Tussen mite en massahisterie

ImageDie ANC hegemonie is uit om polities-inkorrektes te elimineer. Die laaste paar maande van nuusgebeure het onomstootlike bewys gelewer vir hierdie stelling. Ons het hier te make met ’n organisasie wat enige foute uit die verlede wil wegredeneer deur te verwys na die vergewingsgesindheid van die Waarheidskommissie, terwyl dieselfde organisasie geen probleem vind in die vervolging van voormalige leiers nie.

Adriaan Vlok, wat met voetewassery homself wou vrykoop van vervolging, hetsy voor God, hetsy voor Chikane, het tien jaar voorwaardelike tronkstraf gekry, terwyl kamerade soos Ronnie Kasrils, wat self betrokke was by martel- en moordpraktyke teen swartes in Quatro, ’n ANC-goelag in Angola, skotvry daarvan afgekom het.

Een van die grootste gevare van die ANC se propagandamasjien is die feit dat hulle moorde, martelings en hongersnood kan goedpraat deur ander te oortuig dat hulle dit goed bedoel het, maar dat dit verkeerd afgeloop het. Met ander woorde dit was ’n ongelukkie. Kommuniste het dieselfde taktiek gebruik om die volksmoorde in Afrika, Oos-Europa en Asië te vergoeilik. ’n Mens vergeet gerieflik dat ’n honderd miljoen mense nie ’n aantal is wat ’n mens per ongeluk dood kan maak nie.

Hoewel vanagter die oorblyfsels van die Berlynse Muur het hulle dit tog reggekry, en die kommuniste het hulself sodoende gevrywaar van enige vorm van verhoor. Ons hoop maar die verhoor wat nou gaan plaasvind teen die volksmoord in Kambodja ’n einde sal maak aan die geloofwaardigheid van ekstreem-links, soortgelyk aan die Nürenberg-verhore gedoen het aan Nazisme.

Iets wat egter voortdurend op die voorgrond tree is die volslae absurditeit van meningsvormers wat die huidige ellende in Suid-Afrika wil afwater deur die verlede te beskou as een of ander bose, duistere krag wat mense van ’n bepaalde bevolkingsgroep wil vernietig. Die mees onlangse voorbeeld is ene mevrou Georgina Guedes wat ’n paar paragrawe inmekaar geflans het om weereens die boosheid van Afrikaners weer te gee.

Hierdie mense noem hulself “progressief”, en in haar eie woorde kan selfs die ellende wat Mugabe veroorsaak het as “progressief” beskou word. Sy verwys na mense wat nog steeds praat van Rhodesië as suurgesig kolonialiste…asof daar net blye gesiggies in Zimbabwe oorbly noudat Mugabe die suurgesigte etnies gesuiwer het. Blykbaar laat die enorme hongersnood en ellende haar koud. Vir iemand soos Guedes, wie se naam verdag Portugees klink, steek daar nogal ironie in haar betoog.

Dan Roodt het in sy onlangse rubriek gespekuleer oor die oorsake van die haat wat die Engelse teen die Afrikaners koester deur te verwys na die Engelse se geknakte trots oor die Boereoorlog. Die metode wat gebruik word is om ’n hele volk te reduseer tot ’n enkele persoon of persone wat oor geen greintjie goedheid beskik nie, en dan daardie persoon op die mees haatlike, histeriese manier te beswadder.

Hierdie vorm van massahisterie is die werktuig van die progressiewes, en is per definisie nie vatbaar vir nuanses nie. Enigiemand wat die situasie wil nuanseer is ’n agent van die bose. Immers, hoe groter die massahisterie, hoe groter die mite, en hoe minder plek is daar vir die werklikheid.

Die uitgeweke Nederlandse politikus Ayaan Hirsi Ali het op ’n stadium vertel dat sy deur die progressiewe imams van jongs af aan geïndoktrineer was om te glo dat Jode honde, varke, ape of iets dergliks was, en toe sy eenmaal ’n Jood in lewende lywe gesien het, dat dit gewoon ’n mens van vlees en bloed was, het die skille van haar oë geval.

Ek wonder of mevrou Guedes al ooit ’n gesprek gehad het met ’n deursnit Boere-Afrikaner, gewoon iemand wat op pad is om kruideniersware te koop, rugby op Loftus te gaan kyk of gewoon ’n bietjie wil geniet van die natuur. Miskien sal dit haar ’n bietjie reghelp, maar die kans is groter dat sy juis die algemene beleefdheid en inskiklikheid van die Afrikaner as bron van verdere verdagmakery sal gebruik.

Iets wat mevrou Guedes waarskynlik nie besef nie is dat die voorsate van die Afrikaners, met name die Franse Hugenote, juis weggevlug het uit Europa omdat hulle nie langer kon saamleef met die “progressiewe” heksejagmentaliteit van die Europeërs nie. Met die industrialisering en gepaardgaande sekularisering van Europa het die kerk grotendeels sy gesag verloor, maar die heksejagmentaliteit het in sommige gevalle ’n mutasie ondergaan en is wedergebore in die vorm van linkse politiek.

Laasgenoemde opvatting is ontleen aan die Nederlandse skrywer W.F. Hermans wat ’n verklaring wou bied oor hoekom die oorwegend Katolieke volksdeel van Nederland, met name in die ooste van die land, ’n bolwerk geword het van ekstreem linkse politiek.

As dit nie die ergste is nie, dan is dit die menings wat ander lesers op haar skrywe gehad het. Dit is ongelooflik hoe sommige mense met Afrikanername met groot instemming reageer op haar skrywe. Dit is seker normaal vir volke wat so onder eksterne druk staan om so verdeeld te reageer op hierdie ondeurdagte rubriek. Aan die een kant skryf Guedes dat Pretoria haar nie eintlik interesseer nie, maar tegelykertyd moet daardie stad se naam absoluut verander word na een of ander vae mitiese figuur.

Soos ons almal weet het stamhoof Tshwane met sy uitstekende radartegnologie die blankes in die Kaap de Goede Hoop sien aankom en gewaarsku teen die sondeval wat die swartes vir ewig uit die Paradys sou verban. Helaas het argeologiese opgrawings na my wete nog niks opgelewer oor Tshwane se kennis of moontlike artefakte nie.

Dit is dalk nou ’n goue geleentheid om aan te dring op verdere naamsveranderings. Aangesien Guedes eintlik niks in gemeen het met Suid-Afrika nie, maar haarself tog opwerp as kenner stel ek voor dat ons aandring dat Portugal se hoofstad Lissabon ook ’n naamsverandering moet ondergaan.

Daar is naamlik ’n antieke Griekse mite wat stel dat Lissabon ’n verbastering van die Griekse naam Olissipo is, wat verwys na koning Odysseos (ook bekend as Ulysses). Volgens ’n mite het hy destyds weggevlug uit Griekeland om die sterker wordende koalisie in daardie land te ontsnap en het aan die Atlantiese oseaan die stad Lissabon gestig.

In Romeinse skrywes staan Odysseos bekend as ’n wreedaard wat die Trojaanse inval gereël het. Daar het hy vroue tot slawe gemaak, mans vermoor en kinders van die stadsmure afgegooi. Immers, die werkwoord “odussomai” beteken “haat” in Grieks en daar is veronderstel dat hy ’n haatlike figuur was wat met toorn regeer het.

Dit is nogal verbasend gelyksoortig aan die twak wat Guedes geskryf het van Andries Pretorius. Die werklikheid is egter dat die Boere weggevlug het uit die Kaapkolonie omdat die Engelse hul lewens so versuur het vir hulle daar onder. Die Boere is eintlik die hele tyd vervolg en verjaag deur die domheid en verderflike motiewe van ander, groter volke.

Waar die hele naamsverandering-massahisterie uiteindelik op neerkom is dat Europeërs ’n bewys wil lewer dat nòg Afrikaners nòg hul voorsate nie aan eersgenoemde se heksejagmentaliteit kan ontsnap nie, selfs nie na driehonderd en vyftig jaar nie. Afrikaners daarenteen is hierdeur gedwing om nugter en feitlik te dink ter wille van hul eie voortbestaan.

My vermoede is dat dit juis hierdie nugterheid is wat maak dat Afrikaners ’n gevreesde volk by die polities korrektes is, plus natuurlik die groter aantal Afrikaners as Engelse in Suid-Afrika. Laat mevrou Guerdes gerus na haar ontheemde verdwaalde groepie Engelssprekende blankes in en om Johannesburg as “friendly” verwys. Ek verskil so effe van mening met haar op daardie gebied.

Gee die Rooies, swartes en linkse Souties gerus maar hul multikulti-lugkastele. Gee ons die feite, dan kyk ons wie wen die Pretoria-Tshwane stryd. Tot dusver het die Groot Westerse Moraliste figure soos Idi-Amin, Mobutu Sese-Seko en Mugabe aan die mag gehelp. Dalk moet Guedes hieraan aandag gee voordat sy Afrikaners van bloedvergieting beskuldig. Oor die algemeen is dit nie soseer leuens wat die politieke kranksinnigheid van die dag regeer nie, maar gewoon pure domheid.    

машинка мультикиАлександр Фильчаков прокурор

Is daar ‘n God?

ImageRichard Dawkins, die bekende wetenskaplike, was onlangs baie in die nuus oor sy jongste boek The God Delusion.  Die boek veroorsaak heelwat kontroversie, en Dawkins verskyn gereeld in die media om sy boek te bemark en om sy idees oor godsdiens te bespreek.
 
Die boek verkoop baie goed, het tot op nommer vier op The New York Times se blitsverkoperslys gestyg, waar dit vir nege weke lank onder die eerste tien verskyn het.  Dat Dawkins ‘n interessante en skynbaar belangrike saak aangeraak het, is gewis, en ander kommentators, onder meer Christopher Hitchens, het opgevolg met hulle eie werke oor religie. 
 
Hitchens se titel, “God Is Not Great: How Religion Poisons Everything” is nog ‘n bydrae in ‘n reeks boeke waarin Westerse kommentators hulle ateïsme bely.  “The End of Faith” deur Sam Harris, en “Breaking the Spell” deur Daniel Dennett is verdere bydraes waarin religie in die algemeen, en Christendom in die besonder, as agterlik, of gevaarlik, of sommer net as dom, verklaar word.
 
Die argumente teen die bestaan van ‘n Opperwese word gemaak met beide logiese en emosionele argumente deur Dawkins en die ander skrywers.  Logiese argumente maak gewoonlik aanspraak op wetenskaplike feite, terwyl emosionele aansprake dikwels dele uit die Bybel, dikwels wel in konteks, aanhaal en as dom of net as verkeerd of selfs as immoreel verdoem. 
 
So byvoorbeeld kan aanhalings oor slawerny, of opdragte om ongehoorsame kinders en slawe te stenig, gebruik word om emosionele pleidooie te lewer wat die Bybel, en dus die Goddelik opdrag, as dom en agterlik en dus sonder inhoud,  af te maak.  Dus, omdat die Bybel boeke bevat wat in die moderne konteks slawerny goed praat, of kindermoord promoveer, is die hele Bybel verkeerd en nie van toepassing op moderne mense nie.  Daarom kan die bestaan van God dus verwerp word.   Dit is veral in die opsig dat morele lesse vanuit die Bybel deur Dawkins, Hitchens en Harris verwerp word as ongeldig.
 
Daar is ook ander emosionele aansprake wat deur Dawkins en Harries gemaak word as argumente teen die bestaan van ‘n Opperwese.  Harris skryf byvoorbeeld in sy boek dat daar mense (Christene) is wat ‘n Boek op hulle bedkassies neersit en daagliks lees, wat geskryf is deur ‘n onsigbare Wese wat hulle in die Hel in ewigheid sal laat brand as hulle Sy boodskap durf verwerp, maar wat terselfter tyd bewys sal vra as beweer word dat joghurt ‘n mens onsigbaar kan maak. 
 
Hierdie mense word Christene genoem, en hulle is dom om die Bybelse storie sonder bewys te aanvaar, maar om die joghurt-storie te verwerp weens afwesigheid van ‘n bewys.  Met ander woorde, daar is geen God nie, omdat die die aansprake van die Bybel (‘n onsigbare God) teëstrydig is met ons alledaagse ervaring van die fisieke wêreld.  Die argument vereis dat die Bybel letterlik gelees word.

Maar om die Bybel net figuurlik te lees skep probleme vir Christene, selfs al haal dit die angel uit bostaande argument.  As die Bybel figuurlik gelees word, wat kan ons dan skryf oor Christus as ‘n historiese figuur?  Het Hy bestaan? Was sy wonderwerke net figuurlike gebeure wat nie histories waar is nie?  Indien so, wat sê dit oor Christus as deel van ‘n Drie-Enige God?  Predikante en Filosowe het al baie eeue lank oor die kwessies geworstel, en die laaste woord is nog nie hieroor geskryf nie. 

Mens moet ook in die opsig oplet dat fundamentele Christene wel ‘n letterlike interpretasie van die Bybel verkies, wat hulle die hoon van ateïsme en selfs ander Christene op die hals haal.  Christene in hoofstroom sektes verkies soms ‘n figuurlike interpretasie van die Bybel, en worstel daarna oor die Goddelikheid van Christus en ander belangrike vrae tot so ‘n mate dat selfs basiese eksplisiete uitsprake in die Bybel ondermyn word (vandag word daar oor homoseksualiteit en die huwelik geargumenteer).

‘n Belangrike argument (wat self ateïste soms toegee) is dat die Bybel en die Christelike geloof  ‘n fondasie bied waarop moraliteit gevestig kan word.  Die aanvaarding dat ‘n toornige en alleswetende Opperwese mense wat afdwaal sal straf, dissiplineer mense oor die algemeen, en skep sosiale kapitaal in die vorm van eerlike en opregte mense wat  beskawing beter laat werk tot almal se voordeel.  Daar word egter ook skerp aantygings gemaak dat alle godsdiens gevaarlik is, oorloë veroorsaak, en mense indiwidueel onderdruk. (Dit idee dat godsdiens dalk beter soldate lewer eerder as om oorloë te veroorsaak, word skynbaar nie ondersoek nie).

Sommige ateïste wil wetenskap gebruik om die Opperwese in Westerse kultuur te verplaas – dit kan kwansuis gebruik word om mense die voordele van religie te gee (gesondheid en ‘n gevoel van ontsag en vrees vir die grootheid van die skepping en die kortstondigheid van indiwiduele bestaan) sonder om die logiese fondamente van Westerse kultuur te ondermyn.  Mens kan veronderstel dat ‘n gemeente die Son, die Melkweg, Lewe op Aarde en dies meer, met eerbied en ontsag kan bejeën, min of meer soos sommige gelowe wat planete as Gode bejeen het, dit eeue gelede gedoen het.  Daar is derhalwe niks juis oorspronklik in die idee nie, behalwe dat die bestaan van ‘n spirituele wêreld onafhanklik van die fisiese heelal ontken word.

Daar is natuurlik baie meer probleme met bostaande voorstel – Omdat wetenskap net ‘n paradigma wat gebaseer op die beginsels soos Okkam se Lem is, is dit nie volmaak nie, en het dit tekortkominge:  dit kan byvoorbeeld nooit gebruik word om Geluk, of indiwiduele bestaan, of selfs die fisiese wêreld volmaak te beskryf nie. 

Verder is daar baie logiese stellings wat nie wetenskaplik is nie.  Besin byvoorbeeld oor die stelling “Daar is nie ‘n God nie”.  Daar is geen manier om die stelling wetenskaplik te toets nie.  Dit is konsekwent met fisiese wette, kan dalk korrek wees, is soms emosioneel aanvaarbaar, en daar is baie slim mense wat glo dat dit waar is.

Die negatief van die stelling, naamlik “Daar is ‘n God”, is om dieselfde redes aanvaarbaar.  Met ander woorde, daar geen toets, logies of eksperimenteel, wat gedoen kan word om absoluut te bewys, dat die stelling, of sy negatief, waar is of nie.  Derhalwe is ons beskrywing van beide die fisiese en geestelike wêreld onvolmaak, en kan ons dit nooit vervolmaak nie.  (Selfs fisiese wette, waaroor ons baie seker is, is nie volmaak nie, maar is bloot wiskundige beskrywings van die heelal).

Maar wat kan ons oor wetenskaplikes soos Dawkins skryf?  Hier is die ironie: Dawkins is ‘n bioloog en ‘n erkende spesialis wat evolusie-teorie betref.  Daar is geen kwessie dat Darwin se evolusie nie net ‘n teorie is nie, maar wel ‘n proses is wat duidelik, wetenskaplik bewysbaar, onderliggend is aan die ontwikkeling en geskiedenis van lewe op aarde.  Die meganisme werk op ‘n prinsiep van survival of the fittest.  Dit kan beskryf word as ‘n proses wat “goeie gene” selekteer as die gene sy draer ‘n beter kans op oorlewing en voortplanting gee. Dit erken ook die bestaan van meme, hierdie is idees en kultuur wat in die brein gedra word, en voortplant in geslagte.  Taal, resepte, musiek en natuurlik godsdiens, sovel as ateïsme, is sulke meme, en Dawkins besef waarskynlik goed dat ‘n meem geselekteer kan word as dit ‘n voordeel aan sy draers in ‘n gemeenskap gee.

Dus, as die meem “Christendom” sy draers beter laat oorleef en voortplant (beter laat veg in oorloë, beter laat saamwerk in nood, beter kinders grootmaak en sosiale kapitaal laat oordra van geslag tot geslag), sal dit geselekteer word, en alle getuienis is skynbaar dat die meem “ateïsme” nie ‘n voordeel aan sy draers gee nie (daar is geen suksesvolle ateïstiese gemeenskap wat honderde of duisende jare oorleef het nie). 

Die grappie is dus op Dawkins, en ek dink hy moet dit besef – hy maak seker goed geld met sy boek, maar as sy idees ‘n meem is wat nie ‘n voordeel as sy volgelinge gee nie, is dit bestem om op die ashoop van geskiedenis te beland, dit terwyl Christendom steeds sal oorleef in een of ander vorm.

подставкиданильченко юрій броніславович

Zimbabwe raak dalk net te naby – met verreikende gevolge vir SA

ImageGebeure noord en suid van die Limpopo die afgelope maand het om ‘n verskeidenheid redes die media, plaaslik en internasionaal gaande gehad.

Die redes: ‘n Zimbabwe wat danksy diktator Mugabe dramaties aan die ineenstort is en andersyds ‘n misplaaste stille diplomasie aan Mbeki se kant wat ‘n verskoning vir gebrek aan optrede verteenwoordig.

Beeld se redaksionele kommentaar op Vrydag 10 Augustus 2007 onder die opskrif "Afwesige leierskap" slaan die spyker op sy kop.  Soos met die vloede van 2000 is daar tans weereens geen leierskap, geen plan, geen optrede nie en dit is elkeen vir homself; dít terwyl letterlik derduisende hopelose, hulpelose honger mense op Suid-Afrika toesak.

Wanneer dinge drasties verkeerd loop, d.w.s. ten tye van nood, bly daar as laaste hoop ‘n land se veiligheidsmagte oor omdat hulle immers uit die volk vir die volk is.

In Zimbabwe word die swaardmag bestaande uit die ZCIO (Zimbabwiese Inligtingsdiens) ZNA (Zimbabwe National Army) en ZRP (Zimbabwe Republican Police) kwistig teen die burgery en veral die politieke opponente misbruik.  Dit is veral die Zimbabwiese polisie wat sakemanne opsluit omdat dié nie aangekoopte goedere teen ‘n derde van die prys wil verkoop nie, die boere se beeste skiet en wat lustig meedoen aan vergrype teen die burgery.

Maar wat van Suid-Afrika? Gaan daar nie insgelyks rooi ligte hier aan nie? Is daar parallelle te trek m.b.t. die aanwending en wanaanwending van die SA Veiligheidsmagte suid van die Limpopo?  Inderdaad, in veral die SAPD se geval gewis en graag lig ek toe:

  • Onregmatige arrestasies normaalweg oor naweke is aan die orde van die dag – en deel van TLU-SA se bedreigingsanalise.
  • Instrumenteel in die ontwapeningsproses van die burgery is die nuwe vuurwapenwet – dít met 4 miljoen onwettige vuurwapens vrylik in omloop.
  • Tot 30% van alle polisielede het óf ‘n misdaad- óf ‘n departementele rekord en is dus direk of indirek by misdaad betrokke.
  • Subjektiewe en selektiewe bepaling van sogenaamde prioriteitsmisdaad – huisbraak behoort nou ewe skielik tot “petty crime”.
  • Brutaliteit ten tye van klopjagte – gekenmerk ten tye van “Operasie Situnye” teen burgerlikes (wyd gerapporteer in die media).
  • ‘n Totale gebrek aan reaksie of optrede op voorstelle en kritiek eie aan eenpartystate.
  • Viktimisering en misplaaste optrede teen die burgery.  Kommissaris Sengane se tirade teen die boere wat durf waag om lewe en eiendom te beskerm.
  • Dreigemente van arrestasie teen boere wat onwettige Zimbabwiërs in hegtenis neem.  Hy is later tereggewys en gerepudieer deur ‘n geregtelike kommisie asook die komitee vir veiligheid en sekuriteit in die parlement.
  • Uitreik van boetekaartjies vir die gebruik van groen ligte/wit ligte ten tye van buurt- en plaaswagpatrollies.
  • Blanke polisiereserviste het lustig meegedoen aan optrede teen die nuwe bedreiging van anti-misdaadvrywilligers met groen en wit ligte op hul voertuie.  ‘n Faksie wat sterk herinner aan die hensopper en joiner ten tye van die Anglo-Boereoorlog.

Soos die staat se spreekwoordelike wiele aan die afkom is danksy afwesige leierskap, blinde uitgediende ideologieë en ‘n totale gebrek aan onderskeid tussen party en staat, word Jan en alleman toenemend geforseer om alternatiewe te oorweeg.  Noem maar op: gebrekkige dienste op munisipale vlak, in staatshospitale, laestandaardopvoeding in skole en natuurlik min beskerming deur die staat met ‘n privaatsekerheidsmag bykans 3 maal groter as die SAPD wat verklaar hoekom laasgenoemde deur privaatsekerheidselemente opgepas en bewaak word.

Wat die verval in die SAPD betref, is dit interessant dat daar steeds diegene is wat glo dat die polisiemag deur reserviste gestut kan word en dat mens sodoende ‘n langtermynbydrae tot normalisering kan maak.  Dog op die hoogste vlakke in die SAPD word openlik erken dat daar geen dissipline, geen dienslewering en gebrekkige vermoë bestaan.  Selfs op kommissarisvlakke is die leierselement sodanig gemuilband dat vermoë die een na die ander die polisie verlaat en die res doodgewoon ander pad kyk en hoogstens agter ‘n bakhand sinvolle advies gee. 

Kortom ‘n vis vrot vanaf die kop en geen kunsmatige stutte van watter aard sal ‘n wesentlike verskil maak nie.  Die ad hoc-oproepe vanaf sekeres om betrokke te raak in „die stryd teen misdaad" verteenwoordig ‘n omgewing wat kunsmatig deur die owerheid self geskep word as gevolg van swak regering, verwaterde wette en ‘n totale gebrek aan dissipline in die breë.  Wat wil jy meer as adj-min. Dirk du Toit op 13 Augustus 2007 aan ‘n hoëvlaklandbou-afvaardiging laat blyk met verwysing na onwettige Zimbabwiërs dat die betredingswet nie meer bestaan sedert die ANC aan bewind gekom het nie?

Terug na die parallel met Zimbabwe – die gebrekkige leierskap wat tans ywerig ondersteun word deur ‘n klompie reserviste tree vandag op teen anti-misdaadvrywilligers met groen en wit ligte op voertuie, maar môre gaan hulle waarskynlik op die Zimbabwemodel eie besigheidslui wat weier om kammalandprysverlagings toe te pas, arresteer.

My persoonlike blootstelling aan misdaad, "opgeleide onvermoë" aan SAPD-kant en ‘n totale afwesigheid van politieke wil op regeringsvlak noop my om nie net aan te haal nie maar hartlik saam te stem met die volgende:  "For the first time I am beginning to think that Mr. Jacob Zuma is a better bet for president than Mr. Thabo Mbeki" (Andrew Kenny in The Citizen op 14 Augustus 2007).

Ten slotte herbevestig ek TLU-SA se standpunt, naamlik om verantwoordelikheid te neem vir eie en gemeenskapsveiligheid.  Die ontwikkeling van veiligheidsparaatheid is nie net ingestel op selektiewe stabilisering nie, maar veral op langtermynnormalisering en die daarstel van ‘n borswering teen enige avonture vanaf watter oord ook al.

Byna haal ek aan: por la razon o la feurza – by reason or by force, of in Afrikaans: met rede of met vermoë.купить брюки теплые на мальчикалобановский александр дети

‘Tshwane’ is tamatsj en patatsj

Image

Guedes, regs

Stem in ons meningspeiling (hiernaas, regs): Behoort Boerehaat-Engelse soos Georgina Guedes toegelaat te word om in ons Republiek te woon?

Oor die Porrajoernalis, Georgina Guedes, se stelling You say ‘potato’, I say ‘Tshwane’ kan ek aan haar oordra: “Ek sê Pretoria en jy sê ‘Tamatsj and Patatsj’.” Dis omtrent hoeveel agting Afrikaners vir die Tshwane-voorstanders soos Guedes en kie het. Miskien is Tshwane ‘n Portugese groentesoort waarvan ons nog nie gehoor het nie. Guedes se hatige peri-peri-giftong  sou miskien beter pas agter die kasregister van een van daardie olierige kitskosplekke waar die bantoe-arbeiders meer mishandel word as die kakkerlakke wat die kombuis oorheers. Die afstammelinge van viswinkels, groentesmouse, barbiere ens. is nou nie eintlik die tipe mense wie se mening in my boek tel nie.

Georgina laat my aan die vuil en ongedissiplineerde Porrakind op skool dink met wie niemand gesien wil wees nie. Daar is altyd ‘n skolier wat aan die regte kant van die spoorlyn woon by wie die groentesmous se kind probeer in wees. Dis gewoonlik die ewe rebelse Engelse kind wat gulhartig die enetjie met die olierige hare akkomodeer. Terwyl die Porrakind die onderwyser uittart, kruip sy altyd by die Engelse kind wat die Afrikaanssprekende onderwyser ewe veel haat. Tipies van mense met ‘n swak agtergrond is hierdie Lusitaanse gebroedsel altyd hatig teenoor gesag, veral as die gesag ‘n verhewe kultuurgroep is.

Dat Afrikaners vir die Portugese lieplappers van Angola en Mosambiek ‘n reddingsboei gegooi het en  dat ons ‘n ooglopende agterlike nasie as ons gelykes aanvaar het, het die Porra geensins  met dankbaarheid gevul nie. Met sy ongedissiplineerde en temperamentele Latyns-katolieke agtergrond was die ordelike gestruktureerdheid van die Wesgermaanse Calvinistiese Afrikaner vir hom net een te veel. Ons verhewenheid het net hul agterlikheid beklemtoon. Dit is toe dat sy haar na haar nuwe vyand se vyand wend. Ongeag dat die Engelse op die Porras neersien, word elke Portugese opdrifsel, wat net met hul vuil klere op hul lywe van hul twee mislukte Afrikakolonies af hier aangekom het, toe ook “Engels”. Dit is hoe die ruggraatlose “see-bantoe”  aan sy redder en weldoener dank betuig het, deur ons vyand se taal syne te maak.

Ongeag hoe Georgina en haar mede “baccalau-baccalau!”-gillers probeer om Engels te wees is  Rosettenville nie aan dieselfde kant as Sandton nie. Al woon hierdie viswyf in Morningside (of waar ook al), bly Madeira in haar bloed. Ja, Madeira; dis die ghetto van Portugal en Portugal is die ghetto van Europa. Dan is daar nog boonop diesulkes wat van daardie industriële krotstad Porto afkomstig is…

Georgina, soos soveel ande blanke(?) volksvreemdes, insluitende die Engelse, soek nou naarstigtelik witvoetjie by hul anglofiele Xhosa-heersers. Nou is dit ‘n kwessie van “slaan ons terwyl ons lê”. Dit wys ook presies hoe ruggraatloos die Engelse en hul lakeie is.

My advies aan Georgina is: Te veel peri-peri en te min bad het na jou kop toe gegaan; jy lei aan ‘n enorme minderwaardigheidskompleks. Doen ons ‘n guns en gaan terug Angola (of uit watter gat jy ook al gekruip het) toe!

online casinoДанильченко Юрий Брониславович

Die Engelse gevaar


Image Stem in ons meningspeiling (regs onder): Behoort Boerehaat-Engelse soos Georgina Guedes toegelaat te word om in ons Republiek te woon?

Hiernaas verskyn ’n rubriek deur Anton Barnard, in reaksie op Engelse steun vir die naamsverandering van Pretoria.

So ’n ruk terug wou ek ’n boek begin skryf met die titel, “Die Engelse gevaar”. Oor die afgelope jare, in ’n poging om die gemors te begryp waarin ons land verval het, verslind ek geskiedenis. Soos my vrou droogweg teenoor my opmerk nadat ek haar van die soveelste insident vertel het waartydens die Engelse die Boere of Voortrekkers wou ondermyn: “Suid-Afrika se geskiedenis is eintlik die verhaal van Engelse wat die swartes opstook om die Afrikaners te gaan doodmaak.”

Oral waar daar oorloë tussen ons en swartes uitgebreek het, was daar iewers ’n Engelse sendeling betrokke. “Sendeling, ellendeling,” lui die Afrikaanse gesegde. Volgens sommige geskiedskrywers het Owen, die Britse sendeling wat by Dingaan se kraal werksaam was, vooraf geweet dat die moord op Piet Retief beplan word, maar verkies om nie die Voortrekkers te waarsku nie. Dan weet ons natuurlik van die haatveldtog wat Philip en Van der Kemp teen die Voortrekkers in die 1820s en 1830s gevoer het, en wat regstreeks tot die Groot Trek aanleiding gegee het.

Toe ons uiteindelik ná die Sandrivierkonvensie buite Engelse bereik ons eie republieke verkry het, was dit nie lank nie of Theophilus Shepstone annekseer die Transvaal in 1877. Hierna volg die Eerste Vryheidsoorlog teen die spul Britte en gelukkig vir ons gaan haal ons vir Colley en sy manne van Majuba af en wys hulle waar Dawid die wortels gegrawe het. Die vrede van die Pretoriase konvensie (1881) en die latere Londense konvensie (1884) het egter nie lank gehou nie, want in 1896 poog die Engelse om ’n staatsgreep in die Transvaal uit te voer met die Jameson Raid.

Dit gee regstreeks aanleiding tot die Tweede Vryheidsoorlog waartydens die Engelse gewapende swartes teen die Boere en veral die Boerevroue gebruik. Sowel Engelse as swartes molesteer of verkrag ons vroue, stop hulle en hulle kinders in konsentrasiekampe en pleeg ’n volksmoord waarvoor hulle nog nooit, anders as die Duitsers, die Turke, die Kambodjane of die Hoetoe’s van Rwanda, tot verantwoording geroep is nie.

Die 100 000 swartes wat deur die Britte tydens 1899-1902 bewapen is, vestig die patroon vir die twintigste eeu. Die Engelse het selfs ’n term daarvoor: war by proxy. ’n Mooi Afrikaanse uitdrukking vir dieselfde begrip is ’n “handskoenoorlog”.

Maak geen fout nie: Brittanje en die plaaslike Britte of rooinekke sal nie rus totdat ons as volk uitgewis of ten minste vernietig, gedekultureer en oor die aarde verstrooi is nie. Waarom die Engelse ons so haat, is moeilik om te verklaar. Een teorie is dat die koste van die Tweede Vryheidsoorlog hul empaaier geknak het en dat dit ook die res van Europa teen Engeland gekeer het, iets waarvoor hulle ons nog nooit vergewe het nie.

Myns insiens spruit Suid-Afrika se onophoudelike politieke probleme en twiste uit die verdeelde lojaliteit van die invloedryke groep uitlanders wat steeds, ondanks die ANC se revolusie, ons ekonomie en die media beheer. Ons moet ophou om na dié uitgeweke Britte wat in die noordelike voorstede van Johannesburg, Natal of Kaapstad saamkoek as “Suid-Afrikaners” te verwys, want ten minste die helfte van hulle was nog nooit lojaal aan ons land nie, maar het geheg aan hul ou Queen en die Union Jack gebly.

Georgina Guedes wat Pretoria se naam verander wil sien, is maar net nog ’n Engelse génocidaire oftewel volksmoordenaar wat alles wat Afrikaans is, hetsy ons plekname, hetsy ons kultuur, hetsy ons mense wat al soveel onder Britse wreedheid gely het, uitgeroei wil sien. En natuurlik gaan dit met die handskoen geskied, want sy hoef nie self haar hande vuil te maak nie. Daardie idioot wat haarself die burgemeester van Tshwane noem, gaan dit vir haar doen. Soos sy in haar rubriek skryf, gee Guedes nie om watter name ons stede aanneem nie. Want Londen sal mos altyd Londen wees. Of Lissabon wel Lissabon? Met ’n van soos Guedes haal Georgina nie eintlik Britse uitverkore status nie; dis eerder geval van ’n Porra wat haarself verbeel sy het Engels geword.

Min Afrikaners sal toelaat dat hul kinders met ’n Porra trou, want hulle wil nie ’n geneties verswakte nageslag hê nie. Die ongeletterdheidsyfer in Portugal is iets soos 35%, die hoogste in Wes-Europa. Nadat die Portugese uit Mosambiek en Angola verdryf is, het ons hulle hier as Westerse vlugtelinge verwelkom en hulle blanke status gegee, hoewel heelwat van hulle in hul gewese kolonies oorkant die draad gekuier het. Van Guedes ontvang ons nou stank vir dank. Vanuit die groentewinkel waar sy nog tamaties en koejawels verkoop het, verbeel sy haar nou sy is een of ander koloniale sekretaris in Londen wat die soveelste gewapende aanval op die Boere met ’n span Ghoerkas beplan.

Die huidige bestel met sy naamsveranderings is uit en uit ’n maaksel van die geradikaliseerde Britse intellektuele en joernaliste wat met hul grootse propagandaveldtog die oorwinning behaal het oor die arme Broederbond en Nasionale Party wat in sy sterwensfase een en dieselfde organisasie was.

So ook Zimbabwe, waar Brittanje teen sy eie mense, die Engelssprekende, blanke Rhodesiërs gekies het en geëis het dat Mugabe president word nadat die gematigde biskop Abel Muzorewa aanvanklik ’n demokratiese verkiesing gewen het. Ek onthou nou nog hoe die Engelse studente by Wits waar ek gestudeer het, in 1980 gejuig het toe die nuus oor die radio kom dat Mugabe die verkiesing gewen het. Hoewel daar in Brittanje konserwatiewe Britte bestaan, word ons plaaslike Britse intellektuele, joernaliste en selfs sakeleiers wat die Johannesburgse ekonomie beheer, beïnvloed vanaf plekke soos Kuba of die linkervleuel van die Arbeidersparty wat sedert die sewentigerjare een van die laaste buiteposte van Marxisme in Wes-Europa is.

Soos die ANC bestempel die Britte, hetsy in die moederland, hetsy plaaslikes, die situasie in Zimbabwe as “demokrasie”. Die idee dat hulle in 1980 ’n groteske fout begaan het, het nog nie by hulle posgevat nie en sal ook nooit nie. Toe die Afrikaners onder apartheid naarstiglik swart skole en hospitale opgerig het, het histeriese Engelse intellektuele, joernaliste en kerkleiers dit ’n “misdaad teen die mensdom” genoem. Die Engelse het ‘n probleem met hul werklikheidsbesef en is in staat om enigiets te sê wat in hulle koppe inkom. Wat hulle in Zimbabwe aangevang het, of die geweld en anargie wat hulle en die Amerikaners deur hul militêre inmenging in Irak gesaai het, behang hulle met die pragtige begrip, “demokrasie”.

Voordat ons vergeet, die Kerstraatbom is in Londen beplan, nie in Oos-Berlyn of Moskou nie.

Verwoerd sal onthou word as een van die groot Afrikanerleiers van die twintigste eeu. Immers het hy ons vir ’n wyle uit die verderflike Britse Statebond gekry en ons land in ’n soewereine republiek omskep. Maar hy het ook vele foute begaan.

Een van Verwoerd se grootste foute was sy verdraagsaamheid teenoor ons grootste vyand, die verraderlike Engelsman. Toe Suid-Afrika in 1961 ’n republiek geword het, het Verwoerd die geleentheid gehad om Afrikaans die enigste amptelike taal te maak en van die Engelse te vereis om finaal te kies tussen hierdie land en Engeland. Pleks daarvan, het Verwoerd die perd van “versoening” en die “blanke nasie” wat kastig tweetalig sou wees, opgesaal. Sodoende het hy die Engelse hand versterk en dit was net ’n kwessie van tyd voordat ons herower sou word om die huidige verskrikking van “Engelse demokrasie” saam met die Zimbabwiërs en die Irakiërs te beleef.

Wie Georgina Guedes ook al is, ’n verengelsde Portugees wat haar op haar Johannesburgse identiteit beroep (asof ons hoegenaamd in haar gehegtheid aan Sandton City of die Fourways Mall of ander tempels van Anglo-Amerikaanse kultuur belangstel), verteenwoordig sy ’n simptoom van Suid-Afrika se Engelse probleem wat met die jare net groter geword het.

Agter die moordenaars en verkragters wat ons teister en agter die Zimbabwiese immigrant wat oor ons grense stroom, staan ’n grinnikende Engelsman wat sadistiese behae in sy vernietigingswerk en in ons ondergang skep.

Anders as die gehate Engelse met hul neigings tot volsmoord en etniese suiwering, wil ons die goed nie noodwendig uitwis nie. Maar ons sal moet besef dat tweetaligheid en die blanke nasie van weleer ’n groot fout was. Daar kan geen kompromie met die Engelse heersersklas in Johannesburg en Kaapstad wees nie. As die Afrikaner eers uit sy huidige slaapwandeling wakkergeskrik en agtergekom het wat aangaan, sal ons by die eerste die beste geleentheid Afrikaans as enigste amptelike taal in die hele land, uitgesonderd Natal, moet vestig. Laat die Engelse hulle in die huidige reeks naamsveranderings verkneukel, want by die eerste, beste geleentheid gaan ons elke Engelse naam in hierdie land na ‘n inheemse Afrikaanse naam verander. Elkeen van die kitsch veiligheidsbuurte met hul pretensieuse Engelse of Italiaanse name sal na ‘n Afrikaanse naam verander word, net soos wat die Vlaminge in Vlaandere met Franse name gedoen het. Wie die laaste lag, lag die lekkerste.

Die helfte van die Engelse sal binnekort daarna huistoe gaan omdat hulle dit nie sal kan verdra nie en die ander helfte wat intussen met ons ondertrou, Afrikaans geleer en in ’n groot mate verinheems het, sal by ons integreer en sodoende sal ons ’n Afrikanernasie vir die toekoms kan bou. Sonder Engelse opstokers en kranksinnige linkse rooinekintellektuele en –joernaliste wat dinge soos “transformasie” en kwasi-kommunistiese gelykheid verkondig, sal die verhouding tussen ons en die swartes so goed wees soos dit nog altyd was. ‘n Nuwe tydperk van vrede en voorspoed sal aanbreek en Engelse terreur en anargie sal tot die verre verlede behoort.

Mense soos Georgina Guedes behoort egter aangemoedig te word om hul haat jeens Afrikaans en Afrikaanse plekname uit te spuug. Dit herinner ons aan die ware aard van die Engelsman, die groot vernietiger in Suider-Afrika wat sy handskoenoorlog met Sjona- of Xhosahuurtroepe voer.

потолочные сОлександр Васильович Фільчаков

Transformasie word toenemend belaglik

ImageDie ANC se beleid van rassistiese transformasie wat boonop die staatsreligie in Suid-Afrika geword het, was van meet af aan bestem om absurde gevolge te hê. Een voorbeeld hiervan is die perverse ekonomiese aansporings wat veroorsaak word deur swartekonomiesebemagtiging. Om veral staatskontrakte te bekom, moet firmas ’n swart aangesig na buite voorhou. Daarom word swartmense dikwels in posisies aangestel waarvoor hulle glad nie bekwaam is nie, ’n salaris betaal, ’n kantoor in die hoek gegee, maar dan heeltemal geïgnoreer in die gang van normale sakebedrywighede.

Niemand wen uit hierdie situasie nie. Die koste van goedere en dienste styg, omdat onproduktiewe swart passasiers die koste van sake in Suid-Afrika verhoog. Die passasiers wat vir dekoratiewe doeleindes aangestel word, doen self geen regte werk nie en verwerf geen bemarkbare ervaring nie. Hulle wéét hoekom hulle aangestel is en daarom moet hul selfvertroue noodwendig hieronder ly. Broodnodige internasionale beleggings in Suid-Afrika word ontmoedig omdat oorsese maatskappye geen doel daarin kan sien om groot bedrae geld aan mense te oorhandig wat nie ’n bydrae lewer nie. Suid-Afrika se ekonomie word minder mededingend en almal is uiteindelik slegter daaraan toe.

Dit is egter veral op sportgebied waar die beleid van transformasie toenemend omstrede en absurd raak. Daar is geweldige druk op tradisioneel blanke sportsoorte soos rugby om te transformeer. In die praktyk beteken dit dat minder talentvolle swart spelers bo ander spelers verkies word, bloot omdat hulle swart is. Daar is ’n groot uittog van blanke spelers na Europa, weliswaar omdat die besoldiging daar beter is, maar ook omdat blankes besef dat hul toekomsvooruitsigte beperk is, omdat dikwels minderwaardige swart spelers bo hulle verkies gaan word. Sodoende verlaag die standaard van rugby in Suid-Afrika. Die oorblywende spelers speel dan in kompetisies waar ras eerder as talent die bepalende faktor is. Die standaard van rugby word toenemend onmededingend teen lande waar die regerings nie so ’n obsessie met ras het nie en dit benadeel onder andere die swart spelers.

Spankeuses word verwring deur die perverse gevolge van transformasie, tot die regstreekse nadeel van die sportsoort. As gevolg van fisieke verskille tussen rasse, is daar heelwat meer swart of gekleurde vleuels as wat daar swart slotte is. Dit lei tot die belaglike situasie dat die Springbokke Wêreldbeker toe gaan met ’n oorvloed van vleuels in hul groep, omdat die regime se obsessie met ras die keurders dwing om soveel as moontlik swart spelers in te sluit. Daar is egter ’n groot probleem op losskakel in die Springbokspan, maar losskakels soos die Vrystaat se Willem de Waal word oor die hoof gesien, want hy is ’n blanke. Sterkte aan die Springbokke wat nie noodwendig pale toe kan skop of wie se klein, derderangse vleueltjies nie die All Blacks se venynige agterste driehoek kan stuit nie. Ons kan ons kennelik daaraan troos dat die span minstens getransformeerd is, en dis wat uiteindelik tel in die Orwelliaanse nagmerrie van die Nuwe Suid-Afrika, of hoe?

Die Proteas is na die Wes-Indiese eilande toe met swart spelers wat kwalik speelkans gekry het soos byvoorbeeld Loots Bosman, maar sonder ’n erkende draaibalbouler. Of, meer akkuraat, die gekleurde Robin Petersen is kwansuis ingesluit as ’n draaibalbouler, maar Graeme Smith, ’n kolwer, het so min vertroue in Petersen gehad dat Smith eerder self geboul het. Waarom was Bosman en Petersen daar, buiten vir die doeleindes van versiering om die politici gelukkig te hou? Waar het mens al ooit gehoor van ’n ander land wat nie in ’n Wêreldbeker gaan speel om te probeer wen nie, maar om een of ander politieke punt te maak?

In ’n besluit wat egter nuwe dieptes van die absurde peil, het die bestuur van Netbal Suid-Afrika besluit om getransformeerde spanne ’n voorgee te bied. As die verhouding van swart en blanke spelers in ’n netbalspan polities “reg” is, kry die getransformeerde span ’n voorgee van ses doele. By die aanhoor van hierdie belaglikheid moes ek eers seker maak dat die datum nie 1 April was nie, maar die netbalbestuur is klaarblyklik ernstig. Die redenasie agter die besluit is verbysterend, want dit is so goed as om te erken dat swart spelers nie op ’n gelyke voet met blankes kán meeding nie. Dis asof die bestuur van netbal diegene wat aanvoer dat swartes inherent minderwaardig aan blankes is, gelyk gegee het. (Die hoof van Netbal SA is terloops self ’n swart vrou.) Die vraag is dan of hierdie minderwaardigheid slegs tot netbal beperk is. Gaan ons in die toekoms ’n situasie sien waar swartes op alle gebiede ’n voorgee kry in die naam van transformasie?

Ek kan my maklik indink hoe swart mediese studente in die toekoms 40% in ’n eksamen gaan kry bloot omdat hulle opdaag en swart is, maar hul blanke eweknieë moet met nul begin. Sou Minister Tshabalala-Msimang toelaat dat ’n voorgeedokter haar leweroorplanting uitvoer, vra ek myself af? Sou ’n voorgee-advokaat vir Zuma verdedig? Gaan swart krieketspanne ’n voorgee van 100 lopies kry?

Een ding is duidelik. Die lande waarmee Suid-Afrika internasionaal moet meeding, of dit nou op sport-, akademiese of sakegebied is, het reeds ’n voorgee bó Suid-Afrika. Die voorgee wat ander lande geweldig bevoordeel en ’n albatros om Suid-Afrika se nek verteenwoordig, is die ANC-regime en sy waansinnige beleid van rassistiese transformasie.

фильтр влагоотделительФильчаков Александр Васильевич

Bied weerstand teen misdaad!

ImageBurgers van enige staat het die reg om van die owerheid te verwag om te sorg vir ‘n veilige omgewing, maar in Suid-Afrika gebeur dit nie meer nie en word ons nog daarby deur hierdie land se Wetgewer aanbeveel om geen weerstand te bied nie en ‘n aanvaller eerder sy sin te gee.  Die rede daarvoor is omdat dit tot voordeel van die staat strek, net soos dit in kommunistiese Rusland gebeur het. Maar ons moet juis veg met alles tot ons beskikking. Ons kans op oorlewing is veel beter wanneer ons met weerstand reageer. Vir ‘n groter lafaard as hyself het die aanvaller geen genade nie, maar aggressiewe weerstand is ‘n verrassende reaksie waarop hy meestal nie voorbereid is nie.  Dit is moontlik net dié aarseling by hom wat vir u die uitkomsgeleentheid gee.

Om te kapituleer is om plek te maak vir die vyand wat ons leefruimte en ons land inneem waarna die wenner se voorkeure geld. Soos Alexander Solsjinitsin sê: “Om ‘n dief kwyt te skeld, is om ‘n goeie man dood te maak.” Geen weerstand bevorder dus misdaad!

Ons moet ook leer om geen empatie en begrip vir die aanvaller te koester nie. Wat in hierdie land gepropageer word oor verdraagsaamheid teenoor misdadigers en oor fatalisme, strook nie met God se voorskrifte nie. Christene word verwar oor die reg om hulle eie lewens te verdedig. Dit is nie u Christelike plig om vir hom simpatie te toon nie! Wanneer hy u lewe bedreig, is dit wel u Christelike plig om dit ten alle koste te beskerm.

Oefen potensiële aanvalle met visualisering in u daaglikse situasies deur uself te vra: “Wat doen ek nou as ek hier aangeval word?” Dit moet tweede natuur by u word.  Daarom moet u goed op hoogte wees van wat die beste reaksie vir elke situasie sal wees, dit wil sê u moet vertroud wees met ‘n paar wetsaspekte, en u moet  weerbaarheidstrategie inoefen vir alle denkbare omstandighede. Die ingeligte word die sterkere.

Daar is baie wapens tot ons beskikking in ons nabye omgewing, ons besef dit net nie altyd nie. Wanneer ons die slagoffer word van roof, verkragting, aanranding of kaping, moet ons reeds bewus wees van wat in ons omgewing bruikbaar is as beste wapen, hetsy dit ‘n vuurwapen is, ‘n skêr, ‘n mes, ‘n sweep, ‘n besemstok, ‘n ysterpyp, sleutels of selfs ‘n pen. Wanneer u aangeval word, is dit te laat om te beplan waarmee u uself wil verdedig. Waar u ook al sit, staan, lê, ry of werk, besluit vroegtydig wat die beste wapen binne u bereik sal wees indien u aangeval word. Maak dus vroegtydig voorsiening om die beste wapen moontlik, te alle tye byderhand te hou. En ken u wapen, hoe dit in u hand voel, sy vermoë, byvoorbeeld hoe sekuur u vuurwapen skiet. Oefen gereeld en maak seker dat u ten volle daarmee vertroud is.

Ten spyte daarvan dat wetgewing by implikasie van die slagoffer verwag om nie gewelddadig weerstand te bied nie, mag ‘n persoon wetlik darem steeds geweld gebruik wanneer hy “wederregtelik” aangeval word en sy lewe, liggaam of eiendom bedreig word, en mag hy homself verdedig teen hierdie bedreiging. Dit word genoem “noodweer” of “selfverdediging”. In hierdie verband is artikels 42 en 49 van die Strafproseswet 51 van 1977 van belang wat onderskeidelik handel met die inhegtenisneming van ‘n vermeende misdadiger deur ‘n privaat persoon (art 42) en die gebruik van geweld in sodanige gevalle (art 49).

Noodweer sluit egter in dat selfverdediging nie skadeliker of dodeliker mag wees as wat nodig is om die gevaar af te weer nie, bv. wanneer ‘n persoon iemand ‘n klap gee, mag hy nie die persoon doodskiet nie, dit sou onredelik wees. Maar dit is byvoorbeeld baie redelik om onmiddellike doodskote te vuur wanneer vyf persone gewapen met swaaiende pangas, byle of vuurwapens in die nag op ‘n mens afstorm. Dan is dit defnitief nie die tyd vir waarskuwingskrete of -skote nie en is dit regverdig om te skiet om te dood. Dus moet u blitsvinnig oordeelkundigheid aan die dag lê en op daardie besluit handel. Wat ons ook moet weet is dat die meeste aanvalle deesdae as ‘n gewapende roof klassifiseer en dat u lewe feitlik altyd tydens so ‘n roof in gevaar is, wat meebring dat u eerder moet skiet om te dood as om self gedood te word.

Dit mag ook gebeur dat u byvoorbeeld ‘n inbreker in u huis betrap wat besluit om te vlug. U mag hom nie van agter skiet nie want volgens wetgewing mag mens nie meer skiet om eiendom te beskerm nie en behoort hy gearresteer te word. Oor arrestasie moet ons ook weet wat die wet voorskryf:

Daar moet eers gekyk word na die Eerste Bylaag tot die Strafproseswet No 51 van 1977.  Enigiemand het die reg om iemand te arresteer indien hy ‘n goeie rede het om te glo dat daardie persoon betrokke is by die pleging van ‘n Eerste Bylaag-misdryf.  In die Eerste Bylaag word verwys na verskeie misdrywe waaronder diefstal en dan ook “… inbraak by of betreding van ‘n perseel met die opset om ‘n misdryf te pleeg…”. Persone wat sulke misdrywe pleeg of probeer pleeg mag deur ‘n privaat persoon gearresteer word en indien die verdagte hom verset mag geweld gebruik word wat redelikerwys nodig is en proporsioneel in die omstandighede is om die verset te bowe te kom. So ‘n verdagte kan selfs gedood word in sulke omstandighede as dit onmiddellik noodsaaklik is of daar ‘n wesenlike lewensrisiko bestaan vir die persoon wat die arrestasie uitvoer.  

As u lewe nie in gevaar is op daardie oomblik nie, mag dit wys wees om hom eerder te laat gaan. Indien u wel besluit om hom te arresteer en hy hom verset, mag u hom met geweld “redelikerwys” onder bedwang bring al sou daar ernstige beserings of selfs sy dood ontstaan, maar weer eens met in agneming oor watter wapen hy beskik het. Dra egter sorg dat alle getuienis van ‘n geweldadige arrestasie onomwonde strook met die erns van die misdaad. 

Dus het u wel nog die reg om op te tree teen ‘n verdagte persoon wat in u teenwoordigheid ‘n ernstige misdryf pleeg of poog om te pleeg. Moenie toegee nie, veg ten alle koste. En wees elke oomblik gereed om self u lewe te verdedig!

воронеж техноФильчаков прокурор харькова

Pretoria: tyd vir verset is hier


 Teken ons petisie teen die gebruik van die naam Tshwane ipv Pretoria!

ImageDie aankondiging deur die ANC dat hy voortgaan om alle naamborde met die naam “Pretoria” daarop te verwyder, verteenwoordig niks minder as konfrontasie met die Afrikaner nie.

Soos Pallo Jordan nie te lank gelede gesê het nie: “Waarom moet ons ‘n kompromie aangaan?” Vir ‘n lang tyd het die ANC sy ware kleure en Afro-fascistiese magsbeheptheid weggesteek; nou skitter die party egter in al sy Mugabeagtige glorie.

Die huidige naamstryd rondom Pretoria kom reeds vier jaar. Vele petisies, versoeke en betogings is in dié tyd gehou om teenkanting teen die naamsverandering duidelik te maak. In dié tyd het die regerende party ‘n kat-en-muisspeletjie gespeel en soms voorgegee dat hy die openbare mening, asook vertoë van die publiek, in ag sou neem by die finale besluit rondom die naamsverandering.

Die huidige besluit om teen en wil en dank die naamsverandering af te dwing, verteenwoordig daarom ‘n kentering en ‘n verharding in die regime se anti-Afrikaanse ingesteldheid. Want agter die Pretoriase naamsverandering skuil veel meer: dit gaan immers om die siening van die Afrikaner as inheems in Suid-Afrika, aldan nie. Die Afrikanistiese houding dat slegs swartmense werklik tot Afrika behoort, is besig om binne die ANC te seëvier. Vandaar dus die ontkenning van die naam Pretoria en alles wat dit simboliseer rondom die Voortrekkergeskiedenis, die hoofstad van die ZAR en Uniewording.

Op ‘n soortgelyke manier as wat Mugabe alle blankes uit sy land verdryf het, is die ANC besig om oor te gaan tot openlike konfrontasie met die Afrikaner. Hoe ons hierdie konfrontasie gaan hanteer, gaan ons toekoms in hierdie land en op hierdie vasteland bepaal. Daar is veel meer as ‘n blote stadsnaam op die spel.

Die grootste fout wat die Afrikaner nou kan maak, is om die defaïtisme en gedienstigheid van die De Klerk-era voort te sit. Enige blyk van swakheid gaan bloot die ANC in sy kwaad sterk en die etniese suiwering van alles wat Afrikaans is, verhaas.

Die Afrikaner sal nou sy staal moet wys. Die ANC het die pad van konfrontasie gekies, nie ons nie. Waarheen daardie pad lei, weet ons nie vandag nie. Dat ons gedwing gaan word om dit te stap, is egter gewis.

Die naamsverandering moet op alle gebiede teengestaan word. Ons moet die boodskap baie duidelik aan die Xhosa-verdrukker oordra: wat genoeg is, is genoeg! Die verset van ons mense moet ondubbelsinnig wees, nie-gewelddadig, maar nogtans kragdadig.

Op sy minste moet ons sorg dat elke moontlike teken met die gehate naam Tshwane doodgeverf, afgesaag of vernietig word. Die naam Pretoria moet op elke moontlike plek aangebring word. Vriende en familie moet hulself in selle organiseer wat lydelike verset gaan pleeg in die vorm van guerilla-aksies teen die naamsverandering.

Ons moet egter ook daarop bedag wees dat die stryd wat nou begin, te eniger tyd mag oorslaan in ‘n gewelddadige konflik soos wat die ANC terugval op sy ou totalitêre geneigdheid as terreurorganisasie. Die gees wat in die strafkampe van Siberië of op die borswerings van die Oos-Berlynse skandmuur gebore is, leef steeds in die hart van die ANC wat immers ‘n dinosourus uit die Koue Oorlog is wat in die Jurassic Park wat Suid-Afrika vandag geword het, oorleef. Daarom sal die versetaksies wat nou noodwendig teen die naamsverandering gaan volg, met omsigtigheid gehanteer en professioneel uitgevoer moet word, wetende dat ons met ‘n totalitêre monster vanagter die eertydse Ystergordyn te make het.

Die ANC het vir konfrontasie gekies: dit is baie duidelik. Waarheen dit ons gaan lei, weet ons nog nie helder nie. Juis daarom sal ons bedag moet wees op gebeurlikhede.

Toenemend kan ons die ergste van die regime verwag. Dit is die ware boodskap van die naamsverandering. Agter die naam “Pretoria” staan die Afrikaner self en sy taal, Afrikaans, wat nie meer in dié land welkom is nie.

Dis nou of nooit. Staan sal ons moet staan.

ukladka-parketaФильчаков прокурор отзывы

Welkom in Afrika!


ImageGeen water en as jy petrol of elektrisiteit het, ag jouself gelukkig

Soos wat ek hier skryf, het ek twee dae laas gestort. Ons skep water uit die swembad om die toilette te spoel. Gisteraand was ons amper sonder petrol gestrand, want vier vulstasies het geen loodvrye brandstof gehad nie.

Nee, ek woon nie in Harare nie, maar in die noorde van Johannesburg. Dit is nou die soveelste keer binne enkele weke dat ons water afgesny raak. Pype wat bars weens gebrekkige instandhouding en beplanning, onbetroubare nooddienste, munisipale amptenare wat geen snars omgee nie, het nou tiperend van die Johannesburgse munisipaliteit geraak.

In sommige voorstede van Johannesburg is daar ten minste een keer per week ’n kragonderbreking. Ons weet van Streskom se TV-advertensies waarin ons aangemoedig word om energie te bespaar, want die land het ’n “kapasiteitsprobleem” wat elektrisiteitsopwekking betref.

Ook dít is te wyte aan swak beplanning, onbekwame amptenare wat op grond van ras en nie kundigheid nie aangestel word. Duidelik is Suid-Afrika besig om die muur te tref sover dit “transformasie” en rasgedrewe indiensneming betref en gaan die land vorentoe net meer probleme ervaar.

Asof die strukturele probleme wat water- en kragvoorsiening betref nie genoeg is nie, het die brandstofafleweringswaens besluit om te staak. Op ’n manier is dit die verdiende loon van die petrolmaatskappye want hulle sing voor in die koor as dit by transformasie kom en het die huidige radikalisme wat besig is om onder stakers pos te vat, aangemoedig.

Maar vir die gewone motoris wat by die werk moet kom of dalk ’n broodnodige produk moet laat aflewer, wag daar erge probleme.

Mbeki het reeds gesê ons moet verlief neem met onwettige immigrante wat oor ons grense stroom. Nou word daar van ons verwag om maar krag- en wateronderbrekings, asook brandstofskaarstes, met die fatalisme wat so tipies van dié kontinent se mense is, te aanvaar.

Die vraag is toenemend: gaan die Afrikaner hierdie toestande gedweë aanvaar of gaan ons by ’n punt kom waar ons sê: tot hiertoe, en nie verder nie?!

play clue game onlineтопкарго

Die Weste faal in Irak

ImageThe Age, ‘n Australiese koerant, publiseer onlangs’n onderhoud met Michael Scheuer, voorheen ‘n lid van die CIA, die Verenigde State se geheime diens. Onder die titel “West will fail, says ex-CIA operative” (The Age, 11 July 2007) verduidelik Mnr Scheuer waarom die Weste se militêre avonture in  Irak en in Afghanistan uiteindelik onsuksesvol sal wees.

Mnr Scheuer se idees is nie verrassend nie. Dit is taamlik lankal duidelik dat die Westerse Koalisie vasgeval het in beide Irak en Afghanistan, en dat hulle toenemend sukkel om toestande af te dwing wat aansprake op oorwinning regverdig.  Inteendeel, Al Kaida-vegters (of -terroriste, soos hulle in die Westerse pers genoem word) en hulle bondgenote wat eerder vir politieke as religieuse redes veg, is te gewillig om te veg en te sterf, en ontneem sodoende die Koalisie van ‘n oorwinning.  Ten spyte van die onlangse “surge” of intensivering waarmee die Verenigde State 30,000 addisionele troepe Irak toe gestuur het om onluste en insypeling onder bedwang te hou, duur geweld onverpoos voort, en is Amerikaners tuis besig om teen die oorlog te draai.

Mnr Scheuer beweer dat die Weste eerstens nie genoeg troepe na Irak gestuur het nie, en tweedens dat daar ‘n fundamentele misverstand in die Weste heers oor Islam se uiteindelike doelwitte en griewe.  Dit is verrassend dat die honderdduisende troepe en miljarde rande se toerusting, kundigheid en ander hulp, wat die Amerikaners na Irak gestuur het, skynbaar nie as genoeg beskou word nie.  Die VSA, wat die rykste en enigste hipermoontheid  is, is sover dit hulle weermag betref, beter en vollediger toegerus as enige ander land ter wêreld, sommer verreweg.
Ten spyte hiervan, is dit duidelik dat die Amerikaanse leer dun versprei is oor Irak, en dat hulle toenemend uitgeput word deur die aanhoudende en suksesvolle aanvalle deur insypelaars en Al Kaida-vegters.  Dit is nog steeds, in ons moderne wêreld, merkwaardig hoe die wilskrag om te veg die kern van oorlogvoering is.  ‘n Soldaat mag die beste wapens besit, met die beste opleiding, maar as duidelike doelwitte ontbreek, en as die wilskrag om te veg ondermyn word, kan selfs so ‘n soldaat verslaan word.
Mnr Scheuer se tweede opmerking dat daar ‘n fundamentele misverstand in die Weste heers oor Islam se griewe, word dikwels geopper en berus op twee aannames.  Die eerste is dat die Weste in die Midde-Ooste betrokke is met die uitsluitlike doel om olie te bekom.  In dié opsig is olie van fundamentele belang in Westerse ekonomieë en ‘n onderbreking in die verskaffing van olie kan vinnig tot ‘n rampspoedige ekonomiese depressie lei met erge gevolge ook in Suid Afrika en ander onbetrokke lande.  Daar is ook toenemend tekens dat olievelde in ander wêrelddele uitgeput word (olieproduksie in die Noordsee en uit Meksiko se groot Canterella-veld is vinnig besig om te verminder). Dit maak die olie-velde in Irak en Saudie-Arabië nog belangriker in die Westerse ekonomieë en regverdig die direkte inmenging van die Weste in die Midde-Ooste.  Die tweede aanname oor Islam se griewe is dat die historiese Westerse ondersteuning van Israel die Islamitiese lande van die Weste vervreem.
Intussen word meer en meer verwyte in die Amerikaanse senaat oor-en-weer geslinger oor “who lost Iraq?” en is president Bush besig om in ‘n geïsoleerde figuur wat nogtans dapper voortmarsjeer na ‘n onbereikbare doel te verander.  Die politieke konsensus onder Demokrate in die VSA, en nou ook toenemend onder Republikeine, is dat Irak nie gered kan word nie, dat die oorlog ‘n flater was, en dat die onttrekking van Amerikaanse troepe ‘n voldwonge feit is. Indien nie nou nie, dan definitief onder ‘n nuwe president wat Bush sal opvolg (dit begin toenemend lyk asof Hillary Clinton en Barak Obama die volgende president en vise-president gaan wees).
Dus, die VSA en die Weste, gaan die oorlog in Irak verloor in die sin dat voorwaardes waarop ‘n oorwinningsaanspraak gemaak kon word, nooit geskep is nie.  Intussen sleep die oorlog in Afghanistan ook voort, teen ‘n laer intensiteit as in Irak.  Dit is egter nou duidelik dat Westerse pogings om die Taliban omver te werp en om ‘n pro-Westerse regering in Afghanistan aan bewind te plaas net kan kan werk met aanhoudende en direkte militêre inmenging.  Die aanwesigheid van Westerse (Christen) troepe in Islamitiese lande radikaliseer mense in die lande, en ook in nabye kernmoonthede soos Pakistan, met die gevolg dat die troepe teikens word vir insypelaars vanuit beide Afghanistan en Pakistan.  Soos in Irak ontbreek duidelike voorwaardes om te wen, en die gevolgtrekking deur Mnr Scheuer is dat oorwinning ontmoontlik is binne die een of twee jaar voordat troeponttrekkings onvermydelik word.
Die merkwaardige feit rondom artikels in Westerse koerante oor die oorlog in Irak en in Afghanistan is die mate van ontkenning dat die gebeure op 11 September 2001 die onderliggende rede was wat uiteindelik Westerse troepe na Irak en Afghanistan sou stuur.  The Age verwys nie eers na 07/11 nie, en nòg Mnr Schreuer nòg die koerant verbind die VSA of Australië se militêre avonture in die Islamitiese wêreld met aanvalle in Bali of in New York, of in London, of in Madrid.  Die aanvalle in Madrid met Spanje se vinnige ontrekking uit Irak daarna, het aan Al Kaida bewys dat die Weste nie ‘n lang oorlog kan veg nie, ten minste nie effektief nie, en dat die psigologiese verwydering tussen 07/11 en Irak besig is om die Westerse oorlogspoging te ondermyn.
Derhalwe die onlangse belangrike opmerking deur die Amerikaanse bevelvoerder, generaal Petreaus, dat dit dekades geneem het om die insurgensie in Noord-Ierland te oorkom.  Vir die oorloë in Irak en in Afghanistan is daar nie dekades tyd nie – demografiese verandering in dié lande, en die onvermoë van Westerse demokrasieë om beginselvas te veg, maak dit onmoontlik.  Dus die gevolgtrekking deur Mnr Schreuer dat die oorlog reeds verlore is.
Die interessantste feit egter, is dat Mnr Schreuer die idee dat Islam op ‘n veroweringstog is om die Weste uiteindelik te domineer, of heeltemal ignoreer, of nie as belangrik ag nie.  Dit blyk instede dat hy die oorlogsteater net tot die Midde-Ooste beperk, en die Weste steeds as onaantasbaar beskou.  Oor hierdie beskouing sal die geskiedenis nog ‘n beslissing lewer.

купить липецк пластыри диагональныеОлександр Васильович Фільчаков

Kolonialisme en apartheid: die groot welvaartskeppers vir swartmense

ImageSuid-Afrika ly tans onder wydverspreide ontevredenheid oor swak dienslewering. Op byna ‘n daaglikse basis word paaie versper of buitebande aan die brand gesteek in protes teen die regime se onvermoë om die mees basiese dienste aan die bevolking te verskaf. Die oorsake hiervan is legio. Politieke boeties van die ANC word byvoorbeeld op grond van verbintenisse met die regime asook velkleur in poste aangestel wat ver bokant hul vuurmaakplek is. Nes baie van die ander lede van die ANC-regime blameer president Mbeki egter telkens apartheid of kolonialisme vir die bewind se eie onbekwaamheid. Só byvoorbeeld het hy weer die pas afgelope naweek apartheid geblameer vir agterstande in dienslewering.

Een van die syfers wat Mbeki telkens opper in sy pogings om welverdiende kritiek af te weer, is die sogenaamde 350 jaar van kolonialisme. Bostaande syfer word ook telkens in die pers aangehaal, en is vermoedelik afkomstig van die jaar van Van Riebeeck se aankoms in die Kaap, 1652. Die syfer van 350 jaar word bykans altyd in die konteks van veral swartmense se sogenaamde onderdrukking aangehaal. Ek wonder tog hoekom die redaksie van die hoofstroompers skynbaar te bang is om kritiese denke aan die dag te lê oor sienings soos bogaande. Hoekom skryf Tim du Plessis nie vir ‘n slag ‘n redaksionele stuk wat uitwys hoe foutief bostaande redenasie is nie?

Jan van Riebeeck het weliswaar 350 jaar gelede aan die Kaap geland, maar van 350 jaar van koloniale onderdrukking van spesifiek swartmense kan daar geen sprake wees, as mens historiese realiteite in ag neem nie. Let op dat dit veral swartmense is wat glo so geknel is deur "350 jaar" van kolonialisme en apartheid. Bruinmense, alhoewel hulle glo ook “voorheen benadeel” was, suig dikwels aan die agterspeen in die huidige bestel. Xhosas word byvoorbeeld bo bruines verkies wanneer dit by behuising kom, al woon die bruines baie langer as Xhosas in die buurt. Die kolonie aan die Kaap was eerstens aanvanklik klein en grootliks beperk tot die Kaapse Skiereiland, met latere uitbreiding na die Kaapse binneland en Suidkaapse kusstreek.

Tweedens was die plaaslike Khoikhoi, die Strandlopers en Hottentotte (let wel, nie swartmense nie), beide relatief laag in getalle asook ongeneë om handearbeid te verrig, wat die setlaars genoop het om arbeid uit plekke soos Maleisië in te voer. Enige "onderdrukking" van die plaaslike bevolking moes derhalwe van ‘n beperkte omvang gewees het. Of daar sprake kan wees van die grootskaalse onteiening van nomadiese mense soos die Strandlopers se grond, is debatteerbaar. Het ‘n Strandloper (let op die nomadiese strekking van die naam) ooit lank genoeg op ‘n bepaalde plek gebly om op eiendomsreg aanspraak te kan maak?

Daar was veral in die vroeë jare van die Kolonie min of geen impak op swartmense nie. Die Karoo het ‘n natuurlike grens gevorm wat verdere uitbreiding na die noorde en ooste beperk het. Dit het ook swartmense verhoed om die Weskaap binne te gaan. Tot relatief onlangs was daar eenvoudig min of geen swartmense in die Weskaap nie, en was die eerste kontak tussen die setlaars en swartmense dié met die Xhosas op die Oosgrens, sowat 800km van die oorspronklike nedersetting in Kaapstad. Die kontak het ook nie onmiddellik oorgegaan in die sogenaamde onderdrukking van swartmense nie, aangesien daar ‘n uitgerekte fase van konflik tussen die Xhosas en die setlaars was, ‘n soort skaakmatsituasie waartydens die Oosgrens aan die Visrivier redelik staties gebly het. Tot so laat as die twintigste eeu is die Xhosas in die Ooskaap in relatiewe vrede gelaat, met die totstandkoming van die Transkei- en Ciskeituislande. Die agterlikheid van bogenoemde gebiede, selfs vandag nog, spreek natuurlik boekdele oor hoe kolonialisme nie vir swart armoede geblameer kan word nie.

Die grootskaalse kolonisering van die binneland en kontak met swartmense het eers waarskynlik met die Groot Trek begin, wat nie 350 jaar gelede nie maar sowat 170 jaar gelede ’n aanvang geneem het, rondom 1835. Selfs die Groot Trek was egter iets wat vandag nie veel aandag sou trek nie. Daar is skattings dat die Groot Trek slegs 12000 deelnemers ingesluit het, oftewel soveel mense as wat in ‘n kleinerige dorpie soos Ventersburg woon. Ventersburg is ‘n dorpie waardeur mens binne een minuut kan ry op pad Kaapstad toe. Watter impak in terme van grootskeepse "onderdrukking" van die plaaslike bevolking twaalf duisend mense op ‘n gebied van driemiljoen vierkante kilometer (Suidelike Afrika) kon maak, is ook debatteerbaar.

Die prentjie wat egter deesdae voorgehou word van trekboere wat die plaaslike bevolking voor die voet uitgemoor het en brutaal hul grond by hulle afgeneem het, is eenvoudig onwaar. Die Voortrekkers het inteendeel dikwels grond bekom deur middel van onderhandelinge met die plaaslike bevolking. Piet Retief is byvoorbeeld vermoor juis tydens ‘n proses van onderhandeling met Dingaan oor grond. Die verhouding tussen die Voortrekkers was ook geensins altyd dié van verdrukker teenoor verdrukte nie. In Hermann Gilliomee se boek oor die Afrikaners, word daar selfs vertel van Voortrekkers wat verkies het om eerder onder die heerskappy van ‘n swart koning, Moshoeshoe, as onder die Britse vorstehuis te leef.

Daar was voorts dikwels geen plaaslike bevolking om mee te onderhandel oor grond nie – daar was met ander woorde groot gebiede wat bykans geen menslike bevolking gehad het nie. Die Hoëveldstreek was byvoorbeeld yl bevolk as gevolg van die volksmoord onder swartes bekend as die Mfekane, iets wat liefs deur die ANC verswyg word as synde die moorddadige uitwissing van swartes deur ander swartes. Volgens ANC-propaganda is swartes altyd die slagoffers en blankes die boosaards, maar die geskiedenis van die Mfekane vertel ‘n heel ander verhaal. Waar daar wel kontak was tussen Trekkers en die plaaslike bevolking, is die Trekkers se grond óf deur onderhandelinge óf deur ‘n gewapende stryd bekom, maar weer eens was gewapende konflik beperk tot ‘n handjievol insidente.

Die voor-die-handliggende vraag is egter wat sou gebeur het, was dit nie vir die kolonisering van die binneland nie. Wat die onbevoegde Mbeki en sy ewe onbevoegde kamerade in sy regime gerieflik ignoreer, is die realiteit van die beskawingspeil van die swartmense wat die Voortrekkers en ander setlaars teëgekom het .  Daar is amper ‘n ongeskrewe aanvaarding van ‘n "feit" vanuit die Mbeki-koor, naamlik dat swartmense voor 1835 in een of ander idilliese toestand geleef het. As dit nie vir kolonialisme was nie sou hierdie mense vandag, nes die Suid-Koreane, ‘n internasionale mag wees om mee rekening te hou, lui hierdie drogredenasie. Dit is bloot kolonialisme en apartheid wat hulle “teruggehou” het. Bostaande is natuurlik snert en die teendeel is waar.

Gemeet aan Westerse norme, sou die lot van swartmense vandag sonder kolonialisme uiters haglik gewees het. Die lot van hedendaagse swartmense word dikwels aan Westerse norme gemeet, byvoorbeeld aan die hand van hul toegang tot Westerse uitvindsels soos spoelriolering, iets wat die Romeine reeds in Pompei gehad het. Die mense wat die Voortrekkers egter aangetref het, was grootliks primitiewe trekboere wat geen konsep van die wiel, die skarnier, die geskrewe woord of allopatiese medisyne gehad het nie. Was hierdie mense dus in moderne terme agterlik oftewel "onderdruk", as gevolg van kontak met die Voortrekkers, of ten spyte daarvan? Die antwoord is duidelik laasgenoemde.

In 1900 was daar slegs sowat 3 miljoen swartmense, onder andere omdat trekboerdery en die gebrek aan gesofistikeerde landboutegnieke nie ‘n groter bevolking kon ondersteun nie, en ook omdat ‘n volslae gebrek aan kennis oor effektiewe sanitasie en selfs die mees basiese mediese kennis geheel en al ontbreek het by die swart bevolking. Sonder kolonialisme en die beskawende invloed van kontak met Westerlinge sou hierdie mense vandag steeds in uiterste ellende geleef het, veral gemeet aan Westerse standaarde, bloot omdat hulle vir derduisende jare vóór 1652 geen teken getoon het dat hulle ‘n gevorderde, tegnologiese beskawing kon bou nie. Swartes was voor kontak met blankes uitgelewer aan siektes soos malaria asook onmagtig om hulself teen droogtes te verweer, omdat hulle geen kennis van besproeiing gehad het nie. Was dit nie vir sendelinge en koloniseerders nie, sou Suider-Afrika se swart bevolking waarskynlik vandag nog nie veel meer as drie miljoen gewees het nie. Die impak van beide kolonialisme en apartheid was weliswaar dramaties, maar in ‘n totaal ander sin as wat Mbeki en sy trawante probeer voorgee. Dit was dramaties positief vir die inheemse bevolking. Binne ‘n honderd jaar vanaf 1900 het die "onderdrukte" bevolking ontplof en vertiendubbel, tot op sy huidige vlak van meer as 35 miljoen.

Die ware nalatenskap van kolonialisme en apartheid, anders as wat die ANC-regime wil te kenne gee, was en is ‘n ongekende bevolkingsontploffing en ‘n enorme toename in  welvaart vir swartmense, iets wat nooit moontlik sou gewees het sonder die hulp van Westerlinge soos die Voortrekkers nie.

как заполнять мед справкуОлександр Фільчаков прокурор

De Klerk en verraaiers moet wortel en tak uitgeroei word

ImageDie Afrikaners en die blankes se voortbestaan in hierdie land is moontlik van korte duur.  Waarom gaan dit so sleg met ons?  Wat moet ons daadwerklik daaraan doen?  En as ons weer ons mooi land sou verower, hoe gaan ons dit behou terwyl ons die kiem van selfvernietiging in ons gene dra?

Ons hoef net in Josua te gaan lees wat die antwoorde op die bogenoemde vrae is.  Toe Israel sondig deur van die buit uit die verslane stad Jerigo teen God se bevel in, heimlik vir hulself neem, het Hy sy eie verbond oortree soos Hyself dit stel, en hulle nie langer voor hulle vyande laat standhou totdat die ban onder hulle met wortel en tak uitgeroei is nie.  Sy voorskrif om dan vir Agan, wat skelmpies een mooi mantel, tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf in die grond binne sy tent begrawe het, te straf om sodoende die hele Israel te reinig, het alles van Agan ingesluit.  Daar was geen genade nie; hy, sy vrou, sy seuns en dogters, sy kleinvee en sy tent en alles wat aan Agan behoort het, is gestenig en verbrand en ’n groot hoop klippe is daarop gepak.  Josua se laaste woorde aan Agan was: “Hoe het jy ons in die ongeluk gestort!” Eers toé het die Here Hom afgewend van sy toorn en was die volk weer veilig.

FW de Klerk en sy helpers het nie net ’n mantel, silwer en ’n goudstaaf gesteel nie.  Die De Klerk-bende staan skuldig aan verraad teenoor ’n hele volk; skuldig aan bedrog om die burgers van Suid-Afrika te laat glo dat die referendum in 1992 hom ’n mandaat gegee het om die land aan terroriste te gee terwyl hy beloof het om eers weer na die volk terug te kom en dit nooit gedoen het nie; skuldig aan omkopery vir 27 miljoen rand om die land onwettig vir ’n godlose swart regime te gee; skuldig aan die bykans sestig moorde wat elke dag gepleeg word; skuldig aan die miljoene slagoffers van verkragting waarvan die syfer elke 26 sekondes styg; skuldig aan die 25% styging in gewelddadige huisbrake, en so kan die lys aangevul word. En dan kom De Klerk verlede week met die arrogansie om aanspraak te maak op sy eerbare plek in die geskiedenis!

Die antwoord is duidelik.  Die Here sal nie sy toorn van ons afwend voordat ons hierdie verraaiers met wortel en tak uitgeroei het nie.  Die voorskrif is duidelik: elke ding wat aan De Klerk, Botha, Vlok, Van der Merwe en die hele kaboedel behoort, sal eers saam met hulle ‘gestenig’ moet word.  Nie eers hulle verskoning aan die volk gaan help nie.  Daar mag van die De Klerk-bende niks oorbly nie. En ons laaste woorde aan hom sal wees: “Hoe het jy ons in die ongeluk gestort!”

Mag De Klerk wat al weer besig is met ’n nuwe poging om die blankes te mislei, se ‘Neurenberg-verhoor’ gou en suksesvol plaasvind voordat hy nog ’n keer daarin slaag! En mag die Blankes in Suid-Afrika leer om genadeloos op te tree teen elke volksverraaier.  Dit is die enigste manier waarop ons durf aanspraak maak op veiligheid en voorspoed.

установка брекетов стоимостьДанильченко Юрий прокурор

Vervolg De Klerk en Vlok gerus

ImageAdriaan Vlok het homself enkele maande gelede verneder deur die radikale teoloog, Frank Chikane, se voete te gaan was. Nou ontvang hy sy verdiende loon met die nuus dat hy waarskynlik vervolg gaan word.

Maar ook F.W. de Klerk, die voormalige staatspresident wat ons in die huidige toestand van volslae magteloosheid, ongelykheid en geweld gedompel het met sy onbesonne oorgawe aan die radikale ANC/SAKP-ballingbende, gaan blykbaar tesame met Vlok vervolg word.

De Klerk, asook sy hoofonderhandelaar Roelf Meyer, word vandag allerweë in Afrikanergeledere as ’n verraaier beskou. Meyer het intussen letterlik na die ANC oorgeloop, wat ’n aanduiding is dat hy moontlik nog altyd aan die destydse eksterne gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, onder aanvoering van Joe Slovo se kant was.

Of De Klerk ook op ’n stadium deur die ander kant gewerf is, sal ons nooit weet nie. Hy mag as verraaier gehandel het, of het bloot ’n kranksinnige graad van nalatigheid aan die dag gelê. Dit mag ook wees dat hy so naïef en onnosel was dat hy die ANC ernstig opgeneem en geglo het dat hulle werklik vir die Afrikaner plek in hul revolusionêre, gesuiwerde Afrosentriese staat sou inruim. Soos Pik Botha, ’n ander NP-“verligte” van destyds, onlangs verklaar het, het die ANC egter “vir ons gelieg”.

Hoe dit ook al sy, en benewens Piet de Wet en ander hensoppers tydens die Anglo-Boereoorlog, is F.W. de Klerk vandag sekerlik die mees gehate man in die Afrikanergeskiedenis. Hy is wesenlik verantwoordelikheid vir die ellende wat ons tans ervaar in die vorm van geweld, taal- en rassediskriminasie, verval van ons territoriale integriteit met die instroming van buitelanders oor ons grense, grondhervorming en alles wat daarmee saamhang.

Onder sy vele flaters of doelbewuste pogings om ons toekoms te saboteer, het De Klerk ook in 1991 op die aandrang van Mandela ’n amnestiewet gestem waardeur al die gevange en veroordeelde ANC-moordenaars kwytskelding ontvang het. Sy eie veiligheidsmagte het egter geen amnestie ontvang nie en moes voor die WVK-sirkus verskyn waar die vyande van die Afrikaner, onder andere Alex Boraine en Desmond Tutu, ons internasionaal as Nazi’s en volksmoordenaars beswadder het.

“Die revolusie vreet sy eie kinders op,” het Danton tydens die Franse Revolusie gesê. Hierdie ou waarheid verkry vandag nuwe stelligheid met die De Klerk-vervolging. F.W. het waarskynlik nooit kon dink dat die ongenaakbare revolusie wat oor die afgelope dertien jaar soveel duisende Afrikanerlewens sou eis, hom ook uiteindelik in sy visier sou kry nie.

As De Klerk hare gehad het, sou hy hulle vandag uit sy kop wou trek omdat hy destyds so goedsmoeds die ANC se totale terroristeleër kwytgeskeld, maar nie aan sy veiligheidsmagte en aan homself gedink het nie. Op ’n manier het slim sy baas gevang en is gewone Afrikaners geregtig op ’n bietjie leedvermaak om te sien hoe die ANC besig is om met De Klerk te mors.

Met sy perskonferensie gister het hy gepoog om simpatie vir hom onder Afrikaners te wek, maar jammerlik gefaal. As De Klerk weet wat goed vir hom is, sal hy vandag sy verskoning aanbied, nie aan Frank Chikane of die ander ANC-gedrogte wat hard daaraan werk om ons à la Mugabe uit ons land te verdryf nie, maar aan sy eie mense wat hom eens met hul toekoms vertrou het. De Klerk behoort op sy knieë te gaan en te erken dat hy met sy “onoorwonne oorgawe”, soos Giliomee daarna verwys, die mees groteske wandaad in ons 350-jarige geskiedenis begaan het.

Wat hy gedoen het, is besig om meer vernietigend op die Afrikanervolk in te werk as Milner en Kitchener se konsentrasiekampe; ons hele toekoms in Afrika is op die spel. Daarvoor sal hy nooit vergewe word nie en behoort hy, soos ek reeds in The Scourge of the ANC geskryf het, voor ’n Afrikaner-vuurpeleton te sterf.

Gedane sake het egter geen keer en ons mense, anders as die ANC-kommissaars, is nie van nature wraaksugtig nie. Daarom kan De Klerk in ’n geringe mate bydra tot ons huidige stryd deur te erken dat hy ’n enorme fout begaan het. Hy kan selfs pleit dat hy deur die Britte en Amerikaners mislei is. Dit sal die reeds wankelende legitimiteit van die huidige stelsel verder aftakel en sodoende ons huidige pogings om vryheid te herwin, vergemaklik.

Tot tyd en wyl De Klerk werklik tot inkeer kom en besef watter kolossale onreg hy ons aangedoen het, sal gewone Afrikaners hulle verlustig in die gedagte dat die eertydse arrogante verraaierpresident nou self deur sy eertydse vriende aangekla gaan word.

De Klerk was lid van die Staatsveiligheidsraad en moes vir seker op hoogte gewees het van koverte operasies wat deur die destydse veiligheidspolisie en nasionale intelligensie gevoer is, veral waar sluipmoorde ter sprake was. Die ANC en sy nasionale vervolgingsgesag is daarom korrek in hul afleiding dat De Klerk ewe strafbaar as Vlok en sy voetsoldate is. Sy verweer dat hy kastig naïef was en net van sulke sake in die koerante gelees het, kan kwalik ernstig opgeneem word.

Tot tyd en wyl De Klerk berou begin toon, sal die wens van die gewone Afrikaner wees dat sy kierangs mag braai en dat hy as openbare figuur afgetakel sal word tot ’n vlak benede die smaad en vernedering wat ons volk tans reeds van sy vyande verduur.

bridal hair tiaraФільчаков прокурор

ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ?Tshwane?

ImageIN WEERWIL van volgehoue protes en besware daarteen, volhard die SAUK met sy ge-“tshwane” op die kassie, sowel as oor die radio. Mnr. André Alkema van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) het reeds 90 000 handtekeninge teen die gebruik van “Tshwane” deur die SAUK ingesamel en sy organisasie het ook R18 000 bewillig vir ’n protesveldtog teen dié uittartende miskenning van die wettige naam Pretoria deur die staatsuitsaaier (sien sy brief hieronder).

Op Erfenisdag 24 September 2007 gaan daar ’n betoging deur die Pretoria bly Pretoria-aksiegroep voor die SAUK plaasvind waartydens die petisie met die 90 000 handtekeninge aan die uitsaaier oorhandig sal word. Hierdie aksie deur Pretoria bly Pretoria verdien die heelhartige steun van elke Afrikaanse organisasie en elke Afrikaner.

Myns insiens moet ons nog verder gaan: geen Afrikaner moet ’n TV-lisensie betaal nie. Al doen die regime wát, moet ons weier om TV-lisensies te betaal.

Die SAUK het ’n blote propagandamedium vir die ANC geword. Daar word deesdae soveel haatspraak teen Afrikaans en Afrikaners daaroor uitgesaai dat die omroepers van daardie organisasie reeds verdien om in Den Haag vir oorlogsmisdade verhoor te word. Die SAUK is besig met niks minder as aanhitsing tot volksmoord teen die Afrikaner nie, iets wat veral jaarliks rondom die datum 16 Junie voorkom. Die korrelasie tussen die anti-Afrikaanse aanhitsing op die SAUK en plaasaanvalle, asook huisaanvalle, is frappant. Telkens as die SAUK een van sy propagandaprogramme waarin die Afrikaner as boos en moorddadig uitgebeeld word, uitgesaai het, verhoog die aktiwiteit van die moordbendes daarbuite wat ons mense uitmoor en uit die land wil verdryf.

’n Ander aspek van die SAUK se veldtog teen Afrikaans, is die aftakeling van ons taal. Op programme soos “Sewende laan” word ’n geradbraakte Afrikaans wat met Engelse woorde deurspek is, gebruik in die soort omgekeerde taalbeplanning waarop ek reeds ’n jaar of twee gelede gewys het en wat daarop gemik is om Afrikaans se status te verlaag tot dié van ’n minderwaardige dialek of sosiolek.

Ook die omroeper Johan Botha het op sy jeugmusiekprogram ’n liederlike bargoens gebesig wat veronderstel was om ’n karikatuur te wees van hoe jongmense praat, maar gelukkig is hy blykbaar deur sy base wat hy so getrou gedien het, afgedank.

Die Afrikaner sal moet besef dat hy in ’n stryd om kulturele en fisieke oorlewing gewikkel is. Die SAUK is die nuwe “Radio Freedom” wat inwoners van Suid-Afrika aanhits tot aanvalle op Afrikaners en ons taal wil vertrap en verguis sodat Engels in die Engelse Kuba wat besig is om tot stand te kom, kan koning kraai. Engels is reeds lankal die enigste advertensietaal op die SAUK gemaak, wat beteken dat daar nie meer iets soos “Afrikaanse kyktyd” bestaan nie, want elke sogenaamde “Afrikaanse” program word deur hetsy Engelse reklame, hetsy Engelse programaankondigings, onderbreek.

Vandaar dus my oproep vandag aan elke Afrikaner wat nog oor enige selfrespek beskik om voortaan die SAUK te boikot en veral geen TV-lisensie te betaal nie. Ook moet ons op 24 September saam met Pretoria bly Pretoria beswaar aanteken teen die volgehoue gebruik van die gedrogtelike naam “Tshwane” vir ons ou hoofstad waar Paul Kruger se standbeeld steeds op Kerkplein staan. Ek is persoonlik lus om ’n ou TV-stel voor die SAUK-gebou te gaan stukkend gooi om uiting te gee aan die opgekropte woede wat ek ervaar elke keer as ek die SAUK se provokerende anti-Afrikaanse gemors moet aanskou as ek per ongeluk voor ’n TV kom.

Een van die dinge wat my veral die harnas injaag, is die ongelooflik swak uitspraak en taalgebruik van SAUK-TV- en radiojoernaliste wat nie eens die mees basiese Afrikaanse woorde korrek kan uitspreek nie! Sal enige ander volk ter wêreld so ’n belediging vir sy kultuurtaal en die norme wat met groot moeite oor jare tot stand gekom het, aanvaar? Ek meen van nee!

Ons boodskap aan die SAUK en die ANC-verdrukker wat dit beheer, moet wees: u wou die Afrikaner provokeer met die konstante ge-“tshwane” oor die eter. Wel, ons is nou geprovokeer. Ons is kwaad en van nou af aan gaan ons die regime met sy eie metodes aanvat.

Genoeg is genoeg!

Op ’n ander vlak moet ons egter besef dat die ANC inderdaad oorlog teen ons verklaar het en ons op die duur uit die land wil vedryf, net soos wat hul held, Robert Mugabe, alle blankes uit sy land verdryf het en al hul bates summier gekonfiskeer het. Die SAUK is bloot die propagandamedium wat die uiteindelike verdrywing of uitwissing van die Afrikanervolk moet aanhits en koördineer. Dit is veral ook daarop gemik om ons eie mense se moreel af te breek en hulle moedeloos te maak sodat die noodwendige opstand wat in Afrikanergeledere aan’t oplaai is, met min moeite onderdruk kan word. Laasgenoemde verteenwoordig die enigste rede waarom Afrikaans nog hoegenaamd op die SAUK gebruik word: om ons in ons eie taal – of ’n kwalik herkenbare vorm daarvan – te beledig en te demoraliseer.

24 September is “Erfenisdag”, ’n benaming wat kennelik uitgedink is om ons daaraan te herinner dat ons erfenis daagliks verguis en vernietig word. Op daardie dag met sy onwaarskynlike, Orwelliaanse naam, gaan daar hopelik duisende Afrikaners opdaag wat die ANC-propagandakommissaars van die SAUK gaan laat besef dat hul projek – die vernietiging van Afrikaans en Afrikaanse plekname – nie so maklik gaan slaag nie.

En al daag u nie op 24 September op nie, onthou asseblief: deur ’n TV-lisensie te betaal, finansier u nie net die volksmoordpropaganda teen ons wat die SAUK gereeld uitsaai nie, maar borg u ook die ondergang van die Afrikaanse taal, geskiedenis en plekname. Weier volstrek om enige finansiële bydrae tot die SAUK te maak.

Teken ons Petisie teen die gebruik van die naam Tshwane vir Pretoria !

Creature from the Black LagoonДанильченко Юрий отзывы