hierdie droom wat konstant nagejaag word deur die liberale dampkring stuur die land bloot ‘n dieper krisis binne. Maar, miskien is hierdie krisis die nodige katalisator wat die liberale houvas op die land en op die Afrikaner sal breek. Miskien is die totale ineenstorting van die Nuwe Suid-Afrika noodsaaklik woordat dit deur ‘n sinvolle bedeling, wat die werklikhede van Afrika in ag neem, vervang kan word.

Die rol van groot kapitaal om die huidige bestel in stand te hou, mag egter nie geïgnoreer word nie. Enige omwenteling wat tot die finale ineenstorting van die huidige orde mag lei, skep die tipe onstabiliteit wat groot kapitaal sal wil vermy. Groot kapitaal het ‘n belang in die handhawing van die huidige bestel. Die Afrikaner kan nie bloot wag vir die huidige bestel om in duie te stort nie aangesien groot kapitaal se invloed aansienlik is en dus so ‘n ineenstorting ten volle sal probeer teenwerk deur die huidige bestel kunsmatig aan die gang te hou. Die Afrikaner sal aktief en selfs revolusionêr by die aftakeling van die huidige orde betrokke moet raak.

no depositФильчаков прокурор харьков

Die Afrikaner kort dringend ‘n plan

ImageToevallig het ek dié naweek twee heerlike aandetes in Pretoria bygewoon. Soos die Engels-Suid-Afrikaanse historikus, Eric Walker, ook op ʼn keer opgemerk het, beskik die Afrikaner oor ʼn unieke vermoë om te kuier, ʼn woord wat in geen ander taal bestaan nie.

Ek het al etlike dinees in Parys, Berlyn of Londen bygewoon, maar nêrens anders vind mens die unieke kombinasie van formaliteit en warmte wat ʼn feesmaal tussen Afrikaners kenmerk nie.

Onvermydelik by geleenthede soos die afgelope naweek wentel die gesprek na die politiek, misdaad, emigrasie en verwante kwessies.

Die dogter van ons gasvrou en haar vriend Saterdagaand praat van emigrasie as die enigste uitweg vir die jonger geslag wat weens rassisme in die werkplek en geweldsmisdaad geen toekoms meer in die land sien nie.

ʼn Algemene refrein in die gesprek is Afrikanerverdeeldheid wat ons magteloos laat voor die meedoënlose aanslag van die ANC, maar ook die Afrikademografie wat besig is om Suid-Afrika onherroepelik te verander.

Hoewel die meeste persone rondom die tafel op een of ander manier by die politiek betrokke was of is, koester niemand enige vertroue in bestaande politieke partye nie.

Die DA word gesien as ʼn party wat die gevangene is van sy eie liberale ideologie, wat byvoorbeeld onlangs veroorsaak het dat hy een van sy eie parlementslede, Diane Kohler-Barnard se kritiese standpunt oor onwettige immigrasie gerepudieer het.

Hoe kan mens verwag dat die DA die Afrikanerbelang op die hart sal dra indien die party nie eens die land se belang om sy gebiedsintegriteit te beskerm, kan insien nie?

Ons gasheer was op een of ander stadium by die Vryheidsfront betrokke, in die vroeë negentigerjare. Volgens hom het dié party ook ʼn aantal strategiese foute begaan wat tot die Afrikaner se uiteindelike politieke ondergang bygedra het.

Onder andere het Buthelezi vir Constand Viljoen in ʼn brief gesmeek dat daar ʼn Afrikaner-Zoeloe-alliansie in 1996 tot stand moet kom en dat die nuwe grondwet wat die huidige sentralisme sou instel, teengestaan moes word. Die Vryheidsfront het egter besluit dat hulle nie die ANC in die gesig moes vat nie want anders sal hulle geen volkstaat ontvang nie.

Van die beloofde volkstaat het daar natuurlik niks gekom nie en die moontlike bondgenootskap tussen die IVP en die Vryheidsfront het skipbreuk gely.

Toe die gesprek eers uitkom by die aantal mense rondom die tafel wat oor die afgelope weke en maande met pistole aangehou, beroof of besteel is, het die geselskap selfs nog meer pessimisties geraak.

Leef ons nie in die mees dekadente tyd denkbaar in hierdie land nie? Terwyl Rome of dan Pretoria en Johannesburg brand, hou ons partytjie. Die smaaklike soufflé-voorgereg, gevolg deur skaapskenkels wat ons gasvrou Saterdagaand bedien het, asook die goeie Kaapse wyn, het ironies genoeg bygedra tot my gevoel van ons eie dekadensie. Ons gaan voort om op ons beskaafde, Europese manier dinees in ons huise te hou en logies oor ons probleme te redeneer terwyl die barbare daarbuite besig is om die plek af te breek. In dieselfde straat waar ons ete plaasvind, is ʼn ou dame onlangs doodgeskiet en mense leef in vrees agter mure, elektriese drade en ander versperrings.

Blykbaar beheer die Nigeriërs reeds Sunnyside in Pretoria, voeg een van die gaste by. Tydens die geweld teen vreemdelinge verlede maand, was die Suid-Afrikaanse swartes te bang om die Nigeriërs in Sunnyside aan te vat. Immers het die Nigeriese leier, Umaru Yar'Adua, dié week gesê dat sy regering Nigeriërs op enige plek in Suid-Afrika sal beskerm, dus ook in Sunnyside.

ʼn Jaar of wat gelede is daar ʼn syfer oor Nigeriërs gepubliseer wat my nogal aan die dink gesit het: uit die 100 000 Nigeriërs in Suid-Afrika, is slegs 3 000 wettig hier. Yar’Adua se uitspraak oor sy landgenote moet binne dié verband gesien word. Eintlik is die Nigeriese leier besig om aan ons te sê dat dit Nigeriërs se reg is om oor ons landsgrense te beweeg en hier te kom sake doen in die dwelm- en prostitusiebedrywe of watter ander bedryf hulle ook al interesseer.

Terwyl die hoofstroommedia besig is om ons mense te sus dat hulle in ʼn “normale demokrasie” woon, doem ʼn ander Suid-Afrika op die horison voor ons op: een sonder grensbeheer waar 600 miljoen mense suid van die Sahara hul aandeel in die rykdom wat ons oor die afgelope 350 jaar hier geskep het, kom opeis. Dit is reeds ʼn land waar wet en orde ʼn vorm van apartheidsnostalgie verteenwoordig.

Voeg daarby nog regstellende aksie en die algehele vertrapping van die Afrikaner se taal- en kulturele regte en mens kan verstaan waarom waarskynlik die meerderheid van ons jongmense vandag hul heil oorsee sien en ook daar wil gaan soek.

Sonder ʼn plan gaan die Afrikaner nooit die huidige krisis wat hom op alle fronte aan ons opdring, oorleef nie. Vrydagaand, by die ander ete, het ons in ons aandpakke met sigare vanaf ʼn uitkykpunt na die liggies van Pretoria kon staar, die stad van Paul Kruger en van waar Afrikaners eens geregeer het.

Paul Kruger het in sy beroemde uitspraak oor “Afrika vir die Afrikaner” gedroom van ʼn magtige Afrikanerryk wat sal strek vanaf die Kaap tot aan die Zambesi. Gegewe al die terugslae wat ons volk oor die afgelope dekade of meer beleef het, kan ons nie meer sulke grootse gedagtes koester nie.

Nogtans kort ons ʼn ideaal om ons in ons huidige ellende te begeester, dieselfde vryheidsideaal wat ons mense al sedert die 1790’s en selfs daarvoor in die tyd van die eerste Vryburgers in die laat 1650’s besiel het: ʼn land van ons eie.

Ons het Suid-Afrika onherroepelik verloor en aan die Xhosas, die Nigeriërs en watter ander opportuniste nog hier ons drumpel gaan kom deurtrap, afgestaan. Maar dit is nie te sê dat die verkryging van ʼn eie grondgebied in die land van ons vaders nie ʼn realistiese doelwit vir ons kan wees nie.

Gegewe die groot getalle Afrikaners wat steeds in en rondom Pretoria woon, ongeveer 500 000 met ʼn ander 700 000 in die onmiddellike omgewing aan die Oos- en Wesrand, droom ek daarvan dat hierdie bestaande Afrikanergebied die groeipunt van ʼn nuwe vryheid en ʼn nuwe staat kan word. Ons kan die yl bevolkte Oos-Transvaal en die Krugerwildtuin ook vir so ʼn toekomstige staat opeis.

Sekerlik sal daar altyd Afrikaners wees wat oorheersing deur ander bo vryheid en onafhanklikheid verkies, net soos wat daar ʼn groot aantal hensoppers en hanskakies in die Tweede Vryheidsoorlog was. Maar die strewe na ʼn nuwe staat in die noorde van die land kan aan ons mense nuwe hoop gee en ons mobiliseer om ons huidige probleme te oorkom.

Tesame met ons taal, ons Europese afkoms en ons roemryke pioniersgeskiedenis, kan die nuwe onafhanklikheidstrewe ʼn swaartepunt vir ons identiteit in hierdie deurmekaar, identiteitlose en toenemend mislukte Afrikastaat met sy oop grense word.

Rondom hierdie onafhanklikheidstrewe moet ʼn konkrete plan uitgewerk word; jaar na jaar moet ons nader aan ons doelwit vorder, net soos wat die ou Nasionale Party dekades lank die gedagte van ʼn nuwe republiek lewendig gehou het, selfs toe die Afrikaner se politieke invloed by tye weens onderlinge verdeeldheid (veral in die dertiger- en veertigerjare) gekwyn het.

Indien onwettige Nigeriese immigrante vir hulle eie voorstede en gebiede in ons land kan afbaken en as’t ware kom teer op die karkas van die sterwende 1910-staat wat steeds as Suid-Afrika bekendstaan, kan die Afrikaner nie ook dieselfde doen nie?

Of het die geskiedenis ons geweeg en gewoon te lig bevind?

МильстримФільчаков Олександр Васильович прокурор

Oeboentoe, waar is jy nou?

00:00:00 Desmond Tutu het die volgende oor oeboentoe te sê gehad:

“Swartmense het iets genaamd OEBOENTOE. Dit gaan oor die essensie van menswees; dit maak deel uit van Afrika se geskenk aan die wêreld.

Dit omvat gasvryheid, omgee, om die ekstra myl vir ander te kan loop. Ons glo dat ‘n mens ‘n mens deur ‘n ander mens is, dat my menslikheid by joune, onlosmaaklik, betrokke is. As ek jou sou verontmenslik, verontmenslik ek onvermydelik myself. Die enkelingmens is ‘n teenstrydigheid en daarom werk jy vir die gemeenskaplike doel want jou menslikheid word verwesenlik deur te behoort.”

Die word “oeboentoe” kom vanuit die Nguni-tale. Oeboentoe beteken menswees en omvat die deugde van goedgesindheid, mededeelsaamheid, vrygewigheid, gasvryheid, vriendskap en barmhartigheid of simpatie en hierdie eienskappe word dus gebruik om ‘n persoon te beskryf wat “oeboentoe” het.

Biskop Tutu sê voorts dat ‘n persoon met oeboentoe iemand is wat oop en beskikbaar is vir ander, ander  mense erken en wat nie bedreig voel daardeur dat ander goed is nie omdat die persoon met oeboentoe ‘n goeie selfbeeld het wat daaruit spruit dat hy/sy tot ‘n groter geheel behoort en dat hy/sy verklein word wanneer ander verklein,  verneder, gemartel en onderdruk word. Wanneer mense nie respek, goedgesindheid en empatie vir ander het nie en wanneer jy veroordelend is teenoor ander en hulle op ‘n negatiewe manier stereotipeer, diskrimineer of rasisties is gaan jy teen die gees van “oeboentoe”. In die gees van “oeboentoe” sien jy ander mense dus ook as mense in eie reg en nie jouself  as verhewe bo hulle nie, aanvaar jy ander mense, is persone afhanklik van mekaar, waardeer mekaar, verstaan mekaar en haat nie ander wat anders is nie.

Die opskrif van ‘n koerant Image is baie misleidend want dit lyk asof xenofobie deur oeboentoe vervang is. Indien oeboentoe geheers het, het almal hulle wapens neergegooi en mekaar omhels. Dit het nog nie gebeur nie.

Waar is die oeboentoe van die “African” nou? Biskop Tutu moet dit maar begin soek want iewers het iets baie groots verkeerd gegaan. Die regering wat gedink het hulle is die antwoord en die redding teenoor die vroeër, boser regering moet weer gaan dink daaroor aangesien die boodskap wat tans hoorbaar raak, is dat die demokratiese regering nie die pyp gaan rook nie… en ook nie gaan sokker speel nie.

In ‘n vroeëre artikel het ek ‘n afbeelding geplaas wat ek uit ‘n skoolhandboek gehaal het. Ek wil dit graag weer plaas saam met ‘n spotprent uit die Mail & Guardian:

 

Image

Toe die ANC aan bewind kom
Image

SA in 2008

 

 

Dit is wonderlik dat al die mense nou ewe skielik die woord “oeboentoe” ontdek het, ‘n fonds geskep het vir die slagoffers van xenofobie, geldelike bydraes gee en dat selfs UNISA se rektor vra dat die personeel elk R100 van hul salaris afstaan aan die vlugtelinge en slagoffers van xenofobie, maar my vraag aan die barmhartige persone en veral aan die blankes wat geld gee, is: Wat van die slagoffers van plaasmoorde wat  alleen moet staan nadat hulle in die hospitaal opgeneem is met die wete dat hulle geldelik sukkel? In baie gevalle is mense dood en moet vir begrafnisse betaal word. Ook die sielkundige behandeling agterna bring verdere kostes mee. Wat van ‘n “oeboentoefonds” vir hulle waar ons ander blankes wat dit self nie breed het nie kan bydra?

детские шорты для девочекФильчаков прокурор отзывы

Koloniale moondhede moet opdok vir onwettiges

Die Britse welsynorganisasie, Oxfam, protesteer met asembenemende skynheiligheid teen die toestande waarin die slagoffers van Image sogenaamde xenofobiese aanvalle hulself bevind. Volgens Oxfam is die kampe glo nie goed genoeg nie.
Oxfam beweer dat die minimumstandaarde van humanitêre hulpverlening nie nagekom in die huidige kampe nie. Nugter weet wat Oxfam verwag. Die omvang van die taak is uiteraard enorm. Niemand weet hoeveel onwettiges hulself tans in die land bevind nie. Die ekonoom Mike Schussler skat dat daar tot tien miljoen onwettiges in die land kan wees.

 

Ongelukkig spesifiseer Oxfam nie wie hiervoor moet betaal nie. Wie moet sorg dat die onwettiges se menseregte nie vertrap word nie? Wie moet sorg dat hulle kinders skoolopleiding kan geniet? Wie sal tog sorg dat hulle paaie het om op te ry? Wel, ja, seker "die regering".

 

"Die regering" is egter 'n kodewoord vir die belastingbetaler – ek en u. Die bron van inkomste vir 'n regime wat groot kundigheid het slegs in die veld van die vernietiging van welvaart, is die gewone man en vrou op straat wat probeer kop bo water hou in die aangesig van astronomiese stygings in die prys van brandstof, voedsel en hoër rentekoerse. Dis u en ek wat moet pa staan vir miljoene onwettiges uit Afrika, omdat die enkele duisende lede van die ANC-regime wat in ballingskap was, namens ons almal 'n totaal misplaasde gevoel van verpligting teenoor die res van Afrika koester en alle grensbeheer in die praktyk afgeskaf het.

 

Hoe dink Oxfam gaan die toestande in die kampe verbeter? Sal blanke belastingbetalers vir elkeen van die 10 miljoen onwettiges 'n baksteenmeenthuis met 'n tuin gee, moontlik met 'n nuwe motor agter 'n elektriese garagedeur? Moet die regering volgens Oxfam moontlik die top marginale belastingkoers na 90% verhoog om hierdie malligheid te befonds?

 

Een ding is seker, ongeag waar Oxfam dink die geld vandaan sal kom: vir die voorreg dat buurlande voorheen afspringplekke gebied het aan terroriste, moet blanke belastingbetalers in ieder geval vandag opdok. Ek is seker die slagoffers van die Kerkstraatbom of die Ellisraslandmyn loop oor van intense dankbaarheid teenoor Mosambiek, Angola, Zimbabwe en Botswana.

 

Diegene wat 'n groot deel van die skuld moet dra vir die huidige situasie in Suider-Afrika, die voormalige koloniale moondhede, kom egter soos Pontius Pilatus skotvry daarvan af, en was eenvoudig hulle hande in kamma-onskuld. Organisasies soos Oxfam kan weliswaar hoogheilig sy hande wring oor die lot van die arme vlugteling, maar die inwoner van Downingstraat 10 kyk anderpad. Dit was nie bloot genoeg dat Brittanje Afrika geplunder het nie.

 

Nee, hulle moes ook in hulle politiek korrekte waansin die blanke Rhodesiërs teen wil en dank uitlewer aan die Mugabes van die lewe, met voorspelbare en rampspoedige gevolge vir veral die swart inwoners van Zimbabwe. Brittanje wou egter nie die waarskuwings hoor nie. Net solank daar 'n swart regering was, enige swart regering, kon die ander swartes met liefde krepeer en kon die land in duie stort. Watter Brit gee in ieder geval 'n snars om, terwyl hy op sy moddereiland 8000 km van Zimbabwe af sit en nie hoef te sien hoe sterf blote "wogs" en "darkies" van die honger nie? So ook het daar geweldige druk vanuit voormalige koloniale moondhede soos Nederland en Frankryk gekom, met die doel om Afrikaners te dwing om onsself aan die genade van die ANC oor te laat.

 

Skuld vir die toestroming van vlugtelinge uit veral Zimbabwe kan dus regstreeks voor die deur van die Britte en ander gelê word. Die vermetelheid van Oxfam om kapsie te maak teen die toestande in kampe vir onwettiges kan dus met minagting van die tafel gevee word. Daar is hoegenaamd geen rede hoekom Afrikaners verantwoordelikheid vir die lot van vlugtelinge op onsself moet neem nie. Ons had niks daarmee te make nie, en ons weier om "mea culpa" te sê oor iemand anders se probleme.

  As Oxfam dan werklik so sterk voel oor die arme vlugtelinge, stel ek voor die organisasie gaan kyk in Gordon Brown se oë vir geldelike bystand. casino gamedtopcargo отзывы сотрудников

Xenofobie en walgvideo?s ? die oplossing

ImageDie jaar is nog jonk en reeds het die liberale Afrikaanse pers ons taalskatkis met twee begrippe verryk. Vroeg in die jaar het hulle vir ons die neologisme “walgvideo” geskenk en deesdae is dit die uitdrukking “xenofobiese aanvalle” wat voor ons oë gehou word.

Gegewe die spanning onder die pleisterwerk van die Nuwe Suid-Afrika is dit nie toevallig dat die twee begrippe dieselfde vraagstuk behandel nie. Van die eerste tot die laaste gaan dit oor die mislukking van die opgehemelde multikulturele staatsbestel van die Nuwe Suid-Afrika. Nie dat die hoofstroom Afrikaanse pers dit só verstaan het nie. Hulle het vergeet die monument was op sand gebou want hulle was te besig om die barste in die mure uit te kryt.

Die twee begrippe het 'n werkskoors onder die griffelaars ontketen. Liters ink is opgeskryf en die luggolwe is geskroei met allerheilige verontwaardiging. Tog, na dit alles kon hulle nog nie die eenvoudige verband tussen dié twee gebeurtenisse insien nie; dat dit maar alles gaan oor die eenvoudigste van alle sosiale reëlings: Mense verkies dít wat eie aan hulle is en is regtens agterdogtig teenoor dít wat vreemd aan hulle kultuur is.

Hierdie basiese, ingebore drang na die eie is te sien in die Reitz-koshuisinwoners se traagheid om in een huishoudelike ruimte ingeklits te word met mense wat 'n ander taal as hulle praat, 'n ander klem op persoonlike omgang het, wat ander musiek luister, ander sport verkies en 'n ander beskouing van sulke basiese sosiale elemente soos privaatheid en naaktheid het.

Hierdie selfde ingebore, natuurlike drang het township-inwoners genoop om die buitelanders om hulle te verdryf.

In albei gevalle het die liberale Afrikaanse media dieselfde tam, tam, tam ou voorskrif aangebied: Daar moet oor nasionale boeg 'n gesindheidsverandering kom. Mense moet leer om anders te dink. Mense moet diep teue van daardie maatskaplike liefdeseliksir, integrasie, drink. Blanke redaksionele touleiers, waarvan nie een in 'n township woon nie, waarvan nie een 'n kind in 'n oorwegende swart skool het nie, wat nie een met 'n anderskleurige getroud is nie, het hosannas oor diversiteit, die liberalis se heilige graal, afgesteek.

Maar, soos enige Australiese rugbyskeidsregter, was hulle allermins konsekwent in hulle uitsprake. Hulle bolsjewistiese partyresitasie aangaande die vreemdelinghaat was dat dit ontstellend was, o ja, maar die townshippers se griewe verdien darem ook aandag.

Die Reitz-videomakers het nooit hierdie voordeel van die twyfel ontvang nie. Die liberalis durf nie die moontlikheid oorweeg dat Afrikanerstudente geldige besware kan hê nie. Sy hele filosofie sal in vlamme uitbars soos 'n Pakistani-spazawinkel in Alexandra. Die liberalis is so besig om te preek hoe ons na mekaar moet luister dat hy nie tyd het om na die Reitz-inwoners te luister nie.

As 'n mens die gemiddelde temperatuur van al die berigte oor dié twee gebeurtenisse neem, is daar geen twyfel nie: Die hoofstroom Afrikaanse media is op hulle volksverguisende beste baie meer ontstel oor die “walgvideo” as oor die “xenofobiese aanvalle.”

Die konsensus onder hulle is dat dit nie mooi is om hulpelose mense in die nag aan te val, te verwilder, te martel en te vermoor nie. Maar dit kon veel erger gewees het. Die ontevrede Alexandraïete kon iemand omgepraat het om in 'n satiriese video te verskyn en om saam met hulle gek te skeer. En dan – o die onmenslikheid – dan kon hulle hom na die tyd met 'n bottel whisky vergoed het. In die Nuwe Suid-Afrika se gruwelkonsert is Alexandra se danse macabre getroef deur Reitz se langarmsokkie.

Enkele dae gelede is daar besluit om Reitz-kamerwonings op die Kovsie-kampus te sluit. “Ons kon nie anders nie,” het die lamsakkige universiteitsbestuur gesê. Na wat berig word, sal die blanke inwoners van Reitz by tradisioneel swart koshuise ingedeel word.

Natuurlik het Naspers se susterskoerante die tamboeryne in die liberalistiese Hare Krishna-koordans gespeel. “Dit lyk na die korrekte…(besluit)” het die Beeld preuts gehyg en toe gerapsodieer oor die instituut vir diversiteit wat na bewering in Reitz se plek opgerig sal word.

Die geveinsdheid van die liberale Afrikaner ken geen perke nie.

Want moet wat vir Reitz geld nie ook van toepassing wees op Alexandra nie?

Maar wag, miskien is dit nie so 'n slegte idee nie. Miskien het hulle iets beet. Miskien is die oplossing van die “xenofobiese aanvalle”-vraagstuk voor die hand liggend. Maak Alexandra eenvoudig toe en stuur die Suid-Afrikaanse inwoners om in 'n plakkerskamp op die buitewyke van Harare te gaan bly! Briljant! En in die plek van Alexandra bou ons 'n instituut vir diversiteit. Miskien selfs iets ambisieus; iets soos 'n Disney-styltemapark. En die naam daarvan is vanselfsprekend. Welkom by Mugabeworld. In plaas van 'n Hawaii-tipe graskransie word die besoeker met 'n Firestone-buiteband om die nek ontvang.

Dit was 'n brandende buiteband en 'n vreemdeling se dood in 'n vlammende halssnoerhel wat die sentrale indruk van die aanvalle op buitelanders geword het.

Die hoofstroommedia het in afgryse uitgebars. Maar wanneer hulle stil word, hoor mens nog steeds hoe hulle hulleself troos. Hy is die ergste darem gespaar:

Iemand kon flou Oros in sy kos gegooi het en 'n video gemaak het terwyl hy dit eet.

сколько каналов в зубеЛобановский

In 2010 gaan ons almal so véílig voel…

Geagte mnr. Sep Blatter,

Hiermee wil ek u net die versekering gee dat wanneer die 2010-sokkertoernooi plaasvind u geheel en al veilig sal wees, gegewe u hoë posisie in die sokkerwêreld en ook as vriend van regerings op die Afrikakontinent. Die blinkswart duur Duitse motors met koeëlvaste ruite en spesialiste in persoonlike beskerming wat u elke tree volg en bereid sou wees om die koeël te vat wat vir u bedoel kon gewees het. En dis waar dinge gaan ophou.

Indien u so gek sou wees om te glo dat die huidige regering die misdaadsyfers met 7% tot 10% per jaar kan laat afneem, het ek geen hoop vir u nie. Want net ʼn gek sien die feite en ignoreer dit dan so blatant.

Ek weet nie in watter fantasiewêreld polisiekommissaris Pruis bly nie, maar dit kan nie die Suid-Afrika wees waarin ek woon nie, want nie eers in sy drome gaan die misdaadsyfers krimp soos hy dit voorspel het nie. Of dalk is dit die enigste plek waar dit wel kan gebeur, en dan is dit tyd dat die man wakker word en die koffie ruik.    

Kan u my dalk net vertel hoekom u skielik beangs is omtrent die veiligheid van die besoekers wat die toernooi wil kom kyk, in plaas daarvan om u eerder te bekommer oor die inwoners van ʼn land wat reeds in vlamme opgaan? Dalk bang dat iemand gaan seerkry? Wel, nuusflits – iemand gaan seerkry – en as u so onnosel sou wees om te glo dat die derduisende mense wat beoog om die sokker te kom kyk almal ongedeerd daarvan gaan afkom, sit u die pot mis, geheel en al.

U sien, daar is net soveel polisiemanne en ook net soveel gepantserde blinkswart Mercedes-voertuie in die land, en dan is dit op. Ongelukkig kan daar nie derduisende polisiemanne aangestel word om elke besoeker op te pas nie; ons land het nie die vermoë nie. Vir u hogere groepie sal die beskerming daar wees, dis ongetwyfeld so.

Die res sal maar moet doen met die standaard wat die inwoner van die land mee tevrede moet wees en as dit nie goed genoeg is nie, wel, jammer, maar maak vrede daarmee, want dis hoe die saak staan. Misdaadvry? Ha!  

Dan het ek nog ʼn vraag. Watter soort nonsens is dit van die Duitsers en ander Europese nasies wat skielik beweer dat dit onveilig is om Suid-Afrika te besoek, en veral om die lokasies te vermy indien hulle wel hiernatoe sou kom? Besef julle nie dat die land se miljoene swartmense afhanklik is van die euro’s en ponde wat julle hier inbring nie? Hoe is julle harte dan nou? Watter soort rassiste is julle dat as dinge nie gaan soos julle daarvan hou nie, julle skielik beweer dat die land onveilig is, en as dit wel goed gaan, is julle die swart Afrikaan se beste vriend. Dit is mos eenvoudig gestel ʼn totaal onaanvaarbare tweegesigbenadering van julle rassiste. ʼn Huigelary in die ergste graad.

 

Ek kan wel verstaan dat sokker u lewe is, u verdien immers sakke vol geld daarmee, maar hoe kan u verwag dat die toernooi suksesvol gaan wees as u lande mense waarsku teen die gevare daarvan om sekere gebiede in te gaan? Dit is teenstrydig met wat u en ander partye normaalweg glo. Gewoonlik wil die besoekende Europeër ʼn wye draai gooi rondom Pretoria-oos of Bellville waar gevaarlike Afrikaners woon en eerder Alexandra, Soweto of die Joe Slovo-informele woongebied besoek om egte Suid-Afrikaanse kultuur en sedes te ervaar.

Indien Duitsland en Swede wat beide groot sokkerlande is so groot kan skrik vir die bietjie geweld wat hulle op die media sien, kan ek nie dink wat hulle reaksie gaan wees as die saak homself verder tydens die wêreldbekertoernooi uitwoed nie.

Om nie eers van die VSA te praat nie. Mens kan net wonder of die woord “barbaars” nie dalk êrens in hulle woordeskat sal opduik nie?

Om die Afrikane enigsins te kritiseer pas nie by die Westerse beleid van gee-gee-gee nie, en om nou skielik dit te verander omdat julle bang is, grens aan rassisme. Dis so eenvoudig as wat dinge is. Anders as in elektronika, waar “grys” logika ʼn plek het êrens tussen “aan” en “af”, bestaan die woord nie in politiek nie.     

Ek weet nie of u die nuus met toe oë gekyk het nie, maar dit is swart Afrikane wat die teiken van die xenofobiese geweld was, nie blankes nie. Dus het u niks om te vrees nie. Ons is darem nog nie Zimbabwe nie, al gaan die ligte soms af. Indien daar sokkergeesdriftiges is wat bietjie donkerder van velkleur is, sou ek wel versigtigheid aanraai.  

Ek het heerlik gelag toe ek lees van Pruis se opmerking dat die toernooi in ʼn partytjie-atmosfeer moet plaasvind. Ek kan hom die versekering gee dat dit wel sal gebeur, miskien nie soos hy dit in sy geestesoog voorstel nie, maar daar sal partytjies wees.

Dit sal geskied ten koste van die sokkertoeriste se sakke, dié wat op die harde manier sal uitvind hoe behendig die Afrikaan met ʼn mes en ʼn skietding kan wees!

Daar sal ongetwyfeld ʼn klompie wees wat sal sien hoe lyk die onveilige kant van die items, wat sal opkyk en in die swart loop van ʼn vuurwapen sal vaskyk. Sy maag gaan draaie maak en hy sal vrywillig verplig wees om al sy geld en goedere te skenk aan die mense wat dit so vriendelik van hom vra. Dit is Afrika en as julle die Afrika-ervaring ten volle wil beleef, is die wonder van regstellende inkopies deel van die ervaring. Die besoekers sal ongetwyfeld meer as een sokkerpartytjie finansier met die regstellende-inkopiemetode. Aanvaar dit nou en maak vrede daarmee.

U beter dié stukkie inligting solank versprei onder die voornemende sokkertoeriste. Dit sou hulle nie skade doen om ekstra versekering uit te neem voor hulle Suid-Afrika besoek nie, want hulle mag dit dalk nodig kry, lewensversekering hierby ingesluit. Want daar gaan ongetwyfeld rooftogte en aanvalle op van die besoekers wees. Die kanse dat daar van hulle mag sterf, is redelik goed as mens na die gemiddelde statistieke in ons land kyk. Die kans dat vroue verkrag kan word, is ook aansienlik, volgens dieselfde statistieke. Dink daaraan voor julle die perd opsaal en hiernatoe kom.

Dus, gesien in die lig van feite moet julle dus nou vinnig besluit of die toernooi steeds ʼn goeie ding gaan wees in Suid-Afrika. Ek het selfs al gewonder of Zimbabwe nie ʼn beter keuse sou wees vir die toernooi nie, want as die geweld in sy volle hitte hier uitbars, gaan daar nêrens oorbly om die wedstryde aan te bied nie; die bouery sukkel reeds met gereelde stakings en dergelike probleme. En om alles te kroon glo u elke versekering wat ons regering uit sy mou uit skud. Hoeveel leuens van dié spul gaan u nog glo, of is dit net solank dit u sak sou pas? Ek wonder hoe lank dinge gaan voortduur voor u oë sou oopgaan, voor die harde realiteit u tussen die oë tref?

Ek noem net al dié kwessies sodat u dit uit die perspektief van die gemiddelde mens in dié land kan sien, en ek wens u alle sterkte en voorspoed met die voorbereidings toe…

casino online gratisалександр лобановский харьков

Skipbreuk van ‘n ideologie

ImageDie uitbarsting van etniese geweld teen buitelanders is die belangrikste politieke gebeurtenis sedert 1994. Dit verteenwoordig niks minder as die skipbreuk van Panafrikanisme in Suid-Afrika nie.

Onlangs het hier op die Praagwerf ʼn artikel deur Johann Wingard verskyn waarin die paradoks van die ANC se “terugkeer na Afrika” onder die loep gegeem word. Alles wat nie van Afrika is nie, moet uitgewerp word. Dis die kreet van Mugabe, maar ook die onderliggende filosofie van Panafrikanisme.

Panafrikanisme predik swart eenheid, ongeag stam, taal of geloof. Die ANC, as een van die oudste swart-nasionalistiese bewegings op die kontinent, onderskryf reeds dekades lank Panfrikanisme. Alles wat ons sedert Mandela se triomfantelike, vuis-in-die-lug-vrylating uit die mond van die ANC gehoor het, was deelagtig aan Panafrikanisme.

Die gedagte dat almal suid van die Sahara broers in een groot familie is, onderlê ook die Afrika-unie en die Panafrikaanse parlement oftewel PAP.

Panafrikanisme verteenwoordig – soos kommunisme, Katolisisme, die Britse Ryk en Hollywood – ʼn universele ideologie. Wat die kommuniste in hul bloeityd tussen die Oktoberrevolusie en die ineenstorting van die Berlynmuur “internasionalisme” genoem het, wil die Panafrikaniste op een vasteland, dié van Afrika, toepas.

Omtrent die hele swart elite in Suid-Afrika is een en almal vurige voorstanders van Panafrikanisme. Vandaar die ANC se immigrasiebeleid wat sonder enige wetlike omhaal eintlik ons landsgrense afgeskaf het. Daar word televisieprogramme gemaak waarin aangetoon word met watter gemak ʼn Zimbabwiër of ʼn Mosambieker die grens byna na willekeur kan oorsteek; en niemand – veral nie die ANC-regering nie – doen enigiets om dié toestand te stuit nie.

ʼn Jaar of twee gelede het ʼn meningsopname onder swart Suid-Afrikaners bevind dat slegs 11% goeie gevoelens teenoor swartes van elders op die kontinent koester of meen dat hulle ʼn “ereskuld” teenoor hulle moes betaal as gevolg van hul rol in die sogenaamde stryd teen apartheid.

Asof dit nie genoeg was nie, het die gebeure van die afgelope twee weke die doodsklok vir Panafrikanisme in Suid-Afrika gelui. Plaaslike swartes het met wapengeweld gewys dat hulle hoegenaamd nie te vinde is vir die gedagte van ʼn “gedeelde Suid-Afrika” waartoe die 600 miljoen suid van die Sahara toegang behoort te hê nie.

Teenoor hierdie politieke werklikheid, die verwerping deur die plaaslike bevolking van universele Afrikaburgerskap of beweeglikheid oor landsgrense, het sowel die media as die regerende ANC gereageer met die moralistiese gedagte van “vreemdelingehaat”. Die werklikheid van enorme maatskaplike en politieke spanning wat deur ongebreidelde immigrasie geskep word, is gewoon geïgnoreer.

Die gevolg is dat ʼn gaping tans in die Suid-Afrikaanse politiek bestaan wat so groot is soos die spreekwoordelike waenhuisdeur. Die ANC se immigrasiebeleid, of liewer die laisser aller wat dit verteenwoordig, het die potensiaal van ʼn swaai na regs geskep.

Selfs die Vryheidsfront Plus, wat waarskynlik die enigste semi-regse party in die parlement verteenwoordig, sou die volgende verkiesing kon wen indien die party bereid was om die risiko van verwerping deur die media en die universalistiese hoofstroom te loop.

In die onlangse tyd het immigrasie en veral onwettige immigrasie die hooftema van die Wes-Europese politiek geword. Anti-immigrasiepolitiek het sulke figure soos Pim Fortuyn in Nederland, Nicolas Sarkozy in Frankryk en Silvio Berlusconi in Italië opgelewer. Laasgenoemde twee politici is tans die staatshoofde van hul onderskeie lande, terwyl die intellektuele en ideologiese invloed van Pim Fortuyn – in weerwil van die sluipmoord op hom – so te sê ʼn ideologiese revolusie ontketen het. Die eertyds linkse intellektueel en voormalige minister vir immigrasie en integrasie, Rita Verdonk, het die natuurlike erfgename van Fortuyn se idees oor Nederlandse eksklusiwiteit en nasionalisme geword en het na haar uitsetting as minister verlede jaar die nuwe party “Trots Nederland” gestig.

Suid-Afrika is geen gewone Afrikaland nie; vandaar die toepaslikheid van Europese modelle op ons binnelandse politiek. Selfs die armste swartman in Suid-Afrika is, gemeet aan sy eweknie elders op die vasteland, ʼn middelklasverbruiker wat vrees dat hy deur die “verworpenes van die aarde” (groete aan Frantz Fanon) oorkant die Limpopo verdring mag word.

Ek verstout my om te sê dat selfs ʼn blanke Afrikaner onder die huidige omstandighede tot die volgende president van Suid-Afrika verkies mag word, mits so ʼn persoon intelligent genoeg sou wees om die nuwe situasie korrek te lees en toepaslike strategieë te ontplooi soos om die immigrasiekwessie tot die hoofitem van die volgende verkiesingstryd te verhef.

Dit is dringend noodsaaklik dat Afrikaners en hul politieke leiers moet besin oor hoe die veldbrand wat op 11 Mei in Alexandra begin en die Panafrikanistiese kaartehuis deur die hele land tot as verbrand het, ʼn verandering in ons situasie teweeg kan bring. Die tyd is nou daar vir alliansies en verbeeldingryke politieke skuiwe. Die land kan nie meer op hierdie trant voortgaan nie, met ʼn kwynende Eskom, riool in die damme en riviere, asook ʼn politieke heersersklas wat soos Marie Antoinette van ouds eenvoudig horende doof bly vir die krete van die gepeupel daarbuite.

Die ANC het sy politiek op ras gebou en tot dusver het dit by die stembus alle verwagtinge oortref. Die nuwe, as’t ware seismiese breuk wat daar tussen binnelanders en buitelanders in Suid-Afrika ontstaan het, mag egter die Panafrikanistiese rassesolidariteit in die gedrang bring. Solank as wat ons onthou dat ons uiteindelike doelwit Afrikanerbevryding en –outonomie moet wees, kan dit interessant wees om te sien watter politieke munt daar uit die swart kieser se klinkklare verwerping van universele swartheid en Panafrikanisme geslaan kan word.

bug bad wolfАлександр Фильчаков прокурор

Terug na Afrika?

ImageVyf jaar gelede het PRAAG 'n belangwekkende rubriek deur Johann Wingard gepubliseer waarin die ANC-regering se "terugkeer na Afrika" as 'n paradoks beskryf word. Met die huidige etniese aanvalle op buitelanders en die skipbreuk van pan-Afrikanisme in Suid-Afrika, plaas ons dit weer.

Suid-Afrika se paradoksale begeerte om na Afrikanisme terug te keer bly ‘n enigma. Voor 1880 het Afrika nog soos die primitiewe wêreld gelyk wat voor die Middeleeue regoor die wêreld bestaan het voordat die nasiestaatgedagte posgevat het.

In die pre-nasiestaat het nie-politieke en nie-morele natuurwesens gewoon; vry om te maak soos hulle wou, slegs deur hul eiebelang en oorlewing beperk. Hul moraliteit was op dieselfde vlak as die norm wat ook vir dief- en roofbendes oor eeue heen gegeld het.  Gemeenskaplike beplanning om vrede en stabiliteit te verseker, was dus ondenkbaar; voorwaar ook ‘n akkurate beskrywing van die pre-1880-Afrika wat arbitrêr daarna tussen Europa se moondhede opgedeel was.

In sy stuk: “SECESSION AND THE MODERN STATE”(1996) ontleed Donald W. Livingston, die kwessie van sesessie.  Hy bevind dat gedurende die afgelope twee eeue, filosowe die politieke opsie van sesessie vanuit ‘n moraliteitsoogpunt geïgnoreer het.  Livingston verwys na die Engelse filosoof, Thomas Hobbes se boek Leviathan (1651) waarin die teorie van die staat en die pre-nasiestaat beskryf word.  Aan die hand van Hobbes se werk verduidelik Livingston hoe dominante individue, wat ‘n anargistiese omgewing ondraaglik ervaar het, ooreenkomste met mekaar aangegaan het.  Hierdeur is soewereine politieke entiteite gevorm wat toesig kon hou oor die dade van enkelinge.  Hy sê dat  Hobbes nie omgegee het of so ‘n staat die vorm van ‘n monargie, aristokrasie, of demokrasie aangeneem het nie.  Wat belangrik was, is dat die soewereine entiteit as onverdeelbaar, onfeilbaar en onweerstaanbaar gesien moes word.  Enige soewereine entiteit moes hierdie drie eienskappe besit, anders sal daar twee of meer ‘soewereine’ stemme wees, sonder ‘n skeidsregter bokant hulle, waarna hulle net weer na die wilde anargie van die natuurstaat sou degenereer.

Livingston beweer dat, hoewel die Hobbesiaanse staat outoritêr was, dit nie totalitêr is nie.  Die Hobbesiaanse soewereine funksies word ‘n skeidsregter wat heers sonder om bevele te gee.  Deur ‘n staat se inkomste te beperk tot invoerbelasting word sy magte outomaties beperk tot dit wat binne ‘n beperkte begroting bekostigbaar is.  Vandag se opgeblaasde staatsdienste was dus vir Hobbes ondenkbaar. 

Livingston konkludeer dat desnieteenstaande, het Hobbes se ‘teorie van die staat’  bygedra tot die ondoeltreffende, vernietigende en bemoeisieke leviatane wat die politieke wêreld van die afgelope byna twee eeue oorrompel het.  Vanuit die doktrine dat soewereiniteit onverdeelbaar, onweerstaanbaar en onfeilbaar is, het die nasiestate van vandag ontwikkel.

Maar daar is nog ‘n ander gevolg:  Soewereiniteit is altyd aan ‘n grondgebied gekoppel.  Deurdat soewereiniteit onverdeelbaar is, is grondgebied dus ook onverdeelbaar, wat tot gevolg het dat ‘n volk binne ‘n veelvolkige nasiestaat nie van so ‘n staat kan afskei nie.  Sesessie sou kwansuis op die territoriale versnippering van ‘n staat neerkom; op sy beurt weer ‘n ontkenning dat soewereiniteit onverdeelbaar is.  Om hierdie rede bevraagteken moderne en post-moderne filosowe nooit die moraliteit van sesessie nie en word hul aandag beperk tot die teoretisering en legitimisering van die moderne nasiestaat.

Sedert 1790 tot 1990 het daar slegs enkele voorbeelde van suksesvolle vreedsame sesessies voorgekom.  België het van Nederland afgeskei in 1830, Noorweë van Swede in 1905 en Singapoer van die Maleisiese Federasie in 1965.

Sedert die val van die Berlynse muur het daar egter ‘n verandering in die soewereiniteit van nasiestate gekom en het verskeie vreedsame sesessies plaasgevind, soos bv. die Tjeggiese en Slowaakse Republieke wat deur sesessie uit Tjeggoslowakye geskep is.  Met die uitsondering van Eritrea van Etiopië, was alle sesessies vreedsaam sedert 1990, ook die sesessie van Walvisbaai van Suid-Afrika na Namibië.  Dit was selfs waar van Joegoslawië waar daar slegs halfhartige weerstand van die sentrale regering, wat deur Serwiërs gedomineer was, bestaan het toe Slowenië en Kroasië afgeskei het.  Die huidige konflik gaan oor die Serwiese enklawes in Bosnië en Kroasië, wat nie toegelaat word om af te skei en by Serwië aan te sluit nie.  Tony Blair se goedkeuring vir selfbeskikking aan Noord Ierland, Wallis en Skotland is ‘n verdere bewys van die verdeelbaarheid van soewereiniteit.

Intussen is Europa aan die opmars. ‘n Groter entiteit soos die EU is geskep, met selfs ‘n gedeelde Euro-geldeenheid, wat ‘n groot verlies aan soewereiniteit van  lidlande verteenwoordig.  Die Europese Parlement is reeds in staat om gemeenskaplike wetgewing aan te neem wat verpligtend op ledelande is.  Daar kan dus met reg beweer word dat soewereiniteit vandag wel wesenlik verdeelbaar geword het.  ‘n Direkte uitvloeisel van die EU is dat landsgrense sagter geword het, deurdat burgers van een lidstaat dieselfde regte geniet as burgers van ‘n ander en dat goedere vryelik tussen lidstate oor grense heen mag beweeg. ‘n Versagting van landsgrense verdeel soewereiniteit nog verder.  In die toekoms sal algehele sesessie van ‘n lidstaat vanaf die Unie moontlik, wettig en prakties  uitvoerbaar wees, hoewel ekonomies dalk ongewens. 

Op die politieke landskap is hierdie verskynsel baie nuut; iets waarmee die VSA, Kanada en Meksiko waarskynlik nog te kampe gaan hê sover dit die oprigting van die Pan-Amerikaanse vryhandelsentiteit aanbetref.  Die afskeiding van Quebec, wat tans ‘n haas onverteerbare vooruitsitg vir Kanada is, sal polities meer aanvaarbaar raak wanneer ‘n groter Pan-Amerikaanse politieke entiteit tot stand kom en waarin Quebec ‘n gelyke vennoot sal kan wees.  Gesien teen die agtergrond dat die VSA sy alleenheerskappy as makro-moondheid waarskynlik eers sal moet inboet, sal so iets egter nie gou gebeur nie.

Om  nou weer na Afrika terug te keer.  Ek noem Suid-Afrika se terugkeer na Afrikanisme ‘n paradoksale enigma, omdat dit impliseer dat daar na Afrika se manier van dinge doen teruggekeer gaan word; soos Afrika dit vir eeue voor die koloniale tydperk gedoen het.  Landsgrense, wat arbitrêr deur koloniale moondhede op die vasteland afgedwing was, mag dus nou in gedrang kom. 

Lande soos Zambië en Mosambiek het reeds hul soewereiniteit oor die beheer van hul geldsake aan die IMF en die Wêreldbank afgestaan, wat daardie lande se begrotings elke jaar moet goedkeur en waar verteenwoordigers van daardie organisasies hul kabinetsvergaderinmgs bywoon.  Die volgende stap sal gemeenskaplike projekte oor aangrensende landsgrense wees. Neem bv. die Groter-Limpopowildreservaat van Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe.  Soewereiniteit se verdeelbaarheid en dus ook territoriale verdeelbaarheid, word sodoende stelselmatig as ‘n gegewe politieke opsie in Afrika aanvaar en stadigaan prysgegee.

Vir Afrikanisme om as ‘n ernstige politieke filosofie gesien te word en nie slegs as die politieke mobilisering van swart nasionalisme om die euforie van die “finale bevryding” te vier nie, sal Afrika se volke bevry moet word soos om te wees soos  hulle tydens die pre-1880 tydperk was.   Dit beteken dat grense wat regdeur stamme, volke en selfs gesinne se huise getrek was, opgeskort sal moet word.

Vroeër was daar dikwels aangevoer dat Afrikalande se buitelandse skuld die  prysgee van grondgebied, asook die verskuiwing van landsgrense onmoontlik maak.  Binne die huidige internasionale politieke klimaat, waar daar op die algehele vergewing van buitelandse skuld vir Afrikalande aangedring word, kan daardie argument dus eersdaags verdwyn.  ‘n Verdere aansporing van die herskikking van Afrikagrense is die NEPAD program, wat reusagtige gesamentlike voedselproduksieprojekte tot gevolg mag hê binne streke waar bepaalde klimatologiese of logistiese voordele bestaan.  Sulke projekte sal noodwendig beteken dat die land waarop ‘n projek geplaas word, nie noodwendig die volle fiskale, politieke of maatskaplike seggenskap oor sodanige projekte sal hê nie.  Sulke projekte mag selfs direk onder die beheer van die Afrika-Unie ressorteer.

Dit is binne hierdie verwysingsraam dat ‘n pre-1880 volk, soos die Afrikaners, wat van die Boerevolk afstam, ook hul eie staanplek sal moet vind.  Hoewel sesessie nie tans moontlik lyk nie, en, gesien teen die agtergrond van die twiste wat bestaan oor watter deel van Afrika aan Afrikaners toegewys moet word selfs onwenslik mag wees, sal sesessie, as ‘n politieke opsie, telkens weer sy verskyning op die politieke terrein maak.

Dit is derhalwe wys om die groter politieke prentjie, asook die filosofiese strominge oor die moraliteit van sesessie noukeurig te volg en om ‘n kultuur van denke te vestig wat gedurig daarop wys dat sesessie wel ‘n morele politieke opsie vir Afrikaners se netelige probleem van selfbeskikking is sodat sy volkskap behoue sal bly.

Julie, 2003

строительство саун москваДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Die wiel draai

ImageDie verlede is onvernietigbaar. Vroeër of later kom alles weer terug. Een van die dinge wat terugkom is die behoefte om die verlede te vernietig – Jorge Luis Borges.

Sover ek kan vasstel, het die wêreld se mees invloedryke media melding gemaak van die huidige golf van terreur wat tans in die townships heers. Met ’n bietjie leedvermaak lees ek ’n berig in die Engelse Prawda The Guardian dat Suid-Afrika by die einde van sy reënboog aangekom het – iets wat die meeste van ons al vyftien jaar gelede ingesien het. Dit lyk asof hierdie nuusbron, wat nog nooit geskroom het om elke oneffenheid in Afrikanergeskiedenis as teken van ’n inherente minderwaardigheid uit te basuin nie, nou op sy neus kyk. Dit wil voorkom asof hulle nou ewe skielik ook nie meer weet wat om te doen nie, veral as ’n mens onthou dat Mugabe, wat die hoofoorsaak van hierdie ellende is, ook ’n groot held in hulle oë was.

Demografieë mag verander, maar die onderliggende prosesse, mentaliteite en persepsies verander nouliks. Met hierdie opwelling van geweld, wat nou nie meer ontken kan word nie, verkeer Suid-Afrika in dieselfde ellende as op die vooraand van Verwoerdiaanse apartheid, en dit word nou steeds duideliker dat hierdie golf van geweld nie die gevolge van segregasie was nie, maar die oorsake daarvan. Enige persoon wat in hierdie tydsgewrig nog heul na ekstreem linkse opvattings is óf dom, óf een of ander skurk, óf ’n psigopaat.

As ons terugkyk in die geskiedenis na die Kaapkolonie in die vroeë 1830’s, veral na die totale minagting wat die Boere vanuit die Engelse regering ontvang het, tesame met die voortdurende plaasaanvalle op die grensgebiede en gebrekkige beskerming, kan ons begin verstaan waarom die Groot Trek ontstaan het. Hermann Giliomee maak melding daarvan in Die Afrikaners dat selfs die feministies gesinde Olive Schreiner in haar dagboek opgeteken het hoe skandalig die Boere deur die Engelse elite behandel was. Sommige trekboere het nie eens gewag vir kompensasiegeld vir die afskaffing van slawerny nie. Hulle wou net weg; ’n onmisbare historiese ooreenkoms met die situasie vandag. Baie Afrikaners vandag het egter die Groot Trek voortgesit na Engelssprekende lande, waar hulle nageslagte sal verengels en Milner se droom desondanks ’n stappie nader gekom het.

In die veertigerjare van die vorige eeu was die oorlog in Europa ’n groot bron van welvaart in Suid-Afrika gewees, en die groter stede kon skaars genoeg mense aantrek om die produksie aan die gang te hou. Toe die oorlog aan sy einde was, het werkloosheid weer begin dreig met sporadiese uitbarstings van etnies gebaseerde geweld. Dit was een van die belangrikste oorsake gewees waarom die regering van destyds ’n beleid van segregasie ingevoer het, juis omdat integrasie en werkloosheid saam ’n onstabiele en plofbare kombinasie gevorm het. Die huidige golf van geweld lui ’n terugkeer van hierdie prosesse in. Die een groot voordeel, as ’n mens dit ’n voordeel kan noem, is dat hierdie keer selfs nie eens The Guardian so wêreldvreemd is as om Afrikaners die skuld hiervoor te gee nie, hoe graag hulle ook sou wil.

Hierdie golf van geweld kan egter juis voordelig werk om Afrikaners se internasionale reputasie te versterk. Die Nederlandse skrywer WF Hermans het destyds gestel dat die grootste kritici in Europa teen die Nasionale Party se segregasiebeleid self ook nie ’n antwoord op Suid-Afrika se etniese probleme het nie, en dit begin nou deur te dring. ’n Paar jaar gelede het Buthelezi ook melding gemaak dat die Zoeloes ’n eie tuisland moes opgeëis het vir hulself, en sodoende eensklaps die vorige bedeling se onskuld verder verstewig het.

Nou onlangs is die Afrikaners toegelaat by The Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO), en het ’n stewiger posisie gekry om druk uit te oefen op die ANC se terreurveldtog en onbekwaamheid. Miskien kan dieselfde simpatieë vanuit die buiteland wat uitgegaan het na die Boere tydens die Anglo-Boereoorlog ook weer ’n oplewing beleef. Daar is immers genoeg Afrikaners in die buiteland wat elkeen ’n interessante paar feite kan vertel oor die ware gesig van Suid-Afrika. Trouens, die meeste Afrikaners waarmee ek in Nederland gesels het voel tog meer Afrikaner as Nederlander, selfs na ’n hele paar jaar se verblyf.

Die gevare op voetsoolvlak moet egter nie misgekyk word nie. Van die beter gesitueerde swartes wat ’n goeie werk en inkomste verdien, sien die wittes liewer verdwyn as verskyn, selfs al is Afrika sonder blankes ’n put van hongersnood en chaos. Soos ’n Pawlof-refleks kan hulle stel dat Afrika se probleme die gevolg van witmense se optrede is, hoewel vir hulle die hele debakel oor wittes in Suid-Afrika ideologies van aard is. Hulle het ’n goeie werk, kan daagliks eet en met duur motors die strate onveilig maak, en gee nie ’n flenter om vir die dag van more nie. Baie van hulle beskou Mugabe as ’n groot held, en lê blykbaar nie die verband tussen hongerlydende Zimbabwiërs in Suid-Afrika en sy funeste beleid nie. Selfs die Afrikalande in die Verenigde Nasies het Oom Bob verlede jaar genomineer tot voorsitter van duursame ontwikkeling, tesame met ander interessante portefeuljes, soos die Uitvoerende Raad van die Wêreldvoedselprogram, die Uitvoerende Raad vir die VN se Kinderfonds en die Beheerraad van die VN se Menslike Vestigingsprogram (Governing Council, UN Human Settlements Program – UN HABITAT).

Vanmore, 22 Mei verskyn op die nuus dat Zimbabwe se inflasie nou die eenmiljoenpersent-kerf bereik het. Die absurde toneel van Afrika begin nou onmisbaar op die res van die wêreld af te gee. Waarskynlik is dit ’n belangrike rede waarom die UNPO die Afrikaners onder sy hoede geneem het, tesame met die feit dat Europa en die Verenigde State met dieselfde probleme te kampe het wat migrante uit die derde wêreld aanbetref. (Lees ook Hermann Giliomee se uitstekende referaat.) Hierdie lande begin nou steeds meer apartheidsagtige taktieke toe te pas op hul grense. Ongelukkig genoeg het modernisering tot dusver nie tegnologie soseer in Afrikalande bevorder nie, maar wel die bevolkingsontploffing grootliks veroorsaak, in so ’n mate dat die ontwikkelde wêreld verswak kan word deur arm migrante en sy mededingendheid kan verloor. Die optrede van Mugabe wat swart emigrasie bevorder maak die bewondering vir hom net vreemder.

Die enigste manier hoe diktators in Afrika kan wegkom met hul minagting vir die gepeupel en tegelykertyd op soveel bewondering kan vertrou, is om leuens op leuens te vertel oor hul handelinge. Die koning van Swaziland het destyds sy privaatstraalvliegtuig wat hy aangekoop het, goedgepraat deur sy onderdane te verseker dat hy voedsel vir hulle gaan haal met sy nuwe hipermoderne straler; en Mbeki het melding gemaak toe die Spaanse grenspatrollie in Marokko swartes teruggejaag het uit hul enklawes, dat die Europeërs die mense wegjaag wat vir hulle die beskawing gebring het. Selfs Idi Amin het by sy presidensiële aantrede in 1971 sy volk wysgemaak dat die Grieke en Egiptenare swartes se filosofie en wiskunde gesteel het.

Niemand kan in die toekoms kyk nie, maar met die aksies van bogenoemde Afrikaleiers moet ons maar konkludeer dat hulle voorlopig nog historiese gebeurtenisse sal onderdruk en verdraai om hulself as groot helde en verlossers voor te stel. Geeneen van hulle sal sover gaan as om toe te gee dat hulle eerder die probleem is en nie die oplossing nie.

As hulle maar net die hand in eie boesem kon steek sou dit dinge heelwat makliker gemaak het.

play blackjack 21депутат лобановский