Gra?a, jou gorillas gaan ook ontwapen moet word

ImageDie stelling van mev. Graça Machel, ons liewe Nelson se vrou, dat die land se privaatsektor ontwapen moet word is net nog ‘n duidelike teken van hoe min sy van Suid-Afrika weet. Boonop is haar stellings geheel en al onoorspronklik.

Indien gehoor gegee sou word aan haar aandrang dat vuurwapens verbied moet word om ‘n veilige samelewing te skep, gaan dit verreikende gevolge vir die land se mense inhou. En net een daarvan is dat slegs regeringsorganisasies soos die SAW dan wapens mag besit, asook die polisie. Nie dat ek kan sien dat so ʼn aksie ooit uitgevoer sal word nie.

Solank daar blankes is wat iets het wat van waarde vir die skelm mag wees, sal daar swart mense wees wat dit wederregtelik sal wil neem. Dit is so eenvoudig.

Die drang om iets wat nie aan jou behoort nie te wil vat, word deur die onwettige besit van vuurwapens aangevuur, soos ‘n Oos-Vrystaatse veldbrand deur ‘n Augustuswind. En wat die dame klaarblyklik nie besef nie is dat meeste misdade nie met wettig gelisensieerde wapens gepleeg word nie, maar met onwettige wapens.

Die oorgrootte meerderheid mense wat onwettige wapens besit, is nie blankes nie, maar swartes. En natuurlik is dit bewys deur studies dat die gemiddelde swartman heelwat meer geneig is tot misdaad, hoe daar ook al teen dié stelling geargumenteer word. Dis ʼn feit soos ʼn koei. Verder is dit ook bewys dat die swartman veel meer tot geweld geneig is as die ander bevolkingsgroepe. Dit word deur die daaglikse persberigte gestaaf, en natuurlik ook deur ons tronkbevolking waar die verhouding van swart en bruin teenoor wit gevangenes vyf keer meer is, per 100 000 lede van die bevolking.

Presies hoe sy te werk wil gaan om mense se koppe te ontwapen, sal seker net sy weet, want mens het nie wapens in die hand nodig om misdaad te pleeg nie. Die byeenkoms van mense van die Aksie vir ‘n Veilige Suid-Afrika sou veel meer sukses hê indien hulle die regering in die visier het, pleks van te karring met wetsgehoorsame burgers wat gelisensieerde wapens besit.

Die probleem lê nie by die wetsgehoorsame burger nie, maar by die regering en hulle benadering tot misdaad. Indien die ANC-bewind meer aandag gegee het aan die regte van die meestal wetgehoorsame burger en die misdadiger soos ‘n misdadiger behandel het, was ons dalk nie in die benarde situasie nie. Die feit dat redelik baie lede van die SAPD oor kriminele rekords beskik en dan steeds in hulle poste is, spreek reeds boekdele oor hoe min die regering werklik daartoe verbind is om misdaad en geweld te beveg.

Die argument rondom wapens is eintlik heel eenvoudig, en het onlangs ook weer in sekere state in Amerika in die hof te sprake gekom. Jan Alleman se reg om wapens te besit en ook te mag dra, is onlangs in die hof in Washington bevestig. Die eenvoudige waarheid kan in een sin saamgevat word: “If guns were outlawed, then only outlaws would have guns.” Dit is die kort en kragtige waarheid wat Graça se hele argument met 10 woorde van die tafel vee.

Mens kan selfs die Amerikaanse stelsel van wapenlisensies voorhou as een wat werk, want hoewel mens daar in party gevalle nie eers ‘n week wag vir die lisensie of permit om die wapen te gaan haal nie, het hulle persentasiegewys ‘n baie kleiner aantal gevalle geweldsmisdaad as Suid-Afrika.

In Switserland met sy volksweermag of milisie, beskik elke man oor ʼn outomatiese wapen in sy huis. Nietemin tel Switserland se moordsyfer onder die laagstes te wêreld.

Graça Machel wil ons van die reg ontneem om ons eie lewens en dié van ons gesinne te beskerm. En indien sy dit verder wil neem, gaan dit haar en haar man se eie veiligheid ook dalk in die gedrang laat kom. Want die jong makgemaakte gorillas wat hulle as lyfwagte vir Mandela voordoen en soms soos boewe gedra, moet dan ook ontwapen word, indien hulle wapens in die eerste plek gelisensieer is. Dit sal haar en ons geliefde Nelson dalk so bietjie meer onveilig laat voel, so bietjie onrustiger laat slaap in hul paleise.

Maar mens kan net wonder wat die werklike kap agter die byl was met dié stelling van haar, en ek dink ek kan met ‘n redelike wilde raaiskoot die kern van haar argument raaksien. Dit is weereens ‘n rassekwessie, iets wat daarop gemik is om blankes te ontwapen en die swartes te laat begaan. Ons polisie is so onbekwaam dat hulle onmoontlik nie 40 miljoen mense se miljoene onwettige wapens kan afneem nie, maar dis baie maklik om die saak af te dwing op minder as 2 miljoen blankes wat wettig gelisensieerde wapens het. Ek sou raai dat dit eerder in die rigting van 1 miljoen moet wees wat nog enigsins wapens besit.

Haar uitspraak oor rekenaarspeletjies wat geweld veroorsaak, toon is dat sy geen benul het van wat in die rekenaarspeletjiewêreld aangaan nie. Feit is dat sy nog nooit in die openbaar voor die stukkie nuus oor die samekoms van die Aksie vir 'n Veilige Suid-Afrika enige geraas gemaak het oor rekenaarspeletjies nie, en dít bloot nadat ander oningeligtes ewe ondeurdagte stellings oor dieselfde onderwerp gemaak het.

Daar is paar dinge wat hier in aanmerking geneem behoort te word.

Eerstens, die meeste mense wat ernstig is omtrent rekenaarspeletjies is blankes, en nie swartes nie. Dit slaan haar argument dat speletjies mens in ‘n geweldenaar verander reeds grootliks dood. As mens kyk na die meeste mense wat vir geweldsmisdade in die tronk is, is dit swartes en nie blankes nie. Daar is uitsonderings, maar in daardie gevalle is daar ook ander faktore wat bydra daartoe dat die betrokke persoon se kop reeds begin uithaak het, nog voordat hulle rekenaarspeletjies as rede probeer voorhou. 

Die meeste van die speletjies vereis ‘n hand-oogkoördinasie wat ongelukkig meer teenwoordig is by blankes as nie-blankes.

Die prys van rekenaars wat in staat is om goeie speletjies te kan hanteer, is van so ‘n aard dat die meeste swartmense dit nie kan bekostig nie, om  nie eers van die speletjies self te praat nie. Ek maak nie hier die stelling dat swartmense nie die geld het nie, dis net dat belangstellings verskil en dat rekenaarspeletjies nie die aanhang het onder swartes wat dit onder blankes geniet nie. Ek kan hier sover gaan as om te sê dat selfs vir die meeste blankes is rekenaars wat op bestelling gebou word met kragtige grafikakaarte vir speeldoeleindes nie eers beskore nie. 

Verder is daar ook die verskynsel dat rekenaarspeletjies oor die algemeen redelik hand aan hand loop met belangstelling in rekenaars oor die algemeen. En ongelukkig sluit dit weereens die meeste swartmense uit. Die gemiddelde tegnofiel is nog steeds ʼn blanke.

Verder vermoed ek dat daardie gewelddadige speletjies ons manier is om van die harde werklikheid van die lewe te ontsnap. Dis ons manier om die spanning te ontlaai van gruweldade wat deur monsters in die werklike lewe gepleeg word. Om die moorde, verkragtings, rooftogte en dies meer in ons gedagtes weg te werk sodat mens nie die kluts kwytraak in dié kranksinnige land nie.

Ek dink dis daardie “gruwelike geweld” wat ons op ‘n skerm kan pleeg in ‘n surrealistiese wêreld wat maak dat ons nog nie almal in psigopate verander het nie.

Eenvoudig gestel, daardie geweld waaroor sy so kla, is dít wat haar nasie en haar mense beskerm teen vergeldingsaksies van mense wat vuisvoos is van die geweld wat teen ons Afrikaners as minderheidsgroep gepleeg word en wat soms voorkom as ‘n weldeurdagte plan om ons as volk uit te wis.

Nee wat, mev. Machel, steek maar liewer eers die hand in eie boesem. Dis nie ons mense wat die geweld in dié land pleeg nie. Dis u eie nihilistiese vryheidsvegters uit Afrika wat, soos Stephen Smith dit in sy boek Negrologie stel, ons na hul “paradys van wreedheid” weggevoer het.

девочка 14 лет в шортахДанильченко Харьков

Gaan ons ‘n herhaling van Katrina sien?

ImageOrkaan Gustav, die sg storm van die eeu, is op pad na The Big Easy – New Orleans. Daar was in 2005 'n soortgelyke orkaan – Katrina – wat New Orleans getref het. Die Suid-Afrikaanse pers het laaskeer gekies om die volle detail oor Orkaan Katrina te verswyg. Die waarheid oor Katrina en New Orleans was eenvoudig te politiek inkorrek vir ons sensitiewe Suid-Afrikaners om ten volle uit te lap.
Hier is wat u moontlik nie op News24 of in die Beeld gelees het nie:

New Orleans was twee-derdes swart. Van die halfmiljoen inwoners, was slegs 80,000 oor toe Katrina die stad getref het. Die bevolking is beveel om die stad te verlaat, maar die genoemde 80,000 het geweier en gebly. Bykans almal van hierdie mense was swart. New Orleans is op die Mississippi-delta gebou, maw in 'n laagliggende gebied. Binne enkele ure is die stad verswelg deur 3m water.

Die resultaat was volslae anargie. Ons almal "weet" egter dis George Bush se "rassisme" wat gelei het tot die owerhede se "stadige reaksie" teenoor die anargie, nie waar nie?

Verkeerd. Die wangedrag en gebrek aan beskawing van die inwoners van New Orleans was die grondoorsaak. Die oorblywende 80,000 inwoners van New Orleans het hulle skuldig gemaak aan 'n orgie van ongekende geweld, wetteloosheid en anargie. Die oortreders het gesagsfigure – oa die polisie – ingesluit.

Swart polisielede uit New Orleans is byvoorbeeld op geslotekring-TV afgeneem terwyl hulle winkels plunder. 'n Toeris wat 'n swart polisieman om hulp gevra het, 'n polisieman wat besig was om 'n winkel te plunder, is meegedeel dat dit "elkeen vir homself" is. Overgezet synde: die burgerlike polisie het deel van die probleem geword.

Die kuswag en reddingshelikopters het onder geweervuur deurgeloop. Misdadigers het dus op die reddingswerkers gevuur vanaf geboue se dakke.

Britse toeriste is vasgekeer in die Superdome, wat in 'n tydelike noodlenigingsentrum omskep is. Ek haal aan: "Jamie Trout, 22, an economics major, wrote that the scene 'was like something out of Lord of the Flies,' with 'people shouting racial abuse about us being white.'"

Lees hierdie artikel, wat handel oor die politiek inkorrekte waarheid oor New Orleans. Kontrasteer dit dan met die tsoenami van 2004. Het u ENIGE berig gelees oor Westerse toeriste wat deur hawelose Asiate aangeval of aangerand is – miskien Sri-Lankane? Daar is immers 'n kwartmiljoen – 250,000 –   Asiate dood op 26 Desember 2004.  Ek twyfel of u sulke berigte gelees het. Miskien was daar enkele insidente, maar van die grootskeepse misdadigheid, anargie en wanorde in New Orleans was daar geen sprake nie.

Die optrede in New Orleans het seker voorgekom omdat die mense van New Orleans arm is, dat hulle nie van beter weet nie, nie waar nie?

Ook verkeerd.

Amerika se swartes se per capita-inkomste oortref blanke Suid-Afrikaners s'n. Die gemiddelde inwoner van Sri Lanka is veel, veel armer as 'n Amerikaanse swarte.

Hoe verklaar u dan dat die inwoners van New Orleans so gewelddadig gereageer het, maar die Sri Lankane, getref deur 'n ramp waarvan die omvang verskeie kere groter as Katrina was, vreedsaam opgetree het?

светильник купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Gee my die apartheid terug, ?samblief, my baas

ImageDie uitspraak van die vereniging vir plaaslike regerings dat apartheid te blameer is vir die swak geletterdheid onder munisipale raadslede, is die jongste in ʼn aanhoudende geteem oor dieselfde onderwerp. Trouens, apartheid is besig om tot die swartman se belangrikste stuk erfenis verhef te word.

En soos al in die verlede gestel is deur ‘n bekende skrywer, die swartman moet iets hê om te blameer, anders het hy niks en is hy niks. Dit staan as die “blaamkultuur” bekend.

Daarsonder het hy nie ‘n reg en rede om aan te hou voortbestaan nie. Dit is sy enigste doel van sy bestaan in dié land. ‘n Land wat soveel potensiaal het, of eerder gehad het, wat nou vanweë die inheemse boorling se swak denkvermoë en onvermoë om ‘n saak logies te benader in die grond in getrap word.

Ek dink ek kan amper sover gaan om te sê dat ‘n swartman sonder sy apartheid net soos ‘n hond is sonder ‘n jeukplek, hy het nie iets om te krap nie. Dis net iets om hom mee besig te hou as hy niks anders het om te doen nie. En ook iets om te doen om sy aandag af te lei as hy aangespreek word oor sy verkeerde dade. Dan het hy mos wel ‘n kwessie om as verweer te gebruik vir dit waarmee hy betrap is.

Dit werk so. Indien hy sou aangespreek word oor die hoë geweldkoers sal hy sê: “maar dis die skuld van apartheid.” Vir misdaad: “dis apartheid se skuld.”

Vir werkloosheid: “apartheid !” Dis so maklik om net een ding te hê om te blameer, een rede vir alles: “apartheid!”

Ek wonder net of die swartman al bietjie gaan huiswerk doen het oor waarna hy streef, en dan ook in gedagte hou: “pas op waarvoor jy wens, want soms kry jy dit”.

Soos dinge staan, word dit duidelik gemaak dat die blanke die vyand is. Maar ek dink die swartman staan voor ‘n paar onaangename verrassings as hy op sy huidige baan van selfvernietiging voortsnel, sonder om die rem te trap voor dit heeltemal te laat is. Sy aanhang van die vriende uit die Ooste, en dan veral Sjina, is een ding wat die nasie nog baie duur te staan sal kom.

Die Sjinees wat onlangs dieselfde status gekry het as swartes in SA, as “voorheen benadeelde”, is nou op gelyke voet met hulle. Maar Sjinese is die swartman voor wat onderwys, opvoeding, kennis en tegnologiese vooruitgang betref, en die swartman is maar net te blind om dit raak te sien.

Dan is daar een aspek van Sjinese waaroor swartes nie beskik nie en dit is hul merkwaardige werksetiek. Buiten die feit dat die Sjinees die swartman reeds ligjare voor is, het hulle dan nou dieselfde regte, die reg om voordeel te kan trek uit SEB, die reg om aandele te koop wat nie vir barbaarse en rassistiese blankes beskore is nie en vele meer.   

Die feit dat die swartes so ietwat ongelukkig was oor die besluit om Sjinese gelyke regte te gee, dui reeds daarop dat hulle vir niemand iets gun nie, selfs nie eens hulle bondgenote en vriende nie. Dit is weer ‘n goeie aanduiding van die swartman se alleenreg op apartheid wat bedreig word.

Ek het ‘n sterk vermoede dat dit net hier is, in die verhouding met die Oosterse bondgenoot wat die sake nog baie suur gaan raak in die toekoms. Want anders as die blanke Afrikaner (nie die liberale persoon nie), is die Oosterling iemand wat in staat is tot ongekende brutaliteit, iets wat die swarte nog nie mee kennis gemaak het nie en moontlik sou wou vermy.

Mens het nie veel verbeelding nodig om te sien dat die swartman die Oosterling aanhang as sy redder en meester nie. Maar hoe ver is die swartman bereid om te gaan in die navolg van dié beleid?

Is dit dalk sover dat as die blankes verder onderdruk word tot ‘n klein handjievol mense dat die Oosterling hier kan instap en die land mag stroop van alles wat waardevol is onder die grond, die eintlike doel van sy bemoeienis met Suid-Afrika.

Dit mag hier wees waar die swartman tot radikale inkeer mag kom en begin soebat vir die goeie ou dae van minderheidsregering, aangesien die brutaliteit waaraan hy nie gewoond is een te veel vir hom mag word. En beloftes van iemand wat iets wil hê is nie altyd die asem werd wat gemors word om die beloftes te maak nie. Papier is ook baie geduldig, soos wat al in die verlede bewys is.

Die geskiedenis is vol voorbeelde van mense, groepe, rasse en nasies wat beloftes gemaak het en dan verbreek het wanneer dit hulle pas.

Die swartman is daaraan gewoord om sy sin te kry, hoe dit ook al mag gebeur, deur massa-aksie, geweld, opstande en selfs gewapende stryd as dit moet, en natuurlik ook moord. Waarmee hy nie rekening hou nie is die Oosterling se antwoord op sulke optrede: geweld – ongekende geweld – soos wat die swartman nog nie teëgekom het nie.

Die Oosterling het net een manier van onderhandel, en dit is tot sy eie voordeel. Rondom die onderhandelingstafel word daar nie veel gepraat nie, maar slegs die reëls uitgestippel, met ‘n “aanvaar dit of aanvaar die alternatiewe”-opsie. En die alternatiewe is nie mooi nie. En volgens die Oosterling is selfs die AK 47 en RPG nie onaanvaarbare onderhandelingsmetodes nie, iets wat die swarte dalk tot sy bittere spyt mag uitvind as dit eers te laat is.  

Die dag kan dalk aanbreek in die nie so verre toekoms nie dat ons aanhoudende klaende swartes sal smag na die goeie ou dae van apartheid onder die heerskappy van iemand wat ten minste by die spelreëls gehou het. Inderdaad het die blanke se sin vir reëls tot sy eie ondergang gelei.

Ek glo dat ‘n wag-en-sien-houding rondom die lot van die swartman vorentoe al is wat mens kan doen. Maar ek meen ons sal moet voorkom dat ons nie saam met die swartes onder die juk van die Oosterling beland nie.

Ons enigste uitweg is selfbeskikking en hoe gouer die Afrikaner hieroor ernstig raak, hoe beter vir ons.

ігри для дітей 3 рокиАлександр Фильчаков

Beroepspolitici verantwoordelik vir ons ondergang

Myns insiens is die beroepspolitikus die oorsaak vir die Afrikaner se politieke dood. Daardie ambisieuse egoïs, wat die politieke leer ten alle koste klim, is verantwoordelik vir die ANC se oorheersing oor ons mense.

Die beroepspolitikus gaan nooit met sy administratiewe plig op verbeeldingrykewyse om nie.  Dit is ‘n vreemde soort mens wat dikwels reeds van kindsbeen af gevorm en geskoei word om die politiek te betree. Daar is geen passie of instinktiewe oomblik van kreatiewe leieskap nie. Hy is nie die ware leier wat in ‘n krisisuur na vore kom nie. Die beroepspolitikus ontstaan dikwels as daardie vaal gladdeprater wat as skoolprefek reeds leierskapskursusse bywoon.

Beroepspolitici kom oral in die wêreld voor, maar nêrens floreer hy soveel soos daar waar ‘n enkele politieke  party te lank aan bewind bly nie. As immorele wese is die eenpartybedeling die ideale teelaarde vir hierdie professionele parasiet. Die ou Nasionale Partybewind het hordes van hierdie egoïste opgelewer, mense met geen sin vir verantwoordbaarheid aan hul kiesers of bloot aan dit wat moreel en eties is nie. Soos die party se houvas op die land versterk het,  so het hul houvas oor elke aspek van party, staat en samelewing toegeneem.

Hy is die gatkruiper wat woord vir woord uiter wat die politieke leierskap van hom verwag. Hy verkoop sy siel aan enige donateur of weldoener solank dit  sy opgang in die party versnel.  Hierdie is die laaste soort mens wat jy aan beheer van ‘n land se sake wil hê wanneer daardie land by ‘n kruispad is. Hy sal hom nooit teen die heersende idees uitspreek nie en skep behae daarin om die leierskap gelukkig te hou. Hierdie tipe  persoon ontvang ‘n kinderlike plesier by die aanhoor van “Jy het jou taak wel gedaan”.  Deur te konformeer, wen hy die guns van sy meerderes in die party.

Hy beskik oor  ‘n diepgesetelde minagting vir sy volksgenote en handhaaf ‘n utilitêre misbruik van sy ondersteuners. Stel hom in beheer van enige onderhandelling en jy kan verseker wees dat hy die opponent se kant gaan kies bo diegene wat hy veronderstel is om te verteenwoordig.

As iemand wat sy opgang gemaak het deur gatkruippery, mooipraatjies en beloftes stel hy nie homself  vrywillig bloot aan konflik nie. Langs die onderhandelingstafel is sy strewe altyd, vrede ten alle koste”; hy het nie die diepte van karakter om te staan of te val by dit waarin hy glo nie, want behalwe sy eie ego glo hy in niks. Of hy sy mense by die onderhandelingstafel verloën het en of hy homself deelgemaak het van die oorwinnaar se regime, is vir hom om’t ewe. Agterna sal hy as apologeet vir die oorwinaar optree en  gedurig vingerwysend neersien op sy eie mense  as die grootste gevaar vir die nuwe status quo wat hy histrionies omhels het.

Hierdie volksverraaiers  kom in alle terreine van ‘n volk se bestaan voor; soms is hulle poltitici, soms joernaliste, soms kerklui, kultuurmanne, ensovoort. Deur ons volk se ganse geskiedenis tref mens hierdie tipes aan. In ons onlangse geskiedenis is daar baie van hulle. Onmiddellik kan ek aan sommer drie sulkes dink.  Roelf Meyer,  daardie verraderlike “onderhandelaar” wat nie kon wag om ons land vir die ANC te gee nie, Marthinus van Schalkwyk, die mees patetiese leier en grootste hanswors wat die NP ooit opgelewer het, asook verskeie Afrikaanse joernaliste wat, voorheen meer blatant en tans meer verskuil, by elke geleentheid as apologeet vir die huidige orde optree. FW De Klerk, daarenteen, is moontlik nie soseer deur sy ego aangespoor nie. De Klerk se motivering was baie meer koudbloedig. Immers het sowel PW Botha as Van Zyl Slabbert al geinsinueer dat De Klerk veraad vir kontant gepleeg het.

In sy strewe daarna om as die “redelike man” voor te kom, verloor die beroepspolitikus  alle rede. Vir hom is die afgestompte en dowwe klank van politieke clichés die instrumente waarmee hy sy voorspelbare bedrog pleeg.

Tans probeer hierdie politieke drek weereens ons mense in verraderlike gesprek met die ANC lei. Tydens die doodsnikke van die NP het die bende wat daardie party tydens sy sterwensroggelings gelei het, naamlik Marthinus van Schalkwyk en sy ewe laakbare adjudante François Beukman en André Gaum, onderduimse ooreenkomste met die ANC bekonkel om vir hulself parlementêre en regeringsposte te verseker.  Noudat die ANC aangedui het dat dit opnuut “gesprek met Afrikaner meningsvormers wil aanknoop”, gryp hierdie politieke hoere weer die geleentheid om hul eie belang te bevorder.

Vir seker het die  ANC ‘n verskuilde agenda wat bedoel is om ons as volk verder te verneder en te ondergrawe.  Hierdie opportunistiese beroepspolitici, naamlik Van Schalkwyk, Beukman, Gaum en Johan Gelderblom,  doen hulself tans voor om die “Afrikanerleiers” te wees wat dan die Afrikaner in sulke gesprekke sal lei. Die blinde vermetelheid van hierdie volksverraaiers om te dink dat die Afrikaner die geringste respek  vir sulke skuim het, is die direkte gevolg van hul ambisie en begeerte om weereens eie belang ten koste van die volksbelang te  bevorder.

Die ander samesweerders in hierdie jongste komplot sluit in Afrikanerkapitaliste soos dr. Steve Booysen (uitvoerende hoof van Absa), Van Zyl Slabbert, asook linkse Afrikanerakademici soos ANC-sikofante proff. Willie Esterhuyse, Sampie Terblanche en die oud-politikus dr. Esther Lategan.

Dit is belangrik dat die Afrikaner rekening hou met hierdie bedrieërs se jongste inisiatief. Immers sal hulle eendag vir hul verraad moet teregstaan.

play casino without depositФільчаков Олександр Васильович

Bewegingsvryheid onversoenbaar met lae misdaad

ImageDie Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening het so pas 'n verslag vrygestel waarin beweer word dat ongelykheid geweld veroorsaak. Soos gewoonlik het koerante en webwerwe in die Naspersstal dié mening vir soetkoek opgevreet, maar op die armoedkwessie gefokus.

 

Onder die opskrif,  Skop, skiet, foeter – die redes , beweer Beeld in 'n voorbladberig: "Alarms, hoë heinings, veiligheidshekke, vuurwapens, alkohol en armoede is van die faktore wat tot die toename in geweldsmisdade in die land bydra."

Met ander woorde, hier vind ons  'n blote herhaling van die vals cliché dat misdaad sogenaamd te wyte sou wees aan armoede.

 
Lees mens egter die berig, asook die verslag met meer aandag, kom jy agter dat dit geensins is wat die verslag sê nie. Die verslag lui dat ongelykheid, en nie armoede op sigself nie, tot misdaad lei. Dit is ook wat nasionale statistieke in Suid-Afrika aantoon: van die armste provinsies soos Limpopo en die Noordkaap het tewens die laagste misdaadkoers.

Die joernalis wat die berig geskryf het, het dus klaarblyklik nie verstaan wat die verslag sê nie.

Kom ons oorweeg nietemin die bevindings van die verslag. Dit blyk dat nie armoede soseer nie, maar ander mense se rykdom 'n oorsaak van misdaad is. Voorts is daar aanduidings dat die disintegrasie van gesinne en gemeenskappe bydra tot veral geweldsmisdaad.

In die Limpopo-provinsie is daar byvoorbeeld nog 'n sterk stelsel van hoofmanne en tradisionele leierskap. Daar is gevolglik dissipline en struktuur in die samelewing, met 'n gepaardgaande lae misdaadkoers. Daar is nie so 'n groot aantal rykmansbuurte in Limpopo nie.

In Gauteng, daarenteen, is daar ongelykhede. Sandton is langs Alexandra. In Alexandra is daar voorts bitter min familiestrukture en gevolglik geen dissipline nie. Die inwoners van Sandton, onder andere, betaal die prys daarvoor. Hulle word vermoor, beroof en verkrag omdat dinge langsaan skeefgeloop het.

Volg dit nie dus logieserwys dat die ongebreidelde vryheid om te plak en te beweeg net waar mens wil (ook vir onwettige immigrante), gaan sorg dat misdaad vir ewig met ons sal wees nie? Dit is geregverdig om te sê dat daar slegs twee keuses is: die samelewing laat hetsy toe dat elkeen beweeg en woon presies net waar hy wil, of mense se vryheid van beweging en vestiging word weliswaar beperk, maar die misdaadkoers neem af.

Dis 'n strak keuse. Die prys wat party burgers vir sommige se vryheid van beweging betaal, is letterlik om hulle lewens, besittings en veiligheid te verloor.

Vir my klink die verslag na 'n sterk argument ten gunste van tradisionele leierskap en instromingsbeheer. So nie, is een van die wêreld se hoogste misdaadkoerse hier om te bly.камин в маленькой комнатеДанильченко Юрий Харьков

Raak ontslae van Peter de Villiers

ImageEk het verlede week op Praag se webwerf twyfel uitgespreek oor die Springbokke se kapasiteit om die wedstryd vandag te wen, die Australiese rugbyspan se swak rekord in SA desnieteenstaande.

Helaas, dog voorspelbaar, is ek reg bewys. Ek is geensins 'n rugbykenner nie, maar 'n realis. Dit was nie moeilik om reg te wees nie, maar wel deprimerend.

Peter de Villiers is duidelik 'n uiters swak keuse as opvolger van Jake White, 'n kleuter in taktiese terme. Hy is hoegenaamd nie goed genoeg op hierdie vlak nie. Hy is totaal en al uit sy diepte. PdV is onbekwaam en klaarblyklik slegs daar agv sy bruin velkleur.

Vervang Peter de Villiers so gou as moontlik, synde die argetipiese regstellende-aksie-aanstelling, of staar die dood van Springbokrugby in die gesig.  Die ondersteuners is reeds besig om met hulle voete te stem, en het voor die einde van die wedstryd begin om die veld te verlaat.

Peter de Villiers is eenvoudig nie goed genoeg op hierdie vlak nie. Raak onstlae van hom. Hy is 'n verleentheid.

roulette double bet strategyданильченко юрій броніславович компромат

Waarom blankes nie die 2010-sokker ondersteun nie

ImageDie stelling van Essop Pahad – dat blankes nie die 2010-sokkertoernooi ondersteun nie – moes seker lank geneem het om uit te dink. Ek wonder net hoe hy nou skielik by dié verstommende openbaring uitgekom het? Dat alle blankes dalk nie ten gunste van die 2010-sokker is nie, kan ek heeltemal verstaan. Daar is meer as een rede daarvoor.

Om mee te begin, is daar die diskriminasie waarmee ons as blankes in die sportwêreld moet saamleef. Hierteenoor is die sokkerspan, oftewel Bafana Bafana, die een instelling wat heeltemal deur die regering se inmengerige sportliggame met rus gelaat word. Terwyl rugby, krieket en al die ander sporte gebuk gaan onder sogenaamde kwotastelsels wat veroorsaak dat mense wat nie plekke verdien nie, in spanne opgeneem word waar hulle nie na wense kan presteer op die hoë vlakke wat vereis word nie.

Sokker is miskien die swartman gunstelingsport, maar die wêreld gaan oor meer as net sokker. Trouens, nie almal is volgelinge van soms sinnelose spansporte nie. Wat het geword van individuele sporte soos boogskiet, seiljagvaart, dinge wat bietjie die stereotipes verbreek? Iets anders as twee spanne van 11 mense wat almal dieselfde bal wil skop en kopstamp.

Verder is die stadions wat gebou en opgeknap word ook ʼn probleempie, aangesien die oorspronklik beraamde kostes wat genoem is met astronomiese bedrae oorskry word. Ek verstaan wel dat inflasie en stygende kostes ʼn invloed kan hê, maar nie op die skaal wat ons nou waarneem nie. Duidelik trek sekere mense voordeel hieruit en is besig om die regering met ʼn slap riem te vang.

Die ongelukkige nadraai van dit alles is dat die geld van iemand verhaal sal word, en ek glo nie dat elders as vanuit blanke sakke gaan kom nie, aangesien dit ons belastinggeld is wat reeds vir die huidige partytjie betaal.

Die oorspronklike syfer wat genoem is, was in die omgewing van 12 miljard rand. Vroeër vanjaar is daar genoem dat die syfer nader aan 25 miljard gaan draai. En net in die laaste week of twee is dit verder met sowat 2 miljard verhoog.

Hier kan mens eerlik die vraag vra: wie is besig om vir wie te bedrieg, want duidelik is daar êrens iets onheiligs aan die gang, en dat bedrog ten koste van die blanke belastingbetaler gepleeg word, ly geen twyfel nie.

As teenvoorbeeld vir die sokkersirkus, kan mens die 1995-rugbywêreldbeker voorhou. Elke wedstryd is in bestaande fasiliteite gespeel en niks of bitter min geld is vanuit die land se begroting geneem om enige voorbereidings te finansier. En daarby was die toernooi ʼn klinkende sukses!

Dieselfde kan helaas nie van die sokker gesê word nie, aangesien astronomiese bedrae geld wat beter aangewend kon word vir ander infrastruktuurprojekte (byvoorbeeld ons haglike paaie) nou geneem word vir iets wat later net ʼn wit olifant gaan wees, bygesê indien die stadions hoegenaamd agterna bruikbaar gaan wees.

Die opgradering van die land se regstelsel om nou skielik misdaad hok te slaan en met wilde  of verbeeldingryke sewepuntplanne die land se probleme op te los, is nog ʼn teer punt. Feit is dat die regering reeds jare terug geweet het dat hulle nie die stryd teen misdaad wen nie, omdat hulle nie die wilskrag daarvoor het nie.

Waarom word misdaad skielik as probleem uitgewys met minder as twee jaar voor die sokkerwêreldbeker ? Wie presies probeer Mbeki en André Pruis beïndruk, en hoekom moet die besoekers se veiligheid gewaarborg word ten koste van van die land se burgers?

Kan dit dalk die vrae wees van Sepp Blatter en kie, die bewuswording in oorsese lande dat misdaad in SA ʼn probleem is en dat hulle begin bekommerd raak oor die land se stabiliteit? Ons sal nie kan sê nie, maar iets is gewis aan die gang en iemand probeer vinnig oorsee indruk maak.

Die feit dat die rugsteun-plan vir 2010 al bespreek is, kan wel iets hiermee te doen hê, en die regering moes nou net plan maak, al is dit ook net ʼn plan sonder dade. Hoewel die beoogde sokkerhowe wys dat die belange van die besoeker swaarder weeg as dié van die land se burgers.

Die regering roem hom op al die geld wat die land met die sokker gaan binnestroom, en dan word daar veral gekyk na die toerismebedryf wat sulke miljoene gaan maak. Ek vra hier die vraag: watse wysheid steek daarin om miljoene te maak as die gasheerland miljarde uitgee om net miljoene te maak? Ek is geen ekonoom nie, maar selfs vir my klink dit te dik vir ʼn daalder.

Ek dink wat wel hier ter sprake is , is dat die regering vergeet om te noem wie die groot geld gaan maak: slegs ʼn bitter klein persentasie mense wat oor die regte kontakte en velkleur beskik. Diegene wat saam met die hoghere mense dink en werk, en vir seker nie die gemiddelde Jan Rap en sy maat nie. En baie beslis nie die arme swart drommels teen wie die regering net so hard diskrimineer nie.

Ek meen dat meer as 99 % van die land se burgers nie ʼn dooie sent van die beloofde miljoene gaan sien nie, terwyl so ʼn paar Groot Manne lekker gaan lag terwyl die masjiene die stapels geld in bondels aftel.

Die bouwerk van die (onnodige) stadions is nog ʼn verdere punt. Die absolute diskriminasie wat teen blankes toegepas word in die toekenning van kontrakte is nog n rede ʼn rede waarom baie blankes nie die sokker hier wil hê nie. Of dan nie sal huil as die sokker sou misluk nie. Die feit dat SEB-maatskappye die werk kry, ongeag of hulle daartoe in staat, aldan nie .

Die feit dat die regering eerder ons hardverdiende geld aan buitelandse spesialiste en ander sal betaal om iets te verrig wat ons eie bevolking net so goed kon doen, spreek ook boekdele.

Daarby kan mens voeg die voortslepende arbeidsonrus wat die een bouprojek na die ander, wat enersyds die arbeidsituasie in die land weerspieël en andersyds die gebrek aan enige patriotisme of toewyding van die swart bevolking teenoor die 2010-sokker.

Die oefeninge van veiligheidsmagte wat die veiligheid van sokkertoeriste in stadions moet verseker, en allerhande gebeurlikheidsplanne rondom die stede wat as gasheerstede moet optree, verteenwoordig net nog ʼn verdere mors van geld en dui weereens op die regering se dubbele standaarde.

Waarom moet daar vir een gebeurtenis en een toernooi geoefen word? Hoekom was daar nie reeds gebeurlikheidsplanne wat in elk geval groot insidente en gebeurlikhede gedek het nie – nie net vir een jaar en doel nie, maar oor die algemeen, soos wat dit behoort te wees?

Vermoedelik gaan selfs die beste waarmee die regering nou vorendag kom rondom voorsorgmaatreëls nie heeltemal goed genoeg wees indien daar probleme sou ontstaan nie. Want ongelukkig is dit só dat spesialiseenhede nie meer is wat hulle was nie, sonder die deeglikheid en doeltreffendheid van die verlede.

Miskien het Pahad ʼn punt beet as hy sê dat baie blanke Suid-Afrikaners wat wel sokker kyk en geniet nie die Bafana ondersteun nie, maar wel oorsese spanne.

Wel, mnr. Pahad, dis ʼn demokrasie. Een wat julle oorgeneem het en julle s’n gemaak het, met al sy gebreke wat julle binne ʼn voorheen werkende stelsel veroorsaak het.

Dié van ons wat wel sokker kyk en volg, het die rég om die span van ons keuse te ondersteun, en as dit jou nie pas dit die Bafana nie onder hulle tel nie, jammer ou maat. Maar dis soos dit is.

Die feite spreek weereens vanself. Die oorsese spanne het iets om op trots te wees, ʼn rekord van sukses op die wêreldranglys en ook ranglyste wat op die lande self van toepassing is. Wat het die Bafana al bereik? Net mooi niks. Hulle het net die twyfelagtige prestasie dat hulle nie veel vordering maak op sowel die wêreldranglys as die Afrikaranglys nie, behalwe ondertoe. Dink jy dit is iets om op trots te wees? Nee wat, ek dink nie so nie.

Dalk moet jy jouself in die toekoms duideliker uitdruk meer duidelik uitdruk as jy weer sulke klagtes in die koerante maak, en nie so dag of twee ná die tyd kom kla dat jy verkeerd aangehaal is nie. Want die mense sal jou nie altyd vir sulke blapse vergewe nie.

ПРЕДМЕТЫ ИСКУССТВА освещениеДанильченко Юрий прокурор

Die oplossing vir misdaad, ‘n paar wilde voorstelle?

Die oggendlug is skerp-vars, terwyl ek voor die rekenaar sit en werk. Die nuus dat ons land se vrye grond dalk nog 500 addisionele misdadigers moet dra in die gemeenskap is iets wat in my kop rondmaal. Dit kan net nie so aanhou nie. Daar moet êrens ‘n oplossing wees. Dis toe wat ek die aha-ervaring kry, soos vars oggendlug in die winter wat mens se kop kom oopmaak.

 

Die een groot probleem deesdae is dat geen misdadiger werklik aanspreeklik gehou word vir wat hy of sy doen nie. As hulle gevang word, en meer belangrik, suksesvol vervolg word is dit maar net een pad. Tronk toe met tralies wat toeklap agter die oortreder. Daar is hy veronderstel om te boet vir wat hy gedoen het, deur bloot uit die samelewing verwyder te word vir ‘n tyd lank. En dis net hier wat die probleem begin.

Tyd alleen maak nie alles reg nie.

Die verblyf daar bepaal grootliks of die stap suksesvol was aldan nie. En tans word die tyd wat die misdadiger agter tralies spandeer nie korrek aangewend nie. Wat die staat nie besef nie, is dat hulle met ‘n onuitputbare bron van arbeid sit en dat hulle dit nie aanwend vir die land nie. Inteendeel, hulle word in geen kapasiteit aangewend behalwe om ‘n las op die belasting betalers te word nie. Want hulle word geag as mense wat regte het, en behoede jou as jy sou durf waag om hulle regte aan te tas, want die volgende oomblik is die menseregtekommissie op jou.

Die antwoord is eintlik maklik. Daardie kriminele het deur hulle eie aksie hulle regte verbeur deur ander van dieselfde regte te ontneem. Dus is hulle na my mening nie geregtig op enige konsiderasie nie. Geen regte nie en bitter min voorregte, dis al wat hulle behoort te hê om op staat te maak. Hulle behoort nie eers geken te word in sake wat hulle omstandighede betref nie. Hulle moet doen soos hulle beveel word en dis al. As dinge ongerieflik raak moet hulle dit maar sluk, want dis wat hulle slagoffers moes doen.

En vir sover dit regte en geriewe aangaan behoort hulle slegs die basiese te hê soos kos en water (waarvoor daar van hulle geld afgetrek word), ‘n bed en ‘n dak oor die kop. Enigiets meer as dit is onnodig. Biblioteke, televisie en gereelde besoeke is alles voorregte wat die man bedank het toe hy sy misdaad gepleeg het. Die verskynsel dat mense studeer in die tronk is ook ‘n onding. Want die persoon is nie daar om vakansie te hou en sy graad klaar te vang nie, hy is daar omrede hy gestraf word, en gratis studie vir ‘n graad is nie in my oë gelyk aan straf nie.     

Dit is hier wat ‘n sisteem van restitusie behoort in te tree. ‘n Sisteem wat waarde aan arbeid heg en wat van die gevangene verwag om volgens sy wandaad arbeid te verrig om die staat en die een wat verontreg is deur sy werk te vergoed. En saam met dit kan mens sover gaan as om te sê dat hy nie eers geregtig is op voedsel sonder om daarvoor te werk nie. Dit kan verder uitgebrei word na dinge soos mediese behandeling en die onderhoud van die tronke waarin hulle hulself bevind.

Mens kan dalk hier die sisteem uitbrei om die misdadiger wel die voordeel te gee dat as sy familie die bedrag geld kan betaal wat aan sy sosiale skuld gekoppel word dat hy dan as vry man weer die buitelug kan inasem, maar ek dink nie dat dit sal gebeur nie, aangesien die oorgrootte meerderheid van hulle nie daartoe in staat sal wees nie. Daar kan byvoorbeeld gesê word dat as daar R 100 000 se goed gesteel is dat hy die waarde van R200 000 moet terugwerk, natuurlik met die inagneming van sy daaglikse voedsel en verblyf. Die tipe arbeid kan in verskeie velde aangewend word, van paaie bou tot landbou, daar waar dit op daardie tydstip die nodigste mag wees.

Sommige tonele uit die ou film “Cool hand Luke” kom hier in my gedagtes op. Die tyd van “chain gangs” waar almal ewe hard aan die pad help werk terwyl hulle aanmekaar vasgeketting staan, met een gewapende wag wat ogie hou en nie skroom om te skiet as iemand skielik “haasbloed” in sy sisteem ontwikkel nie. (Dis die neiging om te vlug as hy die kans het.)   

Of as hy ‘n groot familie het wat hom vreeslik mis kan hulle maar sy skuld kom help afwerk en hom sodoende gouer uit die tronk uit haal.

Mens kan hier selfs ‘n addisionele sisteem voorstel. Indien ‘n persoon ‘n misdaad gepleeg het en die gemeenskap van die persoon se aksies geweet het, die gemeenskap dalk ook verantwoordelik gehou kan word. En waar daar dan ‘n soort boete op die gemeenskap gehef kan word. Vir hulle “aandeel” in die misdaad omdat hulle nie die daad gestop het of die persoon aangegee het by die owerhede nie.  

Dan sal daar die situasies wees waar mens nie dit kan vervang wat geneem is nie, soos lewe en gesondheid. Dit maak dinge so ‘n entjie moeiliker. Daar sal die keuse moet begin inkom van doodstraf of lewenslank werk vir iets wat hy nie kan terug gee nie. Persoonlik is ek voorstaander van doodstraf. Daar bestaan wel ‘n ander opsie, en ek dink dit kan ook baie van ons probleme oplos as dit reg benader kan word.

Die eerste opsie vir die misdadigers sal wees om goudmyners te word, maar dit sal nie die vorm van “veilige” werk wees wat in georganiseerde mynbou aangetref word nie. Hulle sal die plek van die sogenaamde “zama-zama’s” inneem, ‘n werk wat in elk geval op onwettige wyse gedoen word, deur onwettige werkers, diewe, as mens dit so eenvoudig stel. Die tipe straf kan dan meer as een voordeel inhou. In die eerste plek sal die persoon wat homself die straf op die hals haal risiko dra, en in die tweede plek sal die persoon konstruktief besig gehou word op so manier dat die land en die samelewing voordeel trek uit sy aksie uit.

Die voordeel van die tweede punt sal veroorsaak dat daar heelwat myne wat tans as amper onontginbaar beskou word, weer oopgestel kan word sodat die goud wat in moeilik ontginbare are is ook uitgehaal kan word. ‘n Verdere voordeel van hierdie tipe mynwerk is dat die myn nie teen astronomiese koste bedryf hoef te word nie, maar teen die minimum koste, amper net genoeg krag om die waaiers aan die gang te hou wat genoeg vars lug ondergronds moet inpomp.

Hoewel die konsep van mynwerk onder die omstandighede dalk uiters wreed en barbaars van my mag klink is dit een manier om van die arbeid wat sit en sleg wees in die tronke gebruik te maak. En as die “bleeding hearts” brigade daaroor wil kla, moet hulle dink aan die ander opsie – doodstraf – kort en kragtig.   

Die ou dae van slaweskepe klink dalk nie na so slegte idee nie, siende dat ons op die donker kontinent woon. Ek glo dis nie onmoontlik om met min moeite so paar groot vragskepe om te bou na tronkskepe nie, wat dan gebruik kan word om gevangenes en hulle families (opsionele ekstra) te neem na elders ver van hier.  

Die buiteland moet hier intree en dan voor ‘n keuse gestel word, indien hulle vir die persoon se regte meer omgee as vir die van die slagoffer van die misdaad moet hulle dan bereid wees om die persoon as burger van hulle regsisteem oor te neem, waarna hy dan met sy hele uitgebreide familie op ‘n skip gesit word en gepos word na die land wat gesê het dat sy regte onaantasbaar is. Indien hulle nie bereid is om ons probleempie oor te neem nie, (wat natuurlik die standaard antwoord sou wees) moet die persoon tereggestel word sonder dat daar enige geweeklaag is oor die persoon se reg tot lewe wat hom ontneem word.

Siende dat Australië sy ontstaan te danke het aan die Britte se wonderlike gewoonte om misdadigers per skip na die wilde, woeste land te stuur, dink ek dat Brittanje dalk net die aangewese plek sou wees om ons van die kriminele elemente te verlos, aangesien hulle so verlig was om ons ou beleid van doodstraf te kritiseer.
Verder is Brittanje ook die een om te bedank in ‘n groot mate vir die gemors wat ons nou mee moet sit. Misdaad sonder keer. Dus is dit niks minder as regverdig dat hulle help dra aan die las waaronder hulle ons geplaas het nie.

Ek dink dat selfs Amerika ook ‘n deel van die skuldlas behoort te dra, net vir hulle histeriese geraas oor ons kwansuis so onderdrukkend was. Maar veral omdat hulle ook van ons grootste kritici is wat betref die stygende misdaadsyfers. Terwyl hulle met geen werkende oplossings vir ons probleem na vore kan kom nie. En dit van ‘n land wat in ‘n paar van die deelstate self nog die doodstraf toepas.

Ek besef dat wat ek hierbo noem verbeeldingsvlugte is, maar dat daar wel meriete aan is kan nie ontken word nie. Wel, tot ons iets beters as die huidige sisteem het kan ons maar net hoop dat dinge êrens vorentoe sal verbeter.

на тетивахОлександр Фільчаков прокурор

Musiek en speel, die resep vir moord

ImageNá die sinnelose moord van ‘n medeskolier eergister in Krugersdorp het ek gewonder hoe lank dit sou neem vir die koerante om weer die blaam vir geweld op musiek en speletjies te plaas, en soos gewoonlik het hulle nie teleurgestel nie.

Dit was nie die eerste keer dat ek op die nuus gelees het dat videospeletjies en sommige tipes musiek geblameer word vir die geweldadige optrede van kinders en jeugdiges nie.

Wat wel interessant was in Beeld vanoggend was die feit dat die musiek waarvan die jong moordenaar duidelik ‘n groot aanhanger was dan ook gekoppel is aan ‘n paar insidente waar skoliere in Amerika gemoor het, maar mens kan veilig die afleiding maak dat dit in stilte deurgetrek word na die NSA. Dié keer kan ek wel saamstem met kenners dat die musiek se lirieke veel te wense oorlaat in ‘n moderne wêreld waar beskaafdheid die norm is

{mosbanner:id=7,9,10}

Van die lirieke word in ‘n artikel in Beeld genoem, en mens moet ‘n baie siek persoon wees om na sulke gemors te kan luister en dit nog musiek te noem. Dat dit wel die vermoë kan hê om mense aan te hits om dade te pleeg wat teen die samelewing se waardes indruis, is nie moeilik om te verstaan nie, maar ek dink dit word erg oordryf.

Inteendeel, dis nie net oordryf nie, maar word as verskoning voorgehou vir die oortreder se dade. Want vir elke aksie is daar ‘n reaksie, en as die musiek (boos van aard) dan kwansuis die persoon die moord laat pleeg het, kan mens wel die stelling maak dat daar dan ander musiek beskikbaar is wat die persoon nie sou dryf om te moor nie. Wat die persoon sou kon kalmeer en in die teenoorgestelde gemoedstemming plaas as waarin hy was ten tyde van die barbaarse daad. Dit dui vir my daarop dat die persoon die definitiewe keuse gemaak het om nie die beter alternatief te kies nie.

In dié geval – ook gesien saam met ander – was daar duidelike tekens dat die persone wat sulke dade pleeg kortom nie die verantwoordelikheid wil neem vir hulle eie dade nie en dat enigiets aangegryp word as flou verskoning vir hulle eie swak gedrag.

Die verskonings vir moord wissel van “invloed van musiek”, “Satan het my dit laat doen”, “armoede”, “invloed van dwelms en speletjies”, tot grype na ander obskure grashalms.  

Die antwoord is eintlik so eenvoudig: dis net gebrek aan eie verantwoordelikheid wat dit laat gebeur. En natuurlik in die NSA ook die gebrek aan ‘n regsisteem wat mense vir hul dade verantwoordelik sal hou. Want “haai siestog, die arme seun het nie geweet wat hy doen nie…” My reaksie daar is eenvoudig: snert!

Die jong ridder het volgens die berig in die Beeld aan ander gesê dat daar iets op pad is, wat aangedui het dat hy met voorbedagte rade sy moorplan gekoester het, en dat daar absoluut geen versagtende omstandighede vir sy optrede was nie.

Mens kan wel verdere afleidings maak wat later die invloed van sekere rekenaarspeletjies ook by die saak sal betrek.  En weereens gaan sommige brigades wat teen dié vorm van vermaak as iets uit die bose gekant is, die blaam vir die klein knopkop se gedrag daarop plaas. Ek wil net vir die mense wat so redeneer, sê dat dit absolute onsin is.

‘n Insident uit my weermagdae het weer skielik  helder in my gedagtes opgekom, en het ook betrekking. Ek was deel van ‘n groep mense wat op gereelde basis ‘n gewilde “rol-speelspel” gespeel het oor naweke.  “Dungeons and dragons” was so ampertjies uit die bose op daardie stadium. Dit was nou volgens dié wat nie geweet het wat in die spel aangaan nie.  

Selfs die SAW het mense gehad wat op baie onopsigtelike manier die mense wat dit gespeel het gemonitor het, en ek is na ‘n tyd ingeroep om my aksies te verduidelik, aangesien dit bekend geraak het dat ek en andere in die eenheid soms naweke sit en speel het. Wat verbasend was, is die feit dat ek gewaarsku is teen die spel, deur iemand wat nie ‘n greintjie kennis van die ding gehad het nie.

Dit was die oop deur waarvoor gewag het en ek het baie duidelik aan ‘n adjudant-offisier verduidelik dat as hy waarskuwings wil rig oor so iets moet hy dalk eenkeer kom insit op so ‘n spel en daarna weer met my praat, aangesien ek die sogenaamde leier van ons groepie was. Nodeloos om te sê, die aanbod is nooit aanvaar nie, maar ek het duidelik gemaak dat ek geen intimidasie sal aanvaar as gevolg van wat ek in my vrye tyd doen nie. Ons het mekaar met respek gegroet en was daarna altyd op goeie voet.

Dit bring my by die tweede item wat baie keer die skuld kry vir sulke tipe optrede. Die rekenaarspeletjies wat wel in die een berig genoem word. Ek wonder of die mense oor wie se lippe die name van die speletjies so gladweg vloei ooit die moeite doen om self eenkeer agter die rekenaar te gaan sit en te speel. Ek praat nie van die vinnige 5 minute sukkel voor hulle opgee nie. Ek praat van speel, ernstig speel.

Dalk is daar van hulle wat wel die ding probeer, maar ek dink hulle mis die punt hier. Die doel van die goed is om te ontsnap van die harde werklikheid na ‘n plek waar mens kan maak en breek soos mens wil, sonder dat daar gevolge is om te dra. Die doel is nie om die surrealistiese spel na die werklikheid oor te dra nie. Om enigsins so te redeneer, is om te soek na moeilikheid wat nie te lank sal wag voor dit kom aanklop nie. Dis ‘n manier van ontsnap van die werklikhede wat mens 24 uur per dag omring.

Dat van die speletjies wel geweld bevat, kan niemand ontken nie. En die een wat wel genoem word wat in Amerika klaarblyklik ‘n rol gespeel het, is niks anders as een geveg na die ander nie. Mortal Combat is letterlik die een geveg na die ander, en mens se aansien word net verhoog soos jou vaardigheid en vlakke verhoog. Dat dit okkultiese verbindinge het, kan ek ook seker nie betwyfel nie. Maar dis eie keuse wat ook invloed het, en elkeen het die keuse om nee te sê.

Doom is na my mening ‘n donker spel, maar nie soveel so dat mens sodra jy dit eenkeer begin speel het in ‘n moordadige maniak sal verander nie. Ek het hom wel ook probeer speel, en nie baie gehou van die rigting wat dit inslaan nie. Die eindresultaat is eenvoudig: ek speel hom nie meer nie. Daar is natuurlik ooreenkomste wat Doom met ander speletjies het, in die tipe karakters en monsters wat mens teëkom, maar die agtergrond waarin alles plaasvind maak groot verskil in hoe ‘n spel oorkom. Die feit dat die teestaanders wat in Doom redelik demonies van aard kan voorkom, is een van die redes waarom ek hom in sy kassie gebêre het.

Die derde spel wat genoem word is Quake. Die agtergrond is dat mens ‘n ruimtevlootsoldaat is wat op pad is om aan die finale slag deel te neem op ‘n planeet, nie die aarde nie. Die vyand is bekend as die Strogg, ‘n klomp wesens wat reeds die aarde redelik verwoes het, en soms is die gevegte titanies, maar ek kan geensins sê dat dit sulke tipe gedrag te voorskyn kan bring nie. Wat is ek van mening dat dit soms harde werk verg om deur ‘n sekere fase in die spel te kom, want mens wil altyd weet wat vorentoe wag. Demonies? Nee, ek dink nie so nie, net ‘n baie goeie verbeeldingsvlug wat iemand uitgedink het.

Die ding is dít. Elke mens het ‘n keuse om te maak, en dit geld vir alles in die lewe. Wanneer mense dan die verkeerde keuses maak en dit toeskryf aan ander faktore spreek dit maar van swak karakter en opvoeding. Want soos dinge nou gaan, is daar reeds sterk tekens dat almal wat fouteer nie meer die verantwoordelikheid wil aanvaar vir wat hulle doen nie, aangesien dit dan ook aanspreeklikheid meebring, en mense wil nie aanspreeklik wees nie, hoewel mens nooit 100% daarvan sal kan ontsnap nie.

Indien mens so 15 jaar sou aanskuif in tyd en die seun wat gister sy medeskolier met die swaard gedood het, het dalk ‘n gesin, wat deur die een of ander maniak so vermoor word, gaan hy vir seker nie die verskoning aanvaar wat hy nou so ligweg opdis as rede vir sy optrede nie. Geen hoeveelheid musiek en speletjies sal dan verskoning genoeg wees om die oortreders te verskoon nie.

Kortom, mense behoort verantwoordelikheid vir hul dade te neem.

розвиваючі ігри для дітей 2-3 роківФильчаков прокурор харькова

Afrikaans moet sy eie name behou en ontwikkel

ImageNet gister ontvang ek 'n skrywe van die komitee op Louis Trichardt wat steeds 'n stryd moet voer om die naam van dié dorp behoue te laat bly, ondanks 'n Appèlhofuitspraak in hul guns verlede jaar. Feit is dat die ANC hom eenvoudig nie aan hofuitsprake steur nie en op allerlei onbekookte maniere is die party op Louis Trichardt steeds besig om die dorp se naam te probeer verander. Ook die SAUK gebruik dikwels verkeerdelik die term "Makhado" terwyl Louis Trichardt bedoel word.

Ons kort egter 'n nuwe benadering teenoor die aanhoudende naamsveranderings wat die land teister. Terwyl anderstaliges welkom is om hulself belaglik te maak deur die gebruik van allerlei vergesogte name wat deur ANC-munisipale diktatortjies afgekondig word, verwerp die Afrikaner en alle Afrikaanssprekendes sulke name met minagting. Ons moet aanhou om ons eie name te gebruik.

Die name van sentralistiese munisipaliteite veroorsaak 'n effense probleem wat egter prakties opgelos kan word. Hier op Praag  volg ons reeds enkele weke lank die gebruik om waar daar na metro's soos Ekurhuleni, Etekhwini en ander verwys word, die naam van die metro deurentyd met 'n Afrikaanse naam gekwalifiseer word. Die gebruik sou dus wees om te verwys na "die Ekurhuleni-metro aan die Oosrand" of "die Tshwane-metro in die Pretoriagebied".

Praag is nie in beginsel gekant teen naamsveranderings nie; inteendeel. Ons voel dat ANC-name so gou moontlik terug verander behoort te word. Ook Britse koloniale name behoort na Afrikaanse name verander te word. In samewerking met die Akademie se Taalkomitee, wil ons die moontlikheid ondersoek om geensins meer name soos "Port Elizabeth" of "Oos-Londen" in Afrikaans te gebruik nie, maar eerder egte Afrikaanse name in die plek daarvan in te voer. In die geval van Oos-Londen, kan 'n ander naam bedink word. Ook voorstede in Afrikaanse gebiede met Engelse name soos Waverley in Bloemfontein of Lynnwood in Pretoria behoort aan naamsveranderinge onderwerp te word ten einde inheemse Afrikaanse name vir sulke voorstede te vind. Straatname van Britse afkoms behoort sover moontlik na Afrikaanse name verander te word.

Verset teen naamsveranderings, soos dié van Potchefstroom of dorpe in die Noord-Transvaal, behoort volgehou te word. Die ANC-bewind is besig om die volkereg te oortree deur Afrikaanse name te probeer uitwis. Onlangs het ek 'n afspraak met die Menseregtekommissie in Johannesburg gehad en is besig om 'n klag oor naamsveranderings te formuleer wat via die Menseregtekommissie heel moontlik by die Grondwethof mag beland. Ons het geen vertroue in die Menseregtekommissie nie, maar terselfdertyd wil ons dit as meganisme gebruik om die saak tot in die Grondwethof op die staat se onkoste te voer, Indien Jacob Zuma R55 miljoen aan regshulp van die staat kan ontvang of McBride aan die Oosrand R6 miljoen, waarom moet Afrikaners self regskostes aangaan om hul kultuur teen die Afro-rassistiese aanslag van die ANC te verdedig?

Ons behoort ook klagtes aangaande naamsveranderings en die verdrukking van die Afrikaanse kultuur by die VN aanhangig te maak. Die ANC-bewind oortree feitlik elke internasionale konvensie wat nog ooit deur Suid-Afrika onderteken is. Wat tel, is nie om onmiddellik sukses te behaal nie, maar om ons verset internasionaal rugbaar te maak en ons mense te mobiliseer om teen verdrukking op te staan. Die haatlike naamsveranderings is vir die Afrikaner 'n klap in die gesig en kan net ons weersin in hierdie hele rassistiese bestel wat meer en meer Mugabeïsties voorkom, verhoog.

игрушки украинапрокурор Фильчаков

Die begin van die einde van PdV

Image'n Groot deel van die land se rugby-ondersteuners sit in sak en as ná die Springbokke se skokvertoning Saterdag op Nuweland. Vir die eerste keer sedert 1903 het 'n Springbokspan geen enkele punt tydens 'n toetswedstryd op Nuweland kon aanteken nie.

Enkele weke gelede was die rugby-ondersteuners egter in die wolke oor die Springbokke se oorwinning in Nieu-Seeland. As ons moet eerlik wees, was daar ook 'n goeie skeutjie geluk betrokke, met 'n besonder gelukkige spring van die bal in die doodsnikke.

Ek is geen bewonderaar van Jake White nie. Die sukses wat die Springbokke in die Wêreldbeker behaal het, kan grootliks toegeskryf word aan 'n enorme gelukskoot, naamlik 'n blatante vorentoe-aangee wat Frederick Michalac in staat gestel het om die All Blacks verrassend uit te skakel op die Milleniumstadion in Wallis. White se bra beteuterde rekord as afrigter is ook gevlei deur die tegniese kundigheid van sy hulpafrigter, Eddie Jones. As iemand die dank moet kry vir die onlangse oorwinning in Nieu-Seeland, moet dit sekerlik die nadraai van Jones se kundigheid wees.

Ons kan ook nie Saterdag se neerlaag alleenlik op politieke inmengery blameer nie. Die span was een van die witste spanne in die afgelope tyd. Die spelers het eenvoudig swak gespeel en kop verloor. Hulle het waansinnige risiko's geloop, soos om kortlynstane binne hulle eie kwartgebied aan te durf, of om wilde aangeë naby die doellyn te slinger.

Wat het dan skeefgeloop? Het die ervare Springbokke skielik kop verloor en heeltemal vergeet dat Springbokrugby tradisioneel gebou is op rotsvaste verdediging en die stelselmatige vernietiging van jou opponente? Het hulle 'n kollektiewe waansin begin beleef, en begin hallusineer dat hulle almal David Campese is? Ek glo nie. Dit is geen geheim dat die instruksie vir die sogenaamde nuwe spelpatroon regstreeks van die afrigter, Pieter de Villiers, afkomstig is nie.

Dit is Pieter de Villiers wat aanhoudend hoog opgee oor hoe daar in sy era hardlooprugby gespeel gáán word, wen of verloor.

Om dit prontuit te stel: Pieter de Villiers is 'n taktiese suigeling. Jy kan nie die Wallabies en All Blacks met hulle eie spel troef, as hulle dit al vir 60 jaar doen maar jy slegs vir 6 weke nie. Pieter de Villiers verstaan klaarblyklik nie die fondament waarop Springbokrugby gebou is nie, maar het desnieteenstaande die feite en dít waarmee die spelers hulself gemaklik voel, sy onkunde op die spelers probeer afdwing.

Die netto resultaat is 'n verbouereerde Fourie du Preez (die wêreld se beste skrumskakel as sy span toegelaat word om tradisionele Springbokrugby te speel) wat soos 'n amateur in die derde span lyk. Dit het gelei tot 'n aantal gekkespulle op die doellyn en drieë vir die All Blacks.

Ewe voorspelbaar is dat die senior spelers, alhoewel hulle dit nie durf sê nie, geen vertroue het in De Villiers se afrigtingstyl nie. Jy sit as senior speler met 'n dilemma. Jou afrigter is 'n kuikentjie. Jy weet dit. Hy moet dit sekerlik self besef, maar weier jy om aan sy malligheid deel te neem, word jy vervang. Daarom tjommel jy maar voort en maak asof jy speel volgens 'n spelpatroon waarin jy geen vertroue het nie.

Soos die voormalige Britse Leeuspeler John Robbie dit vanoggend op Radio 702 stel: "We were lucky to get 0."

mystery at theОлександр Васильович Фільчаков

Wat is fout met SA Olimpiese span?

Image08:37:25 Suid-Afrika het tot op hede nie eens één medalje by die Olimpiese Spele gewen nie. Armer en kleiner lande soos Zimbabwe het wel. Iets is duidelik fout met SA se sport. Ons moet 'n plan maak.. Wag, ek het dit – kom ons stel ‘n minister aan wie se portefeulje sport is! Dis net wat ons land nodig het – amptelike leierskap op die sportveld. Regeringsinmenging in die kleedkamer

Of wag. Ons het reeds so 'n minister.

In een van Monty Python se sketse is daar ‘n belaglike Ministry Of Little Green Bits That Go Well With Salad. Net so belaglik as bostaande, is Suid-Afrika se minister van sport. Sy naam is Makhenkesi Arnold Stofile. Duidelik ‘n vername en belangrike entiteit, onse Makhenkesi. Iemand om mee rekening te hou.

Hy woon immers funksies, dinees en partytjies by by al wat 'n sportliggaam is. Hy versamel kennelik vetweefsel in die proses. Hy ry ‘n mooi motor, ongetwyfeld van Duitse oorsprong. Hy het ‘n konvooi van bloulig-gorillas wat hom op die snelweg begelei en ander motoriste van die pad druk, wanneer hy van een “belangrike” funksie na die ander snel.

Dan en wan teem hy oor transformasie en die hoeveelheid pigmentasie van die Springbokspan. Hy swyg egter op misterieuse wyse oor die melanienvlakke in die Banana-Bananas, die mees patetiese sokkerspan suid van die Steenbokskeerkring.

Maar, my vraag is: Wat dóén hierdie vetsak?

Wat weet hy van sport?

Het hy al ooit op internasionale vlak aan sport deelgeneem? Met dáái groteske lyfie?

Het hy moontlik ‘n kwalifikasie in ‘n sportverwante veld soos biokinetika? (Antwoord: nee, hy het ‘n kwalifkasie in die teologie.)

Die probleem is dat hy en sy ministerie niks opsigteliks bydra tot sport nie. Het sy bestaan ons gehelp in die Olimpiese Spele? Het hy bygedra tot die wen van die Rugbywêreldbeker, of moes sy ministerie meer bygedra het tot ons poging in die Krieketwêreldbeker, iets waaroor ons eerder moet swyg?

Het sy departement ‘n akademie gestig om swemmers te kweek? Indien wel, waarom swem Ryk-hulle by die Universiteit van Arizona?

Hoekom betaal ons as belastingbetalers dan hierdie onbevoegde suurstofdief en sy maatjies se salarisse? In enige normale land sou hierdie oorbodige verkwister van hulpbronne lankal reeds bedank het.

slot sites ukлобановский александр жена

Wat is Tsvangirai se prys?

Image14:21:59 Die huidige onderhandelings tussen Zanu-PF en die Zimbabwiese opposisie gaan waarskynlik op een of ander vorm van kompromie tussen die partye uitloop. Enigeen wat hoop dat die land se ekonomiese krisis daardeur opgelos gaan word, moet weer dink.

Terwyl die onderhandelings plaasvind met Thabo Mbeki, die hopelose Suid-Afrikaanse president, wat nogal bemiddelaar speel, het sekere elemente van die kompromie reeds deurgeskemer. Dit volg ʼn tipiese Afrikapatroon. Trouens, die hele gedagte van ʼn regering van nasionale eenheid wat as die oplossing vir die land se probleme voorgehou word, is geskoei op die sogenaamde Keniamodel. Toe daar feitlik ʼn burgeroorlog in Kenia uitgebreek het ná die verkiesings in Desember 2007, het die VSA en Brittanje voorgestel dat sowel die meerderheidsparty as sy opposisie die land behoort te regeer.

Kenia beskik oor ʼn geweldige groot kabinet. Omtrent die helfte van die Keniaanse parlement is almal ministers of adjunkte, nie minder as 96 nie! Deel van ʼn Zimbabwiese “skikking” gaan daarom ʼn vergrote kabinet van 36 mense wees.

Net soos in Kenia waar die regering en die opposisie reeds in Februarie 2008 tot ʼn eenheidsregering ingestem het, maar meer as ʼn maand gestry het oor wie watter poste kry, gaan dit in Zimbabwe nie oor ʼn beginsel nie, maar oor poste in die vergrote kabinet.

Wat ook reeds duidelik is, is dat Tsvangirai sy hand oorspeel het. Die leier van die MDC het gedink dat hy met Groot Brittanje en stedelike steun agter hom vir Mugabe van die troon kan stoot. Maar China staan agter Mugabe en vanweë die spanning tussen Rusland en die Angel-Saksiese wêreld, het die Russe by die VN ook agter China ingeval.

Die Britte en Amerikaners se geraas en -blaas by die Verenigde Nasies het toe op niks uitgeloop nie en Mugabe sit steeds stewig in die saal, sy ouderdom en slegte reputasie in die Weste ten spyt. Benewens China beskik Mugabe en Zanu-PF oor nog ʼn baie belangrike bondgenoot: Mbeki en Suid-Afrika. Trouens, die hele oefening wat nou aan die gang is, is om ʼn “nuwe” Zim-regering maar waarin Mugabe en Zanu-PF steeds die kitaar sal slaan vir die buitewêreld en selfs Brittanje aanvaarbaar te maak. Mbeki, die sogenaamde “bemiddelaar” is niks anders as ʼn openbarebetrekkingekonsultant vir Mugabe en Zanu-PF nie.

Die eintlike vraagstuk tydens die huidige onderhandelings is: wat is Morgan Tsvangirai se prys? Hy het van die presidentskap met Britse steun gedroom, maar moet nou reeds besef dat sy hand verswak het. Vandaar die feit dat die samesprekings onderbreek is sodat Tsvangirai kan gaan “nadink”.

Eintlik is die hele proses wat van nou af gevolg gaan word, heel voorspelbaar. Die SAOG-lande speel ʼn taamlike rol, hoewel die huidige voorsitter, Levy Mwanawasa van Zambië, in ʼn koma in ʼn Paryse hospitaal lê. Dis nogal gerieflik, aangesien hy een van Mugabe se weinige kritici in dié organisasie was. Mbeki en die res van die SAOG-lande – die SA president was gister in Angola waar hy Dos Santos, die voorsitter van SAOG se veiligheidskomitee ingelig het – gaan druk op Tsvangirai toepas om van die presidentskap af te sien en ʼn ondergeskikte pos teenoor Mugabe te aanvaar.

Hierdie uitkoms gaan natuurlik die Britte in ʼn netelige posisie plaas. Ten einde hul potensiële sakebelange in Zimbabwe te bevorder en die Chinese mededinging te bied, wil Brittanje instaan met ʼn hulppakket om Mugabe se skade aan die ekonomie te probeer herstel. Tot dusver het Brittanje egter hoog en laag gesweer dat Mugabe eers die presidentskap moet prysgee alvorens dit kan gebeur.

Morgan Tsvangirai is iets van ʼn Britse marionet of tuislandleier. Trouens, vermoedelik het Brittanje sy hele verkiesingsveldtog gefinansier, want waar sal ʼn opposisieleier in ʼn bankrot land in elk geval geld vandaan kry om ʼn verkiesing te finansier, met ʼn magdom plakkate en pamflette, asook helikopters wat hom rondgevlieg het?

Die marionetmeesters in Whitehall sit nou met die volgende dilemma: hoe gaan hulle hul Zimbabweplan uitvoer, maar terselfdertyd afsien van hul poging tot dusver om Mugabe te ontsetel? Waarskynlik gaan Mbeki, wat ook sterk onder Britse invloed verkeer, aan Brittanje uitkomkans bied deur ʼn “geskiedkundige kompromie” op die tafel te plaas waardeur Mugabe president bly maar Tsvangirai ook een of ander simboliese posisie soos dié van eerste minister teen ʼn stywe pakket in werklike geld, nie Zim-dollars nie, aangebied word.

Brittanje is ʼn middelslagland met ewe middelmatige leiers. My voorspelling is dat Gordon Brown, die eerste minister, en David Miliband, die minister van buitelandse sake, hul trots gaan sluk en enige “deurbraak” wat Mbeki mag aankondig, met fanfare gaan verwelkom. Hul vyand van onlangs, Mugabe, gaan heel waarskynlik nog baat by die komende Britse kontantinspuiting wat die land gaan tref.

Hoewel die oorwinning wat die anti-blanke Mugabe op die punt staan om te behaal vir die Afrikaner ʼn taamlike bitter pil is om te sluk, behoort ons moed te skep uit die verswakking van Britse invloed in Suidelike Afrika.

Brittanje was in die eerste plek regstreeks en onregstreeks daarvoor verantwoordelik dat die twee mees radikale partye, Zanu-PF en die ANC, in ons subkontinent die mag oorgeneem het. Hoewel Mugabe ʼn onaangename man is, is hy vir ons minder gevaarlik as Gordon Brown wat steeds via ons Britsgesinde media, sowel Engels as  Afrikaans, asook Mittal-staal en die koloniale mynmaatskappye, dieselfde soort ramp in Suid-Afrika kan veroorsaak as wat Brittanje reeds in Zimbabwe teweeggebring het.

Net soos in Zimbabwe, steun Brittanje immers amptelik “grondhervorming” in Suid-Afrika.

производство гипсовой лепниныОлександр Васильович Фільчаков

NSA-regering soebat om verder gedestabiliseer te word

Image In die Rapport van verlede naweek was daar ʼn berig wat handel oor ʼn verslag wat bekendgemaak is deur die Nasionale vervolgings gesag (NV ) waarin baie dringende waarskuwings gerig word dat Suid-Afrika as veilige hawe gebruik word deur Moslemterroristegroepe.

Die name van Hamas, Hezbollah en El-Kaida word in die stuk genoem. Ek dink nie dit verg veel verbeelding om die potensiaal te sien vir die soort probleme wat die huisvesting van sulke mense kan skep nie,  gegewe die reeds bloedige spoor wat hulle tot op hede gelaat het nie. Dat hulle aksies die wêreld se oë op hulle gevestig het, is wel waar, maar dit die land se reputasie verder benadeel indien ons aanhou sulke mense onderdak te bied.

Suid-Afrika het reeds die nuus gehaal met ʼn SA burger van Moslem-agtergrond wat in Brittanje gevang is toe hy en andere vliegtuie in die lug wou opblaas.

Die redes vir hulle teenwoordigheid hier word as drieledig beskryf. Eerstens omdat hulle voortvlugtig is voor die wet elders ter wêreld, tweedens omdat hulle befondsing soek vir hulle onderduimse aktiwiteite en laastens om rekrute te kry vir watter doel dit ook al mag wees.

Wat die bogenoemde inligting wel ter sake maak, is die omstandighede waaronder dit bekend gemaak is, tydens ʼn voorlegging oor die wysigingswetsontwerp wat die Skerpioene moet ontbind.

Dit dui op die onversetlike posisie wat die regering ingeneem het jeens ʼn organisasie wat kon help om die verspreiding van georganiseerde misdaad vanuit die geledere van terroriste-organisasies te bekamp. Aangesien hulle nie die enigste bronne van georganiseerde misdaad in die land is nie.

Mens kan net wonder wat die regering probeer bewys met die openbare verhore wat tans die land vol gehou gaan word om die publiek se mening in te win oor die ontbinding van die enigste doeltreffende manier om georganiseerde misdaad te bekamp. Totdat mens later agterkom dis maar net baie duur oëverblindery wat bedoel is om die mense sogenaamd gelukkig te hou, en aan die regering die troos te gee dat hulle wel die volk geraadpleeg het.

Die een ding wat wel baie duidelik in die verslag genoem word, is die bedreiging wat die teenwoordigheid van georganiseerde misdaad vir die land se stabiliteit inhou.

Verder word daar melding gemaak van die invloed wat georganiseerde misdaad op die land se veiligheid en integriteit het, asook die baie duidelike vermoë om die land se regstelsel en regering se doeltreffendheid te ondermyn.

Een van die gebiede waarin van die misdaadsindikate bedrywig is, kan verwoestende gevolge, naamlik die privaatveiligheidsbedryf. Dit is baie duidelik sigbaar in die land oor die afgelope jaar, met die opblaas van OTM-masjiene as net een voorbeeld van kundigheid wat krimineel aangewend word. Die feit dat polisiemanne reeds betrek was by van die ontploffings dui op die omvang en lang arms van die sindikate.

Verder is die opleiding van paramilitêre magte ook ʼn aktiwiteit waaraan mense van die ou regering se veiligheidsmagte en oudvryheidstryders gekoppel is. Weer kan mens die voorbeeld noem van OTM’s wat opgeblaas word en aanvalle op petrolstasies waar die aksies met militêre presisie uitgevoer word. Die een voorval in die nuus waarin ʼn polisieman oorlede is en blanke mans deel van die groep was, klaarblyklik in beheer, spreek boekdele hieroor. Dit is dieselfde tipe teenstand waarin die polisie hom keer op keer in vasloop wanneer daar teen dwelmhandelaars opgetree word, mense wat presies weet hoe om die wetstoepassers bloedneus te slaan.

Iets wat verder sigbaar is, is die verskyning van wapens wat voorheen baie skaarser was, hoewel dit die items van voorkeur was onder vryheidsvegters in die verlede, wat duidelike tekens toon dat wapensmokkelary ook sterk aan die toeneem is.

Ons geagte mnr. Zuma wat so sing-sing vra vir sy masjiengeweer is ʼn sprekende voorbeeld. Die klagtes wat wissel van bedrog tot geldwassery sê alles.

Al die bogenoemde is dinge wat die land se ekonomie, wat op die beste van tyd redelik wankelrig is, net verder kan ondermyn en verswak, ondat dit die boodskap aan die wêreld uitbasuin dat reg en geregtigheid nie in die land meer bestaan nie.

Die gevolg is dat die investering wat die land so bitter graag vanuit die buiteland soek dalk mettertyd kan verminder, aangesien hulle die magteloosheid (dalk totale hopeloosheid?) van die regering raaksien. Dis iets wat die regering nie kan bekostig as hulle die land wil laat groei teen die koerse wat hulle so optimisties voorsien nie.

Daar word in die verslag genoem dat die land se ekonomie tans tussen 0,5% en 4 % van die Bruto Binnelandse Produk verloor weens georganiseerde misdaad. Mens kan net wonder oor die akkuraatheid van die syfers, gegewe die swak kaliber van die sentrale statistiekdepartement se werk oor die afgelope paar jaar. Is dit nie dalk meer nie, en word die regte syfer nie dalk verminder nie, omdat die bekendmaking daarvan dalk ʼn totale uitbarsting van die publiek tot gevolg sal hê nie? Dit is vrae wat net die opstellers van die verslag sal kan antwoord, as hulle gebore in staat was om die waarheid te kon praat.

Dat die sindikate groot geld beskikbaar het om maatskappye te stig wat die geld dan “was”, help ook nie in die stryd daarteen nie.

Wat wel verder interessant is, is die lande wat met misdaadsindikate verbind word. Die name van Rusland en Sjina is die eerste wat die oog vang, aangesien dit die twee lande was wat in die vryheidstryd teen die SA regering opgetree en die vryheidsvegters gehelp het, in woord of daad.

Die tydstip toe hulle name vir die eerste keer aan georganiseerde misdaad gekoppel is, is ook opvallend. Dit het in die die vroeë 1990’s geskied, wat toevallig die tyd is wat die huidige regering uit die tronke en ballingskap gekom het, en wat prominensie verkry het. Ek glo nie dis toevallig nie.

Wat mens wel verder op kan let, is hoe spesifiek dié twee nasies op hul eie bodem deurtrek is van soortgelyke misdaad, wat insgelyks slegs op die oppervlak bestry word, en nie met wortel en tak uitgeroei word nie. Is dit dalk wat dié lande se regering van die NSA verwag, om dié aktiwiteite toe te laat? Mens sal nooit weet nie.

Die feit dat Nigerië ook genoem word, is nie eintlik verrassend nie, aangesien hulle tuisland verrot is van misdaad, met tentakels wat die wêreld vol strek.

Die Italiaanse Mafia verskyn op die lys, en mens  het nie baie verbeelding nodig om die name van Agliotti te sien nie, en dan is dit natuurlik verbind met ons eerbare polisiekommissaris, Jackie Selebi, wat volhou dat hy niks verkeerds gedoen het nie. Ek kan dink aan vele Mafia-films waarin die oortreders ook gesê het dat hulle niks verkeerds gedoen het nie, maar die getuies wat sementstewels gekry het en onder ander geheimsinnige omstandighede dood is sou anders vertel het.

Later in die verslag word genoem dat die stryd teen georganiseerde misdaad nie deur gewone polisie hanteer kan word wat ook nog belas is met daaglikse wetstoepassing nie. Ek is nie verbaas nie, aangesien hulle nie eers dit kan doen sonder om foute te maak en misdadigers te laat wegkom as gevolg van hulle onnosel onbeholpenheid nie.

Die verslag stel dit baie duidelik dat dié tipe misdaad sleg deur ʼn sp esialiseenheid hanteer kan word, en dan ook een wat die hulpbronne en vaardighede het. Die eenheid ook die tegniese ondersteuning nodig, toerusting wat die beste is wat geld kan bekostig, aangesien sindikate nie met die tweede beste tevrede is nie. Dus is mense nodig wat weet hoe om met die tegnologie te werk.

Verder vat dit ʼn sekere soort mens om in die kop van die sindikaat te kan “inklim” om te kan analiseer hoe en hoekom dinge gebeur, en dit is ongelukkig nie die deursneepolisieman nie; sy vermoë strek net nie so ver nie.

Wat verder opvallend is, is dat dit volgens speurders en staatsaanklaers sowat 8 jaar neem vir iemand om die spesialisvaardighede op te bou om dié spesifieke misdaadtipe te kan beveg, en dit is net een jaar minder as wat die Skerpioene reeds bestaan. Die afleiding wat ek dan maak is dat hulle wel die nodige standaard bereik het om ʼn verskil te kan maak.  Aangesien dit te naby aan die regering se kroonwild begin raak het, is die besluit geneem om hulle te ontbind en die nuwe beoogde eenheid so af te water dat hulle geen kans op enige sukses sal hê nie.

Dalk het die regering ʼn plan met die dekriminalisering van georganiseerde misdaad, om dit so te noem. Op sy minste bied dit vir ons stof tot nadenke.              

online casino ukпрокурор Фильчаков