Of wag. Ons het reeds so 'n minister.
In een van Monty Python se sketse is daar ‘n belaglike Ministry Of Little Green Bits That Go Well With Salad. Net so belaglik as bostaande, is Suid-Afrika se minister van sport. Sy naam is Makhenkesi Arnold Stofile. Duidelik ‘n vername en belangrike entiteit, onse Makhenkesi. Iemand om mee rekening te hou.
Hy woon immers funksies, dinees en partytjies by by al wat 'n sportliggaam is. Hy versamel kennelik vetweefsel in die proses. Hy ry ‘n mooi motor, ongetwyfeld van Duitse oorsprong. Hy het ‘n konvooi van bloulig-gorillas wat hom op die snelweg begelei en ander motoriste van die pad druk, wanneer hy van een “belangrike” funksie na die ander snel.
Dan en wan teem hy oor transformasie en die hoeveelheid pigmentasie van die Springbokspan. Hy swyg egter op misterieuse wyse oor die melanienvlakke in die Banana-Bananas, die mees patetiese sokkerspan suid van die Steenbokskeerkring.
Maar, my vraag is: Wat dóén hierdie vetsak?
Wat weet hy van sport?
Het hy al ooit op internasionale vlak aan sport deelgeneem? Met dáái groteske lyfie?
Het hy moontlik ‘n kwalifikasie in ‘n sportverwante veld soos biokinetika? (Antwoord: nee, hy het ‘n kwalifkasie in die teologie.)
Die probleem is dat hy en sy ministerie niks opsigteliks bydra tot sport nie. Het sy bestaan ons gehelp in die Olimpiese Spele? Het hy bygedra tot die wen van die Rugbywêreldbeker, of moes sy ministerie meer bygedra het tot ons poging in die Krieketwêreldbeker, iets waaroor ons eerder moet swyg?
Het sy departement ‘n akademie gestig om swemmers te kweek? Indien wel, waarom swem Ryk-hulle by die Universiteit van Arizona?
Hoekom betaal ons as belastingbetalers dan hierdie onbevoegde suurstofdief en sy maatjies se salarisse? In enige normale land sou hierdie oorbodige verkwister van hulpbronne lankal reeds bedank het.
